100.5FM Radio Laeveld
100.5fm Nuus Klankgreep
Gaan kyk gerus by http://www.radiolaeveld.co.za/nuus-radio-laeveld-100-5fm.html vir meer konteks in verband met die nuusklankgrepe van uit die Laeveld in Mpumalanga.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.radiolaeveld.co.za
Autor
100.5FM Radio Laeveld
Kategoria
Strona podcastu
Ostatni odcinek
9 lip 2026
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm 01.04.2025 13:31
Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Jimmy lig sluier oor professionele rugby 01.04.2025 12:42
Die hoofafrigter van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, raak filosofies oor dié sport saam met Neels Kemp tydens Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Fedsas: Fokus op digitale brug eerder as skeiding 25.03.2025 16:41
Riaan van der Bergh, adjunkhoof van Fedsas en bestuurder van sy Sentrum vir Tegnologie, gesels oor die toekoms en moontlikhede wat tegnologie en KI in die onderwys bied. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Cure Day Hospitaal: vinniger, warmer en kindervriendelik 19.03.2025 7:50
Die Cure Day hospitaalgroep het onlangs na die Laeveld uitgebrei. Bert von Wielligh en Sorita van Tonder gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Friends of Chimp Eden maak korte mette van verval 18.03.2025 6:39
Die Friends of Chimp Eden is aan die einde van 2024 tot stand gebring om Chimp Eden te help om sy fasiliteite weer tops te kry en dit het soete vrugte afgewerp. Sarah Koster kuier in die ateljee. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Blinde potjiekos is terug 12.03.2025 8:07
Die Mpumalanga Blind Skills Development Hub groei met rasse skrede. Ter ondersteuning is jy genooi om saam te kom potjiekos maak. Prince Ngema, Zandré Pelser en Fanie Msiza kuier in die ateljee. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Pumas begin SA Beker goed 12.03.2025 9:19
Die Airlink Pumas is na die eerste ronde van die SA Beker weens hul punteverskil van 68 eerste bo-aan die punteleer. Hulle het Vrydag met 75-7 oor die Phangela SWD Arende geseëvier by Mbombela-stadion. Hulle speel Saterdag weg teen die Oostelike Provinsie in Gqeberha en die naweek daarna weer tuis teen die Toyota Cheetahs. Ruwellyn Isbell, die kondisioneringsafrigter, en spanbestuurder, Sam Sikiwe...
Anton Goosen vier 50 jaar in musiek 11.03.2025 11:30
Anton Goosen vier vanjaar 50 jaar in die musiekbedryf. Hy gesels met Amanda oor sy loopbaan voor musiek (in die onderwys) en sy jongste vrystelling "Tik Tok (die ballade van Klasie Frik van Staden)". 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Mesmaker deel geheime 10.03.2025 19:36
Sarel Naude maak die mooiste messe. Hy gesels met Charles oor sy stokperdjie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
DA: Premier het geen planne, slegs leë beloftes 06.03.2025 13:34
Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, se provinsiale rede Vrydag was besonder teleurstellend. Bosman Grobler van die DA sê opposisiepartye stem saam dat hulle graag wil sien hy kry dinge gedoen. Hy het eerder ou beloftes herhaal en doelwitte aangekondig sonder 'n plan oor hoe om hulle te bereik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Pastoor in oënskynlike sluipmoord doodgeskiet 06.03.2025 0:28
'n Prominente pastoor is gisteraand op die R536 in Cork Trust tussen Mkhuhlu en die Krugerwildtuin in ‘n oënskynlike sluipmoord doodgeskiet. Doktor Ezrom Mathumbu is as ‘n bekende radiopersoonlikheid, politikus en sakeman beskryf. Volgens die Mpumalanga polisie is hy verskeie kere geskiet terwyl hy in sy Toyota GD-6 bakkie gery het. Niks is gesteel nie. Patroondoppies van ‘n jaggeweer is op die to...
Sekerheidsbaas vas wat glo vals misdaad aanmeld 05.03.2025 0:23
‘n 53-jarige eienaar en direkteur van ‘n sekerheidsmaatskappy verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van meineed en die aanmeld van ‘n vals misdaad. Hy is gister in Mbombela gearresteer weens bewerings dat hy dosyne vuurwapens, insluitende jaggewere en pistole, aan 'n ander sekuriteitsmaatskappy verkoop het en hulle toe as gesteel aangemeld het. Die polisiewoordvoerder in Mpumala...
WWIC rus vroue toe 04.03.2025 5:18
Women Warriors in Christ (WWIC) gaan al 13 jaar van krag tot krag. Die stigter, Chanel Bezuidenhout, vertel wat hulle vir vanjaar beplan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
KLCBT hou sake konferensie 04.03.2025 6:42
Die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme bied in Mei die eerste Laeveld Sake Konferensie aan. Die uitvoerende beampte, Linda Grimbeek, sê mense ontwaak uiteindelik na die Covid-pandemie en in ‘n vinnig veranderende wêreld moet ondernemings in die globale spasie oorleef. Sy sê daar is baie te leer oor hoe om die uniekheid van die Laeveld tot jou voordeel te gebruik, kommunikasie en hoe interna...
NHS nou in A-bond van Super Interhoër 03.03.2025 7:28
Hoërskool Nelspruit (NHS) het verlede week die B-bond by die NWU Super Interhoër gewen. Dit beteken in 2026 neem hulle in die A-bond deel. NHS was vanjaar ook die wenner van 100.5FM se Blêrbeker die week van die Laeveld Interhoër. Jana Hattingh en Anika Cilliers gesels met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Malaria hier? Hoekom? Kenner verduidelik 28.02.2025 16:37
Die voorkoms van malaria is volgens sommige medici besig om 'n terugkeer te maak na Witrivier, waar dit grootliks uitgeroei was. Schalk Schoeman, 'n entomoloog, verduidelik hoe muskiete werk. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Pumas se SA Beker skop 7 Maart af 28.02.2025 12:27
Die Airlink Pumas se seisoen skop eersdaags af met hul SA Beker deelname wat op 7 Maart tuis teen die SWD Arende begin. Boonop vind die Stonehouse 10's op 22 Maart plaas. Spanbestuurder, Sam Sikiwe, en Chumani Booi, die amateurspanne se bestuurder, gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Google et al gaan moet begin betaal vir SA nuus 28.02.2025 10:47
Tegnologie reuse sal dalk vir die volgende drie tot vyf jaar SA nuusmedia tussen R300 miljoen en R500 miljoen per jaar moet vergoed. Die Kompetisie Kommissie se senior analis Donnavan Linley verduidelik wat volgende gebeur. Stuur jou insette teen 7 April na mdpmi@compcom.co.za. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
50 jaar rekord staan steeds sterk 24.02.2025 8:01
Vyftig jaar gelede het Marna Van der Burgh (neé de Villiers) van Hoërskool Barberton by die Interhoër-atletiekbyeenkoms die o/19 200 m in ‘n rekordtyd van 24,80 s gewen. Dit staan na afloop van Saterdag se byeenkoms steeds. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
SARZA: Sluit so aan om te help soek en red 24.02.2025 9:47
Andrew Geldenhuis van SARZA Lowveld het tydens die Saterdag Ontbyt meer oor Search & Rescue se aktiwiteite in die Laeveld vertel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Begin jou eie organiese groentetuin 24.02.2025 19:50
Elsabe de Bruyn, 'n organiese groentetuin konsultant, het tydens die Saterdag Ontbyt met Charles kom gesels oor hoe om jou eie, organiese groentetuin te begin. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Manlike gesondheid: Doen hierdie twee toetse 21.02.2025 16:39
Mans los hul gesondheid agterweë. Moenie, sê uroloog dr. Brighton Mashava. Hy raai vroue aan om hul mans se testosteroon te laat toets as hul gedrag verander - en nie op te hou tot bepaal wat die oorsaak is nie. Dit kan op ernstige toestande dui. Hy sê mans moet regtig ook op 40 gereeld hul prostate laat toets. "Dit is vir niemand lekker nie, maar dit neem darem minder as vyf sekondes." 100.5FM Ra...
Laeveld Interhoër môre by Rob Ferreira 21.02.2025 11:04
Mopani Apteek is trots Laeveld en daarom nou betrokke en groot ondersteuners van die Laeveld Interhoër wat môre plaasvind. Rita Erasmus, bemarkingsbestuurder, gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Metaalmaatskappy gaan groen 19.02.2025 12:36
MMC het 'n ooreenkoms aangegaan met NOA om voortaan 70% van hul elektrisiteitsverbruik vanaf hernubare bronne te kry. Louis Nel gesels met Kies Koers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Ride for a Child 2025 18.02.2025 9:15
Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa is op besoek aan die Laeveld want hy is besig met die jaarlikse Ride for a Child-motorfietsrit om fondse in te samel vir kinders wat mediese sorg benodig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS