RSG

Spektrum

News AF ↓ 2551 episodios

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoría

News

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

28 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Spektrum 2 April 2024 02.04.2024

Die Hooggeregshof het 'n dringende aansoek van Nosiviwe Mapisa-Nqakula om haar in hegtenisneming te verhoed, van die rol geskrap. Burgerlike organisasies betoog teen die Bela-wetsontwerp in George in die Wes-Kaap. Israel het wetgewing aanvaar wat uitsendings van die nuusagentskap Al Jazeera verbied.

Spektrum 1 April 2024 01.04.2024

Die African Farmers’ Association of South Africa vra dat die droogte in die Vrystaat tot 'n ramp verklaar word. Verkeersowerhede landwyd ontplooi vir Paasverkeer. In Turkye ly president Erdogan se AK-party 'n groot nederlaag in die plaaslike verkiesings.

Spektrum 28 Maart 2024 28.03.2024

Verskeie organisasies en opposisiepartye beoog regsaksie teen die onteieningswetsontwerp. Laerskool Vergenoegd in Delft is sedert Februarie sonder elektrisiteit, omdat sy beurskantoor versuim het om Eskom te betaal. Oos-Kaapse oeste lyk treurig weens langdurige droogte.

Spektrum 27 Maart 2024 27.03.2024

Die Belfast- Emakhazeni-verkiesingsdebat is die eerste van 'n reeks gesprekke wat van nou af tot en met die laaste debat in Pretoria op 24 April weekliks by verskeie plekke landwyd sal plaasvind. Die Nkangala-distriksmunisipaliteit is die oorhoofse baas en het beheer oor dorpe soos Machadodorp, nou bekend as Entokozweni, en Dullstroom. Die streek is bekend vir sy forelvisvangdamme en pragtige natu...

Spektrum 26 Maart 2024 26.03.2024

Die Nasionale Vergadering gaan 'n mosie van wantroue in die speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, debatteer. Die Hooggeregshof beslis dat die MK-party se registrasie vir die algemene verkiesing wettig is. Die President van Suid-Soedan, Salva Kiir, eis dat die konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo dringend beëindig moet word.

Spektrum 25 Maart 2024 25.03.2024

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nader die hof in 'n poging om 'n stokkie voor haar inhegtenisneming te steek. 'n 22-jarige verdagte verskyn in die Sekhukhune-landdroshof in Limpopo in verband met beweerde matriekeksamen-bedrog. Die Departement van Basiese Onderwys wysig van die klousules in die voorgestelde Wetsontwerp op Basiese Onderwys.

Spektrum 22 Maart 2024 22.03.2024

Die Speaker van die Nasionale Vergadering bring 'n dringende hofaansoek om haar inhegtenisneming te verhoed. Nog reaksie op die dood van Markus Jooste. Klein voertuigwerkswinkels word verbied om polisievoertuie te herstel.

Spektrum 21 Maart 2024 21.03.2024

President Cyril Ramaphosa spreek die land toe as deel van Menseregtedag-vieringe in Johannnesburg. Die Gautengse Departement van Gesondheid bevestig dat elf gesondheidsfasiliteite se telefone nie werk nie. Meer as 30 Russiese missiele is om Kijif afgeskiet.

Spektrum 20 Maart 2024 20.03.2024

Die Kommunikasie-werkersvakbond verwerp die SAUK se loonverhogingsaanbod. Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders is bekommerd oor 'n toename in gevalle van lyfstraf en seksuele wangedrag in van die land se skole. Antony Blinken vergader met Arabiese leiers oor Gasa.

Spektrum 19 Maart 2024 19.03.2024

Die ANC en die Umkhonto We Sizwe-party draai tans in die hof. Waar is Joslin Smith? Ons praat met die polisie oor die kind se verdwyning, vandag presies ‘n maand gelede. Daar blyk geen einde te wees aan Johannesburg se waterprobleme nie.

Spektrum 18 Maart 2024 18.03.2024

Menseregte kom onder die soeklig tydens 'n spesiale konferensie in Boksburg. 'n Vierde verdagte verskyn in die hof in verband met die verdwyning van die sesjarige Joslinn Smith, Gerda Steyn laat wéér 'n Frith van der Merwe-rekord spat.

Spektrum 15 Maart 2024 15.03.2024

Nóg 'n hittegolf op pad. Gebreekte seekabels veroorsaak internetprobleme. Vandag is Wêreld Slaapdag.

Spektrum 14 Maart 2024 14.03.2024

Dit gons steeds oor die besluit om die Takatso/SAL-transaksie te kanselleer. Die regering maak nuwe planne bekend om die land se sukkelende munisipaliteite te help. TikTok se uurglas loop waarskynlik leeg in die VSA.

Spektrum 13 Maart 2024 13.03.2024

Die polisie het skokgranate en traangas gebruik om 'n groot skare by die Joslin Smith-mensehandelhofsaak in Vredenburg in die Wes-Kaap te beheer. Ontstoke inwoners van Westbury in Johannesburg eis antwoorde kort ná die wrede moord op 'n plaaslike sake-eienaar, Ashwin McCabe. KwaZulu-Natal maak gereed vir moontlike oorstromings wanneer die tropiese storm, Filipo, die provinsie tref.

Spektrum 12 Maart 2024 12.03.2024

'n Mosie om die Ekurhuleni-burgemeester aan die Oosrand, Sivuyile Ngodwana, te onttroon, word weer aangehoor. Talle VIGS-lyers in Mosambiek word siek nadat die regering hulle medikasie verander. Graan SA sê Suid-Afrika se graanoes kan moontlik vanjaar kleiner wees weens 'n tekort aan opvolgreën én die voortdurende hittegolftoestande.

Spektrum 11 Maart 2024 11.03.2024

Groot dele van Johannesburg gaan 'n tweede week binne met min of geen water. Die Brenthurst-stigting se jongste meningspeiling onder kiesers wys groot skommelings in steun vir politieke partye. Ontvoerings het die afgelope 10 jaar met 183% toegeneem.

Spektrum 08 Maart 2024 08.03.2024

Onwettige grondbesetters in Lourierpark in Bloemfontein word van die grond af verwyder. Tshwane en Afriforum sluit 'n samewerkingsooreenkoms. Ons praat oor 'n projek om olifante weer in die Knysna-woud te hervestig.

Spektrum 7 Maart 2024 07.03.2024

Vier verdagtes verskyn vlugtig in die hof in verband met die verdwyning van Joshlin Smith. Die ooreenkoms oor die verkoop van die Suid-Afrikaanse Lugdiens sal weer onderhandel moet word. Glifosaat gaan nie meer gebruik word om van waterslaai in die Vaalrivier ontslae te raak nie.

Spektrum 6 Maart 2024 06.03.2024

Verwikkelinge in die Joslin Smith-sage. Die Menseregtekommissie eis dat skole se uniforumbeleid hersien word. Meer as 30 fietsryers trap van Oos-Londen na Kaapstad vir siek kinders in die Oos-Kaap.

Spektrum 5 Maart 2024 05.03.2024

Die spanning loop hoog by Lourierpark in Bloemfontein - ons praat met 'n grondwetkenner. 'n Onteiende Zimbabwiese boer stap na Windhoek om te protesteer teen 'n tribunaal wat op niks uitgeloop het nie. 'n Akteur sê meer flieks soos DEATH OF A WHISTLEBLOWER moet gemaak word.

Spektrum 4 Maart 2024 04.03.2024

Kommer oor grootskaalse grondbesetting in die suidweste van Bloemfontein. Vetsug lei tot verskeie siektes - ons praat met 'n kenner. Hewige donderbuie en hael vir die Wes- en Oos-Kaap voorspel.

Spektrum 1 Maart 2024 01.03.2024

Die polisie skaal die soektog na die vermiste sesjarige Joslin Smith af. Die motief vir die moord op die kletsrymer, Kiernan AKA Forbes, bly ’n raaisel. Die dood van 100 Palestyne tydens die verskaffing van hulpvoorraad in Gaza, ry vredesgesprekke dalk in die wiele.

Spektrum 29 Februarie 2024 29.02.2024

Die soektog na die sesjarige Joslinn Smith verskerp. Ons kry die jongste nuus oor die brande in die Baai. Frankryk sê hy is bereid om soldate na Oekraïne te stuur.

Spektrum 28 Februarie 2024 28.02.2024

Die president benoem adjunkhoofregter Mandisa Maya as die volgende hoofregter. Munisipale bestuurders kan dalk persoonlik verantwoordbaar gehou word vir swak watervoorsiening, indien nuwe wetgewing deurgevoer word. Die Lions verwag 'n verwoede aanslag van die Sharks in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd Saterdag in Johannesburg.

Spektrum 27 Februarie 2024 27.02.2024

Die Vryemarkstigting sê die misdaadkrisis moet hoog op die agenda van politieke partye se verkiesingsveldtogte wees. Motoriste kan steeds 'n verhoging in die brandstofprys verwag. Burgerregtegroepe hou 'n beraad oor die Bela-wetgewing.

Escucha el podcast Spektrum en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos