Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 1846 epizód

Kry die nuus soos dit breek.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.kosmos.com.na

Szerző

Kosmos 94.1

Kategória

News

A podcast weboldala

www.kosmos.com.na

Legutóbbi epizód

2026. nov. 27.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android 10 M+ letöltés · 4,7+ értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Jaftha betwis tronkbeleid oor Rasta-hare 24.11.2026

Die president van die Rastafari United Front, Brian Jaftha, betwis die staat se veiligheids- en higiëne-argumente in sy Hooggeregshofsaak nadat sy dreadlocks in die tronk afgeskeer is. Jaftha sê sy hare was skoon en is gereeld deursoek. Hy bevraagteken waarom vroulike gevangenes lang hare mag hê, terwyl Rastafari-mans gedwing word om hul hare af te skeer. Hy wil hê die hof moet 'n presedent skep w...

SA-koalisiegesprekke in deurslaggewende fase 24.11.2026

Ná die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing op 4 November 2026, bevind politieke partye hulle in die finale en deurslaggewende fase van koalisie-onderhandelinge om plaaslike regerings saam te stel. Dr. Corné Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste verwikkelinge en die verloop van die proses gepraat.

Namibië en Botswana versterk landbousamewerking 24.11.2026

Namibië en Botswana is besig om landbouhandel en samewerking te versterk, met hernude fokus op die bekamping van veesiektes, die invoer van pluimvee- en varkvleisprodukte, asook die bevordering van suiwelproduksie. Dit volg op ’n bilaterale vergadering tussen die twee lande se landbouministers Maandag in Windhoek. Hulle het ooreengekom om binne twee weke ’n gesamentlike veeartsenykundige tegniese...

Die dag wat was, 23 November 2026 23.11.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Ferrari-spanhoof kritiseer Leclerc na botsing met Hamilton 23.11.2026

Motorsport: Ferrari se spanhoof, Fred Vasseur, het Charles Leclerc beskuldig van 'n gebrek aan respek na sy jongste botsing met sy spanmaat, Lewis Hamilton, in gister se Grand Prix in Las Vegas. Hy het Hamilton se motor getref toe hy hom probeer verbysteek het in 'n stryd om sesde plek. Die wedrenbeamptes het Leclerc met tien sekondes gestraf. Dit volg op duur botsings in Monza en Mexikostad vroeë...

Okahandja-aktivis vra vir vir 4x4-ambulans 23.11.2026

Okahandja-aktivis Gerub Gaseb het die nuwe, toegeruste ambulans by die Okahandja-staatshospitaal verwelkom. Hy het streeksraadslid Bethuel Tjaveondja geloof vir sy bydrae om een van die regering se 19 nuwe ambulanse vir die distrik te bekom. Die nuwe ambulans sal help om druk op gesondheidsdienste in die distrik, wat sowat 45 000 mense en Osona Village bedien, te verlig. Gaseb vra egter dat 'n vie...

Publiek aangespoor om Nasionale Raad-sittings by te woon 23.11.2026

Die Nasionale Raad se voorsitter, Lukas Muha, moedig die publiek aan om raadsittings by te woon en debatte vanaf die openbare galery te volg, midde lae openbare bywoning. Tydens die opening van die derde gewone sessie van die sewende Nasionale Raad het hy beklemtoon dat sittings oop is vir die publiek. Volgens Muha versterk openbare deelname demokrasie en verseker dit groter aanspreeklikheid.

Atoomenergie-beheerraad mik na kerntegnologie-uitbreiding 23.11.2026

Die voorsitter van die Atoomenergie-beheerraad, Shitaleni Herman, sê die regering se nuwe Kernnywerheidstrategie is daarop gemik om die land se rol in die kernbrandstofsiklus uit te brei. Meer waarde moet ook plaaslik toegevoeg word, eerder as dat rou uraan bloot uitgevoer word. Ná 'n voorlegging van die strategie aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah, het Herman gesê die plan fokus ook daarop om k...

MTC kry erkenning vir korporatiewe verslagdoening 23.11.2026

MTC het erkenning ontvang vir sy korporatiewe verslagdoening en as naaswenner in die streekskategorie by die 2026 Chartered Governance Institute of Southern Africa se Geïntegreerde Verslagdoeningstoekennings in Johannesburg geëindig. Die toekennings beoordeel maatskappye se verslagdoening oor onder meer finansiële prestasie, risikobestuur en korporatiewe bestuur. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi h...

Washington-goewerneur kap gemaskerde ICE-amptenare 23.11.2026

Washington se Demokratiese goewerneur, Bob Ferguson, veroordeel Saterdag se optrede van gemaskerde immigrasie-agente op die Seattle-Tacoma Internasionale Lughawe. ʼn Video toon agente wat twee mense op ʼn loopvlak in hegtenis neem terwyl ʼn vrou in die agtergrond skree. Die Departement van Binnelandse Veiligheid sê immigrasie-amptenare het ʼn geteikende operasie uitgevoer om die Mexikaanse burger Rica...

Deur na Brittanje nog oop, as jy wil verhuis 23.11.2026

Al hoe meer Namibiërs oorweeg dit glo om na Brittanje te verhuis, op soek na beter werksgeleenthede, hoër salarisse en nuwe lewenservaringe. Kenners sê daar is steeds goeie geleenthede in sekere beroepsrigtings, maar emigrasie bring ook uitdagings en vereis deeglike beplanning. JP Breytenbach, direkteur van Breytenbach Migration Consultants se Londense kantoor, het met Kosmos 94.1 Nuus vanuit die...

Stadige volksmoord teen Kaapse bobbejane, sê GOOD 23.11.2026

Die GOOD-party beskuldig die Stad Kaapstad, CapeNature en SANParke dat hulle hul amptelike bewaringsdoelwitte versaak nadat Simonstad se Waterval- en Seaforth-bobbejaantroppe gevang en permanent na ʼn sentrum verskuif is. Die 44 Waterval-bobbejane en 16 Seaforth-bobbejane is vroeër die maand by die Stedelike Natuurlewe-sentrum in Kogelfontein hervestig. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, be...

Katuka-program bemagtig meer as 600 vroue 23.11.2026

Meer as 600 vroue het reeds baat gevind by die Katuka-mentorskapprogram, wat vroue se leierskap, selfvertroue en professionele ontwikkeling bevorder. Die program is in 2001 gestig en word die afgelope ses jaar deur Bank Windhoek ondersteun. By die jaarlikse prysuitdeling in Windhoek is 48 vroue erken vir die suksesvolle voltooiing van die 12-maande program. Bank Windhoek se hoof van strategiese ko...

SAFTU sê regering moet ingryp by 950 moontlike werksverliese by Continental Tyres 23.11.2026

Die vakverbond SAFTU veroordeel Continental Tyres se plan om sy band-aanleg in Gqeberha vroeg volgende jaar te sluit. Dit sal tot sowat 950 werksverliese lei. Die maatskappy skryf dit toe aan jare lange onderbenutting, groter mededinging van goedkoop invoere, stygende energiekoste, ontwrigting in voorsieningskettings en vervalle infrastruktuur. SAFTU-woordvoerder Asive Dyani sê Suid-Afrika kan nie...

Antibiotikaweerstand in Namibië met byna 1 900 sterftes verbind 23.11.2026

Die direkteur van farmaseutiese dienste, Naita Nghishekwa, sê middelweerstandige infeksies is in 2019 met 1 900 sterftes in Namibië verbind. Van dié sterftes is 451 direk aan bakteriële weerstand toegeskryf. Sy sê antibiotikagebruik bly ook kommerwekkend hoog. In die tweede kwartaal van die 2026/27-boekjaar het 49 persent van voorskrifte antibiotika ingesluit, vergeleke met die Wêreldgesondheidsor...

Botha sien vervaardigingsgeleenthede vir Namibië ná AGOA-besluit 23.11.2026

Ekonomiese raadgewer Roelof Botha sê Namibië kan nuwe vervaardigings- en verwerkingsbedrywe lok nadat die Verenigde State besluit het om Suid-Afrika se voordele ingevolge die AGOA-handelsooreenkoms vanaf 1 Januarie 2027 te onttrek. Botha stel gesamentlike projekte tussen Namibië en Suid-Afrika voor, waaronder 'n aanleg in Namibië wat platinumgroepmetale kan gebruik om katalisators vir groenenergie...

Ekonome verwag onveranderde rentekoers 23.11.2026

Meer ekonome verwag dat die Bank van Namibië die repokoers onveranderd op 7 persent sal hou wanneer sy volgende monetêre beleidsbesluit in Desember aangekondig word. Ekonoom Abraham Eita het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die land se buitelandse valutareserwes bied 'n stewige buffer om die Namibiese dollar se koppeling aan die Suid-Afrikaanse rand te ondersteun. Volgens Eita gee dit die sentrale bank '...

Springbokke en Frankryk gereed vir groot kragmeting 23.11.2026

Opwinding bou op voor Sondag se groot kragmeting tussen die Springbokke en Frankryk op Twickenham in Londen. Die twee rugbyreuse pak mekaar in 'n belangrike internasionale kragmeting, met albei spanne wat daarop uit sal wees om hul aansien te bevestig. Die voormalige Springbok-kaptein Corné Krige het sy verwagtinge oor die wedstryd met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Charene mik na plek in Mej. Heelal se Top 30 23.11.2026

Mej. Heelal Namibië 2026, Charene Labuschagne, het die land die naweek by die 75ste Mej. Heelal-kompetisie in Puerto Rico verteenwoordig. Sy het Saterdag Namibië se natuurbewarings-boodskap deur middel van haar nasionale kostuum, geïnspireer deur die Suidelike Karmynbyvreter, ten toon gestel en Sondag aan die voorlopige kompetisie deelgeneem. Die Nasionale Direkteur van die Mej. Namibië-organisasi...

Sokker: Nagmerrie-begin vir Man United se nuwe afrigter 23.11.2026

Mauricio Pochettino se termyn as afrigter van Manchester United het op 'n laagtepunt afgeskop met 'n Premierliga-nederlaag van 4-0 teen Liverpool op Anfield. United moes langer as 80 minute met tien spelers klaarkom toe die verdediger Leny Yoro met 'n rooikaart afgestuur is vir onwettige verdediging teen Alexander Isak. Dominik Szoboszlai, Florian Wirtz, Rio Ngumoha en Víctor Muñoz se doele het Un...

Namibië hernu verbintenis tot uitwissing van kinderhuwelike 23.11.2026

Namibië het sy verbintenis tot die beëindiging van kinderhuwelike herbevestig deur middel van sterker wetgewing, doeltreffende implementering en groter samewerking tussen belangrike rolspelers. Die land woon tans die SAOG-Parlementêre Forum se beraad in Eswatini by wat fokus op hoe politieke leierskap, ’n progressiewe kultuur en data die uitwissing van kinderhuwelike in die streek kan versnel. Die...

Tennis: Alcaraz verslaan Zverev vir sy eerste ATP-jaareindtitel  23.11.2026

Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, het in Turyn, Italië, die derde Spanjaard geword om die ATP-jaareindtoernooi te wen. Die 23-jarige het die nommer-een, Alexander Zverev van Duitsland, in skoon stelle verslaan en sluit aan by Andre Agassi van Amerika, die Switser Roger Federer en Novak Djokovic van Serwië om al vier Grand Slam-toernooi en die eindtoernooi te wen. Alcaraz sê hy is trots op sy...

Behuisingskrisis laat byna die helfte van stedelinge in informele nedersettings 23.11.2026

Namibië se behuisingskrisis neem toe, met byna die helfte van die land se stedelike bevolking wat in informele nedersettings woon. In Windhoek alleen leef meer as 200 duisend mense, sowat 47 persent van die stad se bevolking, in informele nedersettings. Cirrus Capital se ekonoom, Ida Williams, waarsku dat bekostigbare behuising al hoe moeiliker bereikbaar word en dat dringende ingryping nodig is....

Motorsport: Marc Marquez wen sy agtste MotoGP-kampioenskapstitel  23.11.2026

Marc Marquez het die rekord geëwenaar toe hy sy agtste MotoGP-kampioenskapstitel by die Portugese Grand Prix opgeraap het. Die Spanjaard, wat onder die top-nege moes eindig om die kampioenskap te beklink, het agtste gekom op sy Ducati. Aprilia se Italiaanse motorfiets-jaer, Marco Bezzecchi, het die wedren gewen. Saam met sy titels in die 125cc en 250cc kategorieë, spog Marquez nou met tien wêreldk...

Nuwe boorgate verbeter watertoegang vir Zambezi-boere  23.11.2026

Veeboere in die Zambezi-streek kry beter toegang tot water danksy nuwe boorgate by Sabelo, Sizimbuko en Kasheshe, wat meer as 1,7 miljoen Namibiese dollar gekos het. Die projek is deel van pogings om boere en gemeenskappe voor te berei op moontlike droogtetoestande weens El Niño. Die hoof van landelike wateruitbreidingsdienste in die streek, Betty Muyatwa, sê die water by sommige boorgate bevat eg...

Hallgasd a(z) Nuus podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.