RSG
Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
19 Mar 19.03.2017 22:40
Daar is so baie instansies en belangegroepe wat Afrikaans wil bevorder en beskerm, maar intussen gaan die taalkennis en taalgebruik van Afrikaanssprekers al hoe meer agteruit.
12 Mar 11.03.2017 19:35
Die redakteurs van Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde, prof. Wannie Carstens en dr. Nerina Bosman, vertel meer oor die ontstaan en doel van die boek, en belig enkele van die hoofstukke.
5 Mar 05.03.2017 50:23
Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch - Wat maak ons met Afrikaans oor die radio en in koerante?
26 Feb 25.02.2017 19:57
Prof. Ilse Feinauer van die Universiteit Stellenbosch fokus op die lasste twee boeke in die kort reeks oor die werk van wyle dr. Anton Prinsloo. Die boeke wat aan die bod kom is Die aap in jou koffie en Die dief aan die kers.
19 Feb 18.02.2017 19:00
Word 'n woord OP Afrikaans of IN Afrikaans vertaal? Praat ons van rolstoel of rystoel?
12 Feb 11.02.2017 18:23
Voorbeelde van kontreitaal kom onder die loep, en daar is meer inligting oor die aanlyn WAT.
5 Feb 04.02.2017 20:27
Daar is taalnavrae oor skoonfamilie, social engineering en 'sy oog hang van trots.'
29 Jan 28.01.2017 19:21
Waar kom die uitdrukking “alle grappies op 'n stokkie” vandaan? Of “die knoop deurhaak”? En wat beteken dit? Prof. Ilse Feinauer van die Universiteit van Stellenbosch vertel vir Ina Strydom meer van die en ander spreekwoorde en uitdrukkings.
22 Jan 22.01.2017 22:54
Twee Sondae gelede het ons die eerste deel uitgesaai van Magdaleen Krüger se besoek aan die Taalmuseum in die Paarl. Toe het sy en die kurator deur die vertrekke op die grondvloer van die huis gestap en gesels oor als wat te sien is. Vandag beweeg hulle na die boonste verdieping.
15 Jan 14.01.2017 15:42
Een van 'n taal se grootste skatte is sy uitdrukkings en gesegdes. Ina Strydom praat met prof. Ilse Feinauer van die Universiteit van Stellenbosch oor wyle dr. Anton Prinsloo se bydrae om die taalskat op te teken, en voorbeelde uit een van sy boeke, Feite, flaters en fiksie, word bespreek.
8 Jan 07.01.2017 19:47
Een van die stigters van die GRA (Genootskap van Regte Afrikaners) was Gideon Malherbe. Hy was 'n gesiene boer, sakeman en wa-maker van die Paarl. Sy huis in die Paarl is vandag die Afrikaanse Taalmuseum. Magdaleen Krüger het onlangs vir die eerste keer in haar lewe die taalmuseum besoek, en sy neem jou saam deur die ou huis.
1 Jan 31.12.2016 18:05
'n Spesiale Nuwejaarsprogram oor Afrikaans se mooiste woorde.
18 Dec 17.12.2016 19:52
'n Besondere boek oor die bruin gemeenskap se bydrae tot Afrikaans is op Versoeningsdag bekendgestel. Ina Strydom het met die mederedakteurs, prof. Wannie Carstens en dr. Michael le Cordeur, oor ONS KOM VAN VER AF gepraat.
11 Dec 10.12.2016 20:14
'n Luisteraar vra waar kom “koeken kloe” (cooking clue) vandaan. En word vêr nou met 'n kappie of sonder 'n kappie geskryf?
4 Dec 03.12.2016 17:41
Die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, dr. Dione Prinsloo, vertel vir Ina Strydom meer oor die Jan H. Maraisprys vir uitsonderlike prestasie in Afrikaans en ander projekte; en die werk van Afrikaans.com se veldtogwenners word voorgelees.
27 Nov 26.11.2016 18:12
Waar kom die werkwoord in 'n sin? En wat is die verskil in betekenis tussen skadeloos en skadelik?
20 Nov 19.11.2016 17:36
Die woord HET is een van die woorde wat die meeste in Afrikaans voorkom, maar dit het vele geheime. Prof. Jac Conradie van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg vertel vir Ina Strydom waarom HET 'n besondere plek in die taal inneem.
13 Nov 12.11.2016 18:44
Magdaleen Krüger kyk na die "wrap" en "rap" in kos en musiek.
6 Nov 05.11.2016 17:27
Die skeppende direkteur van die reklame-agentskap Blink Stefanus, Stefanus Nel, praat oor Afrikaans in die reklamebedryf.
30 Oct 29.10.2016 19:37
Wat beteken die 'heinde' in heinde en verre, en hoekom praat ons van katarakke as katarak se betekenis eintlik niks met oë te doen het nie.
23 Oct 23.10.2016 15:09
Ina Strydom praat met prof. Ilse Feinauer van die Universiteit van Stellenbosch oor maniere wat hulle bedink het om veral honneursstudente na die Departement Afrikaans te lok.
16 Oct 15.10.2016 19:02
Daar word gepraat oor die dubbelpunt en kappie, waar die woord BAKKIE vandaan kom en waar die uitdrukking PANTOFFELREGERING sy oorsprong het.
9 Oct 2016 08.10.2016 20:42
Die voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel meer oor die pylvakfase van die AWS se eeufeesuitgawe. En die ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad, Hendrik Theys, vertel vir Ina Strydom van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans wat pas gestig is.
9 Oct 2016 08.10.2016 20:42
Die voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel meer oor die pylvakfase van die AWS se eeufeesuitgawe. En die ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad, Hendrik Theys, vertel vir Ina Strydom van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans wat pas gestig is.
2 Oct 2016 01.10.2016 21:35
Karien Brits van die ATKV vertel meer oor 'n Moedertaalfees. Daar word ook gefokus op 'n omkeerstrategie vir die verbetering van onderwysgeleenthede vir gehoorgestremdes, en pogings om gebaretaal as amptelike taal verklaar te kry.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics