RSG
Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Die tale wat ons praat 24.03.2018 21:29
Is appelasyn werklik 'n wondergeneesmiddel? Kan diere reën voorspel? Waar kom die klippe en diamante aan die Kaapse Weskus vandaan? En het die Oranjerivier vroeër verder suid in die see geloop?
Die tale wat ons praat 17.03.2018 19:33
Martelize Brink en die taalfoendies gesels oor onder meer die betekenis van koloratuur, die gedurige verwarring met is en was, wat 'n stilveiling is, en wat die oorsprong van die woord hoeka is.
Die tale wat ons praat 10.03.2018 18:25
Die Afrikaans-Engels taalbrousel wat dikwels gehoor word, is dalk een van die grootste bedreigings vir Afrikaans. Ina Strydom praat met Tom McLachlan oor idiomatiese Afrikaans, en hoe die integriteit van gesproke Afrikaans herstel kan word.
Die tale wat ons praat 04.03.2018 44:02
Die tekort aan gekwalifiseerde en bekwame Onderwysers wat in Afrikaans kan skoolhou – is dit #fake news of is dit # werklikheid. Wat is dan die oorsake as dit tog so is en wat moet gedoen word om dit reg te stel. Deelnemers is Miranda Jonas, skool-kurrikulumkenner, Johan Anker, onderwysersopleiding en Mvula Yoyo, vanuit 'n gemeenskapsperspek.
Die tale wat ons praat 24.02.2018 20:42
In taalnavrae word gepraat oor die betekenis en herkoms van woorde soos skrapnel, mombakkies en skerpskutter.
Die tale wat ons praat 17.02.2018 19:14
Hoe kan die integriteit van Afrikaans as gesproke taal herstel word? Ina Strydom praat met Tom McLachlan oor taalverandering, mengtaal en idiomatiese Afrikaans.
Die tale wat ons praat 11.02.2018 19:35
Die staatsubsidie vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, die WAT, is die afgelope 10 jaar drasties ingekort. Waar dit voorheen twee tot drie jaar geneem het om een deel (1 letter) te voltooi, neem dit deesdae vier-en-'n-half jaar per letter. Teen hierdie tempo sal dit na beraming 20 jaar neem om die WAT tot die letter Z te voltooi. 'n Tienjaarplan is nou opgestel vir die voltooing van die WAT...
Die tale wat ons praat 03.02.2018 19:13
Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, Conrad Steenkamp, praat met Ina Strydom oor die implikasies van die Hoërskool Overvaal-gebeure, en die noodsaaklikheid van 'n oortuigingstaak vir Afrikaans.
Die tale wat ons praat 27.01.2018 11:45
Ina Strydom en prof. Wannie Carstens van die NWU sit die gesprek oor taalfunksies, en waar Afrikaans hom bevind, voort.
Die tale wat ons praat 20.01.2018 19:18
Wat laat tale groei of kwyn? Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens van die NWU oor die rol van taalfunksies en die stand van Afrikaans.
Die tale wat ons praat 13.01.2018 18:35
Nina Brink van die NWU se Skool vir Tale vertel vir Ina Strydom van haar navorsing oor kindertaal en die taalaanleerproses van kinders jonger as twee jaar.
Die tale wat ons praat 06.01.2018 18:22
Luisteraarsvrae oor togaswaaier, spanspek en knopkoppie word hanteer.
Die tale wat ons praat 16.12.2017 18:46
Ina Strydom praat met die taalkundige, prof. Ernst Kotze oor hoftaal as menseregtekwessie.
Die tale wat ons praat 09.12.2017 17:10
Wat is die betekenis van gigantisme? Wat is die herkoms van die woorde roman (boek) en spaghetti?
Die tale wat ons praat 02.12.2017 20:53
Twee ambassadeurs van Afrikaans.com, die grafiese kunstenaar Francois Meyer en die akteur Johny Klein, vertel van hulle rol en hoe hulle betrokke geraak het by die veldtog.
Die tale wat ons praat 18.11.2017 23:42
Luister na 'n geredigeerde weergawe van die eerste deel van die simposium, Afrikaans oor die nuwe eter, wat Viva en RSG aangebied het.
Die tale wat ons praat 11.11.2017 17:37
Magdleen en Krüger en Kobus Burger praat oor die gebruik van Engels in Afrikaanse literatuur.
Die tale wat ons praat 04.11.2017 21:22
Die bekende leksikograaf, prof. Rufus Gouws, praat met Ina Strydom oor woordeboekdidaktiek en woordeboekkultuur.
Die tale wat ons praat 28.10.2017 19:27
Hoekom spel ons nie soos ons praat nie? Ons sê kinnerkies, maar skryf kindertjies. Ons sê pêre, maar skryf perde.
Die tale wat ons praat 21.10.2017 16:39
Prof. Nerina Bosman van die Department Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria vertel meer oor hulle navorsing oor aanspreekvorme in Afrikaans, en verduidelik ook hoe luisteraars deel kan wees van die navorsing.
Die tale wat ons praat 14.10.2017 17:52
Daar word gepraat oor wit olifante, renosters en spierakbeentjies.
Die tale wat ons praat 07.10.2017 19:47
RSG 80 Jaar: In die gees van Afrikaanse radio se 80ste bestaansviering het Ina Strydom 'n program oor die taal van vakmanne in die argief opgespoor wat in 1968 uitgesaai is. Die aanbieder van die destydse program was De Waal Venter.
Die tale wat ons praat 30.09.2017 20:01
RSG 80 Jaar: DIE DU PLOOYS VAN SOETMELKSVLEI was een van die gewildste vervolgverhale wat die destydse Afrikaanse Diens van die SAUK in die middel jare vyftig uitgesaai het. Magdaleen Krüger het meer oor hierdie sepie gaan uitvind.
Die tale wat ons praat 23.09.2017 17:58
Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel meer oor die nuwe veldtog en nooi luisteraars uit om op sosiale media deel te neem met die hutsmerk #onmisbaar.
Die tale wat ons praat 16.09.2017 17:46
Waar kom die woord vlooimark vandaan? Wat beteken kwasjiorkor?
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics