Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 745 epizód

Kry die nuus soos dit breek.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.kosmos.com.na

Szerző

Kosmos 94.1

Kategória

News

A podcast weboldala

www.kosmos.com.na

Legutóbbi epizód

2026. okt. 19.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

MUN sal oog hou op Ohorongo-Cheetah samesmelting 07.07.2026

Die Mynwerkersvakbond het die opheffing van die voorgestelde aflegging van 87 Cheetah Cement-werknemers verwelkom. Die opheffing volg op lynminister Modestus Amutse se besluit om die mededingingskommissie se blokkering van die maatskappy se samesmelting met Ohorongo Cement om te keer. Kosmos 94.1 Nuus het met die vakbond se sekretaris-generaal, George Ampweya, gepraat, wat sê dat hulle ontwikkelin...

Polisie-inligting oor VBS Bank is met Juju gedeel, hoor kommissie 07.07.2026

Die Madlanga-kommissie het bewerings aangehoor oor die senior polisie-offisier Feroz Khan wat vertroulike polisie-inligting met die EFF-leier Julius Malema gedeel het, rakende 'n bedrogklagte rondom VBS Bank. WhatsApp-boodskappe wat getuienisleier Michael Chaskalson voorgelees het, beweer Mohamed Sayed het die VBS-kurator, Anoosh Rooplal, se huisadres aan Malema verskaf. Chaskalson sê VBS se voorm...

Werkloosheid hoog onder Landbou- en Onderwys-graduandi 07.07.2026

Werkloosheid onder gegradueerdes is 'n groot probleem in die land. Die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys het die sektore ondersoek wat die meeste werklose gegradueerdes oplewer. Landbou-graduandi ervaar meer werkloosheid, gevolg deur onderwys. Die adjunk-uitvoerende direkteur van die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys, dr. Sylvia Demas, het gepraat by konsultasiesessies in Otjiwarongo.

Beleid oor kernenergie in wording: NNN 07.07.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het bevestig dat Namibië besig is om 'n beleid oor kernenergie op te stel wat deur wetgewing ondersteun word, terwyl die regering daarna streef om die land se uraanrykdom in elektrisiteit om te skakel. Sy het gepraat na 'n besoek aan die fasiliteite van die China General Nuclear Power Corporation in die Chinese provinsie Guangdong, waar die Namibiese afvaardiging e...

SA optogte pla nie vragvervoer, Asycuda-stelsel wel 07.07.2026

Die Suid-Afrikaanse anti-immigranteoptogte is steeds in die nuus. Die teen-migrasie organisasie March and March wil nou weekliks, elke Donderdag optogte hou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Leodolf Swanepoel van die Namibiese Logistiekevereniging en uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, wat sê daar's nie tans vragvervoer-probleme nie.

Heruitvoere styg geweldig in Mei 2026 07.07.2026

Meer inligting is bekend oor Nambië se prestasie op die globale handelsmark in Mei. Die Namibiese Statistieke-agentskap berig dat die mynbou- en steengroefsektor die grootste uitvoerwaarde van 6,6 miljard Namibiese dollar gegenereer het, wat meer as die helfte van die land se totale uitvoerinkomste beslaan het. Die agentskap se woordvoerder, Iipumbu Sakaria, sê die Chinese mark het uitvoere oorhee...

Gaza-kinders ken net oorlog en verlies: Unicef 07.07.2026

Die Verenigde Nasies se kinderfonds, Unicef, sê kinders betaal steeds die hoogste prys in Israel se oorlog in Gaza wat reeds langer as 'n duisend dae voortwoed. Die dodetal het 73 098 bereik sedert dit in Oktober 2023 losgebars het. Verslae dui aan meer as 60 000 kinders is dood of beseer. Unicef se woordvoerder, Louise Wateridge, sê kinders is dood, ontwortel en ontneem van noodsaaklikhede om te...

Goud 'nie goeie belegging nie, te wisselvallig' 07.07.2026

Goud het in Januarie sy geskiedkundige hoogtepunt van meer as 5 500 Amerikaanse dollar 'n fynons bereik maar het sedertdien geleidelik gedaal. Oor die afgelope week het die edelmetaal weer effe gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Suid Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gekry oor die amper 4 persent styging oor die afgelope week.

Madlanga kyk na WhatsApps tussen Juju, Khan en Sayed 07.07.2026

Die Madlanga-kommissie het beweerde WhatsApp-boodskappe ondersoek wat die senior polisie-offisier Feroz Khan, die EFF-leier Julius Malema en die sakeman Mohamed Sayed betrek. Getuienisleier Michael Chaskalson sê dit dui aan Sayed het in Junie 2021 inligting aan Khan gestuur op Malema se versoek. Die boodskappe is nog nie as bewyse getoets nie. Chaskalson sê dit het onder meer plakkate van Operatio...

Emma gesels oor KI-wetsontwerp in China 07.07.2026

'n Reus Namibiese afvaardiging gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah is op amptelike besoek aan China. Meer as 200 sakepersone is saam maar die Presidensie het nie die grootte van die staat se afvaardiging bekend gemaak nie. Inligtingsminister Emma Theofelus het die land se wetgewing rakende kunsmatige intelligensie aangespreek.

Onwettige wapens, kapings in die soeklig in Kaapstad 07.07.2026

Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 311 verdagtes vir verskeie misdade in hegtenis geneem, asook drie onwettige vuurwapens en sewe gesteelde of gekaapte voertuie teruggevind. 'n Totaal van 52 858 boetes vir verkeers- en verordeningsoortredings is ook uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die teen-kapingseenheid, wat gest...

Cran vul aan waar operateurs nie winsgewend kan bedryf nie 07.07.2026

Jake Maritz, die bestuurder by Cran verantwoordelik vir die implementering van die Universele Diensfonds, het op Cran se potgooi, Crancast, oor een van die land se belangrikste konnektiwiteitsinisiatiewe gepraat. Die inisiatief poog om nedersettings te bereik deur konnektiwiteit te verseker, en is deel van die owerheid se oorhoofse plan om die digitale gaping te oorbrug. Maritz het meer.

Sport: GRN het 23 jaar gehad vir stigting van sportontwikkelingsfonds 07.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Sport: GRN het 23 jaar gehad vir stigting van sportontwikkelingsfonds 07.07.2026

Die regering kom onder skoot na die sportministerie in 'n interne skrywe op 15 Junie belanghebbendes ingelig het hy geen versoeke vir finansiële ondersteuning kan oorweeg nie, as gevolg van geldtekorte. Sport is een van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se pilare en sy het 6,9 miljard Namibiese dollar daaraan belowe. Vervoer is moontlik solank die betrokke liggaam sy eie bestuurder voorsien. Sportk...

Konsessies vir duingordel sal nie werk nie, MEFT het geen beheer nie 07.07.2026

Die omgewingsministerie hersien die bestuur van die hoogs sensitiewe duingordel tussen Swakopmund en Walvisbaai deur 'n nuwe, gestruktureerde konsessieproses in te stel. Na aanleiding van openbare en belanghebbende konsultasies in die Erongo-streek, stel die ministerie streng bepalings en voorwaardes vas om kommersiële operateurs wat vierwielmotorfietse en 4x4's te reguleer. Om plaaslike ekonomies...

SA vervang put-toilette by 3 372 skole 07.07.2026

Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, is verheug dat die Departement van Basiese Onderwys se 2018-projek om put-toilette by skole te vervang, uiteindelik afgehandel is. Rondom 3 372 skole wat in die 2018-oudit geïdentifiseer is, het nou veilige en behoorlike sanitasiegeriewe waaruit meer as 3 miljoen leerders voordeel trek. Makaneta sê hierdie prestasie wys wat bereik kan word as kinders se wels...

Navo vergader vandag in Ankara, Turkye 07.07.2026

Navo se 32 lidlande begin vandag ʼn tweedaagse beraad in Ankara, Turkye. Dit vind plaas op ʼn belangrike tyd vir die alliansie, met spanning tussen die organisasie en Amerika oor Iran en Groenland. Die nasies het verlede jaar ooreengekom om vyf-persent van hul bruto binnelandse produk in verdediging te belê. Navo se sekretaris-generaal, Mark Rutte, het drie belangrike prioriteite vir die beraad uite...

Gibeon-gemeenskap is haaks met NamPol 07.07.2026

Inwoners van Gibeon eis aanspreeklikheid nadat bewerings van polisiebrutaliteit by die plaaslike polisiestasie na vore gekom het. Die gemeenskap beweer dat individue wat beskerming by die polisiestasie gesoek het, eerder aan onmenslike en onwettige behandeling deur beamptes aan diens onderwerp is. Maar gemeenskapsleier Christiaan Swartbooi sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die herbou van vertroue sal ve...

DA stel ondersoek in na Steenhuisen se aantygings 07.07.2026

Die DA se Federale voorsitter, Solly Msimanga, sê die party se uitvoerende federale raad sal die uitwerking ondersoek van John Steenhuisen se bewerings oor Tony Leon en sy skakelfirma, Resolve Communications, en bepaal of die DA in 'n slegte lig gestel is. Steenhuisen beweer DA-ministers, insluitend die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, is deur Leon beïnvloed om verg...

DA boos oor Dlodlo se aanstelling as ambassadeur 07.07.2026

Die DA het president Cyril Ramaphosa se besluit gekritiseer om die voormalige minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Frankryk aan te stel. Die party beskuldig die president dat hy die belange van ANC-kaders bo dié van die land en sy buitelandse beleid stel. Die 63-jarige Dlodlo vervang wyle Nathi Mthethwa. Ryan Smith van die DA sê Dlodlo was ernstig ond...

Trump dreig om Iran aan te val 07.07.2026

President Donald Trump van Amerika het Iran weer gewaarsku en gesê sy weermag is bereid om die land se infrastruktuur heeltemal te vernietig indien ʼn diplomatieke ooreenkoms nie bereik word nie. Indirekte onderhandelings tussen Amerika en Iran het verlede week geëindig sonder enige vooruitsig van blywende vrede, ten spyte van ʼn skietstilstand van 60 dae om ruimte te skep vir diplomasie. Trump sê A...

NaCC hou konferensie oor samesmelting van Nampharm, CFAO Healthcare 07.07.2026

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n amptelike openbare uitnodiging uitgereik vir 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm. Die regulatoriese geleentheid sal op 10 Julie in Windhoek van nege tot twee plaasvind. Dina //Gowases, die kommissie se woordvoerder, het meer inligting:

AfriForum baklei om matriekuitslae te publiseer 07.07.2026

AfriForum sê hy sal die Inligtingsreguleerder se jongste poging teenstaan om die publikasie van matriekuitslae te keer. Dit nadat die reguleerder direk by die Appèlhof aansoek gedoen het om verlof tot appèl. Verlede maand het die Hooggeregshof in Pretoria hul aansoek om verlof tot appèl verwerp. Alana Bailey van AfriForum sê vorige hofuitsprake het bevestig die publikasie van matriekuitslae met be...

Guterres bepleit billike KI 07.07.2026

Die Globale Dialoog oor KI-bestuur is tans in Genève in Switserland aan die gang. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres is teenwoordig en sê sy boodskap is duidelik: die toekoms van KI moet gevorm word deur menslike toesig en doeltreffende bestuur sodat die tegnologie billik en tot die voordeel van die mensdom is.

Derde verdagte gee haarself oor na edelsteen-diefstal 07.07.2026

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê 'n derde verdagte het haarself by die Edenvale-polisiestasie oorgegee in verband met die beweerde diefstal van edelstene ter waarde van bykans 15-miljoen Suid-Afrikaanse rand by 'n perseel in Killarney, Johannesburg. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die direktoraat-woordvoerder, Lizzy Suping, sê drie v...

Hallgasd a(z) Nuus podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.