Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.kosmos.com.na
Forfatter
Kosmos 94.1
Kategori
Podkastens nettsted
Siste episode
19. okt 2026
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Kom maak pot met 'n doel! 09.07.2026 0:40
Die jaarlikse liefdadigheidsgeleentheid en kookkompetisie, “Potjies with Purpose”, is terug en hierdie keer word fondse ingesamel vir die Namibiese o.18-meisiehokkiespan. Die geleentheid, wat in samewerking met die Namibiese Hokkie-unie gehou word, samel fondse in vir hul toer na Zimbabwe in Augustus. By die geleentheid op 25 Julie ding die spanne mee in korporatiewe en sosiale kategorieë by Affie...
Ten spyte van uitdagings is Lüderitz bedrywig 09.07.2026 0:40
Lüderitz ervaar 'n toename in aktiwiteit namate werk vorder aan verskeie groot ontwikkelings, insluitend die land se vlagskip groenwaterstofprojek, Hyphen Hydrogen Energy, die uitbreiding van die Lüderitz-hawe, en Fase 3 van die Lüderitz Waterfront Development Company-projek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met voormalige burgemeester van Lüderitz en nou landsleier vir die globale logistieke maatskap...
SA se plaaslike regering beleef 'n krisis 09.07.2026 0:15
United Africans Transformation sê die Nasionale Tesourie se besluit om befondsing vir 69 munisipaliteite te bevries, ontbloot 'n toenemende plaaslike regeringskrisis wat veroorsaak word deur finansiële wanbestuur, korrupsie en swak regering. Die party voer aan gemeenskappe dra die las van mislukte basiese dienste en groeiende munisipale skuld. Mighty Mabule van die organisasie vra herstelplanne, l...
Bibi sê Turkse regering is radikaal 09.07.2026 0:19
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het president Donald Trump van Amerika gewaarsku om nie F-35 Stealth-vegvliegtuie aan Turkye te verkoop nie. Hy sê dit sal die magsbalans in die Midde-Ooste “vernietig”. Trump het vroeër die week aangedui hy is bereid om ʼn verbod op die vliegtuie se verkope aan Ankara wat hy in sy eerste termyn ingestel het, om te keer. Netanyahu het aan CNN ges...
Motsoaledi sê swakplekke moet aandag kry 09.07.2026 0:21
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê langdurige swak plekke in die openbare gesondheidstelsel moet dringend aangespreek word. Dit volg nadat die Gesondheidsombud bevind het die dood van ses gesondheidswerkers by mediese instellings in KwaZulu-Natal was nie die gevolg van swak werksomstandighede of afknouery en viktimisasie in die werkplek nie. Die ondersoek het wel aansienlike sistemi...
Karasburg-laerskool soek jou! 09.07.2026 0:37
Karasburg-laerskool vier vanjaar met groot trots 50 jaar van gehalte-onderwys, groei en gemeenskapsbou! Alle oudleerders, voormalige en huidige onderwysers, oudhoofde, ondersteuningspersoneel, beheerliggaamlede en elke persoon wat 'n bydrae gelewer het tot die geskiedenis van Karasburg-laerskool word genooi om saam die besonderse mylpaal te vier. Kosmos 94.1 Nuus het met die skoolraad se voorsitte...
Parlement het aanspreeklikheidskrisis 09.07.2026 0:37
Die bestuurskenner Pius Dunaiski het kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as 'n groeiende aanspreeklikheidskrisis in die parlement, en gewaarsku dat honderde onbeantwoorde vrae aan ministers die parlement se vermoë om die uitvoerende gesag aanspreeklik te hou, verswak. Met 383 parlementêre vrae wat nog onbeantwoord is, blameer opposisiepartye ministers dat hulle nie vraagsessies gereeld bywoon ni...
Pensioen: Uitbetalings van verhoging kom in fases 09.07.2026 0:40
Vele pensioenarisse het hul frustrasie uitgespreek nadat hulle nie die terugwerkende betaling ontvang het na die 100 Namibiese dollar verhoging in die ouderdomstoelaag nie. Die maatskaplike welsyn-ministerie sê egter dat die betalings in fases uitgerol word, met alle kwalifiserende begunstigdes wat na verwagting teen September hul terugwerkende bedrae sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die mini...
Stad Kaapstad misluk in Khayelitsha 09.07.2026 0:18
Die Khayelitsha-ontwikkelingsforum verwelkom die bevinding van die Openbare Beskermer dat Stad Kaapstad nie voldoende basiese munisipale dienste in dele van Khayelitsha en Langa verskaf nie. Die voorsitter, Mawande Jara, het aan die SABC gesê inwoners sukkel met swak sanitasie, lekkende waterinfrastruktuur en gebrekkige dienste. Hy sê die bevindings ontbloot die werklikheid van gemeenskappe wat mi...
Wêreld hou asem op, kommer oor hervatting van oorlog 09.07.2026 0:31
Amerikaanse president Donald Trump wat Iranse leiers beledig en met meer aanvalle gedreig het, het wyd reaksie uitgelok. Kazem Gharibabadi, Iran se adjunkminister van buitelandse sake, het gesê Trump se opmerkings “is nie 'n teken van krag nie, maar eerder 'n erkenning van die mislukking van 'n beleid wat jare lank op brute geweld, sanksies en dreigemente gebou is, wat nie die Iranse nasie op sy k...
Die dag wat was, 8 Julie 2026 08.07.2026 5:37
Kry die nuus soos dit breek.
LLPB kondig nuutste vleispryse aan 08.07.2026 0:34
Die Lewendehawe en Lewendehaweprodukteraad het hul nuutste vleispryse vir die week aangekondig. Desmond Cloete, die bemarkingbestuurder, het aan Kosmos 94.1 Nuus meer inligting oor die veilingspryse gegee.
Meer padveiligheidsveldtogte nodig 08.07.2026 0:38
'n Man het Dinsdag met geringe beserings daarvan afgekom nadat sy voertuig van 'n brug op die Westelike Verbypad gery en op die pad daaronder geval het. Beeldmateriaal van die ongeluk is wyd op sosiale media gedeel. Tydens 'n vorige onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Horst Heimstadt, uitvoerende hoof van die Namibiese Padveiligheidsforum, beklemtoon dat padveiligheidsveldtogte nie net tydens die K...
Inheemse kennis se rol in bewaring in die kollig 08.07.2026 0:35
Namibië loods môre sy publikasie "National Outlook on Indigenous and Local Knowledge of Biodiversity" om inheemse kennis formeel in nasionale bewaringsraamwerke te integreer. Kosmos 94.1 Nuus het met Kombada Mhopjeni, die landprogrambeampte vir Natuurwetenskap by Unesco gepraat, wat sê die publikasie evalueer die huidige stand van inheemse kennis en beklemtoon die noodsaaklike rol daarvan in die a...
Staatsprokureurs spring om Job se aansoek af te weer 08.07.2026 0:22
Die staatsprokureurs het dokumente aan alle lede van die Nasionale Vergadering vrygestel wat die president se getekende aanbevelings bevat vir die aanstelling van die voorsitter en kommissarisse van die Verkiesingskommissie. AR-leier Job Amupanda het die ontwikkeling verwelkom, maar bygevoeg dat sy regspan steeds die dokumente hersien. Dit kom na Amupanda gedreig het om 'n dringende hofbevel te ve...
Savanna Beef-aandeelprys styg weens goeie aanvraag 08.07.2026 0:21
Savanna Beef-aandele verhandel stewig op die Namibiese Sekuriteitebeurs teen een Namibiese dollar en sewentien sent per aandeel, 'n styging vanaf sowat 1 dollar en 5 sent aan die begin van Junie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus se medestigter Romé Mostert gepraat, wat sê die onlangse styging, gerugsteun deur 32 000 aandele wat verhandel is, weerspieël versterkende beleggersvertroue namate die maat...
Trump dreig Iran-aanvalle, olieprys spring 5% 08.07.2026 0:22
Dit blyk asof die skietstilstand tussen Amerika en Iran iets van die verlede is, met Amerikaanse president Donald Trump wat by die Navo-beraad in Turkye gedreig het om Iran vanaand weer hard met lugaanvalle te slaan. Hy het ook gedreig om Khargh-eiland in te neem en die haweblokkade weer in te stel. Hy het ook gesê die Iranse leierskap is skuim en bose mense, en sover dit hom aangaan is die skiets...
FNB Namibia kry beste SME-bank in Namibië-toekenning 08.07.2026 0:33
FNB Namibia is aangewys as die beste SME-bank in Namibië by die gesogte Global Banking & Finance Awards. Die bank bedien tans SME's in al 14 streke en handhaaf 'n geraamde aandeel van 35 tot 40 persent van Namibië se SME-bankmark. Nesdha de Jongh, hoof van SME-bankdienste by FNB Namibia, sê hierdie nasionale voetspoor het die bank as die land se toonaangewende SME-bankvennoot geposisioneer.
SA munisipaliteite moet skuldplanne maak: Tesourie 08.07.2026 0:18
Die Nasionale Tesourie sê munisipaliteite moet eers ooreenkomste oor volhoubare betalingsplanne met hul skuldeisers bereik voordat teruggehoue fondse vrygestel word. Gister is aangekondig befondsing aan 69 munisipaliteite sal tydelik teruggehou word weens oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Ogalaletseng Gaarekwe van die Tesourie het vanoggend op 'n nuuskonferensie gesê die reë...
NV nogmaals ontwrig deur uitstappe 08.07.2026 0:17
Die parlement is weereens in prosedurele onrus gedompel nadat opposisielede uit die Nasionale Vergadering gestap het, wat die Huis sonder 'n kworum gelaat het. Die jongste dooiepunt kom net dae na 'n soortgelyke dispuut oor die genomineerdes vir die Staatsdienskommissie, voordat Swapo uiteindelik op sy meerderheid staatgemaak het om hul goedkeuring te verseker. Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila h...
Baba-Bokke het nog werk voor Wêreldkampioenskap-halfeindronde 08.07.2026 0:15
Rugby: Die Junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, sê daar is steeds ruimte vir verbetering voor hulle Engeland Maandag pak in die halfeindronde van die Junior Wêreldkampioenskap in Georgië. Suid-Afrika was 14 punte agter, maar het ingehaal en Wallis uiteindelik 52-33 verslaan na agt drieë teenoor vyf om die voorlaaste ronde te haal. Foote sê hulle moet veral werk aan hulle verdediging en bal...
Die hoofnuus om 13:00 08.07.2026 5:01
Kry die nuus soos dit breek.
DA sê voldoende toilette by skole is 'n reg, nie 'n doelwit nie 08.07.2026 0:23
Die DA doen ʼn beroep op alle provinsiale onderwysdepartemente om dringend skole wat nog sanitasieprobleme het, te identifiseer en duidelike planne en tydlyne te verskaf oor hoe hulle dit gaan hanteer. Dit volg nadat die Departement van Basiese Onderwys al 3 372 sanitasieprojekte by skole afgehandel het wat in die 2018-oudit oor sanitasie geïdentifiseer is. Desiree van der Walt van die DA sê veilig...
Badenoch verduidelik onttrekking by Clacton 08.07.2026 0:23
Nie die Arbeiders nog die Tories sal 'n kandidaat vir die Clacton-tussenverkiesing daarstel nie. Die verkiesing is veroorsaak deur die bedanking uit die parlement van Reform UK se Nigel Farage, en hy sal weer staan vir die pos. Hy sal na verwagting wen en dan terugkeer na die parlement en dan kan die ondersoek na sy befondsing hervat word. Tory-leier Kemi Badenoch het verduidelik hoekom hulle nie...
Dagga-aktiviste op hete kole, uitspraak môre verwag 08.07.2026 0:23
Daar is nog geen uitsluitsel in die Grondwetlike dagga saak deur aktiviste Brian Jaftha en Borro Ndungula nie. Uitspraak was Maandag verwag maar regter Claudia Claasen het die indiening van verdere dokumente geëis. Die staat het 'n aansoek vir 'n spesiale pleit gedoen om die saak van die rol te skrap, omdat hulle meen dit is 'n beleidskwessie en nie 'n regskwessie nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaf...
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.