Pieter van der Zwan
Tax Break in Afrikaans
Tax Break is 'n potgooi oor Suid-Afrikaanse belasting vir Suid-Afrikaanse belastingkundiges en praktisyns. Elke episode handel oor 'n onderwerp of 'n onlangse ontwikkeling in Suid-Afrikaanse belasting.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: podcasters.spotify.com
Forfatter
Pieter van der Zwan
Kategori
Podcastens hjemmeside
Seneste episode
17. sep. 2026
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
Renteaftrekbeperkings: artikel 23M van die Inkomstebelastingwet 17.09.2026 14:22
Wanneer beperk artikel 23M van die Inkomstebelastingwet die rente wat 'n maatskappy kan aftrek op skuld verskuldig aan 'n krediteur in 'n beherende verhouding, en waarom is dit nie net 'n oorgrensreël nie? Hierdie episode van Tax Break deel Pieter drie wenke om te bepaal of artikel 23M van toepassing is, eerder as om deur die berekening te werk. Hy begin met die oorsprong van die b...
Bona fide foute op belastingopgawes: USP-risikos 10.09.2026 14:00
Onderstellingsboetes (USP) en bona fide onopsetlike foute na die wysiging van artikel 222 van die Wet op Belastingadministrasie (TAA): as jy 'n fout regstel op 'n opgawe wat reeds aangeslaan is, het die wysiging 'n nuwe risiko geskep? Die versoek-om-regstelling-funksie (RFC) op SAID eFiling, en die beswaarroete waar 'n aanslag reeds geoudit of geverifieer is, was die standaard mani...
Rapporteerbare reëlings: Artikel 35 van die Belastingadministrasiewet 03.09.2026 14:41
Rapporteerbare reëlings (RR's) ingevolge artikel 35 van die Wet op Belastingadministrasie word dikwels deur adviseurs oor die hoof gesien en kom gereeld eers na vore wanneer 'n rekenmeester by die vraag oor rapporteerbare reëlings op die belastingopgawe uitkom. Hierdie episode van Tax Break verduidelik wat rapporteerbare reëlings is, waar dit in die wetgewing voorkom en wat gedoen moet wor...
Is selfversekeringspremies belasting aftrekbaar? Die Meiring Citrus uitspraak 27.08.2026 19:32
Is selfversekeringspremies aftrekbaar? In hierdie episode van Tax Break bespreek ek die aftrekbaarheidsaspek van die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak in CSARS v Meiring Citrus (Pty) Ltd. Ek bespreek: Die twee gronde wat SAID laat vaar het Die hof se gevolgtrekking oor die vraag of die belastingpligtige werklik onkoste aangegaan het Waarom ek van die hof se standpunt oor onkoste verskil Die ho...
Artikel 99 verjaring: Wanneer kan SAID 'n belastingaanslag na drie jaar heropen? CSARS v Meiring Citrus 20.08.2026 26:40
Wanneer beskerm verjaring belastingpligtiges teen addisionele belastingaanslae? Artikel 99 van die Wet op Belastingadministrasie verbied SAID in die algemeen om 'n addisionele aanslag uit te reik meer as drie jaar na die oorspronklike aanslag uitgereik deur die SAID. Artikel 99(2) hef daardie beperking op waar die belasting nie aangeslaan is nie weens bedrog, wanvoorstelling of nie-openbaarmak...
2026 konsep-TALAB: LBS vir buitelandse werkgewers met SA permanente saakvestigings, voorlopige belasting-boetes en VDP-wysigings 13.08.2026 12:21
Die Nasionale Tesourie het die 2026 konsep-Wysigingswet op Belastingadministrasiewette (konsep-TALAB) op 30 Julie 2026 vir openbare kommentaar gepubliseer. In hierdie episode gesels ek oor drie voorgestelde wysigings met ‘n duidelike praktiese impak vir Suid-Afrikaanse belastingpligtiges en hul adviseurs, waarvan twee gunstig is vir belastingpligtiges. Onderwerpe: · Werknemersbelasting (LBS)...
Episode 85: Sleutelvoorstelle wat korporatiewe en besigheidsbelasting raak in die 2026 voorstelle vir belastingwetswysigings (2026 draft TLAB) 06.08.2026 21:37
Die Nasionale Tesourie het op 30 Julie 2026 die voorstelle vir die belastingwetswysigings vir kommentaar vrygestel. Alhoewel baie van die voorstelle kleiner of tegniese veranderinge is, is dit nogsteeds nodig om dit in detail te oorweeg om te bepaal of dit jou besigheid of kliente sal raak. In hierdie episode gesels ek oor die voorstelle wat verband hou met die interaksie tussen die beheerde buite...
Episode 84: Wanneer moet jy verby die naam of label van ‘n transaksie kyk of die belastingimplikasies te bepaal? 30.07.2026 18:22
Bepaal die naam of die label van ‘n kontrak of transaksie die belastinggevolge daarvan? So prakties – as jy ‘n ooreenkoms ‘n lening noem, is die kontantvloei rente wat kwalifiseer vir aftrekking, of as jy ‘n kontrak ‘n huurkontrak noem, beteken dit die kontantvloeie is aftrekbare huur? In C:SARS v Meiring Citrus, het Wes-Kaapse hooggeregshof oorweeg of die premiums ten opsigte van ‘n kontrak wat ‘...
Episode 83: Maak seker oor nulkoerslewerings 23.07.2026 15:17
Nulkoerslewerings is kompleks en word dikwels onderskat deur belastingpligtiges en hulle adviseurs. Die blootstelling kan wesenlik wees om dit verkeerdelik toe te pas, veral op herhalende transaksies. Uitlegnota 31 is ‘n integrale deel daarvan om nulkoerse toe te pas. SARS het onlangs ‘n hersiende weergawe van die uitlegnota uitgereik (weergawe 5), ongeveer tien jaar sedert die vorige weregawe. In...
Episode 82: Belasting op kripto bates 16.07.2026 16:34
SARS het ‘n konsep gids uitgereik oor die belasting van kripto bates. In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar aspekte waaroor die konsep gids handel wat ek van mening is waardevolle insig gee oor SARS se sienings rondom hierdie bates. As jy terugvoer op enige episodes het of belastingadvies benodig, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde...
Episode 81: Wat is artikel 42 nie? (Deel 2) 09.07.2026 14:55
Artikel 42 van die Inkomstebelastingwet gee verligting vir bate-vir-aandeel transaksies. In hierdie episode gesels ek sommige van die teenvermydingsreels om te oorweeg wanneer dit by hierdie transaksies kom. As jy terugvoer op enige episodes het of belastingadvies benodig, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – ht...
Episode 80: Wat is artikel 42? (Deel 1) 02.07.2026 16:18
Artikel 42 van die Inkomstebelastingwet gee verligting vir bate-vir-aandeel transaksies. In hierdie episode gesels ek oor hoe die bepaling werk, van die geskiedenis en konteks rondom dit asook die doel daarvan. As jy terugvoer op enige episodes het of belastingadvies benodig, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – ...
Episode 79: Rente of nie? 15.06.2026 11:55
Wanneer vereis die belastingwetgewing dat partye rente moet hef op ‘n lening? Die antwoord is dit doen nie. Die bepaal bloot wat die belastinggevolge is wanneer partye nie rente hef op ‘n lening nie. In hierdie episode gesels ek oor die belastingimplikasies wat ‘n rol kan speel by die besluit om rente te hef of nie. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n episode of wil sien en stem vir idees v...
Episode 78: Tydsberekening is belangrik 08.06.2026 10:50
Belastingpligtiges redeneer dikwels dat solank SARS wel ‘n bedrag belas of as ‘n aftrekking slegs een keer geeïs word, behoort dit aanvaarbaar te wees. Dit is egter nie korrek nie – die tydsberekening van die insluiting of aftrekking is belangrik. In hierdie episode gesels ek oor ‘n belastinghofsaak wat die belangrikheid van tydsberekening illustreer. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n ep...
Episode 77: Vennootskappe belasting 25.05.2026 16:52
SARS het onlangs die IT3(BO) derde-party verklaringsproses wat met die inkomstebelastinggevolge van vennootskappe van stapel gestuur. Ek gebruik die geleentheid om in hierdie episode oor ‘n paar van die kern beginsels rakende die belasting van vennootskappe te gesels. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n episode of wil sien en stem vir idees van ander luisteraars, besoek die Tax Break toepa...
Episode 76: Meer oor die GAAR: Die ABSA saak 18.05.2026 28:27
Die Konstitusionele Hof het onlangs ‘n uitspraak gelewer oor two regsvrae rondom die algemene teenvermydingsreëls na ‘n hersieningsaansoek deur ABSA. In hierdie episode gesels ek oor die saak en deel my gedagtes rondom sekere aspekte van die uitspraak. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n episode of wil sien en stem vir idees van ander luisteraars, besoek die Tax Break toepassing by https:/...
Episode 75: Is jou huiseienaarsvereniging se inkomstebelasting hantering reg? 07.05.2026 15:31
SARS het ‘n opgedateerde weergawe van Uitlegnota 64 uitgereik in Desember 2025. Hierdie uitlegnota handel, onder andere, met die belasting van huiseienaarsverenigings. In hierdie episode bespreek ek van die veranderinge van die vorige weergawe van die uitleg nota na die hersiende weergawe – veral die veranderinge met betrekking tot huiseienaarsverenigings. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘...
Episode 74: Veranderinge aan die BTW registrasie drempels – hoe nou vir ondernemers in die R1m tot R2,3m groep? 23.04.2026 16:32
Die Nasionale Tesourie het in die 2026 Begroting veranderinge aan die BTW registrasie drempels aangekondig. Sommige BTW ondernemers oorweeg nou moontlike deregistrasie as gevolg hiervan. In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar praktiese oorwegings om in gedagte te hou wanneer mens besluit om te deregistreer of nie. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n episode of wil sien en stem vir idees v...
Episode 73: Wees versigtig vir die GAAR 10.04.2026 18:30
Daar was onlangs ‘n toename in the aantal sake voor die howe wat die toepassing van die algemene teenvermydingsreëls (die GAAR) betref. In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar sleutel aspekte van die GAAR. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n episode of wil sien en stem vir idees van ander luisteraars, besoek die Tax Break toepassing by https://tax.pvdz.co.za/app . As jy terugvoer op enig...
Episode 72: Belasting in die 2026 Begroting 27.02.2026 15:46
Daar is altyd baie opwinding rondom die begroting en 2026 was geen uitsondering nie. In hierdie episode gesels ek oor sommige belastingvoorstelle in die begroting wat vir belang is vir belastingkundiges en praktisyns. As jy terugvoer, voorstelle vir toekomstige episodes het of belastingadvies benodig, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde...
Episode 71: Artikel 7C 19.02.2026 13:13
Artikel 7C het belastingpraktisyns se belangstellings geprikkel sedert dit in die belastingwetgewing ingebring is as deel van die 2016 wysigings. Dit is een van die min bepalings wat meeste praktisyns herken deur slegs na die artikel nommer te kyk! SARS het laat in November 2025 ‘n konsep uitlegnota vir kommentaar vrygestel. Alhoewel hierdie dokument slegs ‘n konsep dokument is, gee dit mens wel i...
Episode 70: Rente aftrekbaarheid 12.02.2026 12:13
SARS het onlangs ‘n interesant aanwysing uitgereik oor iets wat gereeld in praktyk opduik – rente aftrekbaarheid. In kort, handel die aanwysing met die aftrekbaarheid van rente op ‘n lening wat gebruik sal word om voorkeuraandele af te los. In hierdie episode gesels ek oor die aanwysiging, die vereistes vir rente aftrekbaarheid en ek oorweeg waarom die belastingpligtige dit nodig geag het om ‘n aa...
Episode 69: Die klein besigheid KWB uitsluiting 05.02.2026 14:13
Oorweeg die volgende scenario: jy, of dalk jou klient, besit ‘n klein besigheid. Die tyd het aangebreek om dit te verkoop – dit mag dalk wees dat die besigheid ‘n groter struktuur nodig het vir voortgesette groei, ‘n geleentheid ditself voorgedoen het of bloot dat die eienaar nie meer kans sien om die besigheid te bedryf nie. Die verkoop sal waarskynlik KWB tot gevolg he. Die Agtste Bylae tot die...
Episode 68: Oorweeg BTW op subsidies 29.01.2026 10:56
As mens dink ook BTW en subsidies (grants), is jou eerste instink waarskynlik dat daar nie BTW op ‘n subisidie moet wees nie. In hierdie episode gesels ek oor ‘n belastinghofsaak wat die belangrikheid illustreer om versigtig na die detail te kyk wanneer dit by BTW en subsidies kom. Hierdie onderwerp is meer kompleks as wat die aanvanklik mag lyk. As jy terugvoer, voorstelle vir toekomstige episode...
Episode 67: Sleutel oorwegingings by aandele aansporingskemas 22.01.2026 17:09
Baie maatskappye, beide groot en klein, gebruik aandele aansporings vir sleutel werknemers om hulle doelwitte met die van die maatskappy te belyn. Die ontwerp kan verskil afhangend van die tipe skema en entiteit. Daar is egter ‘n paar belasting oorwegings wat dikwels fundamenteel tot meeste van hierdie skemas is. So die vraag is – wat is hierdie sleutel oorwegings? In hierdie episode gesels ek oor...
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.