RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 42 13.11.2026 14:45
Shaun het skokkende nuus oor Sybil, wat Klara nog meer ontstel. Lienkie is omgekrap omdat Marnus haar sketse opgeskeur het, en wil bedank.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 41 12.11.2026 14:44
Klara keer terug Schoemanskloof toe. Sy is bitter ontsteld oor wat gebeur het.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 40 11.11.2026 14:46
Klara kom voor ‘n doodloopstraat te staan wanneer sy haar herkoms probeer bepaal. Xander het ontstellende nuus vir haar oor sy soektog na haar herkoms.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 39 10.11.2026 14:47
Sybil erken teenoor Klara dat sy nog verlief is op Xander, en dat Klara nie reg is vir hom nie. Marnus trap Neels uit omdat hy Elzebet probeer beïnvloed oor die verkoop van haar grond en die aankoop van ‘n erf in sy aftreelandgoed.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 38 09.11.2026 14:45
Klara is bekommerd dat Xander moontlik die aand by Sybil deurgebring het, en stel ondersoek in. Jorrie laat weet vir Klara dat hy slegte nuus oor die vulstasie het.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 37 06.11.2026 14:45
Klara ontmoet ‘n oudvriendin van Xander, die ekstroverte en eksentrieke losbol, Sybil, en besef dat sy Xander onderskat het en eintlik nie behoorlik ken nie... veral wanneer sy vriendin se tong losraak.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 36 05.11.2026 14:46
Xander en Klara kom in Johannesburg aan, en sy begin agterkom hoeveel jakkalsstreke hy werklik het. Marnus neem Elzebet in ‘n lugballon op.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 35 04.11.2026 14:46
Xander besluit om Klara Johannesburg toe te neem sodat hulle haar herkoms kan ondersoek. Hy wil haar graag aan een van sy eksmeisies voorstel.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 34 03.11.2026 14:47
Marnus verander van persoonlikheid en terroriseer Lienkie skielik. Wanneer sy na haar kontrak kyk, besef sy sy het haar vasgeteken, en dat sy hom nooit werklik geken het nie. Haar senuwees gaan op hol.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 33 02.11.2026 14:46
Shaun is terug, en besluit om Elzebet se aanbod te aanvaar en Die Boskombuis te herontwerp en daar te werk. Daar is egter iewers ‘n speek in die wiel...
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 32 30.10.2026 14:44
Xander en Neels gaan mekaar omtrent te lyf met Klara tussenin. Sy besluit om hulle albei van haar grond te verwilder. Sy besef ook dat sy onverwags ‘n gevoel vir albei die manne het.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 31 29.10.2026 14:42
Marnus is baie geduldiger met Elzebet as wat hy met Lienkie was, maar selfs Elzebet besef daar is ‘n ander kant aan Marnus wat hulle nie eintlik ken nie - ‘n ongenaakbare kant.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 30 28.10.2026 14:44
Lienkie lê haar sketse aan Marnus voor, maar ontdek ‘n baie harder man as wat sy tot dusver ontmoet het. Sy houding teenoor haar pogings verander handomkeer.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 29 27.10.2026 14:46
Marnus probeer Elzebet oortuig om die mooiste erf op sy landgoed te koop. Hy besef dat hy Elzebet sal moer leer hoe om ‘n sakeplan op te stel, anders vou Die Boskombuis weer. Hy lei haar op.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 28 26.10.2026 14:47
Jorrie waarsku vir Lienkie dat die eienaar van die vulstasie haar moontlik wil dagvaar. Klara hoor weer die hipnotiserende musiek uit die kloof, en sy besluit om te gaan kyk presies waar dit vandaan kom.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 27 23.10.2026 14:46
Die nuus dat Xander nie vir die aanval op Shaun verantwoordelik is nie, skok almal. As dit nie hy was nie, wie is die skuldige?
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 26 22.10.2026 14:44
Marnus is ingenome met die nuwe reklameborde wat Lienkie vir Neelsie gemaak het, en maak haar ‘n aanbod, maar hy stel sekere voorwaardes
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 25 21.10.2026 14:46
Die koffieplek, Neelsie, open uiteindelik, en die hele kloof is daar om die inwyding by te woon. Xander is egter nie so ingenome met die sukses van die opening nie.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 24 20.10.2026 14:13
Dit lyk of daar besig is om iets te ontwikkel tussen Marnus en Elzebet, en Mawiet is bekommerd. Sy vertrou Marnus net so ver sy hom kan sien. En hulle het nog nie eers behoorlik ontmoet nie.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 23 19.10.2026 14:48
Shaun is so getraumatiseerd deur die aanval, dat hy nie alles wat gebeur het behoorlik onthou nie. Hy vlug terug Johannesburg toe, en laat meer vrae as antwoorde.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 22 16.10.2026 14:44
Shaun is aangerand en die inwoners probeer bepaal wie daarvoor verantwoordelik is. Marnus verdink vir Xander vir die geweld.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 21 15.10.2026 14:44
Shaun vertel vir Neels dat sy ma sy pa vir ‘n egskeiding gedagvaar het, en nou met die helfte van sy besittings wegloop, onder andere die helfte van sy landgoed.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 20 14.10.2026 14:52
Nadat ‘n damwal verkrummel is Neelsie in gevaar. Hy besef dat die slyk die ingang na Neelsie, sy koffieplek, kan toeslik.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 19 13.10.2026 14:45
Daar is ‘n groot bakleiery by die huisie wat Xander huur, en dit veroorsaak baie skinderstories. ‘n Onbekende meisie is hierby betrokke. Die inwoners is bekommerd dat Marnus die hele kloof sal opkoop.
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 18 12.10.2026 14:44
Neels gebruik Elzebet as sy eerste kliënt om sy verskillende soorte koffies te toets. voordat hy Neelsie amptelik open. Jorrie en Lienkie bespreek hulle planne vir die toekoms.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály