uk

RSG

Taaldinge

Education AF ↓ Епізодів: 762

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Education

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

18 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Taaldinge 19 Desember 2021 19.12.2021

In die skoolgrammatikareeks oor woordsoorte, praat VivA se taaladviseur Sophia Kapp, oor setsels. Sy verduidelik onder meer waarom dit nie net voorsetsels genoem word nie.

Taaldinge 12 Desember 2021 12.12.2021

Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, verduidelik wat taalnorme is en hoe taalvariasie ‘n invloed het op normering.

Taaldinge 5 Desember 2021 05.12.2021

In Taalnavrae beantwoord die kenners 'n vraag oor moderne tale wat makliker lyk as ouer tale; en die betekenis van magnus opus word verduidelik.

Taaldinge 28 November 2021 28.11.2021

Emeritus-professor in Rekenaarwetenskap aan Unisa,  Laurette Pretorius, praat oor die 20-jarige viering van Wikipedia in Afrikaans, en die waarde van Wikipedia in Afrikaans.

Taaldinge 21 November 2021 21.11.2021

In die reeks oor woordsoorte verduidelik VIvA se taaladviseur, Sophia Kapp, hoe bywoorde herken en gebruik word.

Taaldinge 14 November 2021 14.11.2021

Is Afrikaans ‘n inheemse taal? Die taalkundiges, proff. Ernst Kotze en Wannie Carstens, beantwoord dié vraag.

Taaldinge 7 November 2021 07.11.2021

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het vandeesweek die boek, Die AWS 100 jaar, deur wyle prof. Christo van Rensburg, amptelik bekend gestel. Die taalkundige en oudvoorsitter van die Taalkommissie, prof. Ernst Kotze, vertel meer oor die boek en sy waarde vir Afrikaans.

Taaldinge 31 Oktober 2021 31.10.2021

Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die WAT beantwoord luisteraars se taalnavrae.

Taaldinge 24 Oktober 2021 24.10.2021

‘n Tweetalige woordeboek vir die Grondslagfase, grade 1 tot 4, is pas bekend gestel. ‘n Senior leksikograaf, Delana Fourie, vertel hoe die woordeboek saamgestel is, hoe dit in die klaskamer gebruik kan word en wat die waarde van ‘n woordeboek in die vroeë fase van akademiese onderrig is.

Taaldinge 17 Oktober 2021 17.10.2021

In die reeks oor woordsoorte, praat VivA se taaladviseur, Sophia Kapp, oor adjektiewe of byvoeglike naamwoorde.

Taaldinge 10 Oktober 2021 10.10.2021

Prof. Gerhard van Huyssteen vertel van twee internasionale kongresse oor Afrikaans wat onlangs plaasgevind het, en die groot belangstelling in Afrikaans by taalkundiges by internasionale universiteite.

Taaldinge 3 Oktober 2021 03.10.2021

Luisteraars se taalnavrae word beantwoord.  Die nuwe lid van die Taalnavraespan is Alet Cloete, ‘n senior mederedakteur by die WAT.

Taaldinge 26 September 2021 26.09.2021

Die taalversorger en vertaler, Tom McLachlan, praat oor die vertaling van die Gedragskode vir Regspraktisyns, en enkele vertaalkwessies in die algemeen.

Taaldinge 19 September 2021 19.09.2021

In die reeks oor woordsoorte praat VivA se taaladviseur, Sophia Kapp, oor lidwoorde.

Taaldinge 12 September 2021 12.09.2021

Prof. Elvis Saal, hoof van die Departement Afrikaans en Literatuurwetenskap by Unisa, praat oor verandering wat die afgelope paar dekades in die Afrikaanse landskap plaasgevind het.

Taaldinge 5 September 2021 05.09.2021

Jana Luther van die WAT praat oor neologismes; hoe dit gevorm word en kriteria vir die opneem van nuutskeppings in woordeboeke.

Taaldinge 29 Augustus 2021 29.08.2021

Prof. Hans du Plessis vertel van sy betrokkenheid by die voltooiing van die publikasie, AWS se eerste 100 jaar, wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns uitgegee word.

Taaldinge 22 Augustus 2021 22.08.2021

Sophia Kapp, VIvA se taaladviseur, praat oor naamwoorde. Dis deel van ‘n reeks oor woordsoorte, wat veral vir Afrikaans onderwysers, leerlinge en ouers waardevol kan wees.

Taaldinge 15 Augustus 2021 15.08.2021

Drr. Willem Botha en Frikkie Lombard van die WAT beantwoord luisteraars se taalnavrae. Die herkoms van uitdrukkings soos tou opgooi en die hasepad kies, en woorde soos fundi en neofiet word bespreek.

Taaldinge 8 Augustus 2021 08.08.2021

Prof. Quentin Williams, direkteur van die Sentrum vir Meertaligheid en Diversiteit by die UWK, vertel meer oor die Drietalige Woordeboek van Kaaps wat onlangs bekend gestel is.

Taaldinge 1 Augustus 2021 01.08.2021

In Taalnavrae beantwoord drr. Willem Botha en Frikkie Lombard van die WAT luisteraars se vrae oor onder meer kritiek en krities; en braaf en dapper.

Taaldinge 25 Julie 2021 25.07.2021

Die Universiteit van Johannesburg ken al vir meer as twee dekades pryse toe vir kreatiewe skryfwerk in Afrikaans, en  reeds vir ‘n geruime tyd ook in Engels.  Nou is daar vir die eerste keer ook pryse ingestel vir Zoeloe en Noord-Sotho/Sepedi en vir vertaling.  Prof. Marné Pienaar, hoof van die Kantoor vir Meertalige Taaldienste by die UJ, vertel meer hieroor.

Taaldinge 18 Julie 2021 18.07.2021

Die taaladviseur van VivA, Sophia Kapp, vertel van ‘n aanlyn grammatikaprojek wat fokus op skoolgrammatika, en wat belyn is met die skoolleerplanne vir Afrikaans taalkunde.

Taaldinge 11 Julie 2021 11.07.2021

Die Sentrum vir Tekstegnologie, CText, die Noordwes-Universiteit doen navorsing oor taaltegnologie en ontwikkel hulpbronne.  Die kommunikasiebeampte,  Annuschka Snyman, vertel meer oor van die projekte.

Taaldinge 4 Julie 2021 04.07.2021

In Taalnavrae beantwoord drr. Willem Botha en Frikkie Lombard onder meer vrae oor die gebruik van nommers, syfers en getalle; en die gebruik van gaan en sal.

Слухайте подкаст Taaldinge у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали