RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ Epizody: 3039

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

13. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 27 14.03.2019

Benjan tob steeds oor Zoe, Barnabas en Zeppelin. Die Kgalagadi-reis word beplan. Vossie sal na Nox omsien. Sofia vra hom om Juriana by die Gautrain-stasie te kry. Juriana is nog geskok ná die vliegtuig se byna-val. Vossie maak haar sag om saam met hom in die skemer tuin te kuier.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 26 13.03.2019

Juriana bel Coert uit 'n pandjieswinkel in Atlanta. Sy wil vir Benjan 'n kitaar koop. Paridon vrees dat Benson sy ma kan vergeld. Hy hoor egter dat sy vir hom geld vir 'n kar en vlugkaartjie het. Felana huil oor haar pa se houding. Juriana se vliegtuig begin hewig skud. Sy verwag die ergste.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 25 12.03.2019

Sofia kom vroeg tuis. Benjan lê bedruk op haar bed. Hy vra waarom hy die "waarheid" by Oumiesie moes hoor. Hy was glo 'n ongewenste kind, en die rede vir die egskeiding. Sofia bel vir Peet om met Benjan te praat. Sy gaan Oumiesie met tas en al in die motor bondel.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 24 11.03.2019

Sofia trek sexy aan. Sy wil haar bonusgeld uit Benson kry. Paridon kort 'n kar en 'n kaartjie na Madagaskar. Benson is oorstelp toe Sofia instem tot 'n afspraak. Hy betaal dadelik vir haar geld in. Sofia bel agteraf sy vrou en bewimpel dit dat Joydene in haar plek hotel toe gaan.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 23 08.03.2019

Trevor laai Benjan Saterdag op. Sy ma, 'n maatskaplike werker, kan ongemerk sy toestand evalueer. Oumiesie arriveer en maak meteens moles. Sy bied kastig aan dat Paridon haar kar kan kry. Ewe koel sê Sofia dat sy self 'n kar vir hom gaan koop.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 22 07.03.2019

Benjan tree steeds vreemd op. Sofia het Peet oorreed dat sy hom in Kimberley sal aflaai as hulle terugkom uit die Kgalagadi. Paridon kom by Felana aan sy ma voorstel. Hulle is verlief, maar haar pa in Madagaskar keur dit af. Sy sal moet kies.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 21 06.03.2019

Benson wys vir Sofia die negatiewe koerantberig oor Benjan. Toe hy uitgaan, loer sy op sy selfoon. Hy het sy vrou laat weet dat Sofia hom probeer verlei. Juriana wag op die Gautrain-stasie vir Coert, maar Vossie daag op en ontstel haar. In sy woonstel kalmeer Coert haar. Peet vertel byna vir Paridon die waarheid oor Patricia.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 20 05.03.2019

Trevor kom vir aandete. Benjan praat skaars. Hy kwel hom oor Zoe, Barnabas en Zeppelin. Hy is bang om alleen te slaap. Hy soek weer sy vuil ou klere. Peet wil vir Benjan saamvat. Patricia kan hom glo beter oppas. Sofia is verpletter.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 19 04.03.2019

Dit wemel van die polisie. Zoe ontvang noodhulp. Haar seun, Barnabas, en Zeppelin word beveilig. Peet laat Sofia weet hy het Benjan gevind. Sy en Paridon moet skoon klere kliniek toe bring. Juriana kry die nuus. In die vliegtuig dink sy aan Coert en aan Vossie. Sy hunker na die feesete tuis.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 18 01.03.2019

Zoe hoor die helikopter. Coert beloof om Sofia en die kinders Kgalagadi toe te neem. Benjan vind 'n rotskamer met 'n gestremde man wat "Mamma" roep. Zoe betrap hom. Hulle worstel en sy kap haar kop. Peet ry in die pad toe Benjan aangehol kom. Hy snik hy het die gravin vermoor.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 17 28.02.2019

Benjan se verdwyning word uitgesaai. Oumiesie bel en braak gal. Paridon glo Benjan sal die volgende dag terug wees. Peet vind uit die petroljoggie weet van die bakkie en hond. Hy bekom 'n helikopter. Hy sê vir Sofia sy weet nie die waarheid oor sy ontrou nie.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 16 27.02.2019

Zeppelin reageer snaaks, en Benjan besef dit was daggakoekies. Peet vertel Juriana dat Patricia 'n ernstige siekte het. Hy vra uit oor haar werk en Coert. Paridon gaan draf met Nox. Hy vertel Sofia meer van Felana. Peet besoek die vulstasie wat op die koerantfoto wys.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 15 26.02.2019

Peet verheug hom in sy kinders. Hy samel gegewens oor Benjan in om plakkate op te sit. Die koerantfoto bied leidrade. Coert daag op. Juriana hoor haar pa buite in die donker snik. Hy sê dis vir hom te laat om terug te kom.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 14 25.02.2019

Juriana mag weer vlieg. Toe Paridon haar oplaai, hoor sy dat Peet in Pretoria is om Benjan te soek. Sy kla dat Coert nog kontak met sy eks, Maxie, het. Gravin Zoe bring vir Benjan koekies. Hy voer dit liewer vir Zeppelin. Juriana hoor Sofia bitterlik huil. Sy weet dis oor haar pa.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 13 22.02.2019

Oumiesie bel en kla dat Sofia die kinders van Peet af weghou. Wanneer Sofia aflei dat Benjan nie by Peet is nie, stort sy ineen. Benson troos kastig tot sy hom wegstamp. Vossie kyk na die geiser. Hy oorreed Sofia om Peet te bel. Peet weet reeds van die foto. Hy is op pad Pretoria toe.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 12 21.02.2019

Paridon wil vir Sofia 'n koerantfoto wys, maar iets val voor. Sy bel Vossie, terwyl Paridon sy suster by Coert opsoek en die foto wys. Dis van 'n verwaarloosde Great Dane agterop 'n bakkie. Die rugsak kan Paridon s'n wees. Benjan krap geheime uit.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 11 20.02.2019

Coert en Sofia ontmoet in die stad. Hy vra raad met Juriana. Hy vertel hoe hulle op die Rooiplein ontmoet het. Hy bieg dat sy ouers hom vir sy boetie se dood verkwalik. Benjan deursoek Zoe se bokse vol rommel.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 10 19.02.2019

By die tennisbaan beskuldig Juriana vir Coert dat hy op Sofia verlief is. Hulle maak vrede en almal eet in die tuin. Vossie daag op en dit saai onmin. Paridon bel sy pa, maar plak die foon neer toe Peet verskoning maak oor die onderhoudgeld.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 9 18.02.2019

Mev. Benson skimp dat Sofia haar man moet uitlos. Trevor bel om oor Benjan uit te vra. Sofia herleef die koedoe-ongeluk, en hoe Peet daarna van haar afgevat is. Benjan oefen kitaar tot sy vingers bloei. Toe hy parmantig raak, sit Zoe die hond op hom.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 8 15.02.2019

Op die lughawe word Juriana weens haar haarstyl belet om te vlieg. Paridon gaan haal haar by die Gautrein in Hatfield. Sy is verpletter. Sofia wag om van Benjan te hoor. Zoe los hom alleen met Zeppelin. Sy kom terug en verskree hom. Hy moet tuinmaak en kitaar oefen.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 7 14.02.2019

Aan tafel hoor Coert meer van die gesin se lief en leed. Toe die foon lui, hoop Sofia dis Benjan. Dis egter Vossie wat vra of sy skade weens die donderweer het. Dit maak Juriana woedend. Benjan het 'n aaklige nag. Hy kom die oggend agter dat Zeppelin hom bewaak.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 6 13.02.2019

Juriana en Coert speel tennis, en maak saam met Paridon aandete. Hy troos Sofia dat hy self twee keer geskei is. 'n Donderstorm bars los en die krag gaan af. In die murasie hunker Benjan huis toe.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 5 12.02.2019

Op Zoe se Bosveld-plot is net 'n murasie. Sy neem alles van Benjan weg. Hy moet net sy ma laat weet hy is by sy pa. Coert en Sofia gesels lekker, tot Juriana in badhanddoek uit die stort kom. Sofia is geskok, ook oor Juriana se lang hare wat versnipper is. Benjan besef hy is ontvoer.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 4 11.02.2019

Benjan word opgelaai deur ene Gravin Zoe. Agterop haar ou rooi bakkie is 'n Great Dane. Sy dwing Benjan om sy ma te laat weet hy is veilig. Verlig ry Sofia in druk verkeer huis toe. 'n Man in 'n viertrek toeter vererg. Hy ry agter haar aan. Dit blyk hy is Juriana se nuwe vriend Coert.

DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 3 08.02.2019

Mnr. Benson weier dat Sofia van die werk af wegbly. Juriana los boonop die bom dat sy Vossie gelos het vir 'n nuwe ou wat die aand oorkom. Paridon tob oor Benjan en oor die donker meisiestudent in die bib. Benson teister vir Sofia. Dit blyk boonop dat sy vrou jaloers is.

Poslouchej podcast Middagvervolgverhaal v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály