Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.kosmos.com.na
Forfatter
Kosmos 94.1
Kategori
Podkastens nettsted
Siste episode
13. okt 2026
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Duitsland onderskraag groen kragplanne 10.10.2026 0:40
Namibië en Duitsland het 'n ooreenkoms vir tegniese samewerking ter waarde van 103 miljoen Namibiese dollar onderteken om toegang tot energie en groenindustrialisasie te bevorder. Die ooreenkoms, wat onderteken is ná 'n welwillenheidsbesoek deur Duitse ambassadeur Thomas Wimmer aan die direkteur-generaal van die NPC, dr. Kaire Mbuende, sal daarop gemik wees om nasionale elektrisiteitsdekking teen...
Rugby: Bulle verwag taai stryd teen Leeus 10.10.2026 0:38
Die Blou Bulle en die Leeus draf vanmiddag om halftwee op Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar uit in rugby se sogenaamde Jukskei-derby. Die span uit Johannesburg is tans vierde op die punteleer in die Verenigde Rugbykampioenskap, met die Bulle in die sewende posisie. Johan Ackermann, hoofafrigter van die Bulle, sê dit gaan ‘n taai stryd wees:
Boere in toenemende knyptang 10.10.2026 0:46
Die landbougemeenskap in die Suider-Afrikaanse streek is volgens berigte onder druk, as gevolg van verskeie faktore. Die uitvoerende voorsitter van die Suider Afrikaanse Agri-Inisiatief (Saai), dr. Theo de Jager, het die situasie so aan Kosmos 94.1 nuus verwoord:
Rugby: Afrigters van topspanne gesels oor eindstryd 10.10.2026 0:34
Intussen het die Kudus se hoofafrigter, Cameron Langenhoven, gesê:
Rugby: Afrigters van topspanne gesels oor eindstryd 10.10.2026 0:39
Namibië se kampioene van die 2026-rugbypremierliga word vandag gekroon wanneer FNB Kudus teen FNB Wanderers te staan kom in 'n herhaling van verlede jaar se eindstryd by die Hage Geingob-nasionale rugbystadion. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofafrigters van albei spanne gesels. Wanderers se hoofafrigter, Darryl de la Harpe, sê sy span is goed voorbereid:
COPPS 94.1: Dramatiese nag van misdaad 10.10.2026 0:55
COPPS 94.1 het 'n spannende Vrydagaand beleef met gevalle van moord, aanranding, roof en dronkbestuur wat in Windhoek deur die polisie hanteer is. Francois Lottering doen verslag.
Die Dag Wat Was, 9 Oktober 2026 09.10.2026 5:12
Kry die nuus soos dit breek.
Polisieminister vra vir kalmte in betogings teen migrante 09.10.2026 0:19
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, vra kalmte te midde van voortdurende betogings teen migrante in Johannesburg en Durban. Betogings is in Braamfontein, Soweto en Durban aangemeld ná 'n uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor asielaansoeke. 'n Voertuig is by Konstitusieheuwel aan die brand gesteek en die polisie het rubberkoeëls gebruik om betogers uiteen te jaag. Cachalia he...
Uitdaging met behuising draai in parlement 09.10.2026 0:38
Uitdagings wat behuisingsvoorsiening beïnvloed, geniet aandag in die parlement, aangesien plaaslike owerhede vra vir verbeterde kommunikasie, finansiering en projekondersteuning. Die Parlementêre Staande Komitee oor Stedelike en Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming voer samesprekings met belanghebbendes in Windhoek, waar Sakaria Namhindo van die Otjiwarongo-munisipaliteit hierdie kwessies uit...
Mynwerkersunie op oorlogspad oor laerbetaalde kontrakarbeid 09.10.2026 0:35
Die Mynwerkersunie van Namibië gaan bewusmaking verskerp om te verhoed dat mynmaatskappye permanente poste met laerbetaalde kontrakarbeid vervang. Die MUN se algemene sekretaris, George Ampweya, sê 'n posisiedokument wat aan die regering voorgelê is, het 'n parlementêre ondersoek na subkontrakteringsmisbruik van stapel gestuur. Ampweya het kontrakwerkers aangespoor om by die vakbond aan te sluit v...
Zaamwani soek oudit van hervestigingsplase 09.10.2026 0:37
Landbouminister Inge Zaamwani het opdrag gegee vir 'n oudit van alle plase wat die regering die afgelope vyf jaar verkry het, om vas te stel hoeveel daarvan toegewys is, hoeveel steeds onbewoon is en of die grond produktief aangewend word. Die oudit sal ook plase identifiseer wat rehabilitasie vereis voordat begunstigdes daar kan woon. Die opdrag is vervat in 'n toespraak wat namens haar deur die...
Weermag ontplooi in Soweto-betogings teen immigrasie 09.10.2026 0:17
Die Gautengse primier, Panyaza Lesufi, sê wetstoepassingsagentskappe hou die situasie in Soweto onder beheer te midde van versetoptrede teen immigrasie. Lesufi sê bykomende hulpbronne, insluitend die weermag, is ontplooi om te help om die orde te handhaaf. Hy sê die regering hou gesprekke met organiseerders wat vreedsaam hul kommer geopper het, met die doel om oplossings deur dialoog te vind. Lesu...
IPC wil petisie teen TransNamib indien 09.10.2026 0:34
Die IPC beplan om 'n petisie by die eerste minister en parlementêre komitees in te dien oor TransNamib se sloerende dissiplinêre verhore teen twee senior bestuurders. Die IPC-skaduminister, Nelson Kalangula, het die gebrek aan vordering met verhore wat vir Julie en Augustus geskeduleer is, gekritiseer na ministeriële ingryping wat die bestuurders in hul posisies herstel het. Hy het met Kosmos 94.1...
Suid-Afrikaansgebore regsgeleerde Navi Pillay wen Nobelprys vir Vrede 09.10.2026 0:21
Die Suid-Afrikaansgebore regsgeleerde Navi Pillay is met die 2026 Nobelprys vir Vrede bekroon vir haar pogings om vrede, menseregte en internasionale reg te bevorder. Pillay, wat tydens apartheid in Durban, KwaZulu-Natal, gebore is, het as Suid-Afrikaanse en internasionale regter gedien, asook as hoof van menseregte by die Verenigde Nasies. Jorgen Watne Frydnes van die Nobelkomitee sê Pillay se we...
Polisie vra publiek se hulp ná gru-ontdekking naby Daan Viljoen 09.10.2026 0:39
Die polisie vra die publiek se hulp ná die gru-ontdekking van ’n middeljarige vrou se verminkte bolyf in ’n rivierbedding naby Daan Viljoen. Die polisiewoordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, sê forensiese ondersoeke is aan die gang om die slagoffer se identiteit vas te stel. Sy doen ’n dringende beroep op enigiemand met inligting, veral inwoners van Otjomuise en Khomasdal, om die onderso...
Stats SA: Vervaardigingsproduksie daal in Aug met 4,3% 09.10.2026 0:17
Stats SA sê vervaardigingsproduksie het in Augustus met 4,3-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die grootste dalings was in motorvoertuie, chemikalieë, hout en papier, en voedsel en drank. Produksie het ook sedert Julie met 3,1-persent gedaal. Verkope in die vervaardigingsektor het egter in Augustus met 1,1-persent toegeneem en met 1,4-persent gestyg oor die drie maande tot...
NamBTS: Kom skenk die naweek bloed! 09.10.2026 0:38
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië doen 'n beroep op geskikte skenkers, veral diegene met O-tipe bloed, om hierdie naweek by die NamBTS-hoofkwartier in Windhoek te skenk. Woordvoerder Frieda Asino het beklemtoon dat menslike bloed geen mediese plaasvervanger het nie, en het die belangrike rol daarvan in die redding van pasiënte wat chirurgie, kankerbehandelings, traumasorg en moeders wat kompli...
NNN: Maatskappye moet hul maatskaplike-skenkings verhoog 09.10.2026 0:39
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep op die openbare en private sektor gedoen om hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid ernstig op te neem en hul jaarlikse skenkings te verhoog. Sy het Donderdag by die Staatshuis gepraat tydens Namport se amptelike oorhandiging van 90 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese Sokkervereniging ter ondersteuning van sokkerontwikkeling in die la...
Ballotti: Opgraderings by Sam Nujoma-stadion vorder goed 09.10.2026 0:26
Adjunkminister van jeug en sport, Dino Ballotti sê Katutura inwoners kan daarna uitsien om binnekort weer groot sokker-toernooie by die Sam Nujoma-stadion by te woon. Hy sê herstelwerk aan die stadion vorder goed. Ballotti sê ook dat van die ander publieke sport-fasiliteite regoor die land tans opgraderings ondergaan:
Ultimate.earth skenk rekenaars aan Abraham Gariseb-laerskool 09.10.2026 0:40
Sewe nuwe rekenaars gaan aan leerders van die Abraham Gariseb-laerskool in Sorris Sorris groter toegang tot tegnologie en nuwe opvoedkundige geleenthede bied. Die rekenaars, met 'n waarde van ongeveer 100 000 Namibiese dollar, is deur ultimate.earth en sy Conservation Travel Foundation geskenk as deel van 'n groeiende program om leerders in van Namibië se mees afgeleë skole vir die toekoms toe te...
Regter Esi Schimming-Chase neem afskeid van Gert Strydom 09.10.2026 0:40
Die voormalige Hoofregter Gert Strydom is vandag tydens 'n staatsgedenkdiens in die Parlementstuine in Windhoek vereer vir sy onwrikbare toewyding aan geregtigheid. Strydom, wat op 88-jarige ouderdom in Swakopmund oorlede is, het van 1999 tot 2003 as Namibië se derde Hoofregter gedien. Regter Esi Schimming-Chase van die Hooggeregshof het sy nalatenskap geprys en hom beskryf as 'n verdediger van ge...
SA staar kort-termyn vleisprysstygings in gesig weens BKS-uitbreking 09.10.2026 0:30
Suid-Afrika staar kort-termyn vleisprysstygings in die gesig, hoofsaaklik vir skaap en lam, na die verbod op Namibiese vee-uitvoere weens bek-en-klouseer. Landboukundige Kobus Laubscher sê die Namibiese verbod, plaaslike voerkraalbeperkings en die heropbou van kuddes dryf die tydelike voorraaddruk aan, hoewel dit 'n kortstondige ontwrigting bly eerder as 'n langtermyn tekort. Hy het met Kosmos 94....
Regering moet spoed optel met vleisuitvoer-diversifikasie 09.10.2026 0:40
Die parlement gaan die regering uitvra oor pogings om Namibië se vleisuitvoermarkte te diversifiseer, met die LPM-parlementslid Utaara Mootu wat inligting wil bekom oor 'n voorgestelde handelsooreenkoms met Angola vir 10 000 ton beeste, beesvleis en beesvleisprodukte. Mootu sê die diversifisering van markte kan help om boere te beskerm teen ontwrigtings soos die huidige uitbreking van bek-en-klous...
Namibia Air se tyd om vlerke te sprei raak min! 09.10.2026 0:38
Namibia Air het minder as twee maande om vliegtuie te bekom en die nodige sertifisering te voltooi om sy beloofde bekendstelling in Desember te haal. Lugvaartdeskundige dr. Guy Leitch sê dit is moontlik, maar daar is 'n groot struikelblok. Hy sê die Namibiese Burgerlugvaartowerheid sal vinnig moet optree om die lugredery se lugvervoerdersertifikaat uit te reik, 'n proses wat in Suid-Afrika veel la...
Blou Bulle pak Leeus Saterdag op Loftus 09.10.2026 0:22
Die Vodacom Blue Bulls maak gereed om die Leeus Saterdag in 'n Verenigde Rugbykampioenskap-derbywedstryd by Loftus Versfeld-stadion in Pretoria te ontvang. Die afskop is vir 13:30 geskeduleer wanneer ronde 3 van die kompetisie in Pretoria begin. Die president van die Blou Bulle-rugby-unie, Willem Strauss, gee ons meer:
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.