Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.kosmos.com.na
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Sankwasa vra munisipaliteite om behuising te bespoedig 09.10.2026 0:33
Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa versoek plaaslike owerhede om burokratiese vertragings uit te skakel en die lewering van behuising te bespoedig. In 'n toespraak gelewer deur adjunkminister Evelyn Nawases-Taeyele by die bekendstelling van die PAM Tree Development in Kuisebmond, het Sankwasa munisipaliteite aangespoor om met private ontwikkelaars saam te werk om agterstan...
Kandorozu bekommerd oor koste van hout- en houtskool-oeslisensies 09.10.2026 0:31
NUDO-LP, Vetaruhe Kandorozu, sê hy is bekommerd oor die koste van die oes van hout en houtskool in veral die Omaheke- en Otjozondjupa-streke. Hy sê sommige inwoners in dié streke betaal tans tussen 70 en 400-Namibiese dollar per permit om een ton hout of houtskool te kan by-mekaar-maak. Kandorozu sé die hoë permit-kostes maak dit nog moeiliker vir mense om kos vir hul families op die tafel te sit:...
Umalusi gereed vir 2026-matriek-eindeksamen 09.10.2026 0:19
Die raad vir onderwys-gehalteversekering, Umalusi, sê Suid-Afrika is grootliks gereed vir volgende week se begin van die matriek-eindeksamen. Uitvoerende hoof Mafu Rakometsi sê 964-duisend-201 kandidate is geregistreer, met die Nasionale Senior Sertifikaat wat 92-persent verteenwoordig. Die eksamen sal in sewe-duisend-en-57 sentrums afgelê word. Rakometsi sê veilige stelsels is ingestel vir die dr...
Namibiese jeug moet voordeel trek uit ruimte-ekonomie 09.10.2026 0:25
Ter viering van Wêreldruimteweek 2026 sê die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys, Lisho Mundia, dat Namibië se ruimtesektor groot werks- en innovasiegeleenthede vir die jeug bied. Hy het die behoefte beklemtoon om plaaslike kapasiteit te bou sodat jongmense, veral in landelike gebiede, voordeel kan trek uit die ruimte-ekonomie. Ruimteweek word jaarliks van 4 tot 10 Oktober herdenk. Die tema...
Vakbond Giwusa vra beskerming teen afleggings en werkverliese 09.10.2026 0:17
Die Suid Afrikaanse vakbond, Giwusa, sê die buurland se vervaardiging-sektor ondervind 'n ernstige af-name... nadat produksie in Augustus met 4,3-persent gedaal het. Die vakbond dring aan op 'n ingrypende verandering in ekonomiese beleid, insluitend groter openbare belegging in vervaardiging en maatreëls om werkers teen afleggings en werkverliese te beskerm. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebe...
Ngurare: Soldate is nie forseer om tot Kubaanse Solidariteitsfonds by te dra nie 09.10.2026 0:30
Eersteminister, Elijah Ngurare, sê berigte dat die regering soldate aangesê het om by te dra tot die Kubaanse Solidariteitsfonds is nie waar nie. Hy het reageer op ‘n vraag in die Parlement deur IPC-LP Isra Kanyemba of soldate wel opdrag gegee is om tot die fonds by te dra. Ngurare sê niemand is of word moet gedwing word om Kuba te ondersteun nie. Hy het bygevoeg dat Namibiërs – of hulle vir die s...
EU-ambassadeur vra seuns moet aandag kry om GBV te voorkom 09.10.2026 0:40
Die Europese Unie se ambassadeur na Namibië, Ana Beatriz Martins, vra dat daar dringeng in die land se seuns belê moet word om geslags-gebaseerde geweld te help bekamp. Sy wys daarop dat 92 persent van die jeugdiges wat met die gereg bots, seuns is. Martins het tydens 'n geleentheid vir seuns en mans 'n beroep gedoen op manlike leiers om seuns te lei na 'n manlikheid wat op verantwoordelikheid eer...
Zaamwani sê sy is bewus van water-uitdagings in Rehoboth 09.10.2026 0:30
Landbouminister Inge Zaamwani sê sy is bewus van die uitdagings wat Rehoboth-inwoners met hul watergehalte ervaar. Sy het Donderdag op ‘n vraag van Swapo-LP Sharonice Busch bevestig dat NamWater met die Rehoboth-dorpsraad werk om so gou moontlik aan inwoners se klagtes aandag te gee en om die watergehalteprobleem dringend op te los.
