RSG

Spektrum

News AF ↓ 2552 episodios

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoría

News

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

29 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Spektrum 5 Desember 2023 05.12.2023

Omgewingsaktiviste vra die President om die Nasionale Petroleum Maatskappy wetgewing te onttrek. Huldeblyke stroom in na die dood van die gesoute joernalis, Jermaine Craig. Navorsers het pas twee nuwe spesies Aronskelk lelies ontdek.

Spektrum 4 Desember 2023 04.12.2023

Kommer oor 'n toename in aanvalle op besoekers in die omgewing van Tafelberg. Die EFF nader die Hooggeregshof om die skorsing van sy parlementslede te betwis. Die regering stel sy plan bekend wat betref die vervaardiging van elektriese voertuie.

Spektrum 1 Desember 2023 01.12.2023

Die Verkiesingskommissie maak sy verslag oor skenkings aan politieke partye bekend. Burgerlike organisasies gaan gewone landsburgers oplei om oor die integriteit van die verkiesing te waak, en MIV-lyers word aangemoedig om voorskrifte vir chroniese medikasie voor die feesgety te hernu.

Spektrum 30 November 2023 30.11.2023

33 koeie en 11 kalfies op 'n plaas in Noordwes vergiftig, ons vra vrae oor die bedrywighede van 'n beweerde veediefstal-sindikaat. En, nóg 'n hittegolf is op pad.

Spektrum 29 November 2023 29.11.2023

Verskeie organisasies hou optogte in solidariteit met mense wat in Palestynse gebiede woon. Die COP 28-klimaatsberaad sal hoofsaaklik op finansies fokus. Die Gautengse regering wil die Beheerliggaam-regulasies vir openbare skole wysig.

Spektrum 28 November 2023 28.11.2023

Ouetehuise word swaar getref deur die waterprobleme in Kimberley. Die Tesourie en Reserwebank kap terug na aantygings dat die rand gemanipuleer is. Die gekose komitee oor gesondheid van die Nasionale Raad van Provinsies het die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering sonder enige wysigings goedgekeur.

Spektrum 27 November 2023 27.11.2023

Agri SA sê die Nasionale Waterwysingswet gaan verreikende gevolge hê vir die landbousektor. Solidariteit vergader met die Verenigde Nasies oor Suid-Afrika se rasbeleid.  Huldeblyke stroom in ná die dood van die oud-parlementslid, Luwellyn Landers.

Spektrum 24 November 2023 24.11.2023

Sal Oscar Pistorius op parool vrygelaat word? Die DA kla president Cyril Ramaphosa by die Menseregtekommissie aan. Die Reserwebank word nader gehark om te help met die regering se begrotingstekort.

Spektrum 23 November 2023 23.11.2023

Die Nasionale Vergadering sal die lot van die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, bepaal. Die Wêreldbank sê Suid-Afrika se ekonomie verloor sowat 10% van sy jaarlikse bruto binnelandse produk weens misdaad. Inwoners van Kimberley is al vir dae sonder water.

Spektrum 22 November 2023 22.11.2023

Verbruikersinflasie styf effens, maar bly onder ses persent. Groot ontevredenheid nadat die staatskapingsaak teen die voormalige Eskom-baas, Matshela Koko, van die rol geskrap word. Ons praat met die aktivis, Zackie Achmat, wat beplan om as 'n onafhanklike kanditaat in aanstaande jaar se verkiesing te staan.

Spektrum 21 November 2023 21.11.2023

Die militante Palestyne organisasie, Hamas, sê hulle is op die punt om 'n skietstilstand met Israel te bereik. Navorsing deur die Amerikaanse universiteit, Harvard, wys die vinger van beskuldiging vir Suid-Afrika se probleme, na kaderontplooiing en swart bemagtiging. Die Johannesburg-metro se nuwe Speaker, Margaret Arnolds, sê haar party, die African Independent Congress, is 'n bestendige koalisie...

Spektrum 20 November 2023 20.11.2023

Kiesers het die naweek in groot getalle vir aanstaande jaar se verkiesings geregistreer. Ons wonder hoe dit die uitslag van die 2024-verkiesings sal beïnvloed. 'n Onafhanklike buiteperd wen die presidensiële verkiesing in Argentinië, een van die lande wat moontlik aanstaande jaar by BRICS aansluit. Openbare ruimtes in stede moet herbeplan word, sê kenners.

Spektrum 17 November 2023 17.11.2023

Ontwrigtings op die N4 na Mosambiek. 'n OVK-beampte verduidelik hoe jy die naweek kan registreer. Ons skakel oor na ons span by die konferensie van die Raad vir Groen Geboue.

Spektrum 16 November 2023 16.11.2023

Afriforum sê 'n ernstige waterkrisis dreig in Suid-Afrika. Die presidentsverkiesing in Madagaskar gaan voort, ondanks 'n boikot deur opposisiepartye. Wat het aanpaksel op die element van jou waterverwarmer te make met hoër kragverbruik?

Spektrum 15 November 2023 15.11.2023

Die Kaapstadse township, Nyanga, word van padkaarte verwyder ná die onlangse aanval op 'n Amerikaanse toeris in die woongebied. Hoofregter Raymond Zondo is in die spekvuur nadat hy kommentaar op die Zuma-wapenverhoor gelewer het. Ons span in Kaapstad vra hoekom die boubedryf aan aardskuddings en oorstromings in Suid-Afrika moet begin dink.

Spektrum 14 November 2023 14.11.2023

Die Verkiesingskommissie sê hy is gereed om nuwe kiesers hierdie naweek te registreer. Die EFF sê hy is gereed om te regeer. Sonbesies maak besoekers aan die Krugerwildtuin glo gek met hulle geraas.

Spektrum 13 November 2023 13.11.2023

Kaapstad word 'n politieke slagveld oor 'n internasionale kwessie. Internasionale gesprekke vir 'n verdrag oor afvalplastiek begin in Nairobi. Uitvoerregulasies vir boere word met ontevredenheid begroet.

Spektrum 10 November 2023 10.11.2023

Die Menseregtekommissie vra regeringsingryping oor die hoë voorkoms van wanvoeding in Oos-Kaap. Dokters Sonder Grense slaag daarin om 29 ton mediese hulpbronne na Gaza te stuur. Afghanistan het die loot gewen en besluit om te kolf in sy eendagkragmeting in Ahmedabad teen Suid-Afrika by die Wêreldbekertoernooi in Indië.

Spektrum 9 November 2023 09.11.2023

Mangaung moet 'n onbenutte R200 miljoen aan die Tesourie terugbetaal. 'n Lid van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers word getugtig oor haar standpunt oor Israel. Die VN beweeg 'n treetjie nader aan die betaal van vergoeding aan lande wat skade weens klimaatsverandering lei.

Spektrum 8 November 2023 08.11.2023

Die weermagvakbond, SANDU, sê die weermag is bevoeg om onwettige mynwerkers en die konstruksiemafia te laat les opsê. Die regering se standpunt oor die konflik in Gaza lok uiteenlopende reaksie uit. Skuilings vir vroue en kinders bly hoofsaaklik onveilige ruimtes.

Spektrum 7 November 2023 07.11.2023

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes vra vir 'n dringende vergadering met president Cyril Ramaphosa oor die besluit om diplomate uit Israel te herroep. Die regering wil 'n moratorium plaas op die aanstelling van onderwysers. Planne om Transnet Freight Rail te ontbondel.

Spektrum 6 November 2023 06.11.2023

Duisende staatsdienswerkers verdien 'n salaris van meer as 'n miljoen rand. Die regering misluk om 'n paneel oor verkiesingshervorming aan te stel. Die prys van aartappels skiet die hoogte in.

Spektrum 3 November 2023 03.11.2023

Duisende Suid-Afrikaanse ondernemings in Amerika vestig hulle hoop op die voortbestaan van die AGOA-vergunning. Die 2023 Munisipale Onreëlmatigheidsverslag word aan die parlement voorgelê. UNISA dien korrupsieklagte by die polisie en die Valke in.

Spektrum 2 November 2023 02.11.2023

Die AGOA-beraad van Afrikalande en die VSA begin in Johannesburg. In 'n nabetragting van gister se begrotingsrede hoop ekonome dat die regering meer aandag aan ekonomiese groei sal gee. Die Springbokke begin hulle segetoer deur die land, by die Uniegebou in Pretoria.

Spektrum 1 November 2023 01.11.2023

Die Minister van Finansies het vanmiddag 'n moeilike taak. Ons praat met 'n ekonoom en 'n politieke ontleder oor die mediumtermyn-begrotingsraamwerk. Marius Jonker praat oor sy uitdagings as ‘n televisie-wedstrydbeampte.

Escucha el podcast Spektrum en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos