RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoría

Society

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

22 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

SA Artisinale kaas in New York 12.03.2026

Kaasmaker Clement October vertel van Klein River Cheese se handgewasde Gruberg-kaas, wat in New York se deli’s te koop is.

Jonk 12 Maart 2026 12.03.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor melatonien wat help met slaappatrone. Dis egter nie ’n langtermyn oplossing nie.

Goud in 'n eend 12.03.2026

In China is 10 gram se goudkorrels in ‘n geslagte eend se maag gekry. Dis sowat R29 000 werd.

Vrou en hond op 'n motorfiets deur Afrika 11.03.2026

Heidi van der Merwe vertel vir Martelize Brink sy was besig met ’n solo-motorfietsrit deur Afrika saam met haar hond, Harley, toe oorlog haar genoop het om eers huistoe te kom.

Wat kan ons leer by... 11 Maart 2026 11.03.2026

Dr. Mandie Uys praat oor die antieke Chinese, hulle porselein, en die geheim van hoe om dit te maak wat so lank bewaar is.

Verlore en gevind op 'n vliegtuig 11.03.2026

‘n Lys van vreemde dinge wat in die VSA op vliegtuie agtergebly het, sluit goed in soos ’n bioniese knie, ‘n goudstaaf, ‘n vere strikdas, ‘n deel van ’n meteoriet, ‘n stel vergulde gholfstokke.

Êrens oorsee 10 Maart 2026 10.03.2026

Pierre Smit vertel vir Martelize Brink van sy ervaring in Antarktika en besoek aan die Suidpool. Al was dit somer was dit -35 grade Celsius.

Matzikama Green Walk 10.03.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met Vredendal se Leigh Kordom oor die Matzikama Green Walk, 'n agt dae lange staptog van Bitterfontein na Doringbaai, wat op 13 Maart afskop. Dit word gedoen ter bewusmaking van groen ekonomiese geleenthede, jeugbemagtiging en gemeenskapsbetrokkenheid.

Daggaskenking vir liefdadigheid 10.03.2026

Twee 16-jariges in Nieu-Seeland het per ongeluk ‘n rugsak met kontant en dagga neergesit op ‘n plek vir skenkings vir ‘n liefdadigheidswinkel...

Donkies en muile 09.03.2026

Natuurkenner Dave Pepler vertel vir Martelize Brink van donkies en die variasies soos muile en botterkoppe.

Jou naam se komvandaan 9 Maart 2026 09.03.2026

Dr. Willem Botha praat oor Hebreeuse name soos Elisabet, Daniël, Gabriël; Emaneul, Nataniël, Samuel, Michael en ander name uit die Bybel.

Spice Girls kry spesiale munte 09.03.2026

Om die Spice Girls se debuutalbum se 30ste jaar te vier, het die Britse Koninklike Munt herdenkingsmunte beskikbaar gestel. Die duurste is goue munte vir £10 535.

SA seun is Sokkerwêreldbeker-baldraer 06.03.2026

Luca Human-Maré is op pad Amerika toe, waar hy by die FIFA Sokkerwêreldbeker ‘n amptelike wedstrydbaldraer sal wees.

360 Speseryroete - Deel 120 06.03.2026

Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche verduidelik hou om jou eie speserymengsels maak.

Elna van Stilbaai 06.03.2026

Boekeredakteur Elna van der Merwe het vier jaar gelede die Moederstad verruil vir Stilbaai in die Suid-Kaap. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe die dorp onder haar vel ingekruip het, en hoe warm haar hart steeds klop ná die sukses van die pas afgelope Stilbaai-boekefees.

Sy sink op 98 steeds die balle 06.03.2026

Op 98 is Maggie Kennedy van Florida in die VSA die oudste kompeterende potspelspeler. Sy het die onlangs weer aan ‘n nasionale kompetisie in Las Vegas deelgeneem.

Familie maak al halwe eeu lank skoene 05.03.2026

Teen globalisering, massaproduksie en aanlynverkope in, bly ’n leerskoen-familieonderneming op Wellington al 50 jaar lank staande. Johan Rademan het Nic Slabber, wat sy ouers se skoene moet volstaan, gevra of hulle nog op koers is, en die pad wat hy moes stap om in pas te bly.

Jonk 5 Maart 2026 05.03.2026

Judey Pretorius praat oor perimenopause en ghepaardgaande veranderende velsorgbehoeftes.

Slim-polisiestasie 05.03.2026

Ethiopië beproef ‘n onbemande polisiestasie, waar jy op tablette op die polisie se knoppie kan druk.

Gloria Arendz Theiler 04.03.2026

Gloria Arendz Theiler gesels met Martelize Brink oor haar grootwordjare op Elsiesrivier saam met haar broer Errol Arendz, wat in die modewêreld werk.

Wat kan ons leer by... 4 Maart 2026 04.03.2026

Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink wat die antieke Chinese ons oor papier, die drukpers en papiergeld kan leer.

Dis nie reg dat 'n regter KI gebruik nie 04.03.2026

‘n Regter in Indië is in die warm water omdat sy KI gebruik het vir ‘n uitspraak in ‘n hofsaak. Sake waaruit die KI aangehaal het, bestaan egter nie.

Êrens oorsee 3 Maart 2026 03.03.2026

Willem van der Colff vertel vir Martelize Brink van die lewe in Oekraïne, waarheen hy in 1995 verhuis het en in die bediening staan. Met die uitbreek van die oorlog het die gesin Suid-Afrika toe getrek, maar hy gaan twee maal ‘n jaar vir drie maande op ‘n slag terug Oekraïne toe.

Eduard stry wéér teen kanker 03.03.2026

Die legendariese oud-balletdanser, dr. Eduard Greyling, stry 'n tweede stryd teen kanker. Dié keer is hy oorgehaal om die siekte wéér te klop met immunoterapie. Die behandeling is egter peperduur, maar daar is altyd hoop, vertel hy vir Haidee Muller-Isaacs.

Ouers soek skoonkinders aanlyn 03.03.2026

In China is daar aanlynplatforms waar ouers ‘n gade vir hulle kinders kan soek. Die ouerpare gesels eers met mekaar, dan hoor die kinders van die reëlings.

Escucha el podcast Driesestig en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos