RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoría

Society

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

9 de nov. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,7+ iOS muy pronto

Episodios

Robertson se kerkorrel word 90 19.05.2022

Ockert Jonker vertel vir Martelize Brink van die NG Moedergemeente op Robertson se orrel wat vanjaar 90 jaar oud is. Dit word die naweek met uitvoerings gevier.

Klimaatsverandering en die landbou 19.05.2022

Dr. Tara Southey vertel vir Martelize Brink van klimaatsverandering en hoe dit vir landboudoeleindes gemonitor word.

Produkverpakking en produksieprosesse 19.05.2022

Will Coetsee vertel vir Martelize Brink van Europa se verwagtinge oor produkte se verpakking en produksieprosesse.

Brandbestryder Emile Conrad 18.05.2022

Emile Conrad vertel vir Martelize Brink van sy loopbaan as brandbestryder. Tot 2019 is hy vir vyf agtereenvolgende jare aangewys as wenner in die individuele afdeling van die SA Toughest Fire Fighter Alive kompetisie. Verlede week was hy tiende by die Wêreld Toughest Fire Fighter Alive kompetisie en tweede in sy ouderdomsgroep.

Kieriekuns 18.05.2022

Daar is baie stories oor kieries. Dis ‘n eeuoue artikel wat gebruik is in onder andere gevegte en om koring te stamp. Deesdae word dit meestl gebruik om mense te ondersteun terwyl hulle loop. Daar is tans ‘n uitstalling by die Pretoria Kunsvereniging, waar kunstenaars prakties, komies en filosofies oor dié hulpmiddel geword het.

Droogverouderde vis 18.05.2022

Francois Kemp vertel vir Martelize Brink van droogverouderde vis, wat deesdae ook in Suid-Afrika gemaak word.

Manny se netbalpad 17.05.2022

Manny Ferreira was ‘n uitblinker speler in die SA mansnetbalspan, en is nou ‘n suksesvolle afrigter met ‘n netbalakademie. Hy vertel vir Martelize Brink van sy sportloopbaan.

Despatch-ouma laat waai op vulkaniese eiland 17.05.2022

Verlede jaar het Danita Ferreira, ‘n ouma van Despatch en afgetrede hoof van die Kleuterland Bewaarskool, as ambulansbestuurder op Ascension, of Hemelvaarteiland, gaan werk eerder as om op pensioen te gaan. Mariska Spoormaker wou by Danita weet hoe sy haar groot sprong van Despatch na die piepklein vulkaniese eiland in die Atlantiese oseaan beleef.

Word-of-mouth-reklame in e-handel 17.05.2022

Pieter Groenewald vertel vir Martelize Brink van die rol wat word-of-mouth-reklame in ‘n die e-handelbedryf speel.

Hoe mooi lyk jou geregte? 16.05.2022

Mynhardt Joubert verduidelik hoe jy kos voorsit sodat dit mooi vertoon.

Blinde Gholf Wêreldbeker in SA 16.05.2022

Ernst Conradie vertel vir Martelize Brink van die groei in blinde gholf, en die volgende blinde gholf wêreldkampioenskap wat in Suid-Arika gehou sal word.

Die Conradies van Nuyvallei 16.05.2022

Haidee Muller-Isaacs kuier in die Nuyvallei, en hoor van die Conradie-familie se 150 jaar nalatenskap daar.

Pas op vir daggaolie vir troeteldiere! 16.05.2022

Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor die gebruik van cannabisolie vir diere en daggavergiftiging wat hulle al hoe meer sien.

Hoe word papier gemaak? 13.05.2022

Nic Campher vertel vir Martelize Brink hoe papier gemaak word. Ons kyk na hoe papier tradisioneel gemaak word en hoe dit uit herwinde papier gemaak word.

Olifante se tog van 800 km 13.05.2022

Dr. Michelle Henley vertel vir Martelize Brink van elf olifantbulle wat ‘n reis van 800 km van Mosambiek af deur Eswatini tot by die Kruger Nasionalepark afgelê het.

Oom Willie vertel van sy Clivia-koors 13.05.2022

Twee en twintig jaar lank het die 83-jarige Willie Le Roux van die Baai die een na die ander Clivia bestuif om nuwe kleure blomme op te tower. Noudat hy nader aan die winter as die somer van sy lewe staan, deel hy soveel as moontlik van sy kennis met ander Clivia-liefhebbers. Maar is die Clivia-koors nog so hoog onder Suid-Afrikaners, of is dit aan die afneem? Mariska Spoormaker het by Willie gaan...

Pas op vir bedrieglike webblaaie 13.05.2022

Heino Gevers praat oor die verskynsel van bedrieglike webblaaie wat opskiet sodra die een of ander ramp êrens afspeel. Ons hoor van honderde bedrieglike webblaaie wat bedryf word om skenkings onder die vaandel van hulp aan Oekraïne te steel.

Die veelsydige granaat 12.05.2022

Elrita Venter en Kurt Schlechter laat Johan Rademan en Martelize Brink proe aan ‘n skemerkelkie met gestookte granate as die sterbestandeel.

Edwin se lewenspad 12.05.2022

Edwin Etzebeth vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy uitdagings as 'n kind met disleksie. Hy is geboelie, maar daar was onderwysers wat hulle oor hom ontferm het. Hy het op 13 die skool verlaat en los werkies begin doen. Hy vertel hoe hy as negentienjarige sy sibbe alleen moes grootmaak nadat hulle wees gelaat is. Hy glo daar is ‘n rede hoekom die Here sekere goed op sy pad geplaas het.

Doktorsgraad in vernufpoësie 12.05.2022

Dr. Daniel Hugo gesels oor die limiriek. Hy het sy doktorsgraad verwerf in vernufpoësie, waarvan die limiriek een voorbeeld is.

Navorsingsentrum lok internasionale studente 12.05.2022

Dr. Elbé Coetsee vertel van die Mogalakwena Navorsingsentrum in Limpopo wat internasionale studente ontvang, wat navorsing doen oor Afrikakultuur en -ekologie.

Toutrek in Suid-Afrika 11.05.2022

Anton Rabe, president van die Internasionale Toutrekfederasie, gesels oor dié sport in Suid-Afrika.

Bewaring in die Groot Karoo 11.05.2022

Jacqui January gesels PC Ferreira, ‘n boer en bewaarder in die Groot Karoo. Hy vertel dat die laaste seekoei 230 jaar gelede in die Seekoeirivier geskiet is. Hy maak deesdae die bewaring en hervestiging van meer as net seekoeie sy lewenstaak.

Ondernemings se verantwoordelikheid met produkverpakking 11.05.2022

Gizelle Kruger vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ondernemings se verantwoordelikheid met die verpakking van hulle produkte, en hoe dit herwin kan word.

Uit die Buitekring: Junette Syster 10.05.2022

Junette Syster gesels oor haar loopbaan as ‘n sogenaamde kurwemodel.

Escucha el podcast Driesestig en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos