Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.kosmos.com.na
Szerző
Kosmos 94.1
Kategória
A podcast weboldala
Legutóbbi epizód
2026. okt. 17.
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
Namibiese besighede moet hul inligtingsekuriteit opskerp 29.09.2026 0:27
Na aanleiding van die onlangse kuberaanvalle op openbare instellings soos die Ministerie van Verdediging en die Namibië-lughawemaatskappy, word instellings aangemoedig om hul interne kontroles vir inligtingsekuriteit te hersien en te versterk. Mufaro Nesongano, woordvoerder van Namibië se span vir die hantering van kuberveiligheidsvoorvalle, sê die enkripsie van sensitiewe data, gereelde stelsel-o...
Unam Cares kry internasionale erkenning 29.09.2026 0:40
Unam se gemeenskapsbetrokkenheidsprogram, Unam Cares, het internasionale erkenning van die Wereld Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy bydrae tot "One Health" of Een Gesondheid in landbouvoedselstelsels. Die programhoof, professor Rachel Freeman, sê die erkenning beklemtoon inisiatiewe wat praktiese, innoverende en volhoubare benaderings tot gesonder en meer veerkragtige gemeenskappe too...
Trump ontken aanbod aan Iran 29.09.2026 0:21
President Donald Trump van Amerika ontken berigte dat hy aangebied het om sommige sanksies teen Iran op te hef en fondse vry te stel in ruil vir toegewings oor kernkrag. Amerikaanse en Iranse amptenare het gister afsonderlik met bemiddelaars beraadslaag in ʼn hernude poging om die sewe maande lange vyandelikhede te beëindig. Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê Teheran is heelt...
SA Reserwebank waarsku kuberaanval kan volgende wêreldwye finansiële krisis veroorsaak 29.09.2026 0:21
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku ʼn groot kuberaanval kan die volgende ernstige wêreldwye finansiële krisis veroorsaak. Hy het gister in Johannesburg die hoofrede oor Afrika en geopolitiek gelewer by die derde forum van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Kganyago sê toenemende wanorde wêreldwyd, aangedryf deur geopolitiek, klimaatskokke, d...
Gauteng-polisie sê moordverdagte dood in voertuig gevind 29.09.2026 0:15
Die polisie in Gauteng sê 'n man wat verdink word van die moord op 'n 23-jarige vrou gisteroggend in Tembisa, is dood aangetref in sy voertuig in Midrand. Boitumelo Gift Mashita is tydens 'n beweerde rooftog doodgeskiet, terwyl sy op pad werk toe was. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man is Mashita se vervreemde eggenoot. Die ondersoek het hom met haar moord verbind, waarna 'n opsporings...
Paniek-vleisaankope lei tot prysverhogings van ander vleis-produkte 29.09.2026 0:40
Landboukundige Wallie Roux waarsku teen paniek-vleisaankope deur die publiek, wat gelei het tot 'n tekort aan rooivleis by kruidenierswinkels en slaghuise reg oor die land ná die bek-en-klouseer uitbreking. Roux sê dit lei tot prysstygings van ander produkte, soos hoender. Hy het meer.
Lamola: Die beveg van rassisme en onverdraagsaamheid nie net regering se werk nie 29.09.2026 0:19
Die Suid Afrikaanse minister van Internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê rassisme en verwante onverdraagsaamheid kan nie deur staatsoptrede alleen uit die weg geruim word nie. Hy het deelgeneem aan 'n hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan te gedenk. Die verklaring erken geskiedkundige onr...
Namibië teken laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade aan 29.09.2026 0:29
Die omgewingsministerie sê Namibië het sy laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade in 2025 aangeteken. Volgens amptelike syfers is 'n totaal van 43 renosters is verlede jaar regoor die land gestroop, wat 'n daling van meer as 50 persent in vergelyking met 2024 aandui. Omgewingsminister Indileni Daniel sê 91 renosters is in 2024 gestroop, en slegs 24 tot dusver in 2026.
"Iran is gereed om gevegte teen Amerika te hervat" 29.09.2026 0:17
Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê sy land is gereed om gevegte teen Amerika te hervat, maar bly ook gewillig om te onderhandel. President Donald Trump het Teheran se voorstel die naweek verwerp dat die Straat van Hormoes binne sewe dae sal heropen indien sy voorwaardes aanvaar word en onderhandelings vir ʼn breër ooreenkoms voortgaan. Die voorstel eis ook dat Iran se bates w...
DA vra vir ondersoek na e-paniekknopie-datalek 29.09.2026 0:17
Die DA wil hê die Inligtingsreguleerder moet 'n moontlike oortreding van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting ondersoek. Dit volg na 'n datalek by Gauteng se toepassing vir die e-paniekknoppie. Michael Waters van die party sê inwoners se persoonlike inligting is moontlik blootgestel. Waters wil antwoorde hê oor hoe die voorval plaasgevind het, hoe lank die inligting toeganklik was e...
Trump sou nie RAF Fairford-vyf vrylaat nie 29.09.2026 0:25
Die Amerikaanse president Donald Trump het reageer op die nuus dat Britse-polisie die vyf mans wat naby RAF Fairford in Gloucestershire vir terreurmisdrywe in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat het. Trump sê hy sou die mans agter tralies gehou het:
Kubayi verwelkom Durbanverklaring-vordering 29.09.2026 0:12
Die Suid Afrikaanse minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, het die vordering verwelkom wat deur die VN-Algemene Vergadering gemaak is te midde van die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan. Die raamwerk is tydens die 2001 Wêreldkonferensie teen Rassisme in Durban ontwikkel. Die minister het aan die SABC gesê daar behoort geen diskriminasie in 'n demokraties...
Brave Warriors reg vir Comore-eilande-wedstryd 29.09.2026 0:37
Die Brave Warriors hoof-afrigter Collin Benjamin sê sy span is slaggereed vir sy volgende wedstryd teen die Comore-eilande in die kwalifiserende rondte vir die TotalEnergies Afrikabeker-toernooi. Benjamin het met New Era Sport gepraat en sê hy sien uit na ‘n goeie wedstryd en dat hulle hul teenstanders se metodes goed ontleed het.
Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel amptelik geloods 29.09.2026 0:33
Die Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel is geloods om arbeidsdata te sentraliseer, nasionale indiens-nemingsbeleid te lei, en vaardigheidswanbalanse aan te spreek. Die geïntegreerde digitale platform is gesamentlik ontwikkel deur die arbeidministerie, die Namibië Statistieke-agentskap en die Internasionale Arbeidsorganisasie. Die arbeidministerie se woordvoerder, Jeremia Namalenga, gee meer inl...
Nosiviwe Mapisa-Nqakula ontken omkoop-aantygings 29.09.2026 0:21
Die voormalige Suid Afrikaanse minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ontken dat sy die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu vir twee-miljoen-rand gevra het om haar man tot geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te laat bevorder. Die staat beweer sy was van plan om die geld te gebruik om die destydse hoof van die SANW, generaal Solly Shoke, te beïnvl...
BKS affekteer ook toerisme-sektor 29.09.2026 0:40
Die uitbreking van bek-en-klouseer in die Suide ontwrig toerisme-logistiek, aangesien streng beperkings op die vervoer van vleis- en suiwelprodukte toeriste wat selfsorg-akkommodasie gebruik, sowel as kampeerders raak. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging gesels.
Madlanga-kommissie hoor nog getuienis 29.09.2026 0:20
In Suid-Afrika sê die getuienisleier van die Madlanga-kommissie, advokaat Matthew Chaskalson, WhatsApp-boodskappe toon hoe taxi-base Oupa Sindane en Joe Sibanyoni glo beskermingsfooie van konstruksiemaatskappye eis. Chaskalson het selfoonboodskappe voorgelê wat na bewering verwys na gedwonge betalings en dreigemente om werksaamhede te ontwrig. In een gesprek spreek Sindane teleurstelling uit oor d...
Moontlike VSA-Iran vredesooreenkoms affekteer oliepryse 29.09.2026 0:40
Die prys van Brent-ru-olie verhandel steeds in die omgewing van 100 Amerikaanse dollar per vat, nadat dit met 2 persent gestyg het toe Amerikaanse president Donald Trump 'n nuwe Iranse vredesvoorstel verwerp het. Dit sou onder andere die Straat van Hormuz weer heropen. Trump het later gesê Amerikaanse amptenare sal weer met Iran in gesprek tree. Ekonoom Dawie Roodt is positief oor moontlike vrede,...
Die dag wat was, 28 September 2026 28.09.2026 5:14
Kry die nuus soos dit breek.
Old Mutual Namibia borg 12de Navachab Halfmarathon 28.09.2026 0:38
Old Mutual Namibia het die 12de Navachab Halfmarathon met 20 000 Namibiese dollar geborg. Die finansiële inspuiting van Old Mutual Corporate Segment en Short-Term Insurance ondersteun drie wedrenafstande, wat topatlete, gesinne en streekleiers rondom gesonde leefstyl verenig. Die hoof van die korporatiewe segment, Isaack Veii:
ǁkharas-polisie verskerp teen-BKS aksies 28.09.2026 0:38
Die polisie in die ǁKharas-streek verskerp operasies om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp, na aanleiding van 'n uitbreking wat in die gebied aangemeld is. Adjunk-polisiekommissaris Nicodemus Mbango sê die afdwinging van regulasies en beheermaatreëls vir bek-en-klouseer is in Karasburg verskerp. Hy het vandag tydens 'n vergadering met belanghebbendes in Keetmanshoop gepraat:
Namibië, Finland herbevestig akademiese vennootskap 28.09.2026 0:16
Namibië en Finland het hul langdurige akademiese vennootskap herbevestig om navorsing, innovasie en vaardigheidsontwikkeling te bevorder. Tydens 'n netwerkonthaal in Windhoek het die Finse ambassadeur, Katja Kalamäki, beklemtoon dat opvoedkundige bande tussen die twee nasies verder strek as die verkryging van formele kwalifikasies, na die bevordering van kreatiwiteit en leergierigheid.
Namibiërs, ons moet Angolese kinders help: Regshulpsentrum 28.09.2026 0:40
Die kwessie van Angolese kinders wat langs Namibiese strate en by besige kruisings houtlepels verkoop en bedel, wek steeds kommer. Die Regshulpsentrum doen nou 'n beroep op optrede om kinders te beskerm wat langs die pad goedere verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met die sentrum se direkteur, Toni Hancox, gesels wat sê die situasie is hartverskeurend en dat die owerhede en die publiek nie bloot kan weg...
NNN se missie by VN uiteengesit 28.09.2026 0:39
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar program by die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York afgehandel en haar laaste verpligtinge benut om haar boodskap oor Namibië se ontwikkeling, belegging en wêreldwye vennootskappe te versterk. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat haar gesprekke en aktiwiteite gefokus het op ekonomiese on...
Bly weg van robbe weens hondsdolheid-gevaar 28.09.2026 0:11
Dit is vandag Wêreldhondsdolheiddag, en CapeNature vra strandgangers om nooit pelsrobbe te nader, aan hulle te raak of te voer nie, en onmiddellik op te tree indien hulle gebyt of aan speeksel blootgestel word. Woordvoerder Luke Folb sê minstens 176 mense is deur robbe gebyt sedert hondsdolheid einde verlede jaar langs die kus bespeur is. Hy sê enigiemand wat gebyt word, moet die wond 15 minute la...
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.