Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 727 episodi

Kry die nuus soos dit breek.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.kosmos.com.na

Autore

Kosmos 94.1

Categoria

News

Sito del podcast

www.kosmos.com.na

Ultimo episodio

17 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

Sterker samewerking nodig om land se energiesekerheid te beskerm 08.10.2026

Die spesiale adviseur van die verdedigings-minister, Hilma Nicanor, vra sterker samewerking om die land se energiesekerheid te beskerm, namate internasionale politieke spanning en nuwe tegnologieë wêreldwyd voorsieningskettings ontwrig. Nicanor het by 'n Unam-Stellenbosch-energiekonferensie gepraat en sê dat veranderende realiteite 'n strategiese heroorweging vereis om kritieke energiebronne te ve...

Trump herhaal omstrede LA- en San Diego-aanval-opmerkings 08.10.2026

President Donald Trump van Amerika het sy opmerking herhaal dat die Iran-oorlog nodig was om te verhoed dat Teheran stede soos Los Angeles of San Diego in ʼn kernaanval vernietig. Dit is ten spyte daarvan dat Amerikaanse intelligensie-agentskappe verlede jaar verklaar het dat Iran sy pogings om kernwapens te bou, meer as twee dekades tevore laat vaar het. Los Angeles en San Diego het albei belangri...

Gautengse Onderwys-LUR veroordeel moord op twee leerders in Alexandra 08.10.2026

Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, veroordeel die dood van twee leerders in Alexandra en sê skoolkinders se dood deur geweld is baie kommerwekkend. Die slagoffers is ʼn graad 12-leerder van Minerva Secondary School en ʼn graad 9-leerder van Alexandra High School. Volgens voorlopige berigte is die leerders in Alfred Nzo-straat, oorkant die Madala Hostel doodgeskiet. Maile se woordvoerder, O...

SAners kry nuwe hulpmiddel om ongewenste bemarking te stop 08.10.2026

Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het 'n gratis nasionale register bekendgestel waar verbruikers kan aandui as hul nie direkte bemarkingsboodskappe wil ontvang nie. Kommissaris Hardin Ratshisusu het op 'n nuuskonferensie gesê verbruikers kan regstreekse bemarkers vooraf blok, terwyl bemarkers verbruikers gereeld van hulle lys moet verwyder. Ratshisusu voeg by dit sal geleidelik in...

Nuwe Duitse ambassadeur wil bande tussen Namibië en Duitsland versterk 08.10.2026

Die nuwe Duitse ambassadeur in Namibië, Thomas Wimmer, sê  hy sal sy amps-termyn gebruik om verder die bande tussen die twee lande te versterk. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van Wimmer en agt ander nuut-aangestelde ambassadeurs en hoë kommissarisse na Namibië hier in Windhoek ontvang. Wimmer sê  hy wil veral daarop fokus om samewerking op die gebiede van ontwikkel...

Ramaphosa: Covid-19 beklemtoon behoefte aan plaaslike gesondheidsektor-vervaardiging 08.10.2026

Die Suid Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Covid-19-pandemie het die behoefte uitgelig om Suid-Afrika se plaaslike wetenskaplike, tegnologiese en farmaseutiese vervaardigingsvermoë te versterk. Ramaphosa het op die bekendstelling van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se FuturePharma-fasiliteit in Tshwane gepraat. Hy sê groter plaaslike produksievermoë is noodsaaklik om geso...

Nandi-Ndaitwah ontvang geloofsbriewe nuwe ambassadeurs en hoë kommissarisse 08.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van nege nuut aangewese ambassadeurs en hoë kommissarisse in Namibië ontvang. Die diplomate verteenwoordig Nigerië, Duitsland, Turkye, Soedan, die Filippyne, Panama, Mali, Griekeland en Pakistan. Mirco se adjunkdirekteur vir Europese sake, Valombola Kalomoh, het die diplomatieke mylpaal uitgelig en sê dit sal Namibië se internasionale...

DA: Landelike gemeenskappe het vinniger optrede en beter hulpbronne nodig 08.10.2026

Die DA sê landelike gemeenskappe het vinniger polisie-optrede en beter hulpbronne nodig om misdaad in boerderygebiede te bekamp. Dit volg na die moord op Hannetjie van Zyl naby Ottosdal in Noordwes. Die party voer aan dit het die polisie ongeveer 'n uur geneem het om die toneel te bereik na Van Zyl by die ingang na haar plaas aangeval is. Carin Visser van die DA doen 'n beroep op beter polisiehulp...

Amupanda vra vir regterlike hervormings 08.10.2026

Die AR-leier, Job Amupanda, het in die parlement 'n beroep gedoen op regterlike hervormings, insluitend die instelling van 'n konstitusionele hof, 'n suidelike afdeling van die hoërhof in Oranjemund, en termynbeperkings vir die regstelsel oorweeg.

Aksie-belaaide Saterdag beloof by Itumba Enduro 08.10.2026

Die Itumba Enduro bring Saterdag aksie vol adrenalien na die suidelike buitewyke van Windhoek. Pieter van Helsdingen, ondervoorsitter van die Enduro-klub, het met Motor Media Namibia oor die naweek se geleentheid gesels. Hy het ook belangstellendes uitgenooi om die dag te kom geniet, die Enduro-ryers persoonlik te ontmoet en meer oor die sport te wete te kom.

984 studente vang graad by vandag se Unam lente-gradeplegtigheid 08.10.2026

Unam hou vandag sy lente-gradeplegtigheid, waartydens 984 studente hul kwalifikasies sal ontvang. Unam-woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die plegtigheid deel vorm van 'n rekordgetal van 5 326 gegradueerdes vir 2026, die hoogste syfer in die universiteit se geskiedenis. Dit verteenwoordig 'n toename van 23 persent sedert 2022 en 'n styging van 11 persent vergeleke met ver...

Voormalige Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe op 52 oorlede 08.10.2026

Eskom bring hulde aan sy voormalige nasionale woordvoerder, Khulu Phasiwe, wat in die ouderdom van 52 gesterf het. Hy was ten tye van sy dood die hoof van Korporatiewe Sake en Kommunikasie by Lugverkeer- en Navigasie-dienste. Hy het voorheen as senior kommunikasie-raadgewer en later as nasionale woordvoerder van Eskom gedien. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, het haar medelye aan Phasiwe se gesin,...

Zaamwani: Diere in BKS-gebiede se toegang tot water verbeter 08.10.2026

Landbouminister Inge Zaamwani sê maatreëls word ingestel om te verseker dat vee, in gebiede wat deur bek-en-klouseer geraak word, toegang tot water het. Sy sê die regering probeer met dié stap die beweging van diere tussen waterpunte beperk en om kontak tussen verskeie kuddes te vermy. Zaamwani het in die parlement gepraat: Inge Zaamwani Donderdag

06:00 Nuus 08.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

WGO vra Rusland vir meer inligting oor laboratorium-sterfte 08.10.2026

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Russiese regering gevra vir meer inligting oor die dood van 'n werknemer by 'n Siberiese pesnavorsingseenheid. Dit sluit in besonderhede oor die laboratoriumtoetse wat op haar gedoen is, het die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus in 'n media-inligtingsessie gesê. Die organisasie het Rusland ook gevra vir meer besonderhede oor die openbare gesondhe...

Zimbabwe wil handelsbande met Namibië uitbrei 08.10.2026

Zimbabwe se uitvoere na Namibië het verlede jaar op ongeveer 5 miljard Namibiese dollar te staan gekom, vergeleke met Namibiese uitvoere na Zimbabwe van sowat 46 miljard dollar. Die handelsurplus is grootliks deur die visserye- en brandstofsektore aangedryf. Jacqueline Nyathi, ZimTrade se bestuurder vir die suidelike streek, wat vir driedaagse handelsamesprekings in Namibië is, sê haar land wil be...

Die dag wat was, 7 Oktober 2026 07.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Cameron Green uit eerste toets teen Proteas 07.10.2026

Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, het bevestig die veelsydige Cameron Green sal nie speel in die eerste toets teen Suid-Afrika wat Vrydag in Durban begin nie. Hy het verlede week 'n buikbesering opgedoen tydens die derde eendagwedstryd teen die Proteas in Potchefstroom. Australië sal nou waarskynlik tussen Cooper Connolly en Nic Maddinson moet kies as nommer vyf-kolwer. McDonald...

Agri SA waarsku oor finansiële druk op boere, BKS 07.10.2026

Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in 'n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil ook hê die regering en die landbousektor...

Agri SA waarsku oor finansiële druk op boere, BKS 07.10.2026

Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in 'n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil ook hê die regering en die landbousektor...

BKS het 'proaktiewe voorkoming nodig, nie reaktiewe bestuur' 07.10.2026

Die regering het 'n massa-ringinenting oor 11 plase in die Karasburg-distrik van stapel gestuur na die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê die herwinning van Namibië se bek-en-klouseer-vrye status vereis proaktiewe voorkoming eerder as reaktiewe bestuur, en dring aan op deursigtigheid oor hoe die virus die bek-en-klouseer-vrye sone binnegekom het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuu...

Plaaslike ster Melissa Muller blink uit by SA Uitvoerende Kunste-kampioenskappe 07.10.2026

Die Namibiese kunstenaar Melissa Muller het twee algehele trofeë en verskeie medaljes in sang, toneelspel en dans by die 2026 Suid-Afrikaanse Uitvoerende Kunste-kampioenskappe gewen. Muller het goud in kletsrym en R&B verwerf, asook 'n eerste algehele oorwinning in die kitaarkategorie. Sy het haar dankbaarheid uitgespreek, haar ondersteuners bedank en haar mede-Namibiese deelnemers geprys vir hul...

Wetenskaplikes wat molekulêre raaisel oplos kry Nobelprys vir Chemie 07.10.2026

2026 se Nobelprys vir Chemie is toegeken aan Henri Kagan van Frankryk en Kenso Soai van Japan vir hul baanbrekerswerk oor ingewikkelde chemiese reaksies en selfversterkende chemiese prosesse in asimmetriese organiese sintese. Dit help verduidelik waarom chemiese reaksies soms een vorm van 'n molekule bo 'n ander bevoordeel. Hiener Linke van die Nobelkomitee sê hul werk was ook belangrik in die ont...

GIPF moet meer binne die land belê: Venaani 07.10.2026

PDM-leier McHenry Venaani sê 'n parlementêre hersiening moet gedoen word om meer van die Regeringsinstellings Pensioenfonds se 221,1 miljard Namibiese dollar-batebasis na binnelandse infrastruktuur, industrialisering en werkskepping te rig. Net 26,4 miljard dollar van die totaal is tans plaaslik belê. Venaani het belanghebbendes aangespoor om plaaslike beleggingshindernisse aan te spreek, en sê da...

Zaamwani sê daar word ... 07.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Ascolta il podcast Nuus su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici