Pieter van der Zwan
Tax Break in Afrikaans
Tax Break is 'n potgooi oor Suid-Afrikaanse belasting vir Suid-Afrikaanse belastingkundiges en praktisyns. Elke episode handel oor 'n onderwerp of 'n onlangse ontwikkeling in Suid-Afrikaanse belasting.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: podcasters.spotify.com
Forfatter
Pieter van der Zwan
Kategori
Podcastens hjemmeside
Seneste episode
17. sep. 2026
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Belasting oorwegings vir aandeel-gebaseerde personeelaansporings 12.06.2025 14:27
Daar is heelwat verskille tussen die belasting en rekeningkundige hantering van transaksies en reelings. Sulke verskille waarvoor aansuiwerings in die belastingberekening gemaak moet word bestaan dikwels in die geval van aandeel-gebaseerde betalings. In hierdie episode gesels ek oor van die belasting en rekeningkundige oorwegings van toepassing op aandeel-gebaseerde personeel aansporings. As jy te...
Episode 40: Belasting aftrekbaarheid van kostes om skuld te bekom 05.06.2025 10:02
Belastingpligtiges gaan dikwels wesenlike bedrae kostes (raising fees) aan om skuldfinansiering te bekom. Die belastinghof het onlangs die aftrekbaarheid van hierdie kostes oorweeg. Ek gesels in die episode oor die saak en die hof se redenasie rondom die kostes. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk...
Episode 39: Verbonde persone/ groep van maatskappye 29.05.2025 5:55
Die begrippe van verbonde persone en groep van maatskappy wat in die belastingwetgewing voor kom lyk dalk op eerste oogopslag soortgelyk, maar die terme het baie uiteenlopende doele. In hierdie episode gesels ek oor die terme en waar dit gewoonlik in die wetgewing gebruik word. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en a...
Episode 38: Insetbelasting op besigheidskostes 22.05.2025 8:37
BTW ondernemers is geregtig om insetbelasting te eis op goedere en dienste verkry om belasbare lewerings te maak. Daar is egter gevalle waar insetbelasting verbied word, selfs al hou die goedere en dienste verband met die ondernemer se besigheid. In hierdie episode gesels ek oor ‘n saak wat met so ‘n geval handel. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvd...
Episode 37: Trusts met buitelandse begunstigdes 15.05.2025 6:35
‘n Aantal onlangse wysigings en ontwikkelings raak trusts met buitelandse begunstigdes. In hierdie episode gesels ek oor die belastingimplikasies waarvan trustees van trusts met buitelandse begunstigdes bewus van moet wees. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webw...
Episode 36: Wat is waardeverskuiwing? 08.05.2025 13:41
Baie transaksies, veral herstrukturerings, behels dat een persoon bates aan ‘n ander oordra. ‘n Vraag wat gereeld opkom in sulke reelings tussen verwante partye is of daar moontlik elemente van waardeverskuiwing tersprake is. In hierdie episode gesels ek oor die konsep en sommige van die belastingimplikasies daarvan. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@...
Episode 35: Veranderinge aan BTW op elektroniese dienste 10.04.2025 10:17
Buitelanders wat elektroniese dienste wat in Suid-Afrika verbruik word verskaf moet in sommige gevalle as BTW ondernemers in Suid-Afrika registreer. Die regulasies wat hierdie dienste reguleer het onlangs verander. Ek gesels in hierdie episode oor die veranderinge. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat d...
Episode 34: Dividende aan persone anders as aandeelhouers 03.04.2025 6:08
Wat is die belastingimplikasies wanneer ‘n maatskappy dividende verklaar aan iemand anders as sy aandeelhouer? In hierdie episode gesels ek oor twee belastingimplikasies om te oorweeg by sulke reelings. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pv...
Episode 33: Lenings deur aandeelhouers aan maatskappye 27.03.2025 10:07
Aandeelhouers befonds dikwels maatskappye met lenings. In hierdie episode bespreek ek belastingimplikasies om te oorweeg vir sulke lenings, veral as die lening nie rente dra nie. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk geru...
Episode 32: 15,5% BTW vanaf 1 Mei 2025? 20.03.2025 12:40
Die Minister van Finansies het in die 2025 Begroting aangekondig dat die BTW koers met inwerkingtrede vanaf 1 Mei 2025 toeneem met 0,5%. Dit blyk uit berigte in die media dat dit glad nie ‘n gegewe is dat hierdie koersverhoging deur die Parlement goedgekeur sal word nie. In hierdie episode gesels ek oor die wetgewing van effek gee aan die koersaankondiging en verwante aangeleenthede. As jy terugvo...
Episode 31: Belastingvoorstelle in die 2025 Begroting 13.03.2025 10:56
Die Minister van Finansies het op 12 Maart 2025 die 2025 Begroting voorgele in die Parlement. In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar belastingvoorstelle in die begroting. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 30: Wat as die BTW koers verander? 06.03.2025 9:24
Die BTW koers kan dalk verander wanneer die hersiende begroting in Maart voorgelê word. In hierdie episode gesels ek oor ‘n praktiese oorwegings wat BTW ondernemers moet oorweeg sou die koers verander. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz....
Episode 29: Voorlopige belasting – wat as die raming nie reg is nie? 27.02.2025 9:23
Die einde van Februarie beteken voorlopige belasting vir baie belastingpligtiges. Wanneer hulle skattings voorberei, kom die vraag gereeld op – wat kan gebeur as ek beraamde belasbareinkomste verkeerd kry? In hierdie episode oorweeg ek sommige van die gevolg van skattings wat uiteindelik blyk onakkuraat te wees. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.c...
Episode 28: Lesse uit onlangse dieselbrandstofterugbetalings (diesel rebates) sake 20.02.2025 11:28
Belastingpligtiges in sommige industriee kwalifiseer vir dieselbrandstofterugbetalings (diesel rebates). Twee onlangse sake het ‘n paar aspekte uitgelig wat belangrik is om te oorweeg vir belastingpligtiges wat hierdie terugbetalings eis. In hierdie episode, deel ek my gedagtes rondomlesse wat mens kan leer uit hierdie twee sake. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak...
Episode 27: Lenings deur maatskappye aan aandeelhouers 13.02.2025 12:39
Maatskappye en hulle aandeelhouers bevind hulleself dikwels in ‘n penarie wanneer die maatskappy wesenlike bedrae voorskiet aan aandeelhouers as lenings. In hierdie episode gesels ek oor sommige van die ekonomiese gevolge wat voortspruit uit die belastingimplikasies van sulke lenings. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbron...
Episode 26: Trusts - goed of sleg? 06.02.2025 10:23
Iemand het my onlangs gevra of hulle kliente behoort te adviseer om bates in trusts te hou. Dit sal afhang van die feite en omstandighede van elke geval en belastingoorwegings kan ‘n rol speel. In hierdie episode, gesels ek oor sommige van die belastinggevolge wat persone wat daaraan dink om hulle bates in trusts te hou behoort te oorweeg. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het...
Episode 25: “Tips & Tricks” vir besware (Deel 2) 30.01.2025 11:38
‘n Luisteraar het ‘n episode oor die ‘tips & tricks’ om ‘n beswaar in te dien versoek. In hierdie episode, die tweede van die reeks, bespreek ek ‘n paar belangrike aspekte rondom die gronde waarop ‘n beswaar gebasseer word. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my...
Episode 24: “Tips & Tricks” vir besware (Deel 1) 23.01.2025 15:00
‘n Luisteraar het ‘n episode oor die ‘tips & tricks’ om ‘n beswaar in te dien versoek. Hierdie proses word deur wetgewing en die belastingdispuutreëls bepaal, eerder as tips en trieks! In hierdie episode, deel ek ‘n paar gedagtes oor belangrike aspekte van die proses en reëls wat van toepassing is wanneer mens ‘n beswaar indien. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, konta...
Episode 23: Uiteindelike geregtigde (beneficial ownership) inligting 16.01.2025 9:41
Sommige Suid-Afrikaanse belastingopgawes, insluitend die ITR14 en ITR12T, vereis inligting oor uiteindelike begunstigdes (beneficial owners). Wie is die uiteindelike geregtigdes van ‘n maatskappy of trust? In hierdie episode, gesels ek oor die term uiteindelike geregtigde. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artike...
Episode 22: BTW aanpassings vir residensiele eiendomsontwikkelaars 09.01.2025 9:43
In hierdie episode gesels ek oor die BTW implikasies wat residensiele eiendomsontwikkelaars moet oorweeg wanneer hulle eiendomme wat aanvanklik ontwikkel is om te verkoop begin verhuur. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan k...
Episode 21: ‘n BTW wysiging wat op 1 Januarie 2025 in werking tree 02.01.2025 7:09
In hierdie episode bespreek ek ‘n wysiging aan die omskrywing van inwoner van die Republiek in die BTW Wet wat op 1 Januarie 2025 in werking tree. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 20: Belastingtoelaes op solarbates 26.12.2024 9:08
In hierdie episode gee ek ‘n oorsig van sekere belastingtoelaes op solarbates. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 19: Die SA/Kuwait belastingverdrag 19.12.2024 8:32
In hierdie episode bespreek ek wyer implikasies van die onlangse geratifiseerde protocol tot die SA/Kuwait belastingverdrag. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 18: Die geleibuisbeginsel en kapitaalwinsbelasting 12.12.2024 11:25
In hierdie episode bespreek ek die geleibuisbeginsel in die konteks van kapitaalwinsbelasting en die Thistle Trust saak. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 17: Die geleibuisbeginsel en trustinkomste 05.12.2024 13:27
In hierdie episode bespreek ek die geleibuisbeginsel wat geld op trustinkomste asook ‘n wysiging wat vanaf 1 Maart 2024 in werking getree het. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.