Ballotti sê Sam Nujoma-stadion binnekort oop vir sokker-wedstryde 09.10.2026 0:26
Adjunkminister van jeug en sport, Dino Ballotti sê die regering is ten volle bewus van die stadige pas waarteen sport-fasiliteite en infrastruktuur landwyd ontwikkel word. Hy sê befondsing is reeds toegewys vir 121 basiese sport-infrastruktuur-projekte regoor die land en het benadruk dat daar eers behoorlike studies gedoen moet word... voor fasiliteite opgerig word... om te verseker dat geriewe be...
BIG-koalisie kritiseer opskorting van toelaag-aansoeke 09.10.2026 0:40
Die Basiese Inkomstetoelaag-koalisie het die opskorting van nuwe registrasies vir die voorwaardelike basiese inkomste-toelaag gekritiseer en sê die stap kom op 'n tydstip wanneer kwesbare huishoudings steeds armoede, werkloosheid en honger in die gesig staar. Die welsynsministerie het gesê dat die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar altesaam 27 132 begunstigdes bereik het, maar nuwe aanso...
WGO ondersoek 'n tweede moontlike geval van long-pes in Rusland 09.10.2026 0:21
Die Wêreldgesondheidsorganisasie probeer berigte bevestig oor ʼn tweede moontlike geval van long-pes in die suidoostelike Russiese streek Siberië. ʼn Vroue-laboratoriumwerker in diens van die Navorsingsinstituut vir Plaagbestryding in Siberië en die Verre Ooste in Irkoetsk het verlede week siek geword en gesterf aan longontsteking van onbekende oorsprong. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Ghebre...
El Niño bring droë en baie warm Kersseisoen 09.10.2026 0:38
Met 'n moontlike nat en koeler naweek wat voorspel word, waarsku weerkenners dat Namibiërs nie te gerus moet raak en dink dit gaan 'n koel en nat Desember en Januarie wees nie. Professor in weerkunde aan die Universiteit van Pretoria, professor Willem Landman, sê 'n baie sterk El Niño het reeds posgevat in Namibië en die res van Suider-Afrika, met dag-temperature wat oor die volgende paar weke gaa...
Ramaphosa: Grond alleen nie genoeg om swart asiprant-boere te help nie 09.10.2026 0:20
Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê toegang tot grond alleen is nie genoeg om meer swart boere te help om suksesvolle kommersiële produsente te word nie. Tydens 'n toespraak by die Redlands-suiwelplaas in Stutterheim in die Oos-Kaap het Ramaphosa gesê die regering werk daaraan om ongeveer 2,5-miljoen-hektaar verkrygde grond aan swart boere beskikbaar te stel, terwyl gemengde finansier...
Nat en koel naweek voorspel 09.10.2026 0:19
Met temperature wat Donderdag in die hoofstad in die lae- tot middel-dertigs gedraai het, kan Windhoekers ‘n veel koeler en moontlike nat naweek verwag. Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema sê oor die res van die land, behalwe vir die kus, het middagtemperature die week ook in die dertigs gekuier. Hy sê buie kan later vandag en Saterdag oor die noordweste, oostelike en sentrale dele van die la...
Die Dag Wat Was, 8 Oktober 2026 08.10.2026 5:41
Jou dag se nuusstories, in 'n neutedop.
Kanada se Anne Carson wen Nobelprys vir Letterkunde 08.10.2026 0:19
Die Kanadese skrywer, digter, vertaler en onderwyseres Anne Carson is bekroon met 2026 se Nobelprys vir Letterkunde. Carson is in 1950 in Toronto gebore en put inspirasie uit antieke Griekse letterkunde. Van haar bekendste werke sluit in Autobiography of Red, The Glass Essay en Nox. Anders Olsson van die Nobelkomitee sê Carson word vereer vir haar oorspronklike en vernuwende werk, wat op klassieke...
Hofuitspraak oor asielaansoeke kan onbedoelde gevolge hê 08.10.2026 0:18
Die voorsitter van die tussenministeriële komitee, Mmamoloko Kubayi, sê die regering respekteer die Konstitusionele Hof se uitspraak oor asielaansoeke, maar is bekommerd oor onbedoelde gevolge. Sy het die media toegespreek ná die komitee se vergadering. Kubayi sê die uitspraak wettig nie onwettige migrasie nie en verleen ook nie outomaties vlugtelingstatus of permanente verblyfreg nie. Asielsoeker...
Standard Bank Namibië stuur 'n URewards-kompetisie van stapel 08.10.2026 0:28
Standard Bank Namibië het 'n URewards-kompetisie van stapel gestuur wat aan kliënte 'n reis na Suid-Afrika bied om te kyk hoe African Stars teen Orlando Pirates in die Orlando-stadion speel. Melissa Mouton, die bank se bestuurder vir kaartuitreiking, sê die kompetisie hou verband met die bank se URewards-kontantterugbetalingsprogram.
Amutse: 'Beleggers gaan streng aan hul beloftes gehou word' 08.10.2026 0:40
Die minister van nywerheid, mynbou en energie, Modestus Amutse, het beleggers daaraan herinner dat die land sy reguleringsraamwerk bygewerk het om beleggers streng aan hul beloftes te hou. Tydens die opening van die eerste Mynbouberaad vir die Kunene-streek vanoggend, het Amutse by beleggers daarop aangedring om nie indiensnemingsyfers te oordryf wanneer hulle om bedryfslisensies en -permitte aans...
CIF verwelkom LPM se kritiek op Chinese tenders 08.10.2026 0:38
Die Federasie vir die Konstruksiebedryf in Namibië het die LPM se kritiek op staatsverkryging in die konstruksiesektor verwelkom. Die LPM beweer dat Chinese maatskappye groot infrastruktuurprojekte ter waarde van ongeveer 6,7 miljard Namibiese dollar bekom het, terwyl Namibiese kontrakteurs toenemend na subkontrakteringsrolle gedwing word. Die federasie se uitvoerende hoof, Bärbel Kirchner, sê aan...
Reho-water: NamWater maak alle reservoirs skoon 08.10.2026 0:25
NamWater sê hy het onmiddellike behandelingsmaatreëls ingestel om die watergehalte in Rehoboth te verbeter, ten spyte daarvan dat inwoners steeds verkleuring van kraanwater ervaar. Die hoof- bedryfsbeampte, Andries Kok, het aangekondig dat NamWater sy chemiese dosering aangepas, gehaltetoetse verskerp en al die dorp se reservoirs skoongemaak het.
Pastoor se vrou vas oor beweerde babamoord 08.10.2026 0:19
Die Gautengse polisie het 'n 24-jarige vrou van 'n pastoor in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord op 'n baba van vier maande en die beweerde verkragting van die kind se ma in Atteridgeville, Tshwane. Die ma en baba is na bewering deur 'n pastoor en sy vrou na die Hennopsrivier gelok onder die voorwendsel van 'n geestelike handeling. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê di...
Kenner skepties oor of Nigeriese bank plaaslik kan meeding 08.10.2026 0:22
Die ekonoom Robin Sherbourne sê die lisensiëring van die Nigeriese Access Bank is 'n positiewe teken dat Namibië se banksektor oop bly vir nuwe tegnologie en mededinging. Sherbourne is egter skepties oor korttermynwins en wys daarop dat vorige toetreders gesukkel het in Namibië se klein mark, wat deur vier groot rolspelers oorheers word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
WGO spook om tweede geval van longpes in Siberië te bevestig 08.10.2026 0:21
Die Wêreldgesondheidsorganisasie probeer berigte bevestig oor ʼn tweede moontlike geval van longpes in die suidoostelike Russiese streek Siberië. ʼn Vroue-laboratoriumwerker in diens van die Navorsingsinstituut vir Plaagbestryding in Siberië en die Verre Ooste in Irkoetsk het verlede week siek geword en gesterf aan longontsteking van onbekende oorsprong. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Ghebrey...
Lamola se VSA-betrekkinge krap partye om 08.10.2026 0:21
AfriForum sê die nege kleiner partye in die regering van nasionale eenheid behoort formeel beswaar te maak teen die wyse waarop die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, die betrekkinge met die VSA hanteer. Ernst van Zyl van die organisasie sê Lamola se onlangse opmerkings oor die Amerikaanse ambassadeur en sy teenwoordigheid by 'n geleentheid van die Democratic So...
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály