RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 2 07.02.2019 14:00
Sofia, Juriana en Paridon pleeg oorleg oor waar Benjan kan wees. Hy het 'n briefie gelos wat sê hy gaan sy bene toets. Sofia bel sy enigste vriend, Trevor, wat niks weet nie. Sy weier om Peet, haar speurder-eks, te bel. Haar verbittering oor sy ontrou is te groot.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 1 06.02.2019 14:32
Sofia Bester moet uit Pretoria-Noord deur Wonderboompoort na haar werk in Sunnyside ry. Sedert sy en Peet geskei is, is sy die broodwinner. Juriana en Paridon is ook vroeg op. Toe Sofia na Benjan se buitekamer gaan, vind sy geskok uit dat hy glad nie daar geslaap het nie.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot) 05.02.2019 13:56
Hannes en Floors vertrek na Paternoster om Frieda sê as te gaan strooi. Kittie stem uiteindelik in om saam met Ronnie uit te gaan wanneer hy terugkom. Matrone ontvang 'n vreemde oproep uit Peru.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 59 04.02.2019 12:20
Vivienne vertel Floors dat Santie gesê het sy sal steeds in die ontwikkeling belê, al delg Floors Rupert se skuld. Pastoor Joseph vra Vivienne of sy weer saam met hom vir 'n melkskommel sal gaan.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 58 01.02.2019 12:26
Vivienne probeer vir oulaas om matrone te oortuig om Floors te laat afsien van sy plan om Rupert se skuld te delg. Frieda se as word afgelewer, en dis Kittie se taak om dit aan Hannes te oorhandig.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 57 31.01.2019 12:21
Santie laat weet vir Vivienne dat sy woedend vir Denver is dat hy nie verhoed het dat Floors vir Rupert by Rus en Vrede laat inwoon het. Joseph besluit om by sy seun en dogter te gaan kuier.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 56 30.01.2019 14:09
Matrone vra Floors om 'n ogie oor Hannes te hou ná Frieda se afsterwe. Hannes vertel vir Floors dat Frieda gevra het om veras te word sonder 'n begrafnis. Rupert keer terug na Johannesburg ná Floors se aanbod.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 55 29.01.2019 13:27
Rupert vra raad by matrone oor die ontwikkeling. Kittie vertel vir Ronnie dat pastoor Joseph sy seun probeer bel het. Matrone bring slegte nuus vir Floors oor tannie Frieda.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 54 28.01.2019 11:59
Vivienne waarsku Denver dat sy vermoed Floors en matrone konkel agter sy rug met Rupert. Floors neem Rupert op 'n toer van Rus en Vrede, en stel hom voor aan van die inwoners.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 53 25.01.2019 13:17
Floors vra matrone om 'n afspraak vir hom met Rupert Aucamp te reël buite Rus en Vrede se perseel. Ronnie vertel vir matrone dat hy pastoor Joseph wou help met sy ID-kaart aansoek, maar volgens die Departement van Binnelandse Sake bestaan hy nie…
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 52 24.01.2019 12:57
Kittie is emosioneel nadat sy saam met Floors, vir Frieda en Hannes besoek het by die sorgsentrum. Vivienne poog om pastoor Joseph te oortuig om die vergadering by te woon, waartydens Rupert Aucamp die inwoners sal toespreek oor die ontwikkeling.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 51 23.01.2019 11:55
Denver is terug op sy pos, maar is geskok dat sy skildery verdwyn het. Floors verneem dat Frieda baie siek is. Hy is ook bekommerd oor Hannes se welstand. Denver konfronteer Rupert oor Santie se Plan B met die ontwikkeling.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 50 22.01.2019 12:55
Pastoor Joseph is woedend vir Santie omdat sy vir hom gejok het oor haar langtermynplanne met Rus en Vrede. Die inwoners hou 'n protesoptrede teen Santie terwyl 'n joernalis Rus en Vrede besoek.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 49 21.01.2019 13:28
Floors lig Santie in dat hy koerante toe sal gaan as sy poog om Rus en Vrede se inwoners te skuif. Santie poog om pastoor Joseph aan haar kant te kry, en belowe om hom te vergoed indien hy haar ondersteun.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 48 18.01.2019 13:13
Vivienne nader vir pastoor Joseph om haar en matrone te help om van Santie ontslae te raak. Vivienne maak ook verskoning by Petro dat sy gejok het oor Petro wat kamtig vir Denver sou verlei.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 47 17.01.2019 11:52
Matrone en Floors bespreek 'n plan om van Santie Kotze ontslae te raak. Petro verneem dat sy tydelik afgedank is tot tyd en wyl die raad oor haar en Denver se vryery 'n besluit geneem het.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 46 16.01.2019 13:04
Ronnie vertel vir Floors al die jongste skindernuus. Matrone is kwaad oor al die veranderinge wat plaasgevind het sedert sy terug is. Santie word op haar plek gesit deur matrone.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 45 15.01.2019 12:26
Santie betrap Denver en Petro in matrone se kantoor terwyl hulle vry. Vivienne probeer om Denver beskerm ná die vry-voorval, en stel voor dat Santie vir Petro afdank.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 44 14.01.2019 13:32
Hannes vermoed Frieda het besluit het om terug te keer na die sorgsentrum. Santie deel nuwe inligting oor 'n plan-B met die ontwikkeling, wat Denver heeltemal verras.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 43 11.01.2019 13:02
Santie aanvaar Vivienne se uitnodiging om by Rus en Vrede te kom eet. Kittie vind Frieda op die dak van die hoofgebou, en roep pastoor Joseph om te kom help om haar daar af te kry.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 42 10.01.2019 13:07
Frieda wil 'n nuwe testament opstel, en Hannes is nie baie gelukkig daaroor nie. Denver vra Petro om hulle verhouding nie by die werk uit te leef nie. Frieda vra pastoor Joseph om weer vir haar te bid.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 41 09.01.2019 12:35
Santie Kotze arriveer by Rus en Vrede, en Denver moet bontstaan. Petro is bly om terug te wees, en help Denver om sy kantoor op te pak. Vivienne deel haar idees vir die toekoms van Rus en Vrede met Santie.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 40 08.01.2019 12:19
Denver is geskok as hy hoor Rupert wil vir pastoor Joseph aanstel as onderbestuurder. Rupert hou 'n vergadering met Floors, en oortuig hom om vrede te maak met sy dogter.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 39 07.01.2019 13:09
Die gerugte dat pastoor Joseph 'n geneser is, kom by Rupert Aucamp uit en hy wil hom ontmoet. Hannes is kwaad vir pastoor oor die bohaai dat Frieda kamstig genees is.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 38 04.01.2019 12:29
Denver doen alles in sy vermoë om Rupert Aucamp te beïndruk. Kittie probeer Floors so vêr moontlik buite sig hou tydens Rupert se besoek. Frieda probeer steeds om haar vriendin Verena Malherbe te kontak.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály