Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 Gesprekke
Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.kosmos.com.na
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Microsoft 365 se Groot Nagmerrie: IT-kenner Stefan Fleidl Gesels met Kosmos 94.1 13.11.2026 5:29
Microsoft 365 se probleme het vandag behoorlik vir chaos en frustrasie gesorg! 💻😅 Gelukkig het ons vir Stefan Fleidl, wat in die IT-bedryf werk, raakgeloop en hom sommer spontaan in die Kosmos 94.1-ateljee ingenooi! Ons gesels met Stefan oor die Microsoft 365-probleme, wat moontlik agter die ontwrigting sit en wat dit vir gebruikers en besighede beteken. Luister gerus na hierdie spontane en inte...
Prostaatgesondheid: Wat jy moet weet oor A.Vogel Prostasan 11.11.2026 10:47
Prostaatgesondheid is ’n belangrike onderwerp vir mans, veral namate hulle ouer word. Kosmos 94.1 gesels oor prostaatgesondheid, algemene prostaatprobleme en A.Vogel Prostasan-kapsules, ’n natuurlike produk wat sonder voorskrif by plaaslike apteke beskikbaar is. Het jy vrae oor die produk of jou gesondheid? Besoek die Living Naturally Health Hub of stuur ’n e-pos na info@livingnaturally.co.za vir...
A.Vogel Multiforce: Hou jig in toom dié feesseisoen 04.11.2026 11:33
Die feesseisoen is om die draai, en daarmee saam kom jaarafsluitings, lekker kuiers en heelwat eet en drink! Maar al dié feestelikhede kan ook die risiko van pynlike jigaanvalle verhoog. In hierdie week se gesprek gesels ons oor jig, die rol van uriensuur en hoe A.Vogel Multiforce kan help om die liggaam se suur-basis-balans te ondersteun. A.Vogel Multiforce is by apteke beskikbaar. Vir meer inlig...
Namibië se mediumtermyn-begrotingsoorsig – Romé Mostert van Cirrus Capital 23.10.2026 13:48
Wat beteken Namibië se mediumtermyn-begrotingsoorsig vir die land se ekonomie en jou sak? Jomare Duddy gesels met Romé Mostert van Cirrus Capital oor die mediumtermyn-begrotingsoorsig wat op 22 Oktober 2026 in die parlement ter tafel gelê is. Hulle ontleed die belangrikste aankondigings, staatsbesteding, die land se finansiële posisie en wat die begroting vir gewone Namibiërs en die ekonomiese voo...
NamRA se belastingamnestie: Wat jy moet weet voor 31 Oktober | Aune Shikongo 22.10.2026 11:21
Die sperdatum vir NamRA se belastingamnestieprogram is 31 Oktober 2026, maar wat beteken dit vir belastingbetalers wat nog uitstaande opgawes of belastingskuld het? Kosmos 94.1 gesels met Aune Shikongo, NamRA se Bestuurder vir die Sentrale Streek: Registrasie, Belastingbetalersdienste en Skuldbestuur, oor wie vir die program kwalifiseer, hoe die ITAS-stelsel werk en onder watter voorwaardes boetes...
Jou liggaam, jou kosbaarste huis | A.Vogel Multiforce 21.10.2026 10:07
Jy woon in die duurste huis wat jy ooit sal besit: jou liggaam. Maar hoe goed versorg jy die triljoene inwoners wat daarin woon? In vandag se gesprek oor A.Vogel Multiforce gesels ons oor dié treffende vraag en die aandag wat jy aan jou liggaam gee. Multiforce is by apteke landswyd beskikbaar. Besoek www.avogel.co.za of stuur ’n e-pos na info@livingnaturally.co.za vir meer inligting.
NASCAM Music Licensing Fees Explained – Ferdinand Gertze 21.10.2026 11:40
NASCAM's music licensing fees have sparked frustration among Namibian business owners, with many questioning how tariffs are calculated, why additional licences are required, and where the collected money goes. Kosmos 94.1's Laimi speaks to Ferdinand Gertze, Acting Chief Executive Officer and Acting Vice Chairperson of the Namibian Society of Composers and Authors of Music (NASCAM), about the lega...
Sanet Prinsloo: ’n Gesellige viering van Internasionale Sjefdag 20.10.2026 9:20
Die bekende Namibiese sjef Sanet Prinsloo kuier saam met Jean-Louis en Laimi op Kosmos 94.1 ter viering van Internasionale Sjefdag. Met haar aansteeklike gees en liefde vir kos gesels ons oor die vreugde van kook en vanjaar se tema, “Food Explorers” — die ontdekking van bestanddele en die storie agter die kos op jou bord. Luister saam na ’n smaaklike gesprek vol persoonlikheid!
Foot-and-Mouth Disease: Romeo Muyunda Explains the New Meat Directives 20.10.2026 9:58
What do Namibia’s new meat directives mean for your next shopping trip, your farm or a family gathering? Ministry of Agriculture spokesperson Romeo Muyunda joins Kosmos 94.1 to unpack the restrictions following the foot-and-mouth disease outbreaks. We discuss meat sales, butchery supplies, transport requirements and documentation, with a focus on the //Kharas Region and other areas south of the Re...
Dr. Richard Kamwi onthou Penehupifo Pohamba 19.10.2026 9:14
Laimi gesels met die voormalige minister van gesondheid, dr. Richard Kamwi, oor die afsterwe van Namibië se voormalige eerste dame, Penehupifo Pohamba. Die gesprek bring hulde aan haar lewe en nalatenskap, met besondere fokus op haar bydrae tot gesondheidsorg en haar omgee vir kwesbare gemeenskappe.
Bek-en-klouseer: Wallie Roux oor vleispryse, werkgeleenthede en die pad vorentoe 16.10.2026 10:36
Hoe raak die bek-en-klouseer-beperkings gewone Namibiërs? Landbou-ontleder Wallie Roux gesels met Kosmos 94.1 oor die druk op die vleisbedryf – van kleinboere en slagpale tot slaghuise, restaurante en kapana-verkopers. Ons bespreek stygende vleispryse, moontlike afdankings en die gevolge vir jou beursie, asook wat nodig is om die bedryf te help herstel.
Jean-Louis gesels met Hendrik Dames oor die FMD Support Fund 30.09.2026 4:32
Jean-Louis gesels met Hendrik Dames, bemarkingsbestuurder van Feedmaster en onafhanklike kundige raadslid op die FMD Support Fund. Wat presies is die FMD Support Fund? Is dit ’n regeringsfonds, wat is die doel daarvan, en waarom is dit belangrik dat ondernemings en die publiek betrokke raak? Hendrik verduidelik hoe Namibiërs kan bydra tot die stryd teen bek-en-klouseer en ondersteuning bied aan di...
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Rescue Reeks 30.09.2026 11:17
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Irma’s Blues Rescue en Irma’s Heartbreak Rescue, en hoe emosionele gesondheid ’n belangrike rol in ons algehele welstand speel. Die Irma’s Rescue Reeks is ontwerp om ondersteuning te bied tydens moeilike, emosionele en hartseer tye in die lewe. Die Irma’s Rescue Reeks is beskikbaar by apteke. Vir meer inligting, besoek www.irma’s.co.za of stuur ’n e-pos aa...
Bek-en-klouseer: Wat nou vir Namibië se boere en verbruikers? 28.09.2026 13:09
Thinus Pretorius, president van die Namibië Landbou Unie, gesels oor die huidige bek-en-klouseer-situasie in Namibië. Wat kan gedoen word om verdere verspreiding te voorkom, wat beteken die beperkings vir boere en vleisuitvoere, en wat moet verbruikers weet oor vleis, melk en moontlike prysstygings? Luister na die volledige gesprek van Die Ene Ore op Kosmos 94.1.
Bek-en-klouseer: Wat kan dit vir Namibië se ekonomie beteken? 25.09.2026 9:34
Die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië kan ekonomiese gevolge hê wat veel verder strek as net die landbou- en veebedryf. Beperkings op veebewegings, bemarking, slagting en uitvoere kan druk plaas op produsente, vleispryse, werksgeleenthede en die breër ekonomie. Maar hoe groot kan die impak wees indien die situasie voortduur? En wat kan dit vir Namibië se uitvoere en ekonomiese groei beteken? R...
Maatskaplike Voorsorgvoordele verhoog vanaf 1 Oktober: Wat beteken dit vir jou? 24.09.2026 10:40
Goeie nuus vir Namibiese werkers: Sekere voordele van die Maatskaplike Voorsorgkommissie word vanaf 1 Oktober verhoog. Maar wat beteken hierdie veranderinge prakties vir jou? In hierdie gesprek bespreek ons die verhoogde kraam-, siekte-, aftree-, ongeskiktheids- en sterftevoordele. Wie kwalifiseer, hoeveel kan jy ontvang en gaan jou maandelikse bydrae verander? Vandag gesels ons met Ben Nangombe,...
Bek-en-klouseer in Namibië: Wat beteken die uitbreking? 24.09.2026 12:20
Jean-Louis Knouwds gesels oor die jongste bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië, nadat die siekte onder beeste op ’n kommersiële plaas in die Karasburg Staatsveeartsenydistrik bevestig is. Wat is bek-en-klouseer presies, hoe versprei die siekte en hoe ernstig is dit? Ons kyk ook na die impak van die uitbreking op boere, die Namibiese veebedryf en die breër publiek, asook wat die landwye opskorting...
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM 23.09.2026 11:34
Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM en hoe dit moontlik kan help met alledaagse liggaamspyn en seer gewrigte. Of jy nou ’n atleet is met seer knieë, of iemand wat daagliks met gewrigspyn en pyn in jou liggaam sukkel – ThreshHold kan moontlik ’n rol speel, maar dit is belangrik om dit korrek te gebruik. Luister na die volledige gesprek om meer uit te vind. Vir...
Maak Spore: Megan Gevers oor die Light of Hope-inisiatief 22.09.2026 9:19
Elmero Strauss gesels met Megan Gevers, Miss Elite Face of Hope Namibia 2026, oor die Light of Hope-inisiatief. Hulle fokus op die uitreik na kwesbare kinders, ondersteuning aan mense sonder ’n tuiste en die belangrikheid van omgee en diens aan ander. ’n Inspirerende gesprek oor hoop en hoe selfs klein dade ’n groot verskil in iemand se lewe kan maak.
Wêreld-renosterdag: Hou die Vyf Aan die Lewe 22.09.2026 5:36
Op Wêreld-renosterdag gesels ons met Simson Uri-Khob, hoofuitvoerende beampte van Save the Rhino Trust, oor vanjaar se tema: “Keep the Five Alive.” Ons kyk na Namibië se sukses met die bewaring van vrylopende swartrenosters, die grootste bedreigings vir ons renosterbevolking, en hoe plaaslike gemeenskappe, veldwagters en moderne tegnologie ’n belangrike rol speel in die beskerming van hierdie ikon...
Nasionale Mondgesondheidsweek: Die belangrikheid van goeie mondgesondheid 18.09.2026 7:14
Ter viering van Nasionale Mondgesondheidsweek gesels Laimi met Marceline Robyn oor die belangrikheid van goeie mondgesondheid. Hulle bespreek waarom gereelde tandheelkundige ondersoeke belangrik is, asook praktiese wenke oor hoe om jou tande en glimlag behoorlik te versorg. Goeie mondgesondheid is ’n belangrike deel van jou algemene gesondheid. ’n Bietjie ekstra aandag aan jou tande vandag kan ’n...
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN 16.09.2026 12:20
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN en hoe dit gebruik word as deel van ’n gesonde leefstyl. Hulle bespreek die produk, waarvoor dit gebruik word en waarom dit belangrik is om enige gesondheidsproduk korrek te gebruik. Luister na die volledige gesprek vir meer inligting en praktiese raad.
Johan Hyman - Leerambagsman | Maak Spore 15.09.2026 7:39
Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Johan Hyman, ’n man wie se pad gekenmerk word deur entrepreneurskap, vakmanskap en ’n hart om terug te gee. Van sy ondersteuning van Droogtehulp Namibië en weeshuise tot die skep van handgemaakte leerprodukte – dis ’n gesprek oor waardes, kreatiwiteit en die spore wat ’n mens in ander se lewens kan laat.
Walk for Sight | Saamstap vir ’n goeie doel 15.09.2026 7:48
Vandag op Gemeenskap Kalender gesels Elmero Strauss met Christelle en Sima oor Walk for Sight, ’n besonderse bewusmakings- en fondsinsamelingsstap wat op 10 Oktober plaasvind. Hulle vertel meer oor waarom hierdie inisiatief so belangrik is, hoe dit ’n verskil maak en hoe die gemeenskap kan saamstap vir ’n goeie doel.
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 15 September 2026 15.09.2026 2:51
Mark gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály