RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ Epizody: 2959

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

29. zář 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

Twak - Van Hunks, die duiwel en ander twak 16.04.2024

Francois Toerien vertel van Twak - Van Hunks, die duiwel en ander twak, wat debuteer by vanjaar se Suidoosterfees in Kaapstad.

Atterbury Klassiek 2024 09.04.2024

Dis weer tyd vir die Atterbury Klassiek in Pretoria. Pianis Charl du Plessis vertel van die vier konserte wat uitgevoer word. 

Innibos 2024 se program bekendgestel 09.04.2024

Vanjaar se Innibos Kunstefeesprogram is bekendgestel. Sandra Jacobs, die fees media- en bemarkingsbestuurder, vertel meer.

Onder ‘n bloedrooi hemel debuteer by Suidoosterfees 09.04.2024

Annemarie van Niekerk se boek, Onder ‘n bloedrooi hemel, is deur Nicola Hanekom verwerk vir die verhoog. Nicola gesels oor die stuk wat debuteer by vanjaar se Suidoosterfees in Kaapstad.

Maggie Laubser onthou 09.04.2024

Die kunstenaar Maggie Loubser sou op 14 April verjaar het. In ‘n uittreksel uit ‘n argiefonderhoud gesels Johannes Meintjies oor haar werk en lewe. Die onderhoud dateer uit 1969.

Spring Awakening by Montecasino 09.04.2024

Die musiekspel, Spring Awakening, is nou te sien bo in die Noorde. Die regisseur, Sylvaine Strike, vertel vir Terrance April waaroor dit handel.

Kimberley Akademie vir Musiek vier 30 jaar 02.04.2024

Die Kimberley Akademie vir Musiek vier vanjaar hulle 30ste bestaansjaar. Die bestuurder, Estelle Vorster, vertel hoe die akademie destyds begin het, en wat hulle deesdae aan die gemeenskap bied. 

My son Pinocchio 02.04.2024

Louis Zuppe vertel vir Terrance April van, My son Pinocchio, wat te sien is by die Peoples Theatre in Johannesburg.

Kortoperas in Kaapstad 02.04.2024

Shorts – A festival of pocket operas bied drie kort operas aan van 11 – 21 April in Kaapstad. Conrad Asman se splinternuwe opera, Trial by Media, is ook deel van die fees. Die artistieke direkteur van Kaapstad Opera, Magdalene Minnaar, vertel meer.

Suidoosterfees word mondig 02.04.2024

Die Suidoosterfees vind vanjaar vir die 21ste keer plaas. Jana Hattingh, die bestuurshoof, vertel wat alles te sien is by vanjaar se fees. Dit vind plaas van 26 April tot 1 Mei 2024 in Kaapstad.

Die Stoele by KKNK 26.03.2024

DIE STOELE is te sien by vanjaar se KKNK. Antoinette Kellerman gesels oor dié vertaalde werk deur die dramaturg Eugène Ionesco.

Julie Strijdom 1944 - 2024 26.03.2024

Die aktrise Julie Strijdom is op 16 Maart 2024 oorlede. Sy was 79. Haar jarelange kollega en vriendin, Magriet van Loggerenberg, bring hulde aan hierdie geliefde aktrise.

Nina Schumann en Megan-Geoffrey Prins 26.03.2024

Die meeste professionele pianiste het al in 'n soloklavierkonsert opgetree, maar nie baie kry die geleentheid om in 'n konsert vir twee klaviere en orkes op te tree nie. Nina Schumann en Megan-Geoffrey Prins het onlangs kragte saamgespan. Terrance April  het met hulle gesels oor die speel op twee klaviere, en 'n internasionale klaviersimposium wat binnekort in Stellenbosch gehou word.

Lara Hattingh in Byster 19.03.2024

Lara Hattingh is te sien in BYSTER. Sy het die stuk geskryf en is ook die regisseur. Sy vertel waaroor dit gaan.

Mens en dier bekyk in KKNK-kuns 19.03.2024

Dineke Orton, kurator vir visuele kuns by die KKNK, vertel van die tien uitstallings wat handel oor die verhouding tussen mens en dier.

David Viviers in twee produksies by KKNK 19.03.2024

Die akteur David Viviers is in twee debuutproduksies by die KKNK te sien - ’N LEWE IN DIE DAG VAN ’N VRUGTEVLIEG, ENSOMEER: DIE ONGEWERWELDE-TRILOGIE en OP DIE HOEK VAN STYX EN RIVER IS NORA PER ABUIS MET DIE DOOD OORGESLAAN.

Expelled kyk na sosialemedia-nagevolge 19.03.2024

Die gebruik van sosiale media is deesdae onlosmaaklike deel van ons bestaan, maar dit kan groot nagevolge hê indien dit misbruik word. Terrance April gesels met Charmaine Weir-Smith, regisseur en aktrise, oor die nuwe toneelstuk EXPELLED.

Rooilug belig huishoudelike geweld 19.03.2024

ROOILUG is ‘n toneelstuk wat handel oor huishoudelike geweld. Jefferson J. Dirks-Korkee vertel meer.

SCAR/CITY 12.03.2024

Joburg Ballet bied 'n viertal nuwe ballette aan onder die titel, SCAR/CITY. Terrance April het by hulle ateljees gaan inloer, en met die bestuurshoof van Joburg Ballet, Elroy Fillis-Bell, en twee van die choreograwe, Dada Masilo en Craig Pedro, gesels.

FAK Klassieke Konsertreeks begin 12.03.2024

Die dirigent Jaco van Staden vertel van die eerste twee konserte in die FAK Klassieke Konsertreeks. 

Ken jy vir Dewie? 12.03.2024

Ken jy vir Dewie? is te sien by vanjaar se KKNK. Die regisseur, Margit Meyer-Rödenbeck, en die teksskrywer, Ilna Fourie, gesels oor die belangrike en relevante temas wat in die stuk aangespreek word.

The Seven Symphonies – A Classical Tribute to Beach Boys Music 12.03.2024

Rob van Weelde vertel vir Christelle Webb-Joubert van The Seven Symphonies – A Classical Tribute to Beach Boys Music. Dit word deur die Kaapstad Filharmoniese Orkes uitgevoer, en dit is die Afrika-première.

Amedeus te sien in Johannesburg en Kaapstad 05.03.2024

Peter Schaffer se toneelstuk, Amadeus, is binnekort op die planke by die Pieter Toerien-teater in Johannesburg en by Theatre on the Bay in Kaapstad. Alan Committie vertel ven hierdie klassieke stuk.

Carel Trichardt word 85 05.03.2024

Die akteur Carel Trichardt het sy 85ste verjaarsdag op 4 Maart gevier. Hy gesels oor sy lewe en loopbaan.

Out of the Woods-fees vir gestremdes 05.03.2024

Out the Woods is ‘n fees vir gestremdes en teatergangers met uitdagings. Margo Wood gesels oor dié inisiatief. 

Poslouchej podcast RSG Kuns v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály