RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Wie is ek? 10 April 2026 10.04.2026 20:42
Jy dink jy is net “besig”, maar jou brein is dalk oorlaai en afhanklik van konstante stimulasie. Skerms verander nie net hoe jy dink nie, dit verander waaraan jy gewoond raak. Het jy nog die vermoë om stil te wees, of het jou brein dit verloor? Baie van jou keuses in liefde, werk en konflik is eintlik ou patrone uit jou kinderjare wat hulleself herhaal. Ons ontmasker die idee van “ek is net so”, e...
Wie is ek? 27 Maart 2026 27.03.2026 21:02
Watter rol speel genetika in geestesgesondheid? Jy voel uitgebrand, maar jy kan nie ophou nie. Jy rus, maar jou kop hardloop. Jy weet jy moet stadiger leef, maar iets in jou jaag jou aan. Wat as die probleem nie dissipline is nie, maar ’n senuweestelsel wat nooit geleer het om af te skakel nie?
Wie is ek? 20 Maart 2026 20.03.2026 21:54
Die mens se brein hou van rituele. Selfs mense wat sê hulle is nie bygelowig nie, doen dit, soos ’n spesifieke lied voor ’n groot oomblik, dieselfde koffiebeker elke oggend, of ’n stil oomblik by ’n graf. Navorsing wys rituele kan angs verlaag, fokus verbeter en ’n gevoel van beheer skep wanneer die lewe soos chaos voel. Trauma verander die brein, maar die brein kan weer verander. Sielkundiges pra...
Wie is ek? 13 Maart 2026 13.03.2026 21:53
Ons praat oor hoe sosiale media stil-stil jou selfbeeld kan beïnvloed, en hoe jy kan keer dat ander mense se hoogtepunt-oomblikke jou eie lewe minderwaardig laat voel. Sosiale angs gaan nie net oor skaam wees nie. Vir baie mense aktiveer sosiale situasies dieselfde stresreaksie in die brein as ’n werklike bedreiging, met simptome soos hartkloppings, oormatige selfbewustheid en ’n intense vrees om...
Wie is ek? 6 Maart 2026 06.03.2026 21:34
Wanneer word selfverbetering selfverwerping? Hoe herken ek die vroeë tekens van depressie?
Wie is ek? 27 Februarie 2026 27.02.2026 21:52
Ons ontbloot wat regtig in jou brein aangaan wanneer vrees oorneem, én ontmagtig die mites oor persoonlikheidsversteurings wat mense laat stilbly en skaam voel.
Wie is ek? 20 Februarie 2026 20.02.2026 21:44
Hoe weet ek of my verhouding emosioneel veilig is? Hoekom is ek so hard op myself?
Wie is ek? 13 Februarie 2026 13.02.2026 20:29
Kan herinneringe genesend wees? En, werk aanlynterapie regtig, of voel dit net so?
Wie is ek? 6 Februarie 2026 06.02.2026 20:40
Het jy geweet een vraag kan jou hele verhouding laat wankel? “Is dit net ek, of is iets fout? En het jy geweet gaslighting begin dikwels só subtiel dat jy eers aan jouself begin twyfel voordat jy ooit aan iemand anders dink?
Wie is ek? 30 Januarie 2026 30.01.2026 19:08
Hoekom selfsny of selfbeseer mense? Hoe beïnvloed die weer en lig jou gemoed?
Wie is ek? 23 Januarie 2026 23.01.2026 20:58
Kan jy ongelukkig wees sonder enige groot rede? Wat is die mites oor introverte en ekstroverte?
Wie is ek? 16 Januarie 2026 16.01.2026 21:10
Wat is die verskil tussen psigopatie en sosiopatie? Is werk/lewe-balans ’n mite of ’n moontlikheid?
Wie is ek? 9 Januarie 2026 09.01.2026 22:08
Ons kyk na die verskil tussen angsaanvalle en paniekaanvalle, en na sielkunde van “selfies” en sosiale media-filters.
Wie is ek? 2 Januarie 2025 02.01.2026 21:08
Wat beteken dit om werklik te verander? Hoekom is selfdiagnose gevaarlik?
Wie is ek? 26 Desember 2025 26.12.2025 21:27
Help TikTok-terapie, of mislei dit? Kry jy paniekaanvalle in 'n groep?
Wie is ek? 19 Desember 2025 19.12.2025 22:01
Hoe hou jy op om te “oor-dink”? Hoe stel ek gesonde grense?
Wie is ek? 12 Desember 2025 12.12.2025 21:57
Hoe hanteer jy rou oor die feestyd? Hoe kalmeer jy jou liggaam vinnig, en hoekom is dit nodig?
Wie is ek? 5 Desember 2025 05.12.2025 22:05
Wat is emosionele intelligensie? Hoe werk gewoontes in ons brein?
Wie is ek? 28 November 2025 28.11.2025 22:13
Wat is uitbranding? Hoe werk anti-depressante?
Wie is ek? 21 November 2025 21.11.2025 22:22
Hoekom ontwikkel mense fobies? Hoekom lyk depressie by mans anders?
Wie is ek? 14 November 2025 14.11.2025 21:57
Daar word soveel negatiewiteit aan jalousie gekoppel, maar wat is die doel van hierdie emosie? Wat gebeur met ‘n persoon tydens ‘n dissosiatiewe episode?
Wie is ek? 7 November 2025 07.11.2025 18:27
Hoe werk groepsdruk op ons brein? Kan kwesbaarheid ’n krag wees?
Wie is ek? 31 Oktober 2025 31.10.2025 18:59
Hoe voel dit om “afgesny” van jouself te wees? Wat kan ouers doen wanneer hulle kinders in ‘n verhouding is, wat duidelik negatief vir hulle is?
Wie is ek? 24 Oktober 2025 24.10.2025 21:40
Waarom doen ons dinge wat ons eintlik nie wil nie? Wat is die verskil tussen “gaslighting” en emosionele mishandeling?
Wie is ek? 17 Oktober 2025 17.10.2025 21:41
Hoe kan ’n jy op ‘n psigiese vlak toets om te kyk of jy oukei is? Waarom is mans minder geneig om hulle emosies te wys?
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали