RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 5 18.12.2019 14:56
Christa kla by kaptein Dalene Jafta oor Fanie en Jakob wat so lastig is. Sy dink Fanie Louw volg haar rond op straat. Ansie stel voor dat Jolene daaraan begin dink om ook 'n kêrel te kry. Christa wil by Jolene weet hoekom die duine by Witsand so brul as mens daarop stap.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 4 17.12.2019 14:36
Christa vertel vir Basjan dat Belinda die uitstappie na die duine met die Duitsers heeltemal oorgevat en moontlik verongeluk het. Dalene verneem by Belinda of sy weet hoekom Basjan op die grond langs die reservaat boor. Fanie vertel vir Christa van sy aftreeplanne, en maak haar 'n aanbod.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 3 15.12.2019 15:47
Fanie Louw, stem helaas in om in die glorified Wendy-huis te woon terwyl die Duitsers sy kamer beset. Kaptein Dalene Jafta van die satelliet-polisiekantoor verwittig Jakob Maritz dat sy die skerpioen moet konfiskeer omdat hy nie 'n wettige permit het om insekte binne 'n reservaat te versamel nie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 2 13.12.2019 15:13
Basjan gee vir Christa aanwysings oor hoe sy die Duitsers moet hanteer, en vra dat sy niks sê van die oordragvorms wat Jakob nog nie geteken het nie. Fanie Louw, die verkoopsman, daag midde die Duitsers se aankoms op en is woedend dat sy gereelde kamer nie beskikbaar is by die gastehuis nie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 1 12.12.2019 15:05
Basjan ontmoet Jakob op die duine buite die dorp, en word deur 'n skerpioen gesteek. Belinda is opgewonde oor die Duitsers wat by die gastehuis kom oorbly. Ansie en Jolene moet bontstaan om alles gereed te kry vir die belangrike gaste. Basjan dreig om Jakob iets aan te doen as hy nie die oordragvorms teken nie.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 60 (slot) 11.12.2019 15:03
In die slotepisode van F.A. Venter se klassieke topverkoperroman, voel Simon oplaas dat hy sy lewe ten volle gewy het aan sy lewenstaak. In die laaste oomblikke van sy lewe, terwyl hy ongekende pyn en foltering verduur, beleef hy egter een van die mees verblydende oomblikke van sy lewe.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 59 10.12.2019 13:37
Simon word begroet deur 'n volgepakte sinagoge waar daar letterlik nie plek vir 'n muis is nie. Pas nadat hy met sy rede begin het, herken iemand uit die gehoor hom. Gabriël en Groot Miga se pleidooie om Simon Niger van 'n brutale verhoor deur die goewerneur van Cirene te vrywaar, val op dowe ore.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 58 09.12.2019 15:17
Oplaas kom Alexander en Simon in Cirene aan. Alexander probeer vir oulaas desperaat om Simon te oortuig om af te sien van sy plan, en liewer saam terug te keer na Ostia. Alhoewel Simon vriendelik in Cirene ontvang word deur sekere individue, is die boodskap duidelik dat Rome beslis nie vergeet het nie...
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 57 06.12.2019 14:23
Alexander se reaksie om sy vader na soveel jaar weer te sien, oortref Simon se stoutste verwagtinge. Simon se oudste seun is egter geskok om van sy bejaarde ou vader se voornemens te hoor.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 56 05.12.2019 14:49
Met nog net Alexander wat lewe, is al Simon se geliefdes van hom af weggeneem. Daar is net een keuse vir hom, en dit is om te werk om genoeg geld bymekaar te maak om terug te keer na sy geliefde Cirene.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 55 04.12.2019 15:12
Simon en Esegiël kom uiteindelik by Debora, Rufus en Maria se huisie aan, maar die teleurstelling is groot. Min sou die twee vriende egter kon raai dat die ergste nog nie verby is nie...
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 54 03.12.2019 13:51
Eerste Offisier Sergus help Simon en Esegiël om vervoer te kry om hulle van Ostia na Rome te neem om Debora, Rufus en Maria te probeer opspoor. Hoe nader hulle egter aan Rome kom, hoe meer ontstellend word hulle ervaring.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 53 02.12.2019 13:16
Die vaart van Joppe na Rome neem 'n onheilspellende wending wanneer 'n vreemde gloed een nag op die horison sigbaar word. Kan dit Rome wees wat brand? In Rome word die nuus net nog meer ontstellend.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 52 29.11.2019 16:45
Terwyl Esegiël een laatmiddag die horison van die huis in Getsemane af sit en dophou, word sy geduld na jare se wag beloon met Simon van Cirene wat na die huis aangestap kom. Wanneer hulle uiteindelik rustig sit en gesels, het Esegiël self ook 'n verrassing of twee om met Simon te deel.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 51 28.11.2019 15:01
Simon werk onverpoos in die silwermyn om die dwangarbeiders te bearbei. Met die verloop van tyd ontwikkel daar 'n besondere band tussen hom en Barabbas. Die eens berugte rower en moordenaar word al hoe meer ernstig siek, maar Simon kan hom net nie oortuig om tot geloof in die Verlosser van Israel te kom nie.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 50 27.11.2019 15:48
Dit is 'n goeie twintig jaar later. Simon is van alles en almal vervreem, en werk onder dwang in 'n Romeinse silwermyn waar hy 'n eens gevreesde man vir die eerste keer van aangesig tot aangesig ontmoet...
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 49 26.11.2019 14:47
Simon se gesprek met Petrus duur aansienlik langer as wat Simon verwag het. En wat die dissipel te sê het, laat hom al hoe meer twyfel aan sy eie oortuigings. Veel later die aand, toe hy van Jerusalem af by die huis kom, kan Debora, Rufus, Esegiël en Maria hulle oë en ore nie glo nie...
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 48 25.11.2019 14:17
Terwyl Debora met Rufus, Esegiël en Maria wonder waar Simon so lank bly, verloop Simon se gesprek met Petrus glad nie soos hy verwag het nie.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 47 22.11.2019 13:55
Maria se nuus oor Jesus se verskyning aan sy dissipels werp Simon heeltemal omver. Hy haas hom na die huis in Jerusalem waar hy aandring om met Simon Petrus te praat. Hoe langer Petrus met hom praat, hoe minder weerstand voel Simon kan hy bied teen dit wat vir hom tot in daardie stadium nog net leuens en bedrog was.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 46 21.11.2019 12:26
Simon en Debora wag tot laataand vir Rufus en Esegiël om van Betanië af terug te keer met nuus van Jesus van Nasaret se opstanding. Wanneer hulle uiteindelik terugkom, is wat hulle te vertel het, uiters teleurstellend. Maar dan kom Maria onverwags by hulle aan. Sy kan byna nie praat nie, so emosioneel is sy.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 45 20.11.2019 15:26
Oortuig dat die graf inderdaad leeg is, begin Simon oral navraag doen oor Jesus van Nasaret. Almal is bewus van die gerugte dat die Nasarener opgestaan het uit die dood, maar niemand het Hom nog gesien nie. Wanneer hy uiteindelik uitgeput tuiskom, is Debora se reaksie op die gerugte nog erger as wat hy gevrees het.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 44 19.11.2019 13:52
Simon vra Josef van Arimatea om weer vir hom te verduidelik wat die betekenis is van die aardbewing, die duisternis en die skeur van die voorhangsel in die tempel. Hoe meer Josef verduidelik, hoe minder verstaan Simon. Aangevuur deur sy nuuskierigheid enersyds, en sy kommer oor bedrog deur die dissipels andersyds, keer Simon baie vroeg die Sondagoggend terug na die graf van die Nasarener. Hy maak...
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 43 18.11.2019 16:05
Josef van Arimatea probeer Simon oortuig dat die skeur van die voorhangsel bewys is dat Jesus die Messias, die Seun van God is. Simon vlug huis toe waar Debora hom inwag. Hulle gesprek verloop egter glad nie soos wat Simon verwag het dit sou nie.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 42 15.11.2019 15:07
Toe Simon Niger besef Debora is nie tuis nie, loop hy terug na Jerusalem. 'n Vreemde duisternis sak oor die stad en die hele gebied rondom Jerusalem toe, en Simon vaar blindelings die strate in. Toe hy hom weer kom kry, staan hy op die trap na die voorhof van die tempel, waar hy 'n skrikwekkende gebeurtenis beleef.
MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 41 14.11.2019 13:11
Simon Niger hou die kruisigingsoptog van 'n veilige afstand af dop, want iets dwing hom om teenwoordig te wees wanneer die kruisiging voltrek word. Hy het egter nooit kon raai dat sy blote teenwoordigheid sy lewe permanent en ingrypend sou verander nie.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály