RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Regsake 5 Mei 2025 05.05.2025 18:51
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor volmag en prokurasie. Hy vertel ook van ‘n geval waar ‘n verhuurder haar huurders op die huis se kameras dophou, en van in duplum-reël. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen bespreek die jongste statistiek oor egskeidings in Suid-Afrika.
Regsake 28 April 2025 28.04.2025 25:08
Igna Klynsmith bespreek die reëls m.b.t. studentebehuising. Spesialisgas Volker Kruger praat oor kinders en testamente, voogdyskap, onderhoudseise van kinders uit ’n boedel, en verwante sake. Hy beantwoord ook vrae oor hoe oud ‘n kind moet wees om te kan erf. Moet kinders altyd in gelyke dele uit 'n trust bevoordeel word? Hoe werk vaderskaptoetse by ‘n bestorwe boedel?
Regsake 21 April 2025 21.04.2025 20:06
Igna Klynsmith bespreek die kruisiging en opstanding van Jesus vanuit ‘n regsoogpunt.
Regsake 14 April 2025 14.04.2025 23:11
Igna Klynsmith bespreek vererwing van vuurwapens, asook ‘n vraag oor bloedskande. Hy beantwoord ook ‘n paar luisteraarvrae oor die strafreg. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die regspraktyke van menslike oorskot, en die reëls met betrekking tot die wegdoen van lyke.
Regsake 7 April 2025 07.04.2025 21:38
Igna Klynsmith praat oor tradisionele en westerse huwelikswetgewing. Hy beantwoord ook ‘n paar luisteraarsvrae oor die strafreg. Familieregprokureur Elmari Richter praat oor die verandering van huweliksgoederebedeling ná huwelikssluiting.
Regsake 31 Maart 2025 31.03.2025 21:42
Igna Kklynsmith bespreek werknemers se regte ten opsigte van hulle reg om nie na ure met werk gepla te word nie. Hy praat ook ‘n onlangse uitspraak wat veral grondeienaars interessant sal vind. Spesialisgas Johan Botes bespreek handelsbeperkinge.
Regsake 24 Maart 2025 24.03.2025 23:10
Igna Klynsmith bespreek die saak van Maria Lee, die tweede vrou wat in Suid-Afrika se geskiedenis gesterf het vir ‘n gifmoord. Hy praat ook oor opsetlike saakbeskadiging. Spesialisgas Volker Kruger deel ‘n paar wenke waarvan elke verkoper of koper van 'n huis van bewus moet wees.
Regsake 17 Maart 2025 17.03.2025 21:49
Igna Klynsmith praat oor regspersone en natuurlike persone, en wat dit beteken. Hy bespreek ook ‘n onlangse saak teen PRASA. Spesialisgas Janus Olivier bespreek ‘n saak wat handel oor die koop van ‘n eiendom waar die kopers gedink het hulle korespondeer met ‘n prokureur, maar toe is dit nie ‘n prokureur nie.
Regsake 10 Maart 2025 10.03.2025 17:52
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die POPI-wet. Spesialisgas Susan de Wet vertel van ‘n saak oor die Appèlhof wat die Padongelukkefonds vasgevat het.
Regsake 3 Maart 2025 03.03.2025 21:25
Igna Klynsmith praat oor die regsposisie van watervloei van ‘n hoërliggende eiedom na 'n laerliggende eiedom. Dit gebeur dikwels dat bejaardes weens ouderdom en ‘n gebrek aan vermoë ‘n sogenaamde volmag aan ‘n kind gee om hulle sake te bestuur. Is dit die regte roete om te volg? Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse bespreek volmagte en demensie.
Regsake 24 Februarie 2025 24.02.2025 20:49
Igna Klynsmith praat oor Sportreg. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen bespreek die geldigheid van Artikel 7(7)(c) van die Wet op Ekskeidings, wat handel oor gade wat nou teen mekaar se boedels kan eis, al is hulle buite gemeenskap van goedere getroud.
Regsake 17 Februarie 2025 17.02.2025 24:26
Igna Klynsmith bespreek die saak van Johanna van Arkel, beter bekend as Joan of Arc. Spesialisgas Volker Kruger vertel van 'n saak wat met ‘n dispuut oor agentekommissie handel. Twee agentskappe eis kommissie ten bedrae van R966 000 t.o.v. die verkoop van ‘n eiendom vir R24-miljoen. Wie moet die kommissie in hierdie geval kry?
Regsake 10 Februarie 2025 10.02.2025 24:18
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor bygelowe en heksery. Hy praat ook oor teistering, en hoe jy jouself kan bekerm. Spesialisgas Est-Marié McCallahan praat oor kubermisdaad.
Regsake 3 Februarie 2025 03.02.2025 22:56
Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die waardasie van haar oorlede skoonma se eiendom. Spesialisgas Johan Botes bespreek ‘n vraag wat handel oor ‘n luisteraar se werkgewer wat nie vir haar verlof wil gee nie, aangesien sy maand-tot-maand gekontrakteur word, en slegs ‘n jaar by die maatskappy betrokke is.
Regsake 27 Januarie 2025 27.01.2025 21:40
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n vrou wat met haar man van bed en tafel geskei is, maar nou haar deel van ‘n eiedom wil verkoop. Spesialisgas Volker Kruger bespreek drie sake waar die hof gevra is om in te meng met ‘n erflater se testeervryheid, deur klousules in ‘n testament te skrap.
Regsake 20 Januarie 2025 20.01.2025 20:18
Igna Klynsmith bespreek die grondwetlike geldigheid van sekere artikels van die wysigingswet op strafreg, spesifiek die seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede-wet 32 van 2007. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die afdwingbaarheid van ‘n Lewende Testament, nadat ‘n hospitaal geweier het om aan ‘n pasiënt s'n gehoor te gee.
Regsake 13 Januarie 2025 13.01.2025 24:03
Igna Klynsmith praat onder meer oor ‘n 2024 saak, wat handel oor wraak-pornografie. Hy praat ook oor korrupsie met die uitreiking van bestuurslisensies. Spesialisgas Volker Kruger bespreek 'n Wes-Kaapse Hooggeregegshofsaak wat handel oor 'n dispuut oor ‘n testament. Hy lees die relevante testamentêre bepalings, en jy kan dan besluit wat jy dink die hof beslis het.
Regsake 6 Januarie 2025 06.01.2025 24:22
Igna Klynsmith praat oor egskeidings, saamwoon-ooreenkomste en huwelikskontrakte. Spesialisgas Est-Marié McCallahan praat oor beserings wat by skole opgedoen word, en die regte wat ouers het om regstappe teen die skool te doen.
Regsake 30 Desember 2024 30.12.2024 20:38
Igna Klynsmith bespreek die verhoor van Jesus, wat uiteindelik tot sy kruisiging gelei het. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die reg van ‘n minderjarige kind om te erf, en hoe om so 'n erflating te beveilig.
Regsake 23 Desember 2024 23.12.2024 24:00
Igna Klynsmith praat oor voetgangerseise teen die Padongelukkefonds. Hy bespreek ook ‘n geval waar ‘n versekeringsmaatskappy ‘n vrou aanspreeklik hou vir ‘n botsing, wat volgens hulle veroorsaak is deur haar gebruik van ‘n selfoon terwyl sy bestuur het. Patentprokureur Karel Bredenkamp praat oor onregmatige mededinging.
Regsake 16 Desember 2024 16.12.2024 23:23
Igna Klynsmith verduidelik wat dit beteken om buite die hof te skik. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor wat van ‘n voertuig word, wat deur twee partye gekoop is, indien een van die kopers te sterwe sou kom. Spesialisgas Peto Milton praat oor direkteurskap, en hoe dit beïnvloed word deur die Maatskappyewet 71 van 2008.
Regsake 9 Desember 2024 09.12.2024 20:53
Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor ‘n egskeding, en of ‘n persoon ‘n eis kan instel indien hulle buite gemeenskap van goedere getroud is. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor lyfstraf by kinders. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor verslawing en kontakreg met kinders.
Regsake 2 Desember 2024 02.12.2024 23:04
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n versekeringsmaatskappy wat sewe jaar geneem het om ‘n lewensversekeringseis uit te betaal. Hy tref ook onderskeid tussen nalatigheid en growwe nalatigheid m.b.t. versekeringseise. Spesialisgas Est-marie McCallahan gee raad oor hoe jy jouself kan beskerm deur ‘n bekermingsbevel te kry in die lig van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en...
Regsake 25 November 2024 25.11.2024 24:34
Igna Klynsmith beantwoord ‘n vraag oor die samestelling van die Regterlike Dienskommissie, en ‘n nuwe wetsontwerp oor die regulering van tabak- en damprookprodukte. Spesialisgas Karel Bredenkamp praat oor die registrasie van intellektuele eiendom.
Regsake 18 November 2024 18.11.2024 23:30
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor deeltitel-eenhede. Spesialisgas Volker Kruger beantwoord ‘n vraag oor of ‘n mens ’n maatskappy moet stig wanneer jy ‘n nuwe besigheid begin, gee raad oor wat jy kan doen om die risiko’s te beperk, veral om te probeer verhoed dat jy alles verloor indien dinge sou skeef loop.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos