RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ Epizody: 3032

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

2. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 9 08.07.2024

Corlia probeer vrede maak met haar dogter, Emma, maar dis nie so maklik nie.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 8 05.07.2024

Emma, Corlia se dogter, veroorsaak ‘n klein sensasie onder die seuns in die skool vir blindes.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 7 04.07.2024

Didi en Rocco is albei ewe erg oor Emma, maar Shane staan in die pad.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 6 03.07.2024

Doktor Kallie gee vir Shane terapie nadat sy pa, Lothar, ‘n insident by die skool vir blindes veroorsaak het.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 5 02.07.2024

Shane se pa besluit om die blinde ete by te woon, waar ouers in die stikdonkerte deur hulle kinders in die skool bedien word.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 4 01.07.2024

Die blinde Shane staan in die middel van ‘n besige pad, en kan enge oomblik raakgery word.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 3 28.06.2024

Klein Didi, wat in ‘n tent in sy kamer by die skool woon, erken dat hy ‘n Braille-briefie vir ‘n meisie skryf.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 2 27.06.2024

By die skool vir blindes ontmoet Corlia die moeilikheidmaker, Shane Smit, wat bipolêr is.

OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 1 26.06.2024

Corlia Mouton daag by die skool vir blindes op wat sy van bankrotskap moet red, en tref ‘n hele hoop probleme aan.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 20 (slot) 25.06.2024

Lambertus Bredenhand word weer eens deur die ongenaakbare realiteit van sy sukkelbestaan gekonfronteer. Maar dié keer is daar miskien tog ook ’n sprankie hoop...

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 19 24.06.2024

Gert Bouer en Lammie staan sy aan sy in hulle stryd teen die reuse swerm voetgangersprinkane wat op Wegdraai verskyn het. Dirkie ontvang Lammie op Mooiplaas se voorstoep met skokkende nuus. Ousus vertel vir Lammie van die raaiselagtige gebeure op Bredenhoek sedert daardie middag voor sy tuiskoms.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 18 21.06.2024

Lammie probeer vergeefs om Dirkie te oortuig om met ander oë na hom te kyk. Op pad terug huis toe neem Lammie ’n skokkende besluit. Gert Bouer word deur ’n skokkende gesig op sy geploegde land begroet, waar hy daardieselfde oggend mielies gesaai het.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 17 20.06.2024

Ousus bak vir die eerste keer in maande weer brood in die bakoond, omdat daar weer meel in die huis is. Koos kla oor sy seer voet, en gaan sit buite op die bakoond, gevul met morbiede gedagtes.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 16 19.06.2024

Lammie oornag by die Coetsees, met die uitsluitlike doel om ’n gesprek met Dirkie aan te knoop. Karel Coetsee gee sy toestemming dat Lammie met sy dogter mag gesels, en Lammie loop sy rieme styf...

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 15 18.06.2024

Lammie vertrek op ’n inligtingsveldtog om boere van die distrik in te lig oor sy aanstelling as sprinkaanbeampte, en oor die prosedures wat gevolg moet word indien daar ’n uitbreking van voetgangersprinkane sou wees. ’n Paar boere maak Lammie se besoek moeilik.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 14 17.06.2024

Lammie verras sy kinders met die vosperd wat hy gekoop het, maar Ousus is bekommerd oor die skuld wat haar pa gemaak het. Nadat Lammie die lemoendoring uit Koos se voet gehaal het, vertel hy hulle die goeie nuus van sy aanstelling as die sprinkaanbeampte van Sluis. Mordecai Fischer maak ’n verrassende bekentenis aan Simon.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 13 14.06.2024

Ousus is bekommerd dat haar pa dalk na ’n tweede vrou soek, en wat van haar sibbe sou word as Lammie ’n stiefma vir hulle sou huis toe bring. Simon daag met ’n groot verrassing by Lammie se huis op.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 12 13.06.2024

Lammie stap vasberade na Fischer se winkel om broodnodige kruideniersware te koop. Sy dae van sukkel en praatjies van verwaarlosing is met sy aanstelling as sprinkaanbeampte iets van die verlede! Koos sien Bekkie aankom na hulle huis toe, en sy opmerking maak Ousus ietwat bekommerd.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 11 12.06.2024

Lewies oortuig Lammie om sy siening oor die bestryding van sprinkaanplae te wysig. Krissie het ’n voorstel wat Lammie hewig ontstel. Die besoek neem egter ’n verrassende wending, wat Lammie se toekomstige lewensuitkyk ingrypend sal verander.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 10 11.06.2024

Lammie is beswaard omdat sy swaer, Lewies, hom ontbied het. As die oudste seun, verwag hy meer respek van sy jonger swaer. Lena en Sarel vermoed dat Lammie oor die verwaarlosing van sy kinders deur Krissie aangespreek sal word. Lewies maak ’n voorstel aan Lammie, maar word verras deur sy swaer se teenstand.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 9 10.06.2024

Op pad terug ná sy onderonsie met Krissie, praat Christina weer met Lammie. Toe hy haar vra of sy regtig met hom praat, en of dit sy verbeelding is, soos Bertha aan die hand gedoen het, verdwyn Christina. Lammie kry goeie nuus, en hoop om daarmee sy skuld aan Fischer uiteindelik te vereffen.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 8 07.06.2024

Onderweg na Bertha, gewaar Lammie hoe sy jonger broer, Sarel en sy vrou, Lena – met die hulp van sy suster, Krissie – probeer om ’n verhongerde koei weer staande te kry. Krissie roep Lammie eenkant en vra of hy dit nie sal waardeer as sy kinders nie meer gebrek hoef te ly nie. Hulle het woorde en gaan kwaaivriende uitmekaar.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 7 06.06.2024

Lammie lê besoek af by Dirkie Coetsee, maar die kuier verloop nie vir hom na verwagting nie. Fischer en Lammie het woorde oor Lammie se agterstallige skuld, maar tóg eindig dié argument op ’n verrassende noot.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 6 05.06.2024

Lammie is besig om ’n meubelstuk in opdrag van Mordecai Fischer, die geslepe winkeleienaar op Sluis, te voltooi. Hy vertel aan Simon, wat voltyds in diens van Fischer is, dat hy op soek is na ’n moeder vir sy kinders. Hy besluit om tien myl te stap om by Dirkie Coetsee te gaan hoor of hy dalk ’n kans staan om haar hand te wen.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 5 04.06.2024

Bertha verskil van opinie met Lammie oor die wyse waarop sy swaer die familieplaas bekom het. Lammie ontvang besoek vanuit ’n baie onverwagte oord, maar Bertha maak dit af as sinsbedrog. Sy glo Lammie is net so begaaf soos sy oorlede vader, en sal ’n groot sukses as nutsman in die Sluis-omgewing wees.

Poslouchej podcast Middagvervolgverhaal v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály