RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Regsake 27 Oktober 2025 27.10.2025 21:06
Igna bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die verantwoordelikheid van instandhouding van omringende grensmure van voltitelskemas. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor universele venootskappe binne die familiereg wat handel oo; siviele en gebruiklike huwelike, ‘n geloofshuwelik en burgerlike verbintenisse.
Regsake 20 Oktober 2025 20.10.2025 24:09
Igna Klynsmith praat oor finansiële ondersteuning ná egskeiding. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor voogdyskap. Spesialisgas Est-Marié McCallahan bespreek universele vennootskappe in romantiese verhoudings, na aanleiding van 'n onlangse hofsaak.
Regsake 13 Oktober 2025 13.10.2025 22:57
Igna Klynsmith bespreek die omstrede AARTO-wetgewing, en ‘n intreressante saak oor ‘n kassiere wat 50-sent gesteel het. Spesialisgas Johan Botes praat oor ‘n onlangse grondwetlike hofuitspraak aangaande ‘n geskil oor swangerskapsverlof.
Regsake 6 Oktober 2025 06.10.2025 23:25
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak en vonnis van ‘n vrou in die Wes-Kaap, wat meer as ‘n R1 miljoen by haar werkgewer gesteel het. Spesialisgas Volker Kruger praat oor ‘n aanspraakmaker wat die hof probeer oortuig dat hy deur verjaring die eienaar van ‘n kothuis geword het.
Regsake 29 September 2025 29.09.2025 21:54
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor hoe sy haar Nederlandse huwelik in Suid-Afrika kan registreer. Hy bespreek ook ‘n saak oor ‘n kind wat tydens ‘n skooluitstappie dood is. Spesialisgas Susan de Wet praat oor ‘n hofsaak wat handel oor ‘n boer se vee wat op ‘n pad beland het, en ‘n botsing tot gevolg gehad het.
Regsake 22 September 2025 22.09.2025 20:36
Igna Klynsmith bespreek sake oor die prys van ingevoerde lewensreddende medikasie, en die uitbetaling van groot bedrae geld wat belastingbetalers mijoene kos na aanleiding van onregmatigde arrestasies deur die polisie. Spesialisgas Marolien van Aardt praat oor handelsbeperkings.
Regsake 15 September 2025 15.09.2025 24:15
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg. Spesialisgas Volker Krüger bespreek ‘n hofaansoek om ’n dokument, wat ‘n oorledene op sy skootrekenaar opgestel het, as ‘n geldige testament te laat verklaar.
Regsake 8 September 2025 08.09.2025 23:05
Igna Klynsmith praat oor oupas en oumas se reg tot toegang van hulle kleinkinders. Hy bespreek ook ‘n saak oor ‘n dispuut oor die oprigting van ‘n nuwe grafsteen in die Wespark-begrafplaas, en die stad Johannesburg wat dit geweier het. Elsa Kruger Willemse bespeek die moets en moenies van voorhuwelikse kontrakte.
Regsake 1 September 2025 01.09.2025 20:24
Igna Klynsmith beantwoord ‘n vraag oor hoe ‘n erfgenaam sy erflating kan beskerm. Volker Kruger bespreek ‘n saak waar ‘n oorledene 'n deel van sy boedel aan die Boerelegioen bemaak het, en sy familie dit betwis en argumenteer dat wat die Boerelegioen bevorder en nastreef, ongrondwetlik is, en dat die relevante bepaling in die testament dus strydig met die Grondwet is.
Regsake 25 Augustus 2025 25.08.2025 23:59
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hoogeregshofuitspraak oor geld wat ‘n bruid tydens die Covid-pandemie verloor het. Hy praat ook oor eksekuteursfooie. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor die kredietwet, en of dit van toepassing is op lenings wat familielede aan mekaar maak.
Regsake 18 Augustus 2025 18.08.2025 20:29
Igna Klynsmith bespreek ’n saak oor ‘n familiedispuut oor ‘n eiendom in Kampsbaai. Spesialisgas Janus Olivier vertel van ‘n onlangse Hoogeregshof-uitspraak oor testamente.
Regsake 11 Augustus 2025 11.08.2025 21:41
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor motorpaaiemente wat misgeloop is sonder dat die eienaar agtergekom het. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor rekords van munisipale rekeninge. Ons Spesialisgas bespreek patente in die farmeseutise bedryf.
Regsake 4 Augustus 2025 04.08.2025 22:43
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor die term, moord met voorbedagte rade. Hy praat ook oor ‘n tussentydse interdik. Spesialisgas Volker Kruger bespreek twee sake oor gholfballe wat beserings en skade op 'n gholflandgoed veroorsaak, en huiseienaars se regte in dié verband.
Regsake 28 Julie 2025 28.07.2025 23:50
Igna Klynsmith bespreek die saak van Daisy de Melker. Hy beantwoord ook ‘n luisteraarsvraag oor ‘n werknemer se onsekerheid oor haar werk onder nuwe bestuur. Spesialisgas Lizel van Deventer praat oor slimfoontoepassings wat inluister op ons, en hoe dit ons privaatheid skend.
Regsake 21 Julie 2025 21.07.2025 22:48
Igna Klynsmith praat oor AARTO-wetgewing, en verduidelik hoe die strafpuntestelsel werk. Hy bespreek ook die konstitisionele hofuitspraak oor die lied, Kill the Boer. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die beperkings op vrye erflating van bates, en moontlike oplossings.
Regsake 14 Julie 2025 14.07.2025 22:14
Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n boedel, en iemand wat nie vir belasting geregistreer is nie. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor herstrukturering en die regte van werknemers en werkgewers in dié verband.
Regsake 7 Julie 2025 07.07.2025 25:34
Igna Klynsmith praat oor huurkontrakte, uitklaringsertifikate en volmag. Spesialisgas Volker Kruger gee advies oor die verkoop van boedelbates deur erfgename, en of ‘n eksekuteur sonder die erfgename se toestemming boedelbates kan verkoop.
Regsake 30 Junie 2025 30.06.2025 22:45
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die reg van ‘n ouma om haar kleinkinders te sien. Hy vertel ook van ‘n saak waar ‘n kalf ‘n padongeluk veroorsaak het, en wie aanspreeklikheid vir die ongeluk sal aanvaar. Spesialisgas Lizel van Deventer praat oor 'n kontrak of ooreenkoms wat elektronies aangegaan word.
Regsake 23 Junie 2025 23.06.2025 17:48
Igna Klynsmith bespreek die beginsel van verjaaring t.o.v. eiendomsreg. Hy praat ook oor die belastingvoordele van trusts. Spesialisgas Susan de Wet bespreek ‘n saak oor ‘n vrou wat ‘n eis teen ‘n winkelsentrum gemaak het nadat sy gestruikel het en beseer is.
Regsake 16 Junie 2025 16.06.2025 20:48
Igna Klynsmith verduidelik die verskil tussen ‘n erkenning en ‘n bekentenis. Hy bespreek ook ‘n saak oor ‘n destydse gifmoord. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n pa se regte met die besluit om ‘n swangerskap te termineer.
Regsake 9 Junie 2025 09.06.2025 21:27
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat as mylpaal vir geslagsgelykheid en arbeidsreg binne godsdiensinstellings beskou word. Hy bespreek ook ‘n saak uit die 1960’s wat handel oor ‘n SS-soldaat wat betrokke was by die Joodse vraagstuk van die Nazi’s. Ons spesialisgaste verduidelik die proses en vereistes van handelsmerkregistrasie.
Regsake 2 Junie 2025 02.06.2025 22:28
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor ‘n ma wat nie saamstem met haar man se besluit dat alles in hulle testament aan hulle seun bemaak word, en niks aan hulle dogters, nie. Spesialisgas Volker Kruger deel wenke oor die kansellasie van 'n verband in die geval van ‘n egskeiding, wat deur dieselfde prokureur hanteer word.
Regsake 26 Mei 2025 26.05.2025 22:03
Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor lewensreg op ‘n eenheid in ‘n aftreeoord. Die okkupeerder is na ‘n sorgeenheid verskuif, maar die kontrak se veresites klink vir haar onregverdig. Spesialisgas Elmari Richter praat oor verhuising met kinders, en of jy die ander ouers se toestemming nodig het om dit te doen.
Regsake 19 Mei 2025 19.05.2025 23:44
Igna Klynsmith bespreek 'n luisteraarsvraag oor ‘n persoon wat sonder ‘n testament gesterf het. Hy bespreek ook ‘n hoogeregshofuitspraak oor aanspreeklikheid en vrywarings. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor stygende lewenskoste, en salarisse wat nie hiermee tred hou nie.
Regsake 12 Mei 2025 12.05.2025 22:50
Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse saak oor ‘n mandaat en eis t.o.v. agentekommissie. Est-Marie McCallahan bespreek die konstitisionele hofuitspraak oor of Suid-Afrikaners outomaties hulle burgerskap verloor indien hulle elders burgerskap verkry.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos