RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 12 28.11.2018 13:32
Denver lig Hannes in dat Frieda gediagnoseer is met vroeë Alzheimers. Ronnie konfronteer Kittie oor haar kamtige nuwe kêrel. Denver vra Ronnie om die ontwikkelaars by te staan met die oprig van 'n tydelike kantoor.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 11 27.11.2018 14:42
Hannes is ontsteld en verward ná die voorval met Frieda. Kittie en Petro bespiegel oor wat fout is met Frieda. Floors stel homself voor aan Vivienne, en vertel haar van sy vermoedens dat Emsie nog lewe.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 10 26.11.2018 15:07
Vivienne toets haar kersete-spyskaart op Hannes. Kittie toets haar bemarkingsvermoë op Hannes. Frieda sluit haarself in haar woonstel toe nadat sy genoeg van die inmenging in haar private lewe gehad het.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 9 23.11.2018 14:35
Matrone verneem by Petro of sy Frieda Jansen se lêer vir haar uit Denver se kantoor kan gaps. Petro vertel vir Ronnie dat Kittie reeds 'n kêrel het. Denver deel die beplande ontwikkelingsplanne van Rus en Vrede met matrone.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 8 22.11.2018 13:40
Vivienne en matrone sit vas oor die kersete se spyskaart. Denver verneem dat Vivienne van plan is om permanent by Rust en Vrede in te trek. Ronnie vra Kittie of hy saam met haar werk toe kan ry.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 7 21.11.2018 15:05
Ronnie probeer weer om Kittie te oortuig dat die ongeluk met die motorfiets nie sy skuld was nie. Frieda is nie beïndruk deur die bos angeliere wat iemand vir haar gelos het nie, en Hannes ontken dat dit hy was.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 6 20.11.2018 14:32
Denver se ma, Vivienne, is nie tevrede met die uitleg van die kombuis nie, en wil veranderinge aanbring. Petro neem vir Hannes saam na die winkelsentrum om inkopies te doen, en verloor hom in die sentrum.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 5 19.11.2018 15:34
Floors ontvang nuus dat daar probleme op die plaas is, en hy moet sy dogter gaan besoek. Hannes is gegooi deur Frieda se wispelturigheid. Matrone spreek Kittie aan oor haar vriendskap met Ronnie.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 4 16.11.2018 14:45
Matrone is woedend vir Ronnie nadat hy met Kittie geval het met sy motorfiets, en sy nou beseer is. Denver verbied Ronnie om die motorfiets op die perseel te bring. Petro is nuuskierig oor Frieda nadat sy 'n vreemde oproep van 'n familielid ontvang.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 3 15.11.2018 15:12
Denver stem in om vir Floors te spreek oor die verandering op die naambord. Ronnie kom spog met sy motorfiets by Kittie. Matrone is bekommerd dat hulle nie iemand sal kry om sjef Suretha te vervang nie.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 2 14.11.2018 15:41
Ronnie vertel Kittie van die nuwe motorfiets wat hy beplan om te koop, in die hoop dat sy saam met hom vir 'n rit sal gaan. Hannes is oorbluf wanneer Frieda hom met skaak uitstof, en vra Ronnie se hulp.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 1 13.11.2018 14:34
Floors is ontevrede oor die nuwe naambord van die aftree-oord, en begin 'n veldtog om ontslae te raak van die T in die naam. Matrone Louw vind uit dat sjef Suretha bedank het, en moet dringend 'n nuwe sjef vind.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 60 (slot) 12.11.2018 18:47
Daar is bloedstollende onthullings vanuit 'n hospitaalbed. Wie tree vir dr. Dawie Becker in die bresse? Wie neem almal groot besluite? Wat gebeur by die see?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 59 09.11.2018 15:06
Wat het gebeur die dag toe Dawie Becker en sy vrou Cintaine gaan bergklim, en sy so tragies verongeluk het? Wie se oorbel het Seef Visagie in die stoorkamer opgetel waaruit Susara se skilderye gesteel is? 'n Francois van Dyk-skildery maak sy verskyning.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 58 08.11.2018 14:07
Wat lewer die opgrawings by Morkel Nienaber se meenthuis op? Wie neem 'n baie groot besluit, met ernstige gevolge? Wie probeer almal om speurwerk te doen? Met watter gevolge?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 57 07.11.2018 14:22
Die skildery van Tafelberg wat destyds uit die boonste gastehuis gesteel is, maak onverwags weer sy verskyning. Waaroor is Sweetness Botes en Martha Sithole so verslae? Wie is PJ Stofberg se onverwagse gas? Waaroor gesels hulle?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 56 06.11.2018 14:21
Morkel Nienaber kry die een skok na die ander. Wat is dit met al die opgrawings? Wat probeer die polisie bereik? Wie vat die langpad? Waarheen? Om wat te gaan doen?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 55 05.11.2018 14:32
Waarna is dr. Dawie Becker so dringend opsoek? Grace Fortuin besluit om pynlik eerlik te wees. Wie daag almal by die begrafnis op? 'n Telefoonoproep keer iemand se lewe op sy kop.
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 54 02.11.2018 15:56
Almal reageer nie dieselfde op die slegte nuus nie. Seef Visagie se gewete jaag hom, en hy kan nie stilsit nie. Hy sleep Conrad Nienaber saam met hom. Waarna soek hulle, en hoe suksesvol is hulle?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 53 01.11.2018 14:12
Hulle sê 'n jakkals kan van kleur verander, maar nie van streke nie. Wie se huis loop deur? Watter belangrike troefkaart speel Amelia Rossouw? Hoe suksesvol is sy? Wie beland in die hospitaal?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 52 31.10.2018 14:24
Wie is aan wie se kant? Wie is die man met die bakkie? Wie kom net nie by Seef Visagie uit nie? Wanneer en waar is Sophia van Tonder se motor werklik gestamp?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 51 30.10.2018 14:51
Vrede bly een van die mensdom se grootste versugtinge. Maar soms is dit al wat dit is: 'n versugting! In die boonste gastehuis is daar van vrede g'n sprake nie. Dis nie die enigste plek waar daar konflik in oorvloed is nie...
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 50 29.10.2018 15:18
PJ Stofberg is op 'n missie. Wat is sy agenda? Wie smee duistere planne? Wie se lewe is in gevaar?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 49 26.10.2018 14:38
Conrad Nienaber is pas klaar met sy laaste eksamenvraestel toe 'n ligte orkaan hom tref. Maar elke donker wolk het 'n silwer rand. Wie agtervolg hom? Morkel Nienaber is in 'n hoek, en hy weet nie hoe om daaruit te kom nie. By wie gaan klop hy om hulp aan?
BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 48 25.10.2018 14:33
Tot wie se redding kom Seef Visagie? Wie konfronteer dr. Dawie Becker en slaan sy voete onder hom uit? Wie en wat wag op Cindy Nel nadat sy haar laaste vraestel geskryf het?
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály