RSG
RSG Dokumentêr
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
PLEKTRUM deur Esté de Klerk 24.09.2026 53:19
‘n Plektrum is ‘n klein stukkie gereedskap wat gebruik word om snaarinstrumente mee te tokkel. Vir die Suid-Afrikaanse kitaargenie, musiekvervaardiger en komponis, Mauritz Lotz, is ‘n plektrum deel van sy persoonlike arsenaal, en versinnebeeld dit dat iets klein - ook in die lewe - ‘n groot verskil kan maak. In dié musikale reis, maak Mauritz sy hart oop teenoor Esté de Klerk, en deel hoekom sy ha...
GESTEEL UIT DIE GROND: VETPLANTE VIR DIE WÊRELDMARK deur Jacqui January 17.09.2026 24:59
Jacqui January neem ons na ‘n verlate klipkoppie waar mans douvoordag skaars vetplante stroop vir die wêreldmark. Kenners gesels oor versamelaars se beheptheid met vetplante, en ons hoor wat die verskil tussen en vetplant en ’n kaktus is. Skrywer Irna van Zyl vertel hoe ‘n onskuldige potplant ’n misdaadstorie geword het.
SUID-AFRIKA SE KAALVOETKONINGIN, ZOLA BUDD deur Jody Hendricks 10.09.2026 26:41
Zola Budd is bekend is vir haar kaalvoetstyl, wêreldrekords en ’n Olimpiese loopbaan, waarin sy vir twee lande deelgeneem het. Sy het die 5000 m-wêreldrekord in 1984 verbeter, maar dit is nie internasionaal erken nie. Sy het ook vir Groot Brittanje by die 1984 Olimpiese Spele aan die 3000 m deelgeneem, waar haar botsing met Mary Decker regoor die wêreld hoofnuus gemaak het. Jody Hendricks praat me...
KOEBAAI KELDERS VAN GEHEIME deur Haidee Muller-Isaacs 03.09.2026 29:43
KELDERS VAN GEHEIME was eTV se eerste plaaslik vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama oor al die intrige, liefdeskinkels en donker geheime op die fiktiewe wynplaas, Soebatskloof, in die Kaapse wynlande. Die uitsaaier het ná net twee seisoene besluit om die reeks te kelder, in weerwil daarvan dat dié Safta-genomineerde reeks supergewild onder kykers was. Van die akteurs wat daarin verskyn het, soo...
DIE GIF IN JOU HAND: DIE ONSIGBARE PRYS VAN E-ROMMEL deur Lizelle de Bruin 27.08.2026 26:38
Ons almal het daardie laai vol ou selfone, kabels en toestelle wat ons lankal nie meer gebruik nie, en niemand weet wat daarmee gebeur as jy dit weggooi nie. Lizelle de Bruin en Niel Roux het besluit om hulle kantoor skoon te maak, en met ’n klomp ou elektroniese toestelle na ’n afvalfasiliteit te ry om self te gaan uitvind. Lizelle vra die moeilike vrae oor hoe Suid-Afrika met elektroniese afval...
DIS JOU PAD, MAGDA deur Ina Strydom 20.08.2026 26:28
Magda van Biljon sal vir baie mense altyd die “Wielie Walie-tannie” wees, want sy het dié program op SAUK-televisie vir 14 jaar lank aangebied. Maar haar talent én haar bydrae tot die kuns- en vermaakbedryf strek baie verder. Sy vertel onder meer van die verskillende aspekte van haar loopbaan; hoe sy haar man Zack du Plessis ontmoet het en hoe verpletter sy was met sy dood; en sy sê wat vir haar d...
SIEKEFONDS OF SKYNVEILIG? deur Mari Hudson 13.08.2026 25:05
As die ongebreidelde styging in mediesefondspremies en private gesondheidsorg aanhou voortduur, kan private sorg buite bereik van nog meer mense raak. Is dit enigsins nog die moeite werd om aan ‘n mediese fonds te behoort? Mari Hudson het gaan uitvind hoe werk mediese fondse in Suid-Afrika, hoekom die kostes so hoog is, en wat die oplossing is. En hoekom niks die afgelope dekades gedoen is om die...
DIE GEVAAR IN ONS GROEN ARE deur Esté de Klerk 06.08.2026 29:47
Hoe besoedel is Suid-Afrika se riviere? Wat veroorsaak dit? Wie is verantwoordelik daarvoor? Ontbreek daar ‘n politieke wil? Is daar ‘n gebrek aan verantwoordbaarheid op regeringsvlak om ‘n toenemende natuurramp af te weer? Is dit te laat om hierdie situasie om te keer? Esté de Klerk stel ondersoek in na hoe besoedel Gauteng se riviere is, hoe krities die probleem is, en of die verandering aan wat...
DIE LANGPAD deur Ettienne Ludick 30.07.2026 25:53
Om ’n langafstand-vragmotorbestuurder te wees, is nie in elke mens se bloed nie. Dis lang ure weg van jou geliefdes, en gevare op die pad wat genavigeer moet word. Ons pak ‘n reis aan saam met drie langafstanddrywers, wat die menswees agter die stuur van tonne vrag ontbloot. Hoor die passie, die gevare, die vrese en die verlange van diegene wat die land aan die gang hou met 18 wiele of meer, elke...
NIE VIR HAAR GEBOU: DIE GESLAGSGAPING IN DIE ONGELUK deur Martelize Brink 23.07.2026 25:31
Vroue is meer geneig om ernstig beseer te word, of te sterf, in motorongelukke as mans, met 'n 73% hoër waarskynlikheid van ernstige beserings in vergelykbare ongelukke. Vroue ly meer beserings aan die onderste ledemate, buik en bors, terwyl mans meer geneig is tot rugbeserings en, oor die algemeen, meer noodlottige ongelukke. Motors is oor die jare volgens mans se liggame ontwerp. Selfs die veili...
MET DIE HELM GEBORE deur Flip Loots 16.07.2026 26:20
Die sien van rampe, voorbodes, geluk, besonder gelukkig wees - dit is alles woorde wat gebruik word vir iemand wat in die volksmond bekendstaan as “met die helm gebore” te wees. Maar wat beteken dit? Die verskynsel dat baba’s met die vrugwatersak (helm) oor die kop gebore word, is baie skaars. Flip Loots bespreek dit met ’n geneesheer en twee predikante, en ’n paar mense vertel van hulle belewenis...
MUSIEK IN DIE ARE: GESLAGTE VAN PAPIER-MUSIEK deur Carla Mackenzie 09.07.2026 22:22
Die Papier Family Band se musiek vertel die verhaal van familie, erfenis en die unieke ritmes wat al geslagte lank deel vorm van Suid-Afrika se musikale geskiedenis. Sedert 1932 weerklink die klanke van die Papier-familie deur Franschhoek se strate. Vandag speel hulle nie net vir hulle gemeenskap nie, maar ook op wêreldverhoë. Hierdie is die verhaal van 'n familie wie se musiek hulle va...
’N PADDA IS ‘N DING WAT SPRING, OF NIE? deur Kobus Rudolph 02.07.2026 27:09
Hoekom kry mens paddas in jou huis? Kan ‘n padda muurklim? Hoekom verdrink paddas as hulle amfibieërs is? Kry mens vratjies van paddas? Is paddas giftig? Reën dit paddas as daar dan so baie paddas is wanneer dit reën? Hoekom kwaak ‘n padda? Hoe lank slaap ‘n padda in die winter? Waar bly paddas? Prof. Louis du Preez van die Departement Dierkunde aan die Noordwes-Universiteit doen al vir langer as...
WAT LAG JY? deur Ina Strydom 26.03.2026 23:18
Humor is so oud soos die berge – en deel van die menslike bestaan. Daar is ook talle genres van humor, en dit word in talle vorme aangebied. Verskeie kenners praat oor lag en humor: waarvoor en hoekom lag mense; wat gebeur in die brein as ‘n mens lag; en hoe word humor deur die tydsgees beïnvloed.
IN DIE SKADU VAN VERSLAWING deur Jaco de Waal 19.03.2026 26:56
Verslawing begin nie altyd met ’n groot besluit nie. Soms begin dit stil, en voor jy dit besef, het dit jou hele lewe oorgeneem. Jaco de Waal kyk na wat werklik gebeur wanneer iemand verslaaf raak – van die brein se reaksie tot die emosionele en persoonlike stories daaragter. Ons hoor van kenners, mense in herstel en families wat saam die pad stap.
O, VLOEK! OM TE SWETS OF NIE? deur Esté de Klerk 12.03.2026 25:59
Is jy ‘n chroniese vloeker? Vloek jy nét wanneer jy tussen jou vriende is, en glad nie wanneer jy by jou ma is nie? Swets jy meestal in Afrikaans, of in Engels? Wat bewys die navorsing hieroor? Wat is die kraswoord wat Suid-Afrikaners die meeste gebruik? Gebruik mense vloekwoorde in verskillende sosiale omstandighede om ‘n identiteit aan te neem? Wat presies gebeur in jou brein...
VRYLOOP: IS DIT WAARLIK “VRY”? deur Martelize Brink 05.03.2026 25:32
Jy koop vryloop, of te wel “free range”-produkte, want jy wil die gesondste moontlike produk eet, of jy gee om vir die lewenskwaliteit van die dier en hulle welsyn. Maar, weet jy wat daardie etiket op die produk waarlik aandui? Beteken vryloop altyd gelukkige diere wat vrylik beweeg? Indien dit wel die geval is, is die diere waarlik gesonder? Is dit gesonder vir jou as verbruiker? Hoe pas hierdie...
DIE SOEKTOG NA LUITENANT MULLER MEIRING SE RATEL deur Kobus Rudolph 26.02.2026 27:06
Honderd en vyf oudsoldate en ouddienspligtes het in 2018 na Angola gereis op die ou paaie van slagvelde en gevegte. Dié toer is aangebied deur 61 Gemeganiseerde Bataljon se Militêre Veteranevereniging. Baie van die mans wroeg al vir jare oor die hartseer en pyn wat hulle as jong seuns ervaar het. Skaars 18 en 19 jaar oud, en hulle moes gaan veg, die dood in die oë staar en ‘n vyand doodmaak. Nog ‘...
ROGER SEDRES WÊRELDKLAS-SPORTFOTOGRAAF SONDER AANSIT deur Haidee Muller-Isaacs 19.02.2026 28:52
Met verskeie Olimpiese Spele en ander internasionale sportbyeenkomste agter die blad, het Roger baie belangrike oomblikke in Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis vasgevang. Hy is tans Span SA