RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoría

Society

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

21 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Êrens oorsee 21 April 2026 21.04.2026

Stéphan van der Watt vertel vir Martelize Brink van die lewe in Kobe, Japan, en hulle belewenis daar die afgelope 16 jaar.

Johnny Davids (29 Mei 1977 – 16 April 2026) 21.04.2026

Johnny Davids, ons oud-kollega by RSG, is onverwags van ons weggeneem. Johan Rademan gaan terug na die begin van die millenium toe RSG by die KKNK die ZING-wenners, Johnny en Vivian, op die verhoog verwelkom het. Hulle het per bus van Namibië deur die Noord-Kaap gery, en langs die Snyman-broers op die RSG-verhoog beland. Hulle eerste album is 20 jaar gelede opgeneem en vrygestel deur Snyman Musiek...

'n Sterk eindpoging 21.04.2026

By die Delaware Marathon Hardloopfees is ‘n heldhaftige eindpoging op video vasgevang toe die voorloper Carson Mello te vroeg begin vier het. ’n Volspoed-eindpoging het Joshua Jackson met 0,02 van ‘n sekonde laat wen.

Waadvoël-migrasieprojek 20.04.2026

Cassie Carstens van BirdLife SA vertel vir Martelize Brink van ‘n waadvoël-migrasieprojek, waar GPS-monitors ingespan word om twee waadvoëlspesies se migrasieroetes na Europa en Asië te bepaal.

In die wêreld van landbou 20 April 2026 20.04.2026

In die landbounuus: Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging; die jongste oor bek-en-klouseer; trekkerverkope; en 'n bedreigde voëlspesie.

Jou naam se komvandaan 20 April 2026 20.04.2026

Dr. Willem Botha praat oor Latynse name soos Francois, afgelei van Franciskus, en Hercules. Op navraag word Hugo en Hugh ook bespreek.

Transito-toilet 20.04.2026

‘n Chinese motorvervaardiger het ‘n patent geregistreer vir ‘n toilet in ‘n voertuig. Dit word met jou stem geaktiveer en skuif dan onder die passasiersitplek uit.

Fynbosbolplante 17.04.2026

Matt Prinsloo praat oor fynbosbolplante en ‘n goeie grondmengsel vir die bolle, veral buite ‘n Meditereense klimaatstreek.

360 Speseryroete - Deel 125 17.04.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor veelsydige vanielje.

Juanita se liefde vir woorde 17.04.2026

Juanita Oostendorp vertel van haar dae as ‘n pastoriekind. Sy was lief vir Afrikaans, en het geleer dat woorde krag dra. Die gedigte het sommer lukraak posgevat in haar kop. Haidee het by haar gaan koffie drink.

Daggaverrassing by nuwe huis 17.04.2026

Huiskopers in Engeland is verras met ’n daggakwekery tydens hulle eerste besoek aan hulle nuwe huis.

Nuwe eikebome vir die Eikestad 16.04.2026

Francé Beyers en Liesl van der Walt vertel vir Johan Rademan van ‘n projek op Stellenbosch om die Eikestad se eikebome te herplant nadat die stomkopkewer onder die bome gemaai het.

Bosoorlog se 60e herdenking 16.04.2026

Die Bosoorlog, ook bekend as die Grensoorlog, en sy nalatenskap is onlosmaaklik steeds met ons. Ongeveer 500 000 dienspligtiges is gedurende die 23 jaar van die oorlog deur die SA Weermag opgelei, en bykans elke huishouding is daardeur geraak. Om die jong soldate van destyds se onskatbare bydrae tot Suid-Afrika se geskiedenis te vier, asook om fondse vir sy werksaamhede in te samel, bied die SA We...

Jonk 16 April 2026 16.04.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor gesond eet op ‘n knap begroting.

Ou nuwe oupa 16.04.2026

Charles Smith van Australië het op 91 jaar en 209 dae die eerste keer oupa geword. Hy het nou die Guiness-wêreldrekord as die oudste man om die eerste keer oupa te word. Sy seun, Ashley, het op 55 pa geword.

HTS Drostdy se toutrekkampioene 15.04.2026

Toutrekafrigter Morné Visser vertel vir Johan Rademan van HTS Drostdy se 560 kg-seunsspan wat op die nasionale kampioenskappe goud gewen het. Kaptein Francois Keyser en onderkaptein Brendon de Beer gesels oor hulle voorbereiding vir die wêreldkampioenskappe later vanjaar op Mosselbaai.

Wat kan ons leer by... 15 April 2026 15.04.2026

Dr. Mandie Uys vertel vir Johan Rademan van die Bisantynse Ryk wat gestig is toe die Romeinse Ryk in twee verdeel het.

PowerPoint-vlerksleep 15.04.2026

Enkellopendes kom deesdae in pubs bymekaar, waar ‘n vriend of vriendin hulle met ’n PowerPoint-aanbieding bekendstel as iemand om mee uit te gaan. Hulle noem dit Date My Mate.

Êrens oorsee 14 April 2026 14.04.2026

Riana van der Westhuizen vertel vir Ignatius Vlok hoeveel van die wêreld sy al gesien het in die 14 jaar wat sy op plesierskepe werk.

Die wyn en die "doughnut" 14.04.2026

Kom ons noem dit ‘n versnit van tyd - 120 jaar en ‘n ou droom, afgerond met ‘n "doughnut".

Krokodille en slange vir grensbeheer? 14.04.2026

Indië oorweeg dit om krokodille en giftige slange in riviere em moerse te ontplooi op die grens met Bangladesj waar heinings nie opgerig kan word nie.

Vreemde seediere 13.04.2026

Maryke Musson van uShaka Marine World in Durban vertel van vreemde seediere, soos blobvisse, koekiedrukkerhaaie, seeskapies, slympalings en dwergpypperdjies.

In die wêreld van landbou 13 April 2026 13.04.2026

In vandag se landbounuus kyk ons na die jongste verwikkelinge met bek-en-klouseer, ‘n veediefstalsaak, die melkbedryf se statutêre heffingsaansoek, en finansiële ondersteuning vir kreefplase.

Jou naam se komvandaan 13 April 2026 13.04.2026

Dr. Willem Botha praat oor Latynse name soos Adriaan, Cornelius, Antonius, Marthinus en Markus.

Kantoorstoel-straatresies in Japan 13.04.2026

In Japan vat die kantoorwerkers hulle stoele straat toe om teen mekaar te jaag. Spanne van drie jaag vir twee ure in ‘n aflosformaat.

Escucha el podcast Driesestig en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos