Maroela Media

Maroela-onderhoude

News AF ↓ 167 epizód

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: maroelamedia.co.za

Szerző

Maroela Media

Kategória

News

A podcast weboldala

maroelamedia.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 12.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Student vat verkope van handboeke, skep wen-sakeplan 12.10.2026

Die 21-jarige Darren Minders het met Die Boekemark die kategorie vir nuwe ondernemingsidees in Akademia se 2026-sakeplankompetisie gewen. Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels met hom oor die ontstaan van sy onderneming, die lesse agter die syfers en waarom ’n goeie sake-idee soms eers behoorlik uitmekaargehaal moet word voordat dit kan groei. Maroela Media

Zaan, Kurt draai saam op dansvloer 02.10.2026

Kurt en Zaan, wat ’n hegte band gevorm het tydens die vervaardigingsproses van “Meisie meisie”, vertel die verfilming van die musiekvideo was groot pret. Maroela Media

Geliefde oud-Springbok Kitsie skryf sy pad na vrede 25.09.2026

Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee. Maroela Media

‘Skoon bladsy’ vir nuwe Afrikaanse skool in Hartenbos 21.09.2026

Vir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring te help skep wat hom tydens sy jare oorsee laat besef het wat alles in ʼn klaskamer moontlik is. Louw is onlangs aangestel as hoof van Hartland Akademie, wat in Januarie 2027 op die Hartland...

Regstudent met musiekdrome laat Dozi-treffer herleef 09.09.2026

Nadat Jolan van Vuuren Akademia se talentkompetisie gewen het, het hy die kans gekry om ʼn liedjie saam met Johan Vorster te vervaardig.   Maroela Media

‘Dít maak jou koelboks koning,’ sê Snotkop 04.09.2026

Snotkop en Ricus Nel is terug met nog ʼn liedjie ná die wegholsukses van “Boerepompie”.  Maroela Media

Nuweling streef na ‘onvoorspelbaarheid’ 01.09.2026

“Ek weet nie almal gaan van my musiek hou nie; party sal dit selfs omstrede of vreemd vind. Solank as wat een persoon aanklank by my musiek vind, is ek gelukkig.”  Maroela Media

‘Kontras van menslikheid’ inspireer Janie, Hunter 28.08.2026

Op byna 42 is Janie Bay uiters gemaklik in haar vel, en haar nuwe musiek weerspieël waar sy haar tans in haar lewe bevind. Maroela Media

Geliefde omroeper sing oor wat agter die masker skuil 21.08.2026

“Ek dink ons almal is ʼn bietjie onafgerond. Ons sit ʼn masker op en gee voor dat ons lewe perfek is, veral in die hedendaagse tyd waar ons onsself met ander op sosiale media vergelyk.” Maroela Media

‘Skadumeisie’: Oplaas bevryding ná jare van seer 21.08.2026

Die boek word beskryf as nie net ʼn oorlewingsverhaal ná verslawing, verkragting en selfvernietigende gedrag nie, maar ook ʼn storie van hoop en ʼn herinnering aan die onblusbaarheid van die menslike gees.  Maroela Media

SkoolSlim | Belê in die menswees van jou kinders 07.08.2026

ʼn Sterk skool word nie net deur goeie uitslae en sportprestasies gebou nie. In dié episode van "SkoolSlim" gesels Pieter Rademeyer oor die redes waarom verhoudings, waardes en belegging in kinders se menswees ʼn skool se grootste nalatenskap kan wees. Maroela Media

‘Misofo-wat?’ Daar ís hulp as geluide jou wil gek maak 04.08.2026

Vir die meeste mense is die geluide van iemand wat kou, sluk of met ʼn pen tik bloot deel van die alledaagse lewe. Vir mense met misofonie kan dieselfde geluide egter intense woede, angs of ongemak ontlok en ʼn groot invloed op hul daaglikse lewe hê. Maroela Media

SkoolSlim | Om te lees is om te verstaan 30.07.2026

In hierdie episode van “SkoolSlim” verduidelik Lotta Engelbrecht waarom ʼn liefde vir lees reeds in die vroeë kinderjare begin en hoe ouers en onderwysers saam die grondslag vir ʼn leeftyd van leer kan lê. Maroela Media

Op die spektrum | ‘Oneindige uitdagings, maar daar is hoop’ 30.07.2026

In die tweede episode van “Op die spektrum” gesels die Müller-gesin van Pretoria oor hul seun se aanvanklike diagnose van outisme en verduidelik breedvoerig oor hul stryd om hom in die regte skool te plaas. Maroela Media

Op die spektrum | ‘Vroeë diagnose, regte dokters van kardinale belang’ 22.07.2026

In die eerste episode van “Op die spektrum” gesels die Müller-gesin van Pretoria oor hulle ervaring met die diagnose van outisme en gee praktiese raad vir ouers wat dieselfde pad stap. Maroela Media

SkoolSlim | Wie bepaal die toekoms van ons skole? 17.07.2026

Dié vraag staan sentraal in die tweede episode van SkoolSlim se tweede reeks, waarin dr. Leandie Bräsler van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met dr. Wynand Boshoff, VF Plus-woordvoerder oor onderwys, gesels oor die invloed van die regering van nasionale eenheid (RNE) en die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (Bela) op Suid-Afrikaanse skole. Maroela Media

SkoolSlim | Helen Zille sê sterk skole vra sterk gemeenskappe 15.07.2026

In dié episode van “SkoolSlim” gesels dr. Leandie Bräsler en Helen Zille oor waarom ouers, skole, gemeenskappe en plaaslike regering almal ʼn rol speel om kinders vir die toekoms toe te rus. Maroela Media

‘Negatiewe musiek’ inspireer musiekgroep Nikotien 10.07.2026

“Wat ons eintlik met die liedjie wil sê, is dat dit oukei is om jouself in negatiewe musiek en negatiewe emosies te verloor.” Maroela Media

Stap in Totius se spoor met Koepel-Klop 03.07.2026

Koepel-Klop vind op 1 Oktober om 10:00 plaas. Dit koste beloop R550 per persoon, en die roete duur ongeveer twee uur. Maroela Media

Maeztro, Loufi laat die boere ‘rave’ 24.06.2026

“Ek het begin wonder hoe dit sal lyk as die boere ‘rave’, want hulle het al genoeg gery.” Maroela Media

Mensdom se ‘innerlike geveg’ inspireer sanger 22.06.2026

“Iets wat my egter stom laat, is te midde van hierdie teenstrydigheid is daar altyd hoop. Die mens bring altyd hoop, maak nie saak wat in die wêreld aangaan nie.” Maroela Media

SkoolSlim | Kultuur en kapitaal werk saam in ons skole 19.06.2026

Kan ʼn sterk skoolkultuur belangriker as kapitaal wees? Volgens Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton Beleggings, is die antwoord ʼn besliste ja. In die jongste episode van SkoolSlim gesels dr. Leandie Bräsler van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met Schalekamp oor die verhouding tussen kultuur en kapitaal in skole en waarom die een nooit die ander behoort te oorheers nie....

SkoolSlim | Robotika in die klaskamer begin nie by ʼn robot nie 15.06.2026

Dit is ʼn praktiese SkoolSlim-episode vir onderwysers wat graag met robotika wil begin, maar onseker is hoe om die eerste tree te gee. In dié episode van SkoolSlim gesels Melanie Kroukamp, onderwysspesialis van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), oor hoe onderwysers robotika-denke reeds in hul klaskamers kan aanwakker deur probleemoplossing, kreatiwiteit, samewerking en patroonherkenn...

‘Totale wanbalans’ in skolesport 11.06.2026

Wanneer word skolesport ʼn belegging in kinders, en wanneer word kinders ʼn belegging in skolesport? Maroela Media

ADHD dikwels eers in volwassenes raakgesien  10.06.2026

Vir baie mense kom ʼn ADHD-diagnose eers in volwassenheid, nadat jare se uitstel, wanorganisasie en oorweldiging begin opstapel. ʼn Kenner sê die simptome was dikwels reeds in die kinderjare daar, maar is eenvoudig nie raakgesien of begryp nie.  Maroela Media

Hallgasd a(z) Maroela-onderhoude podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.