RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ Epizody: 3037

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

9. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 30 23.01.2020

Belinda lig Basjan in dat sy hulle huis saam met die gastehuis gaan eis as deel van die egskeidingskikking. Basjan nooi vir speurdersersant Jantjies uit vir 'n braai. Kaptein Jafta konfronteer vir Fanie oor die storie wat hy vir Jantjies vertel het oor die swartmamba en Jakob Maritz.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 29 22.01.2020

Basjan is bang dat Dirk se gesteelde bakkie, wat op die ontwikkeling se grond gevind is, sleg op hulle planne kan reflekteer. Fanie laat hom nie deur speurdersersant Jantjies intimideer nie. Dalene en Jantjies spekuleer oor die verwantskappe tussen die verskillende rolspelers op die dorp.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 28 21.01.2020

Belinda probeer uitpluis hoekom Fanie Louw eintlik kom vakansie hou het by hulle gastehuis van alle plekke. Francois keer terug na Upington, en neem Ansie op 'n verrassende uitstappie wat die groen Kalahari se duine behoorlik laat brul.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 27 20.01.2020

Tydens Jakob Maritz se begrafnis-afskeidspartytjie by die gastehuis, word verskeie menings gelig oor wat presies besig is om in die klein Kalaharidorpie te gebeur. Tot almal se verbasing daag speurdersersant Herbert Jantjies onverwags daar op…

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 26 17.01.2020

Belinda is terug, en Ansie is bekommerd dat haar ma steeds saam met Basjan in die huis wil woon. Francois en kaptein Jafta stel ondersoek in nadat Dirk se kollega, Willie, aandui dat Dirk al twee dae lank vermis is. Hulle kom op 'n grusame vonds af op 'n kleinhoewe buite die dorp…

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 25 16.01.2020

Ansie konfronteer Basjan oor sy verhouding met Christa, en verneem dat Basjan en haar ma gaan skei. Fanie Louw is ongelukkig dat daar foto's van hom in sy baaikostuum langs die swembad op die gastehuis se sosialemediablad geplaas is. Dalene ontvang slegte nuus oor Jolene se pa.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 24 15.01.2020

Basjan besluit om oop kaarte te speel met sy en Christa se verhouding, maar sy waarsku hom daarteen. Fanie bevraagteken of die bekende TV-ster wel by die gastehuis tuisgaan. Christa bieg teenoor Basjan dat Dirk haar gehelp het om die juwele, wat Ansie gesteel het, te verdoesel en dat Dirk haar nou afpers.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 23 14.01.2020

Ansie verneem haar pa het skielik teruggekom, en vra Francois om Basjan by die lughawe te gaan haal. Fanie Louw daag uit die bloute op vir Jakob se begrafnis, en wil die TV-ster ontmoet toe hy hoor sy vertoef ook die naweek by die gastehuis.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 22 13.01.2020

Ansie vra Jolene om die besoek van die TV-ster by die gastehuis stil te hou. Kaptein Jafta en Dirk Dippenaar besoek weer Jakob se kweekhuis om te bepaal hoe die swart mamba daar ingekom het.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 21 10.01.2020

Francois daag by Jakob Maritz se huis op, en verneem dat hy deur 'n swart mamba gepik is. Ansie is ontsteld wanneer sy die nuus verneem van Jakob se ongeluk, en dat hy dood is. Die dorp is op hol dat daar moontlik nog 'n slang, of slange, mag wees.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 20 09.01.2020

Ansie vra Jolene om in die vervolg net as sjef in die gastehuis se kombuis te werk, en dat sy van plan is om die restaurant vir die publiek oop te maak. Francois kry 'n oproep van Dirk dat daar 'n voorval by Jakob Maritz se huis was, en dat hy moet oorkom.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 19 08.01.2020

Dirk deel die nuus met Basjan dat die Duitsers se juwele op die duine buite die dorp gevind is. Jakob vra Christa om verskoning vir sy gedrag, vertel haar dat hy nog lief vir haar is. Christa pleit by Basjan om haar saam Frankfurt toe te neem.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 18 07.01.2020

Francois keer terug van Bloemfontein, en verras 'n terneergedrukte Ansie. Jakob Maritz pleit sy onskuld by kaptein Jafta oor die Duitsers se juweeldiefstal. Francois en sy ma sit vas oor Ansie.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 17 06.01.2020

Dirk deel Basjan mee dat hy vir Jakob Maritz ook op die oggend van die juwelediefstal by die gastehuis sien ronddwaal het. Jakob konfronteer vir Christa omdat hulle hom van die diefstal verdink. Dirk krap rond in die kantoor by die gastehuis, en vind 'n verrassing in Belinda se laai.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 16 03.01.2020

Basjan wil by Christa weet of sy 'n vermoede het wie die Duitser se juwele gesteel het. Ansie suggereer aan Jolene dat sy Christa verdink. Dalene wil weet hoekom Francois so skielik terug is Bloemfontein toe.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 15 02.01.2020

Juweliersware van een van die Duitse gaste word gesteel, en kaptein Jafta moet die saak ondersoek. Basjan vra vir Dirk Dippenaar om uit te vind wie die juweliersware gesteel het. Jolene is ontsteld as haar ma haar vertel hulle vermoed dat dit Ansie was wat die juweliere gesteel het.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 14 31.12.2019

Francois probeer uitvind of daar wel 'n verhouding tussen sy ma en Basjan Leroux is. Jakob Maritz vra Christa om verskoning ná hulle onderonsie op die gastehuis se stoep. Dalene is nie beïndruk met die nuwe geskenk wat Jakob vir haar aandra nie.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 13 31.12.2019

Ansie vra Jolene se hulp om Francois te verras met 'n romantiese Griekse ete by die gastehuis. Dirk onderneem om Francois te konfronteer oor sy toekomsplanne met Ansie.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 12 30.12.2019

Jakob is bekommerd oor Ansie, en gaan vra vir kaptein Jafta om met Christa te praat. Ansie dien haar bedanking by die gastehuis in, en lig Christa in dat sy besluit het om verder te gaan studeer. Jolene reël 'n piekniekverrassing vir Ansie, wat haar heeltemal oorweldig.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 11 27.12.2019

Basjan lig Christa in dat Jakob op die punt is om te teken, en dat hulle hulle verhouding tydelik op ys moet plaas. Christa vra vir Dirk Dippenaar om veiligehidskameras by haar huis op te rig. Ansie is steeds ontevrede met Christa wat tydelik vir haar ma instaan by die gastehuis.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 10 25.12.2019

Ansie is ongelukkig dat Basjan vir Christa gevra het om die gastehuis te bestuur in haar ma se afwesigheid. Fanie vertrek terug Bloemfontein toe, en beloof dat hy binnekort terug sal wees. Jolene probeer haar bes om Ansie te ondersteun, en bel vir Francois om te kom kuier.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 9 24.12.2019

Jolene en Ansie bespiegel oor hoekom Fanie altyd swart dra. Basjan probeer Belinda tot haar sinne bring ná haar uitbarsting en dreigement om van hom te skei. Die inkopie-uitstappie ontaard in 'n nagmerrie toe Belinda vir die oempa-orkes elf-uitrustings soek.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 8 23.12.2019

Fanie kla by Belinda oor die interdik wat Christa dreig om teen hom te kry, wat hom sou verbied om binne 'n sekere afstand van haar te kom. Belinda is in 'n toestand nadat sy verneem van Christa se planne om die Duitse gaste met rieldansers in plaas van haar oempa-orkes te vermaak, en word dronk.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 7 20.12.2019

Fanie en Jakob bespiegel oor hoe hulle permanent van Basjan ontslae kan raak. Christa vra vir Jolene om haar te help om 'n rieldansgroep te vind vir die Kersete. Jakob is verras wanneer Christa hom uit die bloute nooi vir 'n stap in die parkie. Fanie wil weet of sy tafel vir Kersfees bespreek is.

BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 6 19.12.2019

Belinda wil by Basjan weet of hy besig is met mynbou-planne op die grond langs die reservaat. Christa wil die Duitse gaste verras met 'n rieldansgroep tydens die Kersete, maar Belinda het ander planne. Basjan vra vir Christa om weer met Jakob te flirt in 'n poging dat hy die oordragvorm sal teken.

Poslouchej podcast Middagvervolgverhaal v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály