RSG
Spitstyd
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
RSG Help: Bewusmaking van geweld teen vroue en kinders 15.09.2026 14:12
Arbeidsterapeut Riekie Stroebel gesels met Willem Pelser oor die bewusmaking van geweld teen vroue en kinders. Haar betrokkenheid het in 2007 'begin' ná die ontvoering en moord op Sheldene Human. Riekie het nou ’n inisiatief begin wat daarop fokus om kinders reeds op skoolvlak oor geweld, toestemming en veilige gedrag op te voed. Die eerste groter projek vind op 19 Oktober 2026 by skole in Eerster...
Abri en Hendrik se Springbok-ervaring in Baltimore 14.09.2026 7:58
Abri Roodt is ’n Suid-Afrikaner wat al langer as 20 jaar in die VSA woon. Hy en sy seun het die afgelope naweek na Baltimore opgeruk om die Springbokke en All Blacks se wedstryd te gaan kyk. Hy vertel van hulle ervaring.
Spitstyd-sakenuus 14 September 2026 14.09.2026 2:00
Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.
Spitstyd-sakenuus 11 September 2026 11.09.2026 2:02
Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.
Spitstyd-sakenuus 10 September 2026 10.09.2026 2:02
Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.
Almal en nog wat: Ramon Alexander 10.09.2026 12:30
Ramon Alexander is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse jazzpianis, komponis en dosent, wat wyd erken word as een van die voorste kontemporêre verteenwoordigers van die Kaapse Jazz-genre. Hy is onlangs gevra om betrokke te wees by die saamstel van die huldeblykkonsert vir die ontslape Abdullah Ibrahim wat op 29 Junie in die Kunstekaap aangebied is. Alexander het twee albums op sy kerfstok, en ’n derde sal...
Spitstyd-sakenuus 9 September 2026 09.09.2026 2:09
Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.
Kuns met kontant: Frieda van den Heever (Deel 2) 09.09.2026 8:12
Frieda van den Heever is ’n musikant, aktrise, aanbieder, skrywer, regisseur en stemkunstenaar – iemand wat al haar lewe lank stories met woorde, musiek en haar stem vertel. In 2021 het haar lewens onverwags verander. As enkelma moes Frieda ’n nuwe wêreld tegemoetgaan en, soos sy dit treffend verwoord, weer leer asemhaal. Henco Kruger praat met Frieda oor die finansiële werklikheid van ’n lewe in...
Spitstyd-sakenuus 8 September 2026 08.09.2026 2:04
Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.
RSG Help: Saad van Hoop 08.09.2026 13:11
Drie jaar gelede het ’n paar van The Somerset Aftreeoord se inwoners besluit om hand by te sit en 'n sopkombuis te ondersteun. "Soos ons al hoe meer betrokke geraak het by die inwoners van Sir Lowry’s Pass Village, het ons koppe bymekaar gesit en begin fokus op projekte wat nie net onmiddellike hulp bied nie, maar ook langtermynselfstandigheid en geleenthede skep. Só is Saad van Hoop gebore.” Will...
Spitstyd-sakenuus 7 September 2026 07.09.2026 2:05
Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.
Spitstyd-sakenuus 4 September 2026 04.09.2026 1:59
Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.
Gerrie se reise 04.09.2026 13:53
Gerrie Pretorius gesels weer oor sy reise. Van toeriste wat amper krokkodilkos in die Serengeti geword het, tot skaapkop eet in Namakwaland. Hy het ook ‘n paar "blomme" gebring wat sing!
Spitstyd-sakenuus 3 September 2026 03.09.2026 2:03
Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.
Almal en nog wat: Sleutelrekeningbestuurder 03.09.2026 13:56
Willem Pelser gesels met Giselle Botha oor haar beroep in ’n netwerk- en werksruimte waar beginondernemings, groeiende tegnologiemaatskappye, beleggers, korporatiewe ondernemings en entrepreneurs bymekaargebring word om sakegeleenthede en samewerking te skep.
Spitstyd-sakenuus 2 September 2026 02.09.2026 2:00
Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.
Kuns met kontant: Frieda van den Heever (Deel 1) 02.09.2026 8:07
Frieda van den Heever is ’n musikant, aktrise, aanbieder, skrywer, regisseur en stemkunstenaar – iemand wat al haar lewe lank stories met woorde, musiek en haar stem vertel. In 2021 het haar lewens onverwags verander. As enkelma moes Frieda ’n nuwe wêreld tegemoetgaan en, soos sy dit treffend verwoord, weer leer asemhaal. Henco Kruger praat met Frieda oor die finansiële werklikheid van ’n lewe in...
Spitstyd-sakenuus 1 September 2026 01.09.2026 2:12
Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.
RSG Help: Loslitdag 01.09.2026 14:15
Loslitdag vind vanjaar plaas op Vrydag 4 September 2026. Dit is Suid-Afrika se grootste jaarlikse bewusmaking- en fondsinsamelingsveldtog vir persone met gestremdhede. Die tema is "Een Tromklank, Vele Ritmes". Jy kan plakkers koop teen R20 elk om die projek te ondersteun. Die geld word versprei na meer as 600 organisasies landwyd, insluitend spesiale skole, sorgsentrums en entrepreneurskapsprojekt...
Spitstyd-sakenuus 31 Augustus 2026 31.08.2026 2:06
Henco Kruger het die jongste nuus van die finansiële markte.
Almal en nog wat: Stadsbeplanning 27.08.2026 12:08
Willem Pelser praat met stadsbeplanner André Roux oor sy beroep, en wat ’n dorp ’n dorp maak.
Kuns met kontant: Pieter Steyn (Deel 2) 26.08.2026 8:17
Wat gebeur wanneer die man wat gewoonlik die vrae vra, skielik self in die warm stoel beland? Pieter Steyn is die stem en storieverteller agter RSG se Land en Sand, waarin hy met bekende Suid-Afrikaners gesels oor hul lewens, loopbane en die paaie wat hulle gebring het tot waar hulle vandag is. Hy is ook Op en Wakker se inhoudsregisseur en ’n televisieprogramvervaardiger met ’n besondere verbinten...
RSG Help: Colour Fest Vaalbank, Middelburg 25.08.2026 7:35
Sopkombuise sluit gewoonlik in Desember sodat die vrywilligers ook kan rus. Dit laat egter mense sonder hulle daaglikse etes gedurende die feesseisoen. Die Kleurfees-projek is om te verseker dat hierdie gesinne genoeg voorraad het om die Desember-vakansie deur te kom. Die Colour Fest Vaalbank vind plaas op Saterdag 14 November 2026, by die kuierplek, Toe Word Ons Dors, op Plot 11 in Vaalbank, Midd...
Almal en nog wat: Buite-uitsendings 20.08.2026 13:11
Johann Pieterse, hoof tegniese operateur by die SAUK, verduidelik hoe ’n buite-uitsending by RSG werk. Ons is binnekort op die pad met die Kultuurkaravaan om van verskeie plekke in die land uit te saai.
Kuns met kontant: Pieter Steyn (Deel 1) 19.08.2026 7:44
Wat gebeur wanneer die man wat gewoonlik die vrae vra, skielik self in die warm stoel beland? Pieter Steyn is die stem en storieverteller agter RSG se Land en Sand, waarin hy met bekende Suid-Afrikaners gesels oor hul lewens, loopbane en die paaie wat hulle gebring het tot waar hulle vandag is. Hy is ook Op en Wakker se inhoudsregisseur en ’n televisieprogramvervaardiger met ’n besondere verbinten...
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали