RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 11 17.04.2019 13:25
Anton en John-John deursoek mej. Wolvaardt se wa, en vind die interessantste dinge. Dirk se slegte spysvertering hou hom op, en Annetjie moet al sy stories aanhoor. Die volgende oggend wanneer almal aansit vir ontbyt, kom hulle agter Anton is nie daar nie. Waar kan hy wees?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 10 16.04.2019 14:02
Daar is 'n wenner in die diamantkompetisie. Anton voel onrustig oor die ekstra wa wat hulle moet hak. Nina wil hê hulle moet sonder die wa aangaan, maar Anton wil gaan kyk wat binne in is. Wat sal hulle kry, of sal hulle gevang word?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 9 15.04.2019 14:53
Anton en Nina probeer hulle verskille besleg, maar krap mekaar net verder om. Die trein beweeg deur Kimberley, en die gaste kry die kans om 'n klein diamant te wen. Sal die kompetisie Annetjie en Dirk nader aanmekaar bring?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 8 12.04.2019 13:31
Dirk en Annetjie se verhouding is wankelrig. Die treintoer wat alles beter sou maak, bring onderliggende gevoelens na vore. Die personeel sien dat daar 'n probleem is, en beraam 'n plan om hulle te help.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 7 11.04.2019 13:03
Die trein kom in Matjiesfontein aan. Met 'n krieketwedstryd, bustoer en spookstories wat wag, is almal in 'n goeie bui. Laataand is daar aksie by die treinwaens. Is dit net spoke wat opgejaag word, of is daar rede vir Anton om sy pistool oor te haal?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 6 10.04.2019 12:26
Anton haal die trein, en sit vir Nina op haar plek. Sy oorwinning is egter van korte duur omdat Nina dadelik weer plannetjies begin maak om hom in te doen. Annetjie Barnard is een van die gaste op die trein wat hoop dat die reis weer vuur in haar verhouding sal aanwakker, maar het haar man dieselfde gedagtes?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 5 09.04.2019 14:04
Nina en die res van die personeel probeer vir Anton weghou van die trein af met hulle vertrek uit Kaapstad. Hulle onderskat Anton se vernuf, en met die hulp van Richard kry Anton die geleentheid om die bewegende trein in te haal. Nou moet hy net binne in die trein kan kom...
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 4 08.04.2019 13:36
Nina doen navorsing oor Anton Mostert, en besluit dat hulle sonder hom gaan vertrek. Daar is met die gastelys gepeuter, en 'n vreemde persoon gaan later by die toer aansluit. John-John verduidelik vir Ruth watter veranderings aan die lokomotief aangebring is, en wonder hoekom dit nou meer soos 'n tenk as 'n trein voel.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 3 05.04.2019 12:47
Nina kry die boodskap duidelik van haar oom af dat Anton deel sal wees van die toerspan. Roux de Bois, die trein se sjef, kry 'n hele nuwe kombuis, en die manne inspekteur die groot kluis wat in een van die waens kom. Hulle almal besef dat dit nie 'n gewone toer gaan wees nie.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 2 04.04.2019 12:40
Oudkolonel Richard Minnie wys vir Anton die trein, in 'n poging om hom te oorreed om die werk te vat. Net voor Anton kan nee sê, ontmoet hy die toerbestuurder, Nina Smith, wat dadelik haar misnoeë met die plan en met Anton uitspreek. Anton besluit om die werk te aanvaar. Die geld is goed, maar om Nina op haar plek te sit maak dit nog beter.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 1 03.04.2019 13:26
Anton Mostert kry 'n oproep wat sy lewe kan verander. Dit is 'n werksaanbod met meer geld as waarvan hy kan droom, maar hy weet om vir oudkolonel Richard Minnie te werk is gevaarlik. John-John Laki moet 'n versteekte kluis in een van die treinwaens inbou, en Ruth Williams wonder wat sal daarin geberg word.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 40 (slot) 02.04.2019 16:17
Peet en Sofia vat vir Benjan na Zoe in die inrigting. Benjan besef sy is geen bedreiging meer nie. Juriana bedien passasiers op die vliegtuig toe sy Coert opmerk. Hy oorreed haar dat hulle in São Paulo verloof raak. Peet en Sofia wil hulle huwelik 'n kans gun. Sy bring hulle ringe uit die brandkluis.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 39 01.04.2019 12:07
Peet besoek Sondag vir Oumiesie. Sofia is alleen tuis toe Coert opdaag. Sy verwyt hom oor die gekonkel met haar en Peet se huwelik. Vossie bring laatmiddag vir Juriana. Sy is woedend omdat sy hom die vorige dag met 'n ander meisie betrap het.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 38 29.03.2019 12:25
Juriana sê vir Coert sy verkies vir Vossie. Paridon en Felana se seremonie verloop mooi. Daarna vra die dominee dat Peet en Sofia vorentoe kom. Dit blyk Coert en die kinders het gekonkel dat hulle ook trou. Hulle speel toneel, maar kom ooreen die huwelik sal net op papier bestaan.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 37 28.03.2019 15:17
Benson vrees dat Joydene hom wil los. Sy kom egter daar aan en laat glip dat sy swanger is. Sy wil Sofia vernoem. Peet en Benjan arriveer. Peet erken Benjan hoort hier. Hy onthul hoe Patricia hom verdoof het. Hy is lankal van haar geskei en wil nader aan sy kinders kom woon.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 36 27.03.2019 14:16
Die troureëlings geskied halsoorkop, maar Sofia het vir alles 'n plan. Juriana sal op die nippertjie tulpe uit Amsterdam bring. Coert betreur die breuk met Juriana. Hy het 'n vergesogte idee wat hy met Paridon deel. Dit het iets met Sofia en Peet te doen.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 35 26.03.2019 14:10
'n Polisieman in Kimberley is geskiet. Paridon bel, maar Peet stel hom gerus. Sofia en Coert ontmoet. Hy vra raad met Juriana. Felana se pa kry 'n beroerte. Hy sien dit as 'n teken, en beveel dat Felana met Paridon trou. Hulle wil hom net nooit sien nie. Sofia besluit hulle trou die naweek. Peet moet Felana die kerk inbring. Benjan moet kitaar speel.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 34 25.03.2019 12:57
Benson reageer beangs. Sy vrou kom tee drink. Sy besit die besigheid. Wil sy hom en Sofia uitskop? Het sy 'n luisterapparaat geplant? Juriana en Coert twis oor 'n pienk vroueskeermes in sy stort. Sy bel Vossie om haar te kom haal. Sofia is verbaas toe hulle saam tuis aankom.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 33 22.03.2019 13:37
Trevor kom hoor hoe die Kgalagadi was. Sofia nooi hom om Benjan se kamer te betrek. Paridon arriveer bedruk van die lughawe af. Felana se pa wil steeds niks van 'n trouery weet nie. Vossie kom spog dat hy Juriana gaan terugwen.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 32 21.03.2019 14:37
Sondag op pad terug bel Peet. Hy vra hoe laat hulle op Kimberley aankom. Hy klink jaloers op hulle samesyn. Hy bring die aand wegneemkos hotel toe. Buite vertel hy Coert hoe Patricia hom verdoof en gemanipuleer het.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 31 20.03.2019 15:27
Coert en Juriana ry uit, en sien 'n luiperd vreet. Benjan en Sofia talm by die watergat. Saterdag op Keetmanshoop vind Sofia uit haar pa is verloof en word uitgebuit. In die kamp braai hulle. Buite die vuurkring sê Coert aan Sofia dat hy haar liefhet. Benjan speel weer kitaar.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 30 19.03.2019 14:54
Felana tob omdat Paridon in 'n hotel bly. Terwyl hy haar op die lughawe troos, daag haar broer op. Coert en die Besters slaap op Upington. Hy vertel waarom hy uit Moskou gesit is. Hy het die man wat met sy vrou Maxie lol, so te sê aangerand. Felana en haar broer kom Paridon haal. Haar pa het hom genooi, maar net uit beleefdheid.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 29 18.03.2019 14:38
Coert laai vroeg vir Sofia, Juriana en Benjan op. Hulle draai by die plot af, en vind die eienaar besig met ontwikkeling. Benjan herleef hoe Zoe hom verskree het. Oumiesie bel. Sy dog sy gaan saam. Sy het haar oog op Sofia se pa. Die atmosfeer in die kar raak gou gespanne.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 28 15.03.2019 15:30
Dis die laaste aand voor hulle vertrek na die park. Trevor kom groet. Mev. Benson stuur goeie wense. Sofia vertrou dit nie. Paridon en Felana gaan Madagaskar toe. Hy vertel Sofia dat Peet iets oor Patricia wegsteek. Juriana dink steeds dat Coert op Sofia verlief is.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 27 14.03.2019 15:16
Benjan tob steeds oor Zoe, Barnabas en Zeppelin. Die Kgalagadi-reis word beplan. Vossie sal na Nox omsien. Sofia vra hom om Juriana by die Gautrain-stasie te kry. Juriana is nog geskok ná die vliegtuig se byna-val. Vossie maak haar sag om saam met hom in die skemer tuin te kuier.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály