RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 47 24.10.2018 14:52
Sweetness Botes oortref haarself, maar dit beteken nie sy het haarself 'n guns gedoen nie. Sy't ook deesdae 'n nuk om ander ongevraagd te betrek. En dan neig sy boonop om die wag voor haar mond te vergeet. Dis asof sy in die naam van geregtigheid moeilikheid soek... en kry!
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 46 23.10.2018 13:44
Conrad Nienaber het meer as een mens erg bekommerd. Dr. Dawie Becker kry 'n onverwagse besoek met 'n nog meer onverwagse versoek. Wie besoek hom met watter versoek?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 45 22.10.2018 15:30
By wie het Morkel Nienaber sy spoggerige meenthuis gekoop? Wie is die blyste dat die kooptransaksie uiteindelik afgehandel is? Iemand het verdwyn. Die saak moet dringend by die polisie aangemeld word. Wie het verdwyn, en wie meld dit aan?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 44 19.10.2018 15:36
Kamers 303 en 304 van die Tafelkop Hotel in Tafelbergstraat 30, Kaapstad, sal nooit weer dieselfde wees nie. Wat speel alles in die twee hotelkamers af? Wie is die groot argitek van die planne? En wie is die arme slagoffers?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 43 18.10.2018 14:23
Martha Sithole is skielik in die spervuur, maar sy is ook in aanvraag. Wie wil van haar dienste gebruik maak? Susara Visagie se vervalste Francois van Dyk-skildery is weer hoog op die agenda. Wat gebeur by die garage langs die N3, wes van Heidelberg?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 42 17.10.2018 13:54
Hoekom kry Sweetness Botes die wind van voor? Conrad Nienaber wil net op sy eksamens fokus en al sy vakke deurkom. Maar wie neem hom onverwags onder kruisverhoor? Dis tyd vir Seef Visagie se volgende besoek aan die chemokliniek. Wie verras hom daar?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 41 16.10.2018 14:26
Cindy Nel kry druk van meer as een kant. Hierdie keer aanvaar sy dit nie. Hoekom is Grace Fortuin in 'n slegte bui? Wie staan aan haar verkeerde kant? Sweetness Botes krap weer waar dit nie jeuk nie. Wie is dr. Liebenberg se enigste erfgenaam?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 40 15.10.2018 14:08
Die Franse glo dat as jou hand vol waarheid is, is dit nie altyd verstandig om dit oop te maak nie. PJ Stofberg kon net sowel 'n Fransman gewees het. Hy weet hoe om sy hand toe te hou. Vir wie hou PJ sy hand so toe?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 39 12.10.2018 14:28
Koster kom tot stilstand vir die begrafnis van een van sy geliefde gemeenskapsleiers. Die gemeenskapleier se dood maak steeds opslae. Morkel Nienaber is vol innoverende planne, maar kry hy oral die nodige oor en entoesiasme daarvoor?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 38 11.10.2018 15:42
Dis goed vir kollegas om soms saam te sit en die legkaart van onduidelikhede te probeer voltooi. Al is dit net om aan die einde van die sessie uit te vind hoeveel ontbrekende stukkies daar nog is. Wie het 'n intense gesprek?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 37 10.10.2018 15:06
Margaret Koster se begrafnis lewer sy kwota verrassings op. Wie daag almal daarvoor op? Wie is die vroue met 'n hart vol nuwe drome? Gaan sy droom of doen?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 36 09.10.2018 14:47
Waarmee hou Amelia Rossouw haar nou eintlik besig? Wie maak almal van haar talente en dienste gebruik? Wie kry 'n blink plan, en hoe moet dit uitgevoer word? Wie loop sy rieme onverwags lelik styf?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 35 08.10.2018 14:07
Die jagmes begin by meer mense te spook. En dis skielik nie al bewys uit die kindersorgsentrum in die moordsaak nie. Sweetness Botes tel twee en twee bymekaar.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 34 05.10.2018 14:17
'n Paar foto's uit die verlede het dramatiese gebeure tot gevolg. Hoekom is Cindy Nel op die oorlogspad? Wie het sy almal in haar visier? Wie het Seef Visagie se vervalste skildery gesteel?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 33 04.10.2018 14:00
Sweetness Botes is soms soos 'n bul in 'n glaskas - praat nou, dink later. En nou is sy weer op só 'n missie. Wie het sy in haar visier? Wie vlieg waarheen met die vervalste skildery?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 32 03.10.2018 13:39
Desjare het Sweetness Botes bedreigd gevoel deur Cintaine Nel. Toe stalk sy Cintaine, en neem foto's van alles wat sy doen. Sy't dit in plakboeke gesit en later vir Cindy gegee - al die plakboeke, behalwe een. En nou is die tyd ryp vir die laaste plakboek om uitgehaal te word.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 31 02.10.2018 13:23
Martha Sithole se kerktrappe sal nooit weer dieselfde wees nie. En asof dit nie genoeg is nie, speel nog 'n tragedie hom af in die ouetehuis. Wie word almal deur die tragedies geraak en daarby betrek?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 30 01.10.2018 14:51
Daar is iets wat Seef Visagie meer as Susara se skilderye, selfs meer as die volgende chemosessie, pla. Hy weet dis 'n saak wat dringend hanteer moet word. Uitstel is nie 'n opsie nie. Wat jaag Seef Visagie?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 29 28.09.2018 14:13
Dawie Becker kry 'n onverwagse besoek wat hom ontstel. Hy word genoodsaak om 'n belangrike besluit te neem en dit deur te voer. Wie het vir Cindy Nel so volledig ingelig? Grace Fortuin se nare ondervinding bly by haar spook.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 28 27.09.2018 14:31
In vandag se lewe is dit onmoontlik om sonder 'n papierspoor te leef. En papierspore vertel so baie. Ook van dit wat mense wil wegsteek. PJ Stofberg het op 'n papierspoor geloop en op meer as interessante inligting afgekom. Inligting wat Seef Visagie op die oorlogspad het.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 27 26.09.2018 13:43
Seef Visagie maak sy opwagting op 'n onverwagse plek. Dis duidelik dat Susara se skilderye hom ontsenu. Maar groot misdade word dikwels met behulp van klein leidrade opgelos. Wie wil 'n huis koop? En vir wie?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 26 25.09.2018 13:42
Soms is die individu se geskiedenis vol dwaashede wat mettertyd werklikhede word. Werklikhede wat 'n nuk het om 'n mens iewers langs die pad in te haal. Martha Sithole is op 'n missie, en niemand is beïndruk nie.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 25 24.09.2018 12:54
Die dood het nie vriende nie. Wicus Nel ook nie. Wie daag almal by sy begrafnis op? Hoekom het Grace Fortuin haar seun Paul gedoop?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 24 21.09.2018 13:43
Morkel Nienaber loop meer as een verrassing op die lyf. Daar moet dringend 'n groot besluit geneem word. Die groen monster slaan liederlik toe.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 23 20.09.2018 13:23
Dis nie almal wat die verskil tussen oorspronklike en vervalste skilderye ken nie. Die Francois van Dyk-skilderye is baie gesog en miljoene werd... mits dit natuurlik nie vervals is nie. Wie vlieg Kaapstad toe vir 'n groot transaksie?
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály