RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 55 27.02.2020 13:06
Belinda is nuuskierig om te weet op watter uitstappie Basjan vir Christa neem. Fanie probeer Basjan en Ansie se gesprek afluister. Ansie smeek haar pa om nie betrokke te raak by die losprysaflewering vir Francois nie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 54 26.02.2020 13:46
Jantjies bieg dat hy wel in Jolene belang stel. Fanie probeer uitvind hoekom kaptein Jafta en Jantjies gaan kampeer. Jantjies en kaptein Jafta loer vir Mike en Errol af, en vind Basjan by hulle.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 53 25.02.2020 14:13
Jantjies probeer uitpluis hoekom Basjan vir Fanie en Belinda by die rivier afgeloer het. Christa vertel vir Basjan die besonderhede van die losprys se aflewering. Daleen dink Jolene het muisneste oor Jantjies, en verbied haar om verder kontak met hom te hê.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 52 24.02.2020 14:33
Ansie is woedend vir Jolene omdat sy vir Basjan vertel het dat Francois ontvoer is. Basjan vra vir Jolene om haar oë en ore oop te hou en vir hom te spioeneer. Belinda bieg teenoor Jolene dat sy eintlik vir Basjan wil terugbetaal vir die egskeiding.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 51 21.02.2020 15:01
Ansie konfronteer haar ma nadat sy verneem dat Belinda saam met Fanie gaan piekniek hou. Daleen lig Jantjies in dat die twee boorders, Mike en Errol, oudmyners is wat destyds op 'n myn in Thabazimbi gewerk het.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 50 20.02.2020 14:49
Daleen en Jantjies vertrek op hulle helikopterekspedisie om die twee boorders, Mike en Errol, op te spoor. Belinda is bekommerd oor Basjan wat uit die gastehuis trek, en vra vir Christa of hy by haar gaan intrek aangesien hulle nie meer hulle verhouding hoef weg te steek nie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 49 19.02.2020 13:09
Jolene laat glip teenoor Basjan dat Christa en Ansie 'n losprys vir Francois gaan betaal. Fanie konfronteer Christa oor haar kop-in-een-mus-spel met Basjan.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 48 18.02.2020 13:27
Daleen vertel vir speurdersersant Jantjies van Fanie se dilemma en sy werkloosheid. Christa wys vir Ansie die tweemiljoenrand wat sy moet oorhandig om Francois te bevry. Jantjies reël 'n helikopter om die twee boorders, Mike en Errol, te gaan soek by Witsand.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 47 17.02.2020 14:20
Daleen is nuuskierig oor hoe Jolene se afspraak met speurdersersant Jantjies verloop het. Basjan wil hê Ansie moet vir Fanie Louw by die gastehuis uitskop, anders trek hy uit.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 46 14.02.2020 14:02
Jolene kry toestemming by haar ma om Jantjies te vergesel vir die pizza-afspraak, maar met streng voorwaardes. Basjan besluit om Ansie te verras met 'n bottel wyn, maar vind haar in 'n terneergedrukte toestand. Fanie konfronteer Basjan oor sy mynbedrywighede by die ontwikkeling.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 45 13.02.2020 14:49
Speurdersersant Jantjies doen navraag by Christa oor die twee kêrels wat vir water boor by die oordontwikkeling. Herbert vra Daleen of hy vir Jolene mag uitneem vir 'n pizza. Belinda loop in Christa vas by die bank in Upington, en merk op dat sy 'n groot bedrag geld onttrek.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 44 12.02.2020 14:11
Basjan ontstel Ansie wanneer hy navraag doen oor Francois. Speurdersersant Jantjies nooi Jolene uit vir 'n pizza. Christa vertel Ansie dat sy die losprys vir Francois môre in Upington sal gaan haal. Ansie is nie gelukkig dat Jolene saam met Jantjies 'n pizza wil gaan eet nie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 43 11.02.2020 13:45
Herbert en Daleen besoek Witsand om te kyk of hulle nie Francois se bakkie kan opspoor nie. Belinda konfronteer vir Basjan oor sy stelling dat hulle huwelik net 'n opoffering was. Fanie vererg hom vir kaptein Jafta nadat sy dreig om hom op te sluit as hy nie ophou om in te meng met hulle ondersoek nie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 42 10.02.2020 14:31
Ansie herstel nadat sy flou geval het tydens haar gesprek met oom Fanie. Belinda is bekommerd oor Ansie. Fanie verduidelik sy Reid-ondervragingstegniek aan speurdersersant Jantjies, wat diep geamuseerd is.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 41 07.02.2020 14:47
Ansie en Christa wag angstig op Francois se ontvoerders om hulle te bel. Christa reël met Basjan om die R2-miljoen rand in die hande te kry vir Francois se vrylating. Fanie deel sy gedagtes oor vlieënde pierings met Ansie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 40 06.02.2020 14:01
Ansie vertel haar ma van die vreemde oproepe wat sy vanaf Francois se foon ontvang het. Fanie deel met kaptein Jafta die nuus dat hulle Francois se selfoonsein opgespoor het by Witsand. Christa vertel Ansie dat sy ook gebel is, en dat Francois inderdaad ontvoer is.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 39 05.02.2020 14:52
Fanie besoek 'n vriend van hom in Upington, wat Francois se foon se sein gaan probeer opspoor. Ansie ontvang 'n oproep van Francois se selfoon, maar niemand praat aan die ander kant nie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 38 04.02.2020 14:35
Basjan stel voor dat hy en Christa dinge rustiger vat met hulle verhouding terwyl hy by die gastehuis bly. Kaptein Jafta en Herbert bespiegel oor die eintlike rede hoekom Francois verdwyn het.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 37 03.02.2020 13:32
Speurdersersant Jantjies doen navraag by Ansie oor Francois se skielike verdwyning. Belinda vra vir Jolene om 'n ogie oor Ansie se welstand te hou. Fanie Louw besluit hy gaan uitvind waar Francois is.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 36 31.01.2020 14:29
Christa kry 'n oproep van Francois se koerant dat hy nie by die werk opgedaag het nie. Jolene is angstig om terug te kom by die gastehuis nadat haar ma al die skindernuus met haar deel.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 35 30.01.2020 14:23
Francois is ontsteld toe hy by Christa verneem dat Belinda sy ma en Basjan uitgevang het, en niemand vertel hom daarvan nie. Fanie nooi speurdersersant Jantjies om saam met hom piña coladas te drink. Ansie is in toestand nadat Francois haar vra om hulle troudag uit te stel tot ná haar ouers se egskeiding.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 34 29.01.2020 14:08
Belinda vra Basjan om uit te trek, na aanleiding van die halfnaak-voorval met Christa in sy studeerkamer. Fanie vra Belinda om viskoekies van die karpe te maak wat hy gevang het. Basjan neem Francois op 'n uitstappie na die ontwikkeling vir 'n koerantstorie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 33 28.01.2020 14:09
Christa daag by Basjan op en is ontsteld dat hy en Belinda weer goeie vriende raak. Fanie besluit om weg te kom van die swembad af en te gaan hengel by Boegoedam. Francois doen navraag by kaptein Jafta om uit te vind of hulle al kon bepaal hoe Dirk Dippenaar se bakkie op Basjan se grond beland het.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 32 27.01.2020 14:01
Fanie kla by Belinda oor sy buurvrou se stort wat hom snags wakker hou. Speurdersersant Jantjies lig Basjan in dat hulle besluit het Jakob se dood was net 'n ongeluk. Daleen doen navraag by Belinda oor Ansie wat al weer vir Christa Cronje van diefstal wil aankla.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 31 24.01.2020 14:57
Ansie is opgewonde dat haar ma teen haar pa opstaan, en ook die ander huis gaan eis as deel van die egskeidingskikking. Speurdersersant Jantjies vra vir kaptein Jafta om weer saam met hom die kleinhoewe buite die dorp te besoek waar Dirk Dippenaar vermoor is.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály