RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ Epizody: 3032

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

2. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 4 03.06.2024

Die nuus wat Lammie aan sy kinders bring, tref Ousus die ergste. Bekkie praat Ousus moed in. Lammie besluit om tóg Ousus se raad te volg, alhoewel dit nie hulle finansiële nood drasties sal verbeter nie.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 3 31.05.2024

Ousus bekla haar lot by Bekkie, maar is verstom om te hoor wat haar vriendin as kind moes deurmaak. Lammie vra Bertha en sy swaer, Louis du Toit, om hom te ontmoet want daar is ’n baie ernstige saak waarmee hy hulp benodig. Die oplossing bewaarheid egter sy grootste vrees.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 2 30.05.2024

Christina se dood het verreikende, negatiewe gevolge vir Lambertus Bredenhand en sy gesin. ’n Dag ná haar begrafnis doen Lambertus (Lammie) se ma, Bertha Bredenhand, ’n voorstel aan die hand waarmee Lammie hom nie kan vereenselwig nie. Tóg gee hy toe dat Ousus haar skoolloopbaan sal moet opoffer.

DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 1 29.05.2024

Die verhaal speel af in die moeilike depressiejare tussen 1929 en 1933. Lambertus Bredenhand en sy vier kinders word getref deur ’n ondenkbare tragedie. ’n Gebeurtenis wat indirek sal lei tot Bredenhand se finansiële en maatskaplike agteruitgang.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot) 28.05.2024

Ester gee Mandy die robotiese baba-pop terug vir Jolene. Wilma kry 'n uitnodiging na haar broer Albert se troue met Marita in Mauritius. Jolene bevestig sy is verwagtend en dat Lionel pa gaan word. Almal kom bymekaar vir Sammy se begrafnis by die gastehuis. Die dorp ervaar 'n laaste skudding.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 59 27.05.2024

Jolene vertel vir Ronel dat sy haar maandstonde gemis het, en vermoed sy is dalk swanger. Ryno pak sy seismograwe op by die nooddiens-stasie, en Ronel is ontsteld omdat sy dink hy gaan die dorp ook verlaat. Lionel vra Barend se hulp om Mandy die robot-pop by Ester en Wilma terug te kry.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 58 24.05.2024

Mandy die robot-babapop annekseer die radioverhaal se karakters, en herhaal grepe uit hulle verlede sodat die luisteraar dieper insig in die verhaal kan kry. Dan neem die verhaal 'n heftige wending wat die luisteraar glad nie verwag het nie... Luister en leer, die toekoms het ons geannekseer.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 57 23.05.2024

Mandy, die robot-babapop, spin Wilma na die verlede om haar te help om perspektief op die hede te kry, en haar toekoms uit te sorteer Dit spin Wilma en Ester terug na die 1969-aardbewing en die aand in die kerk se vrugteboorde, toe Wilma en Ester hulle liefde teenoor mekaar verkondig het.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 56 22.05.2024

Wilma vertel vir Ester dat dominee Malan na die ontploffing in 'n koma in die hospitaal lê. Barend keer terug dorp toe, en doen navraag by Lionel oor sy huis wat gestroop is ná die aardbewing. Lionel konfronteer Manie weer oor die sportsakke, en Manie sê hy sal dit net teruggee as hy 'n eis kan insit.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 55 21.05.2024

Jolene kry slaappille by die nooddiens-stasie se dokters, en meng dit met lemoensap, wat sy vir Ronel gee. Manie gaan snuffel rond by die kerk se Anglo-Boereoorlog kelder, en vind dominee sit daarbinne vas terwyl hy gebid het. Ryno en Jolene sukkel om 'n slapende Ronel by die gastehuis te kry.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 54 20.05.2024

Wilma is bekommerd oor Ester wat so geheg aan die pratende robtiese babapop raak, en vra Jolene om die pop te kom haal. Manie vra Ryno om hom te help om die sportsakke met die geld en juwele uit dominee se Anglo-Boere-oorlog kelder te verwyder. 'n Vyfde sterker aardbewing tref die dorp.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 53 17.05.2024

Jolene vertel vir Ronel dat sy ander perspektief op moederskap gekry het, en nie meer swanger wil word nie. Lionel vra Wilma uit oor die inhoud van die sakke, wat Manie eers by Ester weggesteek het. Jolene konfronteer Lionel weer oor die geld en juwele wat Manie en haar ma wegsteek.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 52 16.05.2024

'n Vierde aardbewing tref die dorp, en skud almal weer van koers af. Ester praat haar mond verby voor Jolene oor Manie se geldsakke. Ronel besluit om met die tweerigtingradio’s by die noodtafel te help. Lionel wys Jolene hoe hy sy kantoor by die polisiestasie ingerig het vir 'n slaapplek vir hulle.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 51 15.05.2024

'n Derde kleiner aardskudding tref die dorp, en gooi Ester se kombuis by die gastehuis weer deur mekaar. Lionel besoek die nooddiens-stasie om by dominee uit te vind hoe die polisie kan help. Manie vertel vir dominee dat hy vir Lionel van die geld vertel het wat Sammy in die grot weggesteek het.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 50 14.05.2024

Dominee en Wilma word veilig uit die kerkmuseum binne in die preekstoel gehys. Ronel keer terug na haar restaurant om uit te vind haar personeel en gaste is veilig uitgekry deur Manie se brandmanne. Dominee is bly om te sien sy nooddens-stasie is 'n sukses, maar 'n derde aardbewing tref hulle…

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 49 13.05.2024

Ester kry Manie wakker nadat hy te veel wyn gedrink het, en vertel hom dat Jolene en Lionel die sekuriteitskode vir die wynkelder bring om hulle vry te laat. Ryno gebruik 'n hyskraan om dominee en Wilma met die preekstoel uit die ou kerkmuseum te red, en skuif almal na die kerksaal se nooddiens-stasie.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 48 10.05.2024

‘n Tweede skudding volg, wat nog skade aanrig. Jolene en Ronel help Lionel om flitsligte en grawe in sy bakkie te laai terwyl Ryno weer 'n seismiese lesing doen. Dominee Malan en Wilma sit nog verder vas in die preekstoel. Lionel en Jolene probeer met Ester en Manie kontak maak by die wynkelder.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 47 09.05.2024

Jolene en Lionel het ook vasgeval in hulle huis, maar kan self uitkom. Ronel kom by die kerksaal se nooddiens-stasie aan en vind dit staan nog, maar deel van kerk se toring het inmekaar getuimel. Ronel en Jolene moet Ester uit die gastehuis se kelder kry, waar Manie slaap nadat hy te veel wyn gedrink het.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 46 08.05.2024

Wilma en dominee word vasgevang in die ou kerkmuseum toe die eerste aardbewing die dorp tref. Manie en Ester vlug na die gastehuis se wynkelder, maar Manie wil uitkom om by die brandweerstasie te kom. Ronel se gaste en personeel val vas binne die restaurant, en sy gaan soek hulp.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 45 07.05.2024

Wilma vat die sakke met geld en juwele terug na Manie, en vra hom om Ester uit sy skelmsake te hou. Manie vra dominee om die twee sakke vir hom weg te steek by die kerksaal se nooddiens-stasie. Ryno doen 'n onderaardselesing in die berge, en laat weet dominee Malan daar is 'n skudding oppad.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 44 06.05.2024

Wilma kom af op die sakke wat Ester vir Manie wegsteek, en is kwaad dat Ester betrokke geraak het. Jolene kla by Ester oor Manie se optrede, en Ester vertel haar van die sakke met geld en juwele. Ryno wil Ronel vra om verloof te raak, en vra raad by Jolene oor hoe om Ronel te nader.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 43 03.05.2024

Manie wil weet hoekom Jolene nie by die polisiestasie was nie en haar eenkant hou oor Sammy wat in die grot gevind is. Dominee Malan besoek Manie by die brandweerstasie, en hoor van die geld en juwele wat Manie in die grot gevind het. Lionel verras vir Jolene met die robotiese oefenbaba.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 42 02.05.2024

Wilma vertel vir Ester van dominee en Ryno wat nou 'n aardbewing nooddiens-stasie in die kerksaal oprig nadat hy voor die kerkraad verskyn het. Hulle besluit om te gaan kyk wat daar aangaan. Ronel vertel vir Ryno van die babapop wat Lionel vir Jolene gekoop het om haar moederskap mee te oefen.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 41 01.05.2024

Lionel probeer Manie en Ester oortuig dat Sammy dood is aan natuurlike oorsake, maar Manie wil wag vir die finale uitslag van die polisie se forensiese ondersoek. Jolene kom uit haar slaapkamer, en kuier saam met Ronel. Sy vertel haar sy en Lionel oorweeg om wel skenkerinseminasie te gebruik.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 40 30.04.2024

Albert sê vir Wilma hy gaan nie meer sy deel van die galery aan dominee verkoop nie, want dominee gaan nou 'n nooddiens-stasie by die kerk oopmaak. Ronel verneem Jolene is terug op die dorp, maar sy het haarself in haar slaapkamer toegesluit, en wil niemand sien nie.

Poslouchej podcast Middagvervolgverhaal v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály