Pieter van der Zwan
Tax Break in Afrikaans
Tax Break is 'n potgooi oor Suid-Afrikaanse belasting vir Suid-Afrikaanse belastingkundiges en praktisyns. Elke episode handel oor 'n onderwerp of 'n onlangse ontwikkeling in Suid-Afrikaanse belasting.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: podcasters.spotify.com
Forfatter
Pieter van der Zwan
Kategori
Podcastens hjemmeside
Seneste episode
17. sep. 2026
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Episode 66: Dividend of skenking? 15.01.2026 11:16
Wanneer ‘n maatskappy betalings maak aan ‘n verwante party van sy aandeelhouer ontstaan die vraag of hierdie betaling ‘n dividend, of dalk eerder, ‘n skunking is? SARS het onlangs Binding Private Ruling 423 uitgereik ten opsigte van ‘n stel feite wat hierdie vraag bevat. In die episode gesels ek oor die aanwysing (ruling) en die onderliggende beginsels. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstig...
Episode 65: Veranderinge aan onderstellingsboetes (USPs) in 2026 27.11.2025 8:00
Die Nasionale Tesourie het op 12 November 2025 die belastingwysigingswetsontwerpe vrygestel. In hierdie episode gesels ek oor die wysigings aan die onderstellingsboete stelsel. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 64: Veranderinge aan BTW vir skole in 2026 20.11.2025 12:58
Die Nasionale Tesourie het op 12 November 2025 die belastingwysigingswetsontwerpe vrygestel. In hierdie episode gesels ek oor die wysigings rakende BTW op lewerings deur skole. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 63: Die 2025 belastingwysigingswetsontwerpe 13.11.2025 7:34
Die Nasionale Tesourie het op 12 November 2025 die belastingwysigingswetsntwerpe vrygestel. In hierdie episode lig ek ‘n paar wysigings in hierdie wetsontwerpe uit. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 62: Kry ‘n voorafbeslissing? 06.11.2025 10:12
Belastingpligtiges kan sekerheid oor onseker belastingposisies kry deur voorafbeslissings by SARS aan te vra. In hierdie episode gesels ek oor sommige van die vereistes vir hierdie beslissings wat mens moet oorweeg wanneer jy dit as ‘n moontlike plan van aksie beoordeel. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikel...
Episode 61: Waardasie van voorraad vir belastingdoeleindes 30.10.2025 11:48
Belastingpligtiges mag eindvoorraad teen minder as koste waardeer onder sekere omstandighede. SARS het onlangs Uitlegnota 140 in hierdie verband uitgereik. In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar van SARS se interpretasies in hierdie dokument. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waard...
Episode 60: Geredelik sigbare onbetwiste foute 23.10.2025 13:23
Belastingpligtiges kan versoek dat SARS aanslae verminder in die geval van geredelik sigbare onbetwiste foute. SARS het onlangs ‘n konsep uitlegnota oor die onderwerp uitgereik. In hierdie episode gesels ek oor enkele aspekte wat SARS aanraak. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde...
Episode 59: Wanneer gaan SARS reageer? 16.10.2025 9:41
Belastingpligtiges wat inligting aan SARS lewer in die loop van ‘n dispuut is dikwels angstig om terugvoer te ontvang. In hierdie episode gesels ek oor sommige van die tydslyne hiervoor waarvoor die wetgewing voorsiening maak. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my...
Episode 58: Verbondenheid via trusts 09.10.2025 7:23
Baie van die teenvermydingsreels gebruik ‘n verbonde persone verhouding as die basis vir hulle toepassing. In hierdie episode gesels ek oor die omskrywing van ‘n verbonde persoon tot ‘n trust. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za ....
Episode 57: BTW en agentskap verhoudings 02.10.2025 8:12
Die BTW Wet bevat spesifieke bepalings wat handel met agente. In hierdie episode gesels ek oor sommige van die kern bepalings wat van toepassing is op agentskap verhoudings. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 56: Belasting en ‘influencers’ 25.09.2025 11:40
SARS het onlangs ‘n spesialis segment geskep wat focus op ‘influencers’. In hierdie episode deel ek ‘n paar gedagtes rondom belastingoorwegings wat hierdie kategorie belastingbetalers moontlik oor moet dink. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://t...
Episode 55: Redes vir ‘n aanslag 18.09.2025 12:42
Indien ‘n belastingpligtige ontevrede is met sekere besluite of ‘n aanslag, kan hulle beswaar daarteen aanteken. In hierdie episode gesels ek oor ‘n onlangse saak waar die belastinghof oorweeg het of die redes wat SARS verskaf het genoegsaam was. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waa...
Episode 54: Artikel 8E voorstel teruggetrek en voorgestelde veranderinge aan effekte trust belasting 11.09.2025 12:24
Die Nasionale Tesourie het op 16 Augustus 2025 die konsep belastingwetswysigings gepubliseer vir kommentaar. Die voorstelle het sluit o.a. gehandel met artikel 8E en hoe kollektiewe beleggingskemas se opbrengste belas word. In hierdie episode gesels ek oor die ontwikkelinge rondom die artikel 8E voorstelle asook die voorgestelde veranderinge aan die opbrengste uit kollektiewe beleggingskemas. As...
Episode 53: Voorgestelde wysigings – onderstellingsboetes (USPs) 04.09.2025 17:08
Die Nasionale Tesourie het op 16 Augustus 2025 die konsep belastingwetswysigings gepubliseer vir kommentaar. Dievoorstelle sluit o.a. ‘n voorstel is rondom artikel 20A, wat handel met die omheining van verliese uit sekere verdagte bedrywe. In hierdie episode gesels ek oor die voorgestelde verander en deel van my aanvanklike gedagtes daarrondom. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episode...
Episode 52: Voorgestelde wysigings – individue met verdagte bedrywe 28.08.2025 12:25
Die Nasionale Tesourie het op 16 Augustus 2025 die konsep belastingwetswysigings gepubliseer vir kommentaar. Dievoorstelle sluit o.a. ‘n voorstel is rondom artikel 20A, wat handel met die omheining van verliese uit sekere verdagte bedrywe. In hierdie episode gesels ek oor die voorgestelde verander en deel van my aanvanklike gedagtes daarrondom. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episode...
Episode 51: Voorgestelde wysigings - voorkeuraandele 21.08.2025 16:33
Die Nasionale Tesourie het op 16 Augustus 2025 die konsep belastingwetswysigings gepubliseer vir kommentaar. Een van die wesenlike voorstelle hou verband met artikel 8E, wat betrekking het op hibriede ekwiteitsinstrumente. In hierdie episode gesels ek oor die voorgestelde verander en deel van my aanvanklike gedagtes daarrondom. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my...
Episode 50: Wie is voorlopige belastingbetalers? 14.08.2025 10:46
Voorlopige belasting is een van die meganismes wat gebruik word om inkomstebelasting in te vorder. Of ‘n individu ‘n voorlopige belastingbetaler is of nie bepaal, onder andere, wanneer die persoon sy or haar inkomstebelastingopgawe moet indien. In hierdie episode oorweeg ek die definisie van voorlopige belastingpligtige. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by piet...
Episode 49: Suid-Afrikaanse belasting op inwoners / nie-inwoners 07.08.2025 9:00
Ek kry dikwels die vraag of ‘n persoon wat opgehou het om ‘n Suid-Afrikaanse inwoner te wees steeds belastingmoet betaal en opgawes indien in Suid-Afrika. Hierdie vraag gaan terug na die fundamentele beginsels oor hoe inwoners en nie-inwoners in Suid-Afrika belas word. In hierdie episode gesels ek breedweg oor die belasting van nie-inwoners. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes h...
Episode 48: Denkbeeldige insetbelasting 31.07.2025 9:21
Denkbeeldige insetbelasting is nie ‘n nuwe konsep in die BTW Wet nie. Daar is egter steeds dikwels onsekerheid hieroor. In hierdie episode gesels ek oor sommige beginsels rakendedenkbeeldige insetbelasting. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is noghulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.p...
Episode 47: BTW inset-toedeling 24.07.2025 10:18
BTW inset-toedeling is dikwels ‘n komplekse aangeleentheid vir entiteite wat beide belasbare en nie-belasbare lewerings maak. In hierdie episode gesels ek kortliks oor sleutel konsepte en oorwegings wanneer dit by BTW toedeling kom. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op...
Episode 46: Belastingoorwegings met die verkoop van buitelandse bates 17.07.2025 10:24
Gegewe die volatiele ekonomiese toestande wereldwyd is daar heelwat Suid-Afrikaners wat buitelandse bates verkoop of hulle buitelandse blootstelling aanpas. ‘n Vraag wat dandikwels opkom is wat die belastingimplikasies is wanneer buitelandse bates verkoop word? In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar sleutel oorwegings in hierdie verband. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het...
Episode 45: Die belangrikheid van finansiele state vir belasting doeleindes 10.07.2025 15:22
Die SAID vereis dat maatskappye hulle finansiele state verskaf wanneer hulle belastingopgawe indien. Die finansiele state is krities wanneer die belastingopgawe verder ondersoek of geoudit word. In hierdie episode gesels ek oor ‘n onlangse saak wat moontlike sekere lesse vir ander belastingpligtiges inhou rondom die belangrikheid van belyning tussen die finansiele state en belastingopgawes. As jy...
Episode 44: Debiet lenings en geagte dividende – praktiese oorwegings 03.07.2025 6:55
Wanneer ‘n maatskappy ‘n lening aan ‘n aandeelhouer toestaan en nie rente teen die amptelike rentekoers daarop hef nie ontstaan daar ‘n geagte dividend. In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar praktiese oorwegings rondom hierdie geagte dividende. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van wa...
Episode 43: Outomatiese BTW registrasies 26.06.2025 11:18
Sommige belastingpligtiges het die afgelope paar maande korrespondensie van die SAID ontvang wat aandui dat hulle as BTW ondernemers geregistreer is, alhoewel hulle nie aansoek gedoen het hiervoor nie. In hierdie episode oorweeg ek die bepalings van die BTW Wet wat met hierdie registrasies handel en deel ‘n paar gedagtes oor stappe om te oorweeg indien die entiteit nie geregistreer moes wees nie....
Episode 42: Belastingseisoen 2025 19.06.2025 6:11
Die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens publiseer jaarliks ‘n kennisgewing rakende die indiening van opgawes. In hierdie episode gesels ek oor die kennisgewing vir die 2025 belastingseisoen. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax....
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.