RSG
Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Die tale wat ons praat 09.09.2017 21:48
Waar lê Afrikaans se wortels werklik? En is die taal 100 jaar oud, of kan sy oorsprong duisende jare terug gevind word? Prof. Wannie Carstens van die NWU praat met Ina Strydom oor die Storie van Afrikaans.
Die tale wat ons praat 02.09.2017 13:53
Magdaleen Krüger blaai deur die Pleknaamwoordeboek om die oorsprong van 'n plekname te kry.
Die tale wat ons praat 26.08.2017 21:05
Moedertaalonderrig gee aan kinders akademiese en sielkundige voordele -die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, Conrad Steenkamp en 'n direksielid van die ATR, Fatima Allie, praat met Ina Strydom oor die kwessie.
20 Aug 19.08.2017 18:43
Wat is die verskil tussen uitstekend en uitstaande, en waarom gee woordeboeke nog baked beans se Afrikaanse ekwivalent aan as gebakte bone en nie as sousbone nie.
13 Aug 12.08.2017 20:53
Die vertaler Tom McLachlan vertel watter vereistes en struikelblokke daar is by die vertaling van wetgewing; en daar is 'n kort uittreksel uit die regstreekse bekendstelling van die 11de Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.
6 Aug 05.08.2017 20:25
Magdaleen Krüger kyk na die taalreëls wat van toepassing is by die vasstelling van plekname, en die digitering van die Afrikaanse taalkunde.
30 Jul 29.07.2017 15:50
Ina Strydom praat met dr. Patrick Wela oor die tweede uitgawe van die AZE-woordeboek: 'n aanleerderswoordeboek vir Afrikaans en Zoeloe, met Engelse vertalings.
23 Jul 22.07.2017 20:53
Wat is applousganse? En wat is die Afrikaans vir ice shelf?
16 Jul 15.07.2017 21:38
Hoe gaan 'n mens te werk as jy iets moet vertaal? Ons gee ook terugvoer oor die negende kongres van die Suider-Afrikaanse Vereniging van Neerlandistiek.
9 Jul 08.07.2017 19:35
Tot watter mate moet taalnorme geld by lirieke van liedjies.
2 Jul 01.07.2017 20:24
Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans het vroeër vanjaar die landroshofreëls in Afrikaans vertaal. Ina Strydom gesels met hulle woordvoerder, prof. Koos Malan, daaroor.
25 Jun 24.06.2017 19:56
Magdaleen Krüger kyk na die herkoms van jou onderrok hang uit, die woord tatoeëer en die gebruik van seppoekoe en hara-kiri.
18 Jun 17.06.2017 15:25
Is dit te alle tye ten alle tye - of ten alle tye te alle tye? Kom luister wat vertel prof. Gerhard van Huyssteen van die Noordwes Universiteit hieroor!
11 Jun 10.06.2017 18:48
Magdaleen Krüger kyk na die verskil tussen skryf vir akademiese genres en skryf vir die wyer publiek, en die omskakeling van teks na klank in Suid-Afrikaanse tale.
4 Jun 03.06.2017 19:45
'n Potpouri oor meertaligheid, met die fokus op die ATKV en Universiteit van Johannesburg se meertaligheidsweek en die Afrikaans-in-Soweto projek. 'n Student, Alpheus Ngwenya, vertel oor sy pad met Afrikaans.
28 May 27.05.2017 18:13
Taalnavrae word beantwoord. Daar word gepraat oor spek-en-bone, in die plat sit, en obool.
21 May 20.05.2017 19:53
Ina Strydom sit haar gesprek met prof. Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johannesburg voort oor sy projek oor plantname en -gebruike, en die uitdrukkings wat hy teëgekom het.
14 May 13.05.2017 20:50
Wat is polisemie, en watter rol speel dit in ons woordeskat en taalkunde. En Gaireyah Fredericks vertel van 'n paar tipiese Afrikaanse woorde en uitdrukkings in die Kaapse gemeenskap.
7 May 06.05.2017 19:43
Prof. Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johannesburg vertel van 'n projek om inheemse plantname en -gebruike op te teken.
30 Apr 29.04.2017 17:09
Taalnavrae word hanteer, soos wat is goeie Afrikaans vir 'by word of mouth.'
23 Apr 22.04.2017 17:51
Die Khoisan-navorser, dr. Willa Boezak, vertel meer oor die invloed van Khoisan-tale op Afrikaans; en die gebruik van afgelas word 'n bietjie duideliker gemaak!
16 Apr 15.04.2017 19:43
Kom vind meer uit oor die gebruik van die konstruksies pa-hulle en pagoed in Afrikaans, en die taalpraktisyn Tom Mclachlan verduidelik die gebruik van omskep teenoor omgeskep, en soortgelyke woorde.
9 Apr 08.04.2017 19:36
Die taalkundige, prof. Ernst Kotze, vertel verder oor die uitdagings verbonde aan die vertaling van die Bybel. En Mary-Ann Alho, wat haarself as 'n evangelis vir Afrikaans bestempel, vertel hoe sy te werk gaan om Afrikaans aan kinders van buitelandse diplomate te leer.
2 Apr 01.04.2017 18:28
Die oorsprong van om hare op jou tande te hê en so waar as vet word bespreek in taalnavrae
26 Mar 25.03.2017 19:20
Ina Strydom praat met 'n lid van die eindredaksiekomitee van Die Bybel – 'n Direkte vertaling, prof. Ernst Kotze, oor taalkundige en vertaalkundige aspekte van die Bybelvertaling.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics