RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 37 03.01.2019 12:50
Denver is ontsteld as hy verneem sy ma en Kittie versprei gerugte dat pastoor Joseph vir Frieda van Alzheimers genees het. Hannes verras Frieda met 'n uitstappie na 'n luiperd-park.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 36 02.01.2019 13:35
Floors daag onverwags op om Hannes se verlowing te vier. Frieda tree weer vreemd op, en sluit haarself in Hannes se woonstel toe. Kittie roep pastoor Joseph se hulp in om Frieda uit te kry.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 35 01.01.2019 13:06
Denver spog met sy nuut geverfde kantoor. Matrone bespreek haar bekommernis dat Frieda nie haar pille drink nie. Denver vra Hannes om seker te maak Floors veroorsaak nie 'n bohaai wanneer Rupert Aucamp hulle besoek nie.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 34 31.12.2018 13:14
Ronnie volg pastoor se raad, en besluit om meer kleurvol aan te trek en ook blomme te plant in die kwekery. Matrone en Vivienne loop hulle vas in 'n Duitse partytjie wanneer hulle ontmoet vir 'n glas wyn.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 33 28.12.2018 12:38
Frieda kan nie onthou dat sy met Kittie ooreengekom het om 'n koek en tee partytjie te hou nie. Denver vra matrone om vrede te maak met Vivienne. Matrone is bekommerd oor Frieda.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 32 27.12.2018 14:24
Frieda en Kittie moet besluit waar hulle die koek en tee verlowingspartytjie gaan hou. Pastoor Joseph vertel vir Ronnie hoe hy by Rus en Vrede beland het. Hannes is huiwerig om Frieda alleen te los.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 31 26.12.2018 13:54
Matrone wens Vivienne geluk met die sukses van die Kersete, maar hulle stamp weer koppe. Denver wil by pastoor Joseph weet hoekom hy destyds weg is by sy gemeente in Bonteheuwel.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 30 24.12.2018 14:36
Matrone is nie beïndruk met Ronnie by ontvangs nie. Hannes is opgewonde omdat Frieda by hulle gaan aansluit vir die Kersete. Kittie is kwaad as sy verneem Ronnie het gereël dat hy by haar tafel sit.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 29 21.12.2018 14:45
Kittie en Vivienne versier die eetsaal vir die kersete. Ronnie vis by pastoor Joseph uit oor waar hy vandaan kom. Denver stel vir Ronnie aan om ontvangs te beman in Petro se afwesigheid.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 28 20.12.2018 14:20
Floors is kwaad vir Hannes omdat hy vir matrone Louw vertel het van die plan om te ontsnap. Ronnie dink hy ken vir pastoor Joseph wat voorheen 'n gemeente in Bontheuwel gehad het. Floors beraam 'n nuwe plan om te ontsnap.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 27 19.12.2018 14:58
Floors deel Hannes mee dat hy sy bakkie se sleutels sal terugkry, en ontsnap voor sy dogter opdaag om hom te kom haal. Vivienne ontmoet vir pastoor Joseph, en is beïndruk met die flambojante man en sy spinasiebrode.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 26 18.12.2018 14:28
Floors en Hannes luister geamuseerd hoe Floors se tuindwerg vir Joseph geselskap gehou het in die donker vertrek onder die hoofgebou. Matrone probeer uitvind wie en wat Joseph Hendricks nou eintlik is.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 25 17.12.2018 13:28
Almal bespiegel oor die identiteit van die bejaarde man waarop Ronnie en Denver afgekom het. Petro vra matrone vir verlof en bieg dat sy ontsteld is oor die nuus dat Denver nie in vrouens belangstel nie.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 24 14.12.2018 14:30
Denver lig matrone in dat hy Floors se dogter gevra het om hom te kom haal. Vivienne is woedend vir Matrone nadat sy verneem van die gerugte wat die rondte doen dat Denver nie in vrouens belangstel nie.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 23 13.12.2018 13:07
Floors lig Denver in dat hy besluit het om self Peru toe te gaan en uit te vind wat met Emsie gebeur het. Hannes poog om Floors om te praat oor sy gek plan om Peru toe te gaan.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 22 12.12.2018 14:49
Kittie bespreek haar plan om die inwoners meer aktief te kry met Floors. Hannes vra Ronnie uit oor Petro en die hangertjie wat by die brandtoneel gevind is. Kittie konfronteer Ronnie oor sy kamtige jaloesie.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 21 11.12.2018 14:04
Petro vra raad by matrone oor haar hangertjie wat by die brandtoneel gevind is. Hannes doen navraag by Denver oor Petro se verlede en waar sy voorheen gewerk het. Kittie en Petro sit weer vas oor Ronnie.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 20 10.12.2018 14:16
Kittie spot Petro oor haar kampeerdery saam met Ronnie. Hannes voel dat Floors dinge te vêr gevat het met die protesoptrede. Floors probeer Vivienne oortuig om hulle protes teen die ontwikkeling van Rus en Vrede te ondersteun.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 19 07.12.2018 12:28
Ronnie en Petro se uitstappie na die motorfiets rally ontaard in 'n nagmerrie. Matrone word onkant gevang toe Vivienne begin uitvra oor haar verlede. Denver is raadop as hy verneem sommige van die inwoners hou 'n protesoptrede wat deur Floors Cronje gelei word.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 18 06.12.2018 12:52
Vivienne nooi matrone vir aandete om haar nuwe spyskaart uit te toets. Denver probeer sy jaloesie wegsteek toe hy hoor Petro gaan saam met Ronnie na die motorfiets rally.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 17 05.12.2018 13:06
Petro bied aan om saam met Ronnie na die motorfiets rally te gaan. Hannes en Floors doen ondersoek na die oorsaak van die brand. Kittie weier om deel te wees van Petro se plan om Ronnie te flous.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 16 04.12.2018 14:04
Matrone vind uit dat Hannes by 'n gastehuis ingetrek het om nader aan Frieda te wees, en gaan haal hom. Denver vra Kittie uit oor die inwoners se houding teenoor die beplande ontwikkeling, en stel haar voltyds aan as bemiddelaar.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 15 03.12.2018 13:27
Kittie vertel vir matrone dat Hannes hom in sy woonstel toegesluit het. Petro vra Kittie om haar te help om Ronnie 'n streep te trek. Matrone en Kittie sluit Hannes se woonstel oop, en merk op dat sy tas weg is.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 14 30.11.2018 13:23
Matrone noem aan Vivienne dat een van die inwoners gekla het oor haar ryk kos. Denver verneem by Floors of hy die brandstigter was wat die Wendyhuis probeer afbrand het. Ronnie vra matrone of sy saam met hom na die motorfiets rally wil gaan.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 13 29.11.2018 13:04
Ronnie laat glip by Floors dat die ontwikkelaars 'n kantoor langs sy kwekery oprig. Matrone verduidelik aan Hannes wat hulle te wagte kan wees wanneer Frieda terugkeer. Floors vra Hannes om te help om die ontwikkelaars se nuwe kantoor te saboteer.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály