RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 22 19.09.2018 13:54
Om iemand 'n guns te doen, is nie altyd lonend nie. En om raad te gee is nie altyd welkom nie. Wie soek 'n guns en wie gee raad? Wie word gevra om 'n begrafnis te hou?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 21 18.09.2018 13:24
Die mens is van nature agterdogtig, maar Martha Sithole is skielik meer as agterdogtig. Daarom begin sy te krap waar dit nie jeuk nie. Morkel Nienaber spin homself weer uit 'n situasie. Daar's nuus oor Wicus Nel.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 20 17.09.2018 14:11
Grace Fortuin is alweer op pad, en Sweetness Botes moet gasvrou vir die TV-span speel. Watter gemene plan voer dokter Dawie Becker in die mou? Wie stel vir hom 'n slagyster? Kom hy dit agter?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 19 14.09.2018 13:43
Wie is verdagte nommer een in die poging-tot-moord-ondersoek? Die swembad word toe nie sonder toesig gebou nie. Die filmspan begin skiet aan die televisiereeks Hoop vir 'n Kind. Wie vaar nie so goed voor die kameras nie?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 18 13.09.2018 12:54
Cintaine Nel se pistool sorg vir groot drama. Wie bring nou maar net die verkeerd in mekaar uit? Almal is nie ewe welkom by die grou en bou van die nuwe swembad nie. Wie steek sy hand diep in sy sak?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 17 12.09.2018 13:09
Jy kan nie verhoed dat die voëls van depressie oor jou vlieg nie, maar jy kan keer dat hulle in jou hare nes maak. Wie sukkel met depressie? Conrad Nienaber kry 'n aanbod waarvoor hy kwalik nee kan sê. Grace Fortuin soek 'n borg.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 16 11.09.2018 14:50
Die nuwe Morkel Nienaber het nog nie oral sy knie gebuig en vergifnis gevra nie. Daar is iemand reg bo aan sy lysie. Hy het nou lank genoeg draaie geloop. Hy kan die besoek nie langer uitstel nie. Die aand van vergifnis vra, word egter 'n nag van belydenissse.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 15 10.09.2018 14:18
Dit het bloedsweet gekos vir Grace Fortuin om te kom waar sy is. Vir die eerste keer in haar lewe het Lady Luck vir haar gesmile... totdat Wicus Nel en sy aantygings op die toneel verskyn. Maar Grace weet, uit dure ondervinding, dat jy soms geen ander keuse het nie. Jy moet dan maar jou eie luck maak.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 14 07.09.2018 14:42
Om te wil weet, is om te wil twyfel. En skielik wil Seef Visagie weet, en hoe meer hy wil weet, hoe meer twyfel hy! Wie was Wolfgang Beltracchi? En wat het hy en die oorlede Susara Visagie gemeen gehad? Of was alles net een vet leun?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 13 06.09.2018 13:09
'n Rustige Sondag bly alles behalwe rustig. Geraamtes het 'n nou maar eenmaal die geneigdheid om op die onmoontlikste tye uit die kas te foeter. En dis 'n kuns om 'n geraamte terug in die kas te kry. Wie se geraamte val uit watter kas?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 12 05.09.2018 13:55
Die inbraak by Morkel Nienaber en Camilla Thompson se meenthuis veroorsaak baie bespiegelings. In die soeke na die waarheid, mik sommiges na die onverkrygbare, en moet dan met brokkies inligting tevrede wees. Conrad Nienaber en sy Oupa glo elke brokkie inligting help, en moet bekom word.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 11 04.09.2018 14:05
Martha Sithole is terug van Koster met haar lysie beproewings, maar nie almal is ewe bly oor haar terugkoms nie. 'n Gedeelde geheim is gewoonlik 'n verlore geheim. Wie deel 'n geheim met wie?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 10 03.09.2018 13:50
Oorlede Susara Visagie kom nou maar net nie tot rus nie - sy bly spook by meer as een geliefde. Dis ekstra woelig op kampus, en dis nie net studente wat bedrywig is nie. Morkel Nienaber kry die skok van sy lewe.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 9 31.08.2018 15:06
'n Plan is 'n boerdery, en iemand boer deesdae met planne. Seef Visagie se kop is besig, en dis nie vanweë die kanker nie. Om van blyplek tot blyplek te verhuis, kan negatief op die psige van die arme betrokkene inwerk. Wie moet weer en weer verhuis? En vir wat?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 8 30.08.2018 13:38
Grace Fortuin het alles behalwe afsluiting oor die tragedie gekry toe sy haar seun, Paul, verloor het. En Wicus Nel se onverwagse opwagting by haar gastehuis is meer as net 'n beproewing. Dit krap die ou seer oop. En seer mense tree nie altyd rasioneel op nie.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 7 29.08.2018 13:34
Conrad Nienaber, glo nie in terapeute nie. Hy dink as hy net sy kop kan leegmaak van al die vrae, sal dit ook sy nagmerries minder maak. Daarom is hy bly oor die geleentheid om te kan praat en sy vrae te kan vra. Met wie praat hy sy hart leeg?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 6 28.08.2018 13:40
Die nagmerries ry Conrad Nienaber bloots. Om dokter Dawie Becker te baby-sit is groot moeite. Wat pla Conrad? Wat lê soos 'n berg voor Seef Visagie?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 5 27.08.2018 14:30
Wie ry met 'n pakkie Stellenbosch toe? En wie vlieg almal Zambië toe? Die oorlede Cintaine Nel se testament bevat 'n tweede baie belangrik bepaling. Wat is dit, en wie krap dit uit?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 4 24.08.2018 14:39
'n Klompie tergende vrae spook skielik by Conrad Nienaber. Stilbly is egter nie een van sy sterk punte nie. Dokter Dawie Becker word verras. Hoekom is die Francois van Dyk-skilderye skielik so belangrik?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 3 23.08.2018 14:47
Die nuwe Morkel Nienaber is vol verrassings. Kan 'n mens hom glo? Werk hy met feite of is hy maar net daarop uit om sekere mense se koppe deurmekaar te maak? As dit feite is, hoe en waar sou hy daaraan gekom het? Cindy Nel werk skielik met nuwe feite wat haar baie laat wonder.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 2 22.08.2018 14:25
Cindy Nel moet skielik 'n handvol besluite neem. Dokter Dawie Becker weet hoe om druk toe te pas. Wicus Nel draai sy mantel slim. Watter onaangename verrassings loop Conrad Nienaber alles op die lyf?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 1 21.08.2018 14:55
Soms loop alles op een slag skeef, soos met Seef Visagie. Dokter Dawie Becker sal jou vertel dis nie hoe jy val nie, maar hoe jy opstaan wat die belangrikste is. Hoe staan hy op? Die arme Cindy Nel kry die een skok na die ander.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 60 (slot) 20.08.2018 15:18
Sybrand is 'n vereensaamde, patetiese figuur. Hy weet sy einde is naby, maar hy klou verbete vas aan die lewe in die hoop dat Henning sal kom sodat hy sy seun net nog een keer kan sien.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 59 17.08.2018 13:13
Jannewarie waarsku Sybrand, en Annie lê bekommerd besoek af by Maria. Sybrand se lewe word in chaos gedompel.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 58 16.08.2018 12:10
Jaap het verrassende nuus vir Mieta. Sybrand en Jannewarie gesels kopstukke een bitter koue winternag terwyl hulle probeer om lammers van 'n gewisse dood te red.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály