RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Zeerust: Hiér word geskryf! 26.09.2025 7:48
'n Opsitkers, 'n volla, ‘n vragmotor en die dorpie Zeerust is alles elemente van die boek ZEE'KIE, WANT ONS IS ALMAL SO. Nou is daar al ‘n tweede Zee'kie, EENDERS IS ANDERS, uitgereik. Dis alles te danke aan ‘n klomp inwoners wat besluit het hulle gaan begin skryf oor hulle leefomgewing. Mariska Spoormaker het met Elsabé Fouché, een van die Zee’kie-dryfvere, gepraat, en sy het weer ander Zee’kie-s...
360 Speseryroete - Deel 100 26.09.2025 5:31
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kamille, wat veral vir tee gebruik word.
Kleuterkuns-diefstal 26.09.2025 1:14
‘n Kunssentrum vir kleuters in Australië het besluit om hulle finansiële probleme aan te pak deur ouers R25 000 vir hulle kinders se portefeuljes te vra. ‘n Ouer het toe ingebreek om ‘n kind se werk te gaan haal.
Kuns geskep uit die donker 25.09.2025 12:29
DuPreez Strauss vertel vir Martelize Brink hoe hy kuns geskep het in ‘n donker tyd van sy lewe. Daardie houtskoolsketse het hom gehelp om op ‘n ligter plek te kom.
Netta van Lambertsbaai 25.09.2025 7:07
Haide Muller-Isaacs het op Lambertsbaai aan die Weskus vir Netta Viljoen ontmoet. Sy vertel van haar grootwordjare op dié kusdorpie as een van elf kinders. Netta woon al sedert die jare 50 op Lambertsbaai.
Jonk 25 September 2025 25.09.2025 7:57
Dr. Ria Smit vertel watter rol hialuroonsuur in jou liggaam speel.
Kry 'n kind, kry 'n gratis partytjie 25.09.2025 1:04
Die eienaar van Pole se grootste hotelgroep en eiendomsontwikkelaar wil mense beloon vir kinderskry. So byvoorbeeld kry jy ‘n gratis familiepartytjie, soos ‘n doop of troue, as die kind in een van sy 4 000 hotelkamers verwek is.
Die erfenis van SA se Ericas, Fynbos en Proteas 24.09.2025 5:48
Die Kaapse Floraryk, of Capensis, is een van ses Floraryke op aarde. Unesco het reeds 21 jaar gelede, in 2004, dié toevoeging op hulle wêrelderfenisgebiede aangebring. Vandag, op Erfenisdag, is dit ook Fynbos Erfenisdag, en vir tuinliefhebbers is dit ‘n gulde geleentheid om met ‘n inheemse stukkie tuin te begin. Ironies Johan Rademan het ‘n Gautengse fynbosinvloed in...
Afrikaanse KI-kuberhulp 24.09.2025 6:16
Mia Scheepers vertel vir Martelize Brink van Soekit, wat jou aanlyn help in Afrikaans.
Sensuur teen pessimisme 24.09.2025 1:34
China se sensors is besig om pessimisme te verwyder van die internet. Sosialemedia-profiele en kort video’s oor negatiewe goed wat die aanlyngemoed swaar maak, word geblokkeer.
Êrens oorsee 23 September 2025 23.09.2025 8:06
Hennie van der Merwe vertel van sy lewe in Bali in Indonesië. Hy bly naby Singaraja. Hy sê daar is twee seisoene, maar beide is warm.
Hoe maak jy 'n braairooster skoon? 23.09.2025 5:52
Prof. Pieter Gouws verduielik hoe om die verskillende soorte braairoosters skoon te maak.
Vreemde navorsing bekroon 23.09.2025 2:22
Die Ig Nobel-toekennings word gegee vir navorsing oor goed wat jou eers laat lag, en dan laat wonder. Byvoorbeeld, word ‘n bees wat swart en wit soos ‘n sebra geverf is, minder deur vlieë gebyt?
Troetelpraatjies 22 September 2025 22.09.2025 8:07
Veearts dr. Elizna Boag praat oor velallergieë by honde, en hoe gemaak met die gekrap.
Internasionale eer vir SA-oorplantingsatleet 22.09.2025 7:53
Met die afgelope Wêreld Oorplantingspele wat in Dresden, Duitsland gehou is, is dr. Heilie Uys van Kaap St. Francis, wat al langer as 20 jaar met ‘n geskenkte nier leef, in die Eregallery van die Wêreld Oorplantingspele Federasie opgeneem. Heilie het ook met 'n handvol medaljes teruggekeer na Suid-Afrika.
Hoe het julle ontmoet 22 September 2025 22.09.2025 7:32
André Victor vertel vir Martelize Brink dat hy Cecily op die trein na Pretoria raakgeloop het. Toe dit by ouers vra kom, het sy konsertina die praatwerk gedoen.
Advertensies vir toiletpapier 22.09.2025 0:56
In China is daar in openbare toilette ’n stelsel waar jy ‘n advertensie moet kyk om toiletpapier te kry!
Die koekiefabriek 19.09.2025 9:38
Haidee Muller-Isaacs kuier by ’n koekiefabriek, waar sy die storie hoor van deursettingsvermoë toe Adri Williams in 2013 ’n sukkelende besigheid vir net R1 gekoop het, en daarmee saam pa gestaan het vir R2,5 miljoen rand se skuld. Dis pure malligheid, het die meeste mense gedink. Maar Adri weet presies hoekom sy dit gedoen het. Vandag is sy nie spyt nie, vertel sy vir Haidee.
360 Speseryroete - Deel 99 19.09.2025 7:30
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor moderne berokingstegnieke. Sy sê vuurproe is fynproe.
Amerikaners skuil agter Kanadese vlag 19.09.2025 1:07
Sommige Amerikaanse toeriste gebruik die Kanadese vlag om guns te koop in lande wat nie tans ooghare vir Amerika het nie. Kanadese is glad nie beïndruk daarmee nie.
Plaasopleiding en bemagtiging 18.09.2025 6:45
Laurika du Bois van AGRIskills praat oor plaasopleiding en bemagtiging. Johan Rademan het met haar in Bredasdorp tydens Nampo Kaap gesels.
Jonk 18 September 2025 18.09.2025 7:40
Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen praat oor chemiese afskilfering, en hoe dit gebruik word.
Duikpakrower 18.09.2025 1:07
In Florida in die VSA het ‘n man ‘n restaurant beroof wat op ‘n replika stoomskip is. Hy het soontoe geswem in sy duikpak en swembril, en is toe met die geld weer weg deur ‘n meer.
Vroue-entrepreneurs en skuldgevoelens 17.09.2025 6:56
Eloise Nair praat oor vroue-entrepreneurs, en hoe hulle die skuldgevoelens kan oorkom, wat hulle kan pootjie op die pad na sukses.
Besonderse mentorskapprogram in die Baai 17.09.2025 7:07
Verskeie oudjoernaliste en kommunikasiespesialiste van Nelson Mandelabaai het ’n mentorskapprogram op ‘n vrywilligersgrondslag begin om afgestudeerde kommunikasiestudente en jong skrywers van die streek op hulle professionele voete te help kom. Mariska Spoormaker het meer uitgevind by Odette Parfitt, kommunikasiebeampte by Volkswagen SA, en inisieerder van die program.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos