Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.kosmos.com.na
Auteur
Kosmos 94.1
Categorie
Website van de podcast
Nieuwste aflevering
14 okt. 2026
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Amutse: 'Beleggers gaan streng aan hul beloftes gehou word' 08.10.2026 0:40
Die minister van nywerheid, mynbou en energie, Modestus Amutse, het beleggers daaraan herinner dat die land sy reguleringsraamwerk bygewerk het om beleggers streng aan hul beloftes te hou. Tydens die opening van die eerste Mynbouberaad vir die Kunene-streek vanoggend, het Amutse by beleggers daarop aangedring om nie indiensnemingsyfers te oordryf wanneer hulle om bedryfslisensies en -permitte aans...
CIF verwelkom LPM se kritiek op Chinese tenders 08.10.2026 0:38
Die Federasie vir die Konstruksiebedryf in Namibië het die LPM se kritiek op staatsverkryging in die konstruksiesektor verwelkom. Die LPM beweer dat Chinese maatskappye groot infrastruktuurprojekte ter waarde van ongeveer 6,7 miljard Namibiese dollar bekom het, terwyl Namibiese kontrakteurs toenemend na subkontrakteringsrolle gedwing word. Die federasie se uitvoerende hoof, Bärbel Kirchner, sê aan...
Reho-water: NamWater maak alle reservoirs skoon 08.10.2026 0:25
NamWater sê hy het onmiddellike behandelingsmaatreëls ingestel om die watergehalte in Rehoboth te verbeter, ten spyte daarvan dat inwoners steeds verkleuring van kraanwater ervaar. Die hoof- bedryfsbeampte, Andries Kok, het aangekondig dat NamWater sy chemiese dosering aangepas, gehaltetoetse verskerp en al die dorp se reservoirs skoongemaak het.
Pastoor se vrou vas oor beweerde babamoord 08.10.2026 0:19
Die Gautengse polisie het 'n 24-jarige vrou van 'n pastoor in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord op 'n baba van vier maande en die beweerde verkragting van die kind se ma in Atteridgeville, Tshwane. Die ma en baba is na bewering deur 'n pastoor en sy vrou na die Hennopsrivier gelok onder die voorwendsel van 'n geestelike handeling. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê di...
Kenner skepties oor of Nigeriese bank plaaslik kan meeding 08.10.2026 0:22
Die ekonoom Robin Sherbourne sê die lisensiëring van die Nigeriese Access Bank is 'n positiewe teken dat Namibië se banksektor oop bly vir nuwe tegnologie en mededinging. Sherbourne is egter skepties oor korttermynwins en wys daarop dat vorige toetreders gesukkel het in Namibië se klein mark, wat deur vier groot rolspelers oorheers word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
WGO spook om tweede geval van longpes in Siberië te bevestig 08.10.2026 0:21
Die Wêreldgesondheidsorganisasie probeer berigte bevestig oor ʼn tweede moontlike geval van longpes in die suidoostelike Russiese streek Siberië. ʼn Vroue-laboratoriumwerker in diens van die Navorsingsinstituut vir Plaagbestryding in Siberië en die Verre Ooste in Irkoetsk het verlede week siek geword en gesterf aan longontsteking van onbekende oorsprong. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Ghebrey...
Lamola se VSA-betrekkinge krap partye om 08.10.2026 0:21
AfriForum sê die nege kleiner partye in die regering van nasionale eenheid behoort formeel beswaar te maak teen die wyse waarop die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, die betrekkinge met die VSA hanteer. Ernst van Zyl van die organisasie sê Lamola se onlangse opmerkings oor die Amerikaanse ambassadeur en sy teenwoordigheid by 'n geleentheid van die Democratic So...
13:00 Hoofnuus 08.10.2026 5:00
Kry die nuus soos dit breek.
Ramaphosa vra blywende vrede en bestendigheid in Suid-Soedan 08.10.2026 0:19
President Cyril Ramaphosa beklemtoon die belangrikheid om die hersiene ooreenkoms oor die resolusie van die konflik in Suid-Soedan ten volle na te kom om die vredesproses te bevorder. Hy het met Suid-Soedan se president Salva Kiir Mayardit beraadslaag wat op ʼn werksbesoek in Suid-Afrika is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die ontmoeting het die belangrikheid van volgehoue streeksbe...
LPM se Ndala sê gesonde debat is noodsaaklik vir demokrasie 08.10.2026 0:33
LPM-jeugleier Duminga Ndala sê onlangse spanning in die parlement spruit uit operasionele tekortkominge eerder as debatvoering. Sy sê gesonde debat is noodsaaklik vir demokrasie. Ndala het LP's en die speaker versoek om ego's opsy te sit en nasionale belang te prioritiseer, en bygevoeg dat die parlement kompromie en konsensus benodig om te funksioneer. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
12:00 Nuus 08.10.2026 3:35
Kry die nuus soos dit breek.
Napha: Uitvoere van bergsebras na VSA goeie nuus 08.10.2026 0:31
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê die goedkeuring deur die VSA se Fish and Wildlife Service van die invoer van Kaapse bergsebras uit Suid-Afrika, beklemtoon die groeiende internasionale erkenning van volhoubare jag as 'n geldige bewaringsinstrument. Kristin Maritz van Napha wys daarop dat, hoewel Namibië se Hartmann-bergsebras reeds kragtens CITES-reëls na die VSA uitgevoer kan word...
Gekleurde water in Rehoboth weens seisoenale invloeie en mangaan 08.10.2026 0:37
NamWater se hoofbedryfsbeampte, Andries Kok, sê seisoenale dam-invloeie en ander chemiese reaksies tydens sy suiwerings-proses het die onlangse bruin en geel kraanwater in Rehoboth veroorsaak. Kok het verduidelik dat natuurlik voorkomende mangaan aan die onderkant van die dam tydens seisoenale veranderinge met die boonste watervlakke meng.
IPPR bekommerd oor regering se nuwe verkrygingsregulasies 08.10.2026 0:38
Nuwe regerings-verkrygingsregulasies wek kommer by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die instituut voer aan dat die veranderinge, wat op 4 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is, openbare verkryging meer kwesbaar kan maak vir politieke druk en korrupsie. Die IPPR se Frederico Links het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê dat die veranderinge onverwags gekom. Links sê dit lyk of d...
September-inflasie styg tot 5,4% 08.10.2026 0:40
Die Namibiese Statistiekagentskap se jongste inflasiesyfers toon dat die jaarlikse hoof-inflasiekoers vir September op 5,4 persent te staan gekom het, vergeleke met 3,5 persent in September verlede jaar. Op 'n maandelikse grondslag is die inflasiekoers op 0,4 persent aangeteken, vergeleke met 0,6 persent die vorige maand. Die statistiekagentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, sê dis veral in die...
WGO maak vordering met Ebola-nasporing in DRK 08.10.2026 0:25
Die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê daar is, tot op datum, 8 665 bevestigde gevalle van die Ebola-virus aangeteken. 4 178 mense is reeds aan die virus-siekte dood. Daar ‘n merkbare afname in infeksies in sommige gebied in die Demokratiese Republiek van die Kongo gesien word terwyl die siekte, in ander areas, steeds verder versprei. Hy sê dat verbeterde kontak-opsporing daartoe bydr...
Sterker samewerking nodig om land se energiesekerheid te beskerm 08.10.2026 0:29
Die spesiale adviseur van die verdedigings-minister, Hilma Nicanor, vra sterker samewerking om die land se energiesekerheid te beskerm, namate internasionale politieke spanning en nuwe tegnologieë wêreldwyd voorsieningskettings ontwrig. Nicanor het by 'n Unam-Stellenbosch-energiekonferensie gepraat en sê dat veranderende realiteite 'n strategiese heroorweging vereis om kritieke energiebronne te ve...
Trump herhaal omstrede LA- en San Diego-aanval-opmerkings 08.10.2026 0:14
President Donald Trump van Amerika het sy opmerking herhaal dat die Iran-oorlog nodig was om te verhoed dat Teheran stede soos Los Angeles of San Diego in ʼn kernaanval vernietig. Dit is ten spyte daarvan dat Amerikaanse intelligensie-agentskappe verlede jaar verklaar het dat Iran sy pogings om kernwapens te bou, meer as twee dekades tevore laat vaar het. Los Angeles en San Diego het albei belangri...
Gautengse Onderwys-LUR veroordeel moord op twee leerders in Alexandra 08.10.2026 0:22
Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, veroordeel die dood van twee leerders in Alexandra en sê skoolkinders se dood deur geweld is baie kommerwekkend. Die slagoffers is ʼn graad 12-leerder van Minerva Secondary School en ʼn graad 9-leerder van Alexandra High School. Volgens voorlopige berigte is die leerders in Alfred Nzo-straat, oorkant die Madala Hostel doodgeskiet. Maile se woordvoerder, O...
SAners kry nuwe hulpmiddel om ongewenste bemarking te stop 08.10.2026 0:21
Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het 'n gratis nasionale register bekendgestel waar verbruikers kan aandui as hul nie direkte bemarkingsboodskappe wil ontvang nie. Kommissaris Hardin Ratshisusu het op 'n nuuskonferensie gesê verbruikers kan regstreekse bemarkers vooraf blok, terwyl bemarkers verbruikers gereeld van hulle lys moet verwyder. Ratshisusu voeg by dit sal geleidelik in...
Nuwe Duitse ambassadeur wil bande tussen Namibië en Duitsland versterk 08.10.2026 0:26
Die nuwe Duitse ambassadeur in Namibië, Thomas Wimmer, sê hy sal sy amps-termyn gebruik om verder die bande tussen die twee lande te versterk. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van Wimmer en agt ander nuut-aangestelde ambassadeurs en hoë kommissarisse na Namibië hier in Windhoek ontvang. Wimmer sê hy wil veral daarop fokus om samewerking op die gebiede van ontwikkel...
Ramaphosa: Covid-19 beklemtoon behoefte aan plaaslike gesondheidsektor-vervaardiging 08.10.2026 0:22
Die Suid Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Covid-19-pandemie het die behoefte uitgelig om Suid-Afrika se plaaslike wetenskaplike, tegnologiese en farmaseutiese vervaardigingsvermoë te versterk. Ramaphosa het op die bekendstelling van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se FuturePharma-fasiliteit in Tshwane gepraat. Hy sê groter plaaslike produksievermoë is noodsaaklik om geso...
Nandi-Ndaitwah ontvang geloofsbriewe nuwe ambassadeurs en hoë kommissarisse 08.10.2026 0:34
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van nege nuut aangewese ambassadeurs en hoë kommissarisse in Namibië ontvang. Die diplomate verteenwoordig Nigerië, Duitsland, Turkye, Soedan, die Filippyne, Panama, Mali, Griekeland en Pakistan. Mirco se adjunkdirekteur vir Europese sake, Valombola Kalomoh, het die diplomatieke mylpaal uitgelig en sê dit sal Namibië se internasionale...
DA: Landelike gemeenskappe het vinniger optrede en beter hulpbronne nodig 08.10.2026 0:19
Die DA sê landelike gemeenskappe het vinniger polisie-optrede en beter hulpbronne nodig om misdaad in boerderygebiede te bekamp. Dit volg na die moord op Hannetjie van Zyl naby Ottosdal in Noordwes. Die party voer aan dit het die polisie ongeveer 'n uur geneem het om die toneel te bereik na Van Zyl by die ingang na haar plaas aangeval is. Carin Visser van die DA doen 'n beroep op beter polisiehulp...
Amupanda vra vir regterlike hervormings 08.10.2026 0:36
Die AR-leier, Job Amupanda, het in die parlement 'n beroep gedoen op regterlike hervormings, insluitend die instelling van 'n konstitusionele hof, 'n suidelike afdeling van die hoërhof in Oranjemund, en termynbeperkings vir die regstelsel oorweeg.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds