RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Besoekende Antarktiese diere 02.03.2026 10:19
Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van Antarktiese diere wat die Auid-Afrikaanse kus besoek, soos die krapeter-rob wat onlangs in die Strand gesien is.
Druiwe-seep 02.03.2026 8:02
Charlene van Graan en Bianca Grobbelaar vertel vir Martelize Brink van Natrossie, ‘n inisiatief op Kylemore waar 'n groep nasorg-mammas handgemaakte seep vervaardig en vleg in die vorm van ’n druiwetros.
Jou naam se komvandaan 2 Maart 2026 02.03.2026 7:28
Dr. Willem Botha praat oor die oorsprong van name soos Wilhelm, Wim, Wimpie en Wilhelmina.
Wyn onder water verouder 02.03.2026 1:18
In Chili verouder hulle wyn onder in die see. Die wyn lê vir 8 maande tot ‘n jaar sowat 10 tot 20 meter onder die golwe. Die temperatuur daar is deur die jaar konstant 11 grade Celsius.
Eitemal se Jaffie op RSG 27.02.2026 7:23
Eben Cruywagen vertel van die uitdaging om Eitemal se JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE te verwerk vir radio, en hoe die karakters uit die boek ‘n ander vorm moes aanneem.
360 Speseryroete - Deel 119 27.02.2026 5:52
Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van soet antieke wors, en dat die woord, poeding, van die Latynse woord vir wors kom.
Amanda Strydom by KKNK 27.02.2026 10:07
Amanda Strydom vertel vir Martelize Brink van haar KKNK-herrineringe en -hoogtepunte, en wat sy vanjaar daar doen.
Rygoed se sêgoed 27.02.2026 1:53
In New York wou die Departement van Motorvoertuie ‘n stop sit aan ‘n oupa se gebruik van sy kampeerwa se nommerplaat, PB4WEGO. Op die ou end het die staat se goewerneur ingegryp.
Lorenzo Darries se hart 26.02.2026 6:42
Toe die Good Hope FM-sportaanbieder en Expresso-vervaardiger, Lorenzo Darries, in 2023 met eindstadium hartversaking gediagnoseer is, was hy nie verbaas om te hoor dat hy 'n nuwe hart sal moet kry nie. Dis immers 'n familiekwaal. Met die hedendaagse tegnologie kon dokters 'n plan maak terwyl Lorenzo op 'n hart wag, en hy het 'n linkerventrikulêre hulpapparaat gekry. Dis 'n meganiese pomp wat ingep...
Jonk 26 Februarie 2026 26.02.2026 7:37
Aiden Lottering praat oor hipnose, waarmee dit kan help, en die wanpersepsies.
Touspring-uitdaging 26.02.2026 1:25
‘n Sewejarige in China het op ‘n video gesê hy sal soveel keer touspring as wat die video “likes” aanlyn kry. Binne ‘n dag was daar al 1,8 miljoen mense wat van die video gehou het!
Petro se passie vir weeskinders 25.02.2026 6:40
Petro Uren het as sesjarige by die Herberg Kinderhuis op Robertson beland. Vandag werk sy vir die einste kinderhuis as fondswerwer. Sy glo dat kinders wat in kinderhuise is met absolute deernis en menswaardigheid hanteer behoort te word. Sy is passievol oor haar werk om hulle lewe te verbeter.
Wat kan ons leer by... 25 Februarie 2025 25.02.2026 7:16
Dr. Mandie Uys praat oor die 2 500 jaar oue boek, Die Kuns van Oorlogvoering deur San Tsu, wat steeds voorgeskrewe leesstof is in die Amerikaanse weermag en Japanese sakeskole.
Bodemlose koffie 25.02.2026 1:20
‘n Administratiewe fout by ’n koffeiwinkel het Sophie Downing van Nottingham op papier 100 000 keer ryker as Elon Musk gemaak! Sy het darem nie die glips uitgebuit nie.
Êrens oorsee 24 Februarie 2026 24.02.2026 4:53
Jeanine Maricic vertel vir Martelize Brink van die Wit Stad, Belgrado in Serwië.
Grys en gatvol vir menopouse 24.02.2026 10:59
Melanie Verwoerd praat oor menopouse, hoe min inligting daaroor in Afrikaans beskikbaar is, en die Grys & Gatvol-potgooi op hierdie tema.
Goud vir Osaka se waterpype 24.02.2026 1:13
‘n Anonieme skenker het 21 kg goud vir Osaka se Waterburo gegee, met die wens dat die waterinfrastruktuur verbeter word.
Wat is fout my troeteldier? 23.02.2026 9:26
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraarsvrae oor hulle troeteldiere.
Teologiese biblioteek op WIlliston 23.02.2026 8:02
‘n Huis vol teologiese boeke, wat ‘n tuiste in ‘n gerestoureerde kerkie op Williston gevind het, is een manier om kosbare skatte uit die boekdrukkuns, verpulping te laat vryspring. Pierre-Jean Gerber het aan ‘n blink plan gedink om teologiese boeke te bewaar. Johan Rademan het op Wellington tussen olyfbome met hom gesels.
Jou naam se komvandaan 23 Februarie 2026 23.02.2026 8:45
Dr. Willem Botha praat oor Germaanse name soos Carel, Carlos, Kallie, Charl, Karla, Carola en Charlotte.
Rommelhond 23.02.2026 0:57
Die eienaar van ‘n hond in Italië is in die moeilikheid oor rommelstorting. Die hond geleer is om sakke vullis langs die pad neer te sit.
Willem se worse 20.02.2026 8:52
Worsstop is ’n kuns, en daar is baie resepte vir worsmengsels. Willem Viljoen, aanbieder van Vastrap op RSG, verklap ‘n paar geheime oor sy liefde vir wors, en hoe hy selfs sy pa, Ollie Viljoen, vereer met Ollies Sausages. Johan Rademan het met Willem gesels, en dit is amper asof verskillende musiekstyle aansluit by die verskillende worse wat hy maak.
360 Speseryroete - Deel 118 20.02.2026 11:50
Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van moskonfyt en mosstroop in Suid-Afrikaanse kookkuns.
Voedsame kos vir voedingskemas 20.02.2026 8:12
Org van der Watt praat oor dwerggroei, wat sowat 2 miljoen Suid-Afrikaanse kinders onder vyf raak. Die StartWell-stigting is ‘n nie-regergeringsorganisasie wat die uitdaging aanpak met ‘n voedsame gereg wat kinders in verskeie voedingskemas ondersteun. Jy maak dit aan soos pap.
Filterfout 20.02.2026 1:20
‘n Smaakmaker in China is 140 000 sosiale media-volgelinge kwyt ná ’n filter, wat haar voorkoms soos dié van ‘n porseleinpop maak, ophou werk het tydens ’n regstreekse uitsending. Toe sien die mense hoe sy eintlik lyk...
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos