RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ Epizody: 2959

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

29. zář 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

Debbie Turner - Deel 1 28.05.2024

Die naam, Debbie Turner, is sinoniem met die danswêreld. Sy het onlangs ‘n nuwe balletgeselskap in Kaapstad, Cape Ballet Africa, begin. In die eerste deel van Christelle Webb-Joubert se gesprek met Debbie, gesels hulle eers haar loopbaan. Debbie vertel dat sy reeds in die ouderdom van drie begin dans het.

Johannesburg Filharmonies se winterseisoen 2024 28.05.2024

Die Johannesburg Filharmoniese Orkes se winterseisoen skop op Donderdag 30 Mei 2024 af. Magda de Vries vertel van die onderskeie programme.

Lefra Produksies vier 30 jaar 28.05.2024

Lefra Produksies vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar. Frans Swart, die besturende direkteur, vertel van hierdie groot mylpaal.

RSG radiodrama-skryfkompetisie 2024 21.05.2024

Eddie de Jager, dramaregisseur en vervaardiger by RSG, gesels oor vanjaar se RSG radiodrama-skryfkompetisie. Dit vind plaas in samewerking met die ATKV, en die sluitingsdatum is 30 Junie 2024.

Any dream will do – My pad met Webber 21.05.2024

André Schwartz vertel van sy produksie, Any dream will do – My pad met Webber. Dis ‘n baie eerlike en persoonlike produksie waarin hy vertel van sy lewe en uitdagings.

The unlikely secret agent by Markteater 21.05.2024

Terrance April besoek die Markteater in Johannesburg, en gesels met die akteur, Wessel Pretorius, oor die produksie, The unlikely secret agent. 

Suid-Kaap Kinderkoor en Songs of Praise 21.05.2024

Jan-Erik Swart is die dirigent van die Suid-Kaap Kinderkoor. Hy vertel van die koor se prestasies, en Songs of Praise wat eersdaags in George plaasvind.

Cape Town City Ballet vier 90 jaar met I Got Rhythm 14.05.2024

Cape Town City Ballet vier vanjaar hulle 90ste bestaansjaar. Danser Leanè Theunissen vertel van die produksie, I Got Rhythm.

Shakespeare School Festival SA 2024 14.05.2024

Samantha Pearce is die drama-onderwyser by Leiden High School in Delft. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert van die Shakespeare School Festival South Africa. 

Pierre van Pletzen op 72 - Deel 2 14.05.2024

Akteur Pierre van Pletzen het op 1 Mei vanjaar 72 jaar oud geword. Christelle Webb-Joubert gesels in die tweede deel van die onderhoud oor hoogtepunte in sy loopbaan, hoe hy voel oor toekennings, sy vrou, en hoe hy onthou wil word.  

Mamma Mia nog tot 9 Junie by Montecasino 14.05.2024

Die musiekspel, Mamma Mia, het ná 'n suksesvolle speelvak in die Kaap na Johannesburg verskuif. Terrance April het met die musiekregisseur, Charl- Johan Lingenfelder, tydens een van hulle repetisies gesels.

Pierre van Pletzen op 72 - Deel 1 07.05.2024

Akteur Pierre van Pletzen het op 1 Mei vanjaar 72 jaar oud geword. Christelle Webb-Joubert gesels in die eerste deel van die gesprek oor sy gesin, waar hulle gewoon het, hoe hy ‘per ongeluk’ drama studeer het, en ook oor die karakters, Spike  en Oubaas.

Akustika Kamerkoor se groot wen 07.05.2024

Die Akustika Kamerkoor is onlangs aangewys as die wenners by ‘n koorkompetisie in Italië. Christelle Webb-Joubert gesels met die dirigent, Christo Burger.

Paul Slabolepzsy se The Return of Elvis du Pisanie weer opgevoer 07.05.2024

Paul Slabolepzsy se bekende The Return of Elvis du Pisanie is die jongste van 'n reeks werke van die dramaturg wat afgestof en aangebied word. Dit open binnekort in Johannesburg, en Terrance April het met hom gesels.

Uit die argief: Pieter Fourie 30.04.2024

Die dramaturg, Pieter Fourie, sou op 3 April verjaar het. Luister na ‘n argiefonderhoud uit 1994, waar hy die gas was van Hennie Klopper in sy program, Kuiergaskeuse. op Radio Oranje.

Brent Palmer se King George 30.04.2024

Brent Palmer se stuk, King George, het pas by Theatre on the Square in Sandton geopen. Dis enkele weke gelede ook in Kaapstad opgevoer, en Brent het die Fleur de Cap-toekenning as beste akteur vir sy rol in die werk ontvang.  Terrance April gesels hieroor met Brent. 

The King of Broken Things 30.04.2024

Aktrise Cara Roberts vertel van die veelbekroonde produksie, The King of Broken Things. Dit gaan oor ‘n seuntjie wat glo dat alles wat stukkend is, weer heel kan word.

Lara Foot se Othello by Baxter 30.04.2024

William Shakepeare se Othello is tans te sien by die Baxter in Kaapstad. Terrance April gesels met Wessel Pretorius, een van die akteurs in hierdie hoogaangeskrewe produksie van Lara Foot.

Boulevard Harmonists sing a capella 23.04.2024

Onbegeleide sang deur 'n klein groep sangers, ook bekend as a capella, is amper so oud soos musiek self. Dit is later verfyn, veral tydens die Renaissance- en Barokperiode, tot 'n gespesialiseerde sangsoort. Terrance April gesels met die leier van die Boulevard Harmonists, Kobus Venter.

Nataniël se Ring van Vuur by Suidoosterfees 23.04.2024

Nataniël vertel van die produksie, Ring van vuur, wat te sien is by die Suidoosterfees in Kaapstad.

Varenka Paschke vier vrouwees in uitstalling 23.04.2024

Die kunstenaar, Varenka Paschke, gesels oor haar solo-uitstalling waarin sy vrouwees vier. Dis te sien by die Breytenbach-galery in Wellington.

Classics for All vier 20 jaar 23.04.2024

Coenie Visser, feesdirekteur van Classics for All, vertel van die fees wat 20 jaar gelede begin is.

Onderwêreld by skole opgevoer 16.04.2024

Fanie Viljoen se boek, Onderwêreld, is voorgeskryf vir matrieks. André Stolz Produksies neem ‘n verwerking van die boek na skole. Christelle Webb-Joubert het een van die vertonings bygewoon.

Bariton Andries Aldrich 16.04.2024

Terrance April gesels met bariton Andries Aldrich oor sy stemtipe en opkomende konsert.

Tell me on a Sunday 16.04.2024

Regina Malan gesels oor die musiekspel, Tell me on a Sunday. Dis een van Andrew Lloyd Webber se korter en kleiner musiekspele.

Poslouchej podcast RSG Kuns v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály