RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Jou naam se komvandaan 12 Januarie 2026 12.01.2026 11:58
Dr. Willem Botha praat oor die verskillende kategorieë van naamgewing.
Rotsklim in SA 09.01.2026 5:21
In Suid-Afrika is daar maar ‘n skamele 16 binneshuise rotsklim-gimnasiums, hoofsaaklik in die groot sentra. Die klimgim-mark is in 2024 beraam op $24-miljoen, en daar word verwag dat dit teen 2033 sal verdubbel. 'n Span jong Suid-Afrikaners het verlede jaar as Proteas in Europa gaan meeding. Hulle het dalk nie te waffers gevaar wat die medaljes betref nie, maar waardevolle ondervinding opgedoen. J...
360 Speseryroete - Deel 112 09.01.2026 11:12
Kosstilis en resepontwikkelaar, Mari-louis Guy, is ná twee jaar terug uit Malta. Sy vertel van haar en haar gesin se ervaring van die land, en deel haar botterversiersel-resep wat ekonomies en maklik is, en moeilike resepte soos Switserse botterroom kan vervang.
Alta du Toit se barmhartige Samaritane 08.01.2026 8:15
Lionel Dreyer praat oor die Alta du Toit-huis, en hoe barmhartige Samaritane in die feestyd vrygewig gegee het aan die mense wat geen familie meer oor het nie.
Piem Fourie en paddaspring 08.01.2026 5:26
Corné Botha vertel van haar pa, Piem Fourie van Elsburg. Hy was die paddakoning van Suid-Afrika, tog hou haar ma se padda, Santjie, die paddaspring Guiness-wêreldrekord met 10,3 meter.
Jonk 8 Januarie 2026 08.01.2026 8:21
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die voedingswaarde van sardientjies, en hoeveel jy moet eet om die voordele te benut.
Onsigbare hond 08.01.2026 1:47
In Duitsland is daar ’n groep mense wat “hobby dogging” doen. Hulle kry opleiding met denkbeeldige honde! Die leiband en harnas is egter werklik.
Regardt Laubscher se kulkuns 07.01.2026 8:24
Regardt Laubscher oorbluf Martelize Brink met sy kulkuns. Dié kulkunstenaar en mentalis is vanjaar deel van die OppiWater Kunstefees.
Wat kan ons leer by… 7 Januarie 2026 07.01.2026 15:35
Dr. Mandie Uys vertel wat ons alles by die Sumeriërs kan leer.
Ouma wen e-sport-toernooi 07.01.2026 0:59
Hisako Sakai, ‘n 92-jarige ouma, het ’n e-sport-toernooi in Japan gewen, waar die speletjie, Tekken 8, gespeel is.
Êrens oorsee 6 Januarie 2026 06.01.2026 8:54
Christien Vlok vertel vir Martelize Brink van die lewe in Den Haag, Nederland, en die haring wat jy aan die stert vat en kou.
Colleen se passie vir wol 06.01.2026 7:17
Colleen Murphy van Calitzdorp is van kindsbeen af gaande oor wol. Daar het dit nie gestop nie. Nou is sy betrokke by 'n gemeenskapsprojek in haar Karoodorpie waar hulle ander wil touwys maak oor die ou manier van dinge doen - om te weef en om wol te verwerk en skoon te maak.
Rangna se Mongoolse Derby 06.01.2026 8:02
Rangna Roux vertel vir Martelize Brink van die Mongoolse Derby wat sy vanjaar gaan aandurf. Die roete bvan dfie derby strek oor 1 000 km.
Toe verander die polisieman in 'n padda! 06.01.2026 0:54
‘n Polisieverslag wat deur kunsmatige intelligensie saamgestel is, sê dat ‘n polisieman in ‘n padda verander het! Die polisie se lyfkameras het die storie van die prinses en die padda op ‘n TV in die agtergrond afgeneem, en die storie het deel van die verslag geword.
Cornellskop kom tot wilde diere se redding 05.01.2026 7:18
Riaan Kirstein vertel vir Martelize Brink van Cornellskop naby Botrivier, wat ‘n toevlugsoord vir wilde diere is. Verskeie van die diere wat gered is, het al in films en advertensies verskyn.
Chris Oosthuizen van Sterkspruit 05.01.2026 8:24
Hy staan aan die hoof van ‘n privaatskool in die Aliwal-Noord, Zastron en Lady Grey-driehoek, maar in sy prille jeug het Chris Oosthuizen ‘n interresante jaar of wat beleef. Johan Rademan vind meer uit.
Hoe het julle ontmoet? 5 Januarie 2026 05.01.2026 8:36
Alwyn Smith vertel vir Martelize Brink van Daleen se eerste woorde aan hom: “Is jy lief vir my?”
Vuil x-strale 05.01.2026 1:38
‘n X-straalmasjien het tot die redding gekom om verlore trouringe tussen saamgeperste mediese afval te vind.
Ilne Fourie se FAKSIE op RSG 02.01.2026 8:13
RSG se nuwe middagvervolgverhaal, FAKSIE deur Ilne Fourie, skop op Maandag 5 Januarie 2026 af. Phil Loots gesels met haar oor die storie en karakters.
DIE NUWE BUURMAN deur Braam van der Vyfer 31.12.2025 29:01
‘n Glyjakkals van ‘n buurman word op sy plek gesit. Die drama is tydens die 2025 Oppiwaterkunstefees ter see opgeneem. Die spelers is Philru van Achterberg, Elma Potgieter, Danel Britz, Marissa Claassen en Stefanie Baartman. Die regie is deur Johan Rademan behartig.
Nuuseum se glasplaatversameling 30.12.2025 4:41
Die Harold Gribble-glasplaatversameling het in Nuuseum se skoot geval. Johan Rademan het met die driesestig-mikrofoon Stellenbosch toe gery om meer hieroor uit vind by Nuuseum se bestuurshoof, prof. Lizabé Lambrechts.
Ds. André Boezak tree uit 29.12.2025 8:31
Die bekende en geliefde gemeenskapsleier, digter, skrywer en leraar van die VGK Oudtshoorn-gemeente, ds. André Boezak, tree na meer as drie dekades uit die amp. Hy en Haidee Muller-Isaacs het al te lekker op Oudtshoorn gesels oor sy planne vorentoe, en sy boodskap van hoop aan ieder en elk.
Hoe het julle ontmoet? 29 Desember 2025 29.12.2025 6:28
Wilna Nieuwoudt vertel vir Sue Pyler-Slabbert hoe sy haar man, Rassie, ontmoet het.
Agterpaddorpies: Rhodes-omgewing 24.12.2025 4:47
Reis-en-ontdek is ‘n groot geskenk. Op die vooraand van Kersdag kan jy jou geliefdes dalk met ‘n spesiale rit verras. Dalk ‘n bergpas in die Rhodes- en Lady Grey-omgewing? Ons ry stadig oor die klippe met Johan Rademan en Jurgens Schoeman.
Kersfeestradisies oor die jare 24.12.2025 9:35
Dr. Mandie Uys praat oor Kersfeestradisies, en hoe dit oor die jare verander het.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos