Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.kosmos.com.na
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
Zaamwani sê daar word ... 07.10.2026 0:37
Kry die nuus soos dit breek.
Inenting nou al opsie om BKS te keer: Zaamwani 07.10.2026 0:40
Landbouminister Inge Zaamwani het aangekondig dat inenting nou die mees lewensvatbare opsie is om die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik, waar 127 aktiewe gevalle op 15 kommersiële plase bevestig is, te bekamp. Die besmette gebied sal ook afgekordon word. Zaamwani het vanmiddag in die parlement gesê dat die Kabinet twee opsies oorweeg het: óf uitdunning van die besmette en blootge...
Ondersoekeenheid kla oor terugvoer oor vervolgings 07.10.2026 0:18
Die Spesiale Ondersoekeenheid het 'n eenheid gestig om te monitor hoeveel van sy verwysings na die Nasionale Vervolgingsgesag op suksesvolle vervolgings uitloop. Die hoof, Leonard Lekgetho, het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie gesê hulle het vanjaar reeds meer as 700 verwysings gedoen. Die komitee se voorsitter, Xola Nqola, sê die eenheid se werk is tevergeefs indien daar nie o...
Is digitale stelsel in plek vir nuwe nommerplate? 07.10.2026 0:33
PDM-parlementslid Winnie Moongo sê skandeerbare strepieskode-nommerplate alleen sal nie voertuigmisdaad beëindig sonder volle digitale afdwinging nie. Dit kom nadat die vervoerministerie nuwe skandeerbare nommerplate, duidelike blou nommerplate vir openbare vervoer en verpligte registrasie vir vervaardigers aangekondig het. Moongo het die stap verwelkom, maar sê dat sukses afhang van streng end-to...
Vervoerkoste in SA 'gaan beslis styg' 07.10.2026 0:21
Die Padvragvereniging sê die jongste brandstofprys-styging gaan verdere druk op vervoerkoste en voorsieningskettings plaas wat ʼn uitwerking op produkpryse sal hê. Brandstof maak tussen 35- en 55-persent van bedryfskoste uit, afhangende van die operasie, tipe voertuig en roetes. Petrolpryse het met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter gestyg, en dieselpryse met tussen twee-rand-8...
Staatskuld bly styg, kan goed wees, maar... 07.10.2026 0:36
Reaksie word ontvang op Namibië se toenemende binnelandse staatskuld, wat in September 168 miljard Namibiese dollar bereik het, 'n styging van 19 persent vergeleke met 'n jaar gelede. Die toename is aangedryf deur meer binnelandse geregistreerde effekte en tesourie-wissels. Die beleggingsontleder Kara van den Heever van Momentum sê dat staatslenings ekonomiese groei kan ondersteun, mits die geld a...
FNB Kudus reg om titel teen FNB Wanderers Saterdag te verdedig 07.10.2026 0:34
Die FNB Kudus sien daarna uit om hul titel hierdie Saterdag teen FNB Wanderers te verdedig in 'n hoogs verwagte eindstryd van die Namibië-rugbyunie se Premierliga op die Hage Geingob-stadion. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kudus se hoofafrigter, Cameron Langenhoven, gesels wat sê die span is in uitstekende vorm en vasbeslote om die wedstryd 'n mededingende een te maak.
WGO: Rusland moet deursigtig wees oor laboratorium-sterfte 07.10.2026 0:13
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Rusland gemaan om volledige en deursigtige inligting te verskaf na die dood van ʼn laboratoriumtegnikus by die Irkoetsk-navorsingsinstituut vir Plaagbestryding van Siberië in die suidooste van Moskou. Volgens onbevestigde berigte het die 28-jarige Darya Shipilova siek geword nadat ʼn proefbuis met builepes gebreek het, of ná ʼn besoek aan ʼn streek waar dit natuurl...
Namibië en Duitsland verdiep ontwikkelingssamewerking 07.10.2026 0:37
Namibië en Duitsland het ooreengekom om hul jarelange ontwikkelingssamewerking verder te verdiep na 'n onlangse inter-regeringsdialoog. Die twee regerings het hul gedeelde verbintenis herbevestig om volhoubare en inklusiewe ontwikkeling te bevorder deur voortgesette bilaterale samewerking, wat voortbou op pogings in die afgelope 36 jaar. Florian Seitz, adjunkhoof van die missie by die Duitse ambas...
Access Bank sal oorgrenshandel en innovasie hupstoot gee 07.10.2026 0:25
Die Bank van Namibië het 'n kommersiële banklisensie aan Access Bank Namibia toegestaan, wat die Nigeriese groep in die land se 200 miljard Namibiese dollar-sektor bring. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu sê Access Bank se teenwoordigheid in 24 lande sal plaaslike innovering bevorder en oorgrens-handel onder die AfCFTA versterk. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat:
Windhoek aangewys as agtste-gegradeerde stad in Afrika 07.10.2026 0:40
Windhoek is aangewys as die agtste-gegradeerde stad in Afrika en 411ste wêreldwyd, in die 2026 Oxford Economics Global Cities Index. Die munisipaliteit het in die omgewingkategorie 'n telling van 84 gekry, en 'n bestuursgradering van 63.4, wat sy verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid en verantwoordelike stedelike ontwikkeling weerspieël. Die punte vir ekonomie, menslike kapitaal en lewenskwalite...
LPM vra dat RCC se Nelumbo gearresteer moet word 07.10.2026 0:32
LPM-LP Utaara Mootu doen 'n beroep op die onmiddellike inhegtenisneming van die waarnemende uitvoerende hoof van die Roads Contractor Company, Dasius Nelumbu, oor 17 miljoen Namibiese dollar in onafgelewerde brandstof. Mootu het gevra waarom interne oudits nie daarin geslaag het om die transaksie van 30 miljoen Namibiese dollar te stop nie. Sy het ook volle aanspreeklikheid geëis vir die vermiste...
Multi-miljoen-rand Mandrax-laboratorium in Noordwes ontdek 07.10.2026 0:19
Die polisie in Noordwes het drie Suid-Afrikaners en ʼn Zimbabwiër in hegtenis geneem na die ontdekking van ʼn multimiljoen-rand Mandrax-vervaardigingslaboratorium op ʼn kleinhoewe by Hartbeespoort-dam. Die polisie het inligting ontvang oor moontlik onwettige aktiwiteite op die perseel. Die provinsiale polisiekommissaris, Arthur Adams, sê toe hulle op die perseel aankom, het Brits se misdaadintelligen...
Binnelandse-ministerie: e-ID-sisteem het streng sekuriteits-kenmerke 07.10.2026 0:30
Die binnelandse sake-ministerie sê streng wetlike protokolle en ouditeerbare toegangslogboeke is ingebou in die nuwe elektroniese identiteitstelsel om wydverspreide identiteitsdiefstal te bekamp en dataprivaatheid te verseker. Hoofregistrateur Jackson Wandjiva sê gemagtigde liggame soos wetstoepassing, intelligensie en die Ombudsman kan slegs toegang tot identiteitsdata verkry deur aangewese wetli...
Section27 verwelkom hofuitspraak wat 50 matriekleerders van groepafskryf vryspreek 07.10.2026 0:21
Die menseregte-voorstandersgroep Section27 het 'n uitspraak van die Hooggeregshof in Polokwane verwelkom wat 50 voormalige matriekleerders van die Baphutheng Senior Secondary School in Limpopo vrygespreek het van bewerings van eksamen-onreëlmatighede. Die leerders is van groepafskryf beskuldig nadat ooreenkomste gevind is in hul antwoorde vir die 2024-eksamens in Besigheidstudies en Ekonomie. That...
Spoed en oorlaaide voertuie bly kopseer op Windhoek-paaie 07.10.2026 0:56
Die oorlaai van voertuie en motoriste wat veels te vinnig bestuur bly van die kopsere op Windhoek se paaie. Kosmos 94.1 se Francois Lottering vertel ons meer van wat tydens vanoggend se skof van Roadwatch gebeur het:
DA: Vervang Padongelukkefonds om brandstofpryse te verlaag 07.10.2026 0:16
Die DA sê brandstofpryse kan verlaag word deur die Padongelukkefonds te vervang en die heffing wat dit finansier, af te skaf. Chris Hunsinger van die party sê die Padongelukkefonds het uitstaande eise van sowat 450-miljard-rand, terwyl sy jaarlikse inkomste slegs 47-miljard-rand beloop. Hunsinger voeg by dat motoriste meer vir brandstof betaal om 'n stelsel te finansier wat besig is om te misluk,...
Otjozongombe-veldbrand deur weerlig veroorsaak 07.10.2026 0:15
Die velbrand wat Sondag in die Otjozongombe-gebied ontstaan het is deur weerlig veroorsaak. Dis volgens die senior bosboutegnikus by die ministerie van bosbou in die Kunene-streek, Frans Amunyela. Amunyela het met Nampa gepraat en sê die brand is nog steeds aktief en het reeds groot dele van die veld vernietig:
Saftu vra vir paraffien-noodsubsidie om arm huishoudings te beskerm 07.10.2026 0:22
Die vakbondfederasie Saftu sê 'n noodsubsidie vir paraffien is noodsaaklik om arm huishoudings teen die skerp styging in brandstofpryse te beskerm. Die federasie voer aan die verhoging van paraffien-pryse met 3-Namibiese-dollar-58-sent per liter sal verdere druk plaas op gesinne. Asive Dyani van Saftu het die jongste brandstofprysstygings veroordeel en waarsku dit kan die lewens-koste-krisis vir w...
Ongevraagde bemarkings-e-posse kan jou kliënte vervreem 07.10.2026 0:36
Ons bly met plaaslike nuus: Die stigter van SMEs Compete, Danny Meyer, waarsku dat plaaslike ondernemings wat ongevraagde strooipos-e-posse vir bemarking gebruik, die risiko loop om kliënte te vervreem, en noem digitale indringing 'n simptoom van swak sakekultuur. Meyer sê dat die verwarring van strooipos met effektiewe bemarking verbruikersweerstand skep en kommersiële vertroue ondermyn. Hy voer...
VF Plus vra Ramaphosa om plaasmoorde te erken 07.10.2026 0:17
Die VF Plus vra president Cyril Ramaphosa om plaasmoorde te erken en te veroordeel nadat die 70-jarige Hannetjie van Zyl gisteraand naby Ottosdal in Noordwes vermoor is. Die party sê Van Zyl is by haar plaashek op die Doornpan-pad aangeval en is op pad hospitaal toe dood weens 'n hou teen die kop. Die VF Plus-leier Corné Mulder sê dit is tyd vir die regering om plaasaanvalle ernstig te begin opnee...
Grensskoonmaakoperasie 'n sukses 07.10.2026 0:38
Die hoof van die verdedigingsmag, lugmaarskalk Martin Pinehas, het die voltooiing van 'n gesamentlike grensopruimingsoperasie aangekondig, wat 120 km langs die Namibië-Zambië-grens in die Zambezi-streek skoongemaak het. Pinehas het bevestig dat troepe 'n buffersone van 30 meter langs die grenslyn geskep het, en het personeel geprys vir die oorkoming van digte plantegroei, strawwe weer en wildrisik...
FNB Wanderers reg vir Saterdag se eindstryd teen FNB Kudus 07.10.2026 0:39
Die afrigter van FNB Wanderers, Darryl de la Harpe, sê sy span is gereed om Saterdag om 4-uur in die eindstryd van die Namibië-rugbyunie se Premierliga teen FNB Kudus te speel. Die wedstryd vind by die Hage Geingob-stadion in Windhoek plaas. Die verdedigende kampioene, Kudus, het Montego United in hul semifinaal met 55-38 geklop, terwyl Wanderers in die half-eindstryd met 60-27 teen FNB Grootfonte...
SA dieselpryse styg tot byna N$32 per liter 07.10.2026 0:33
Met brandstof-pryse wat vanoggend beide hier en in die buurland gestyg het, betaal Suid-Afrikaners van vandag af byna 32-Namibiese dollar vir 'n liter diesel. Dit, terwyl ongeveer 'n derde van die wêreldwye uitvoeraanbod geraak word deur die sameloop van twee oorloë en die geostrategiese stryd daaromheen. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gesels, wat sê dat die impak oral gevoel w...
Miljarde N$ vloei na buiteland vir gespesialiseerde olie- en gassektordienste 07.10.2026 0:39
Miljarde Namibiese dollar vloei tans na die buiteland vir gespesialiseerde dienste in die olie- en gassektor. Die Bank van Namibië sê dat die land in die tweede kwartaal vanjaar 'n netto uitvloei van 4,8 miljard Namibiese dollar vir dienste aangeteken het, 'n 51,1 persent styging in 'n jaar, deels weens olie- en gaseksplorasie op see. Isabel von Oelhafen, bestuurder vir sakeontwikkeling by Namibia...
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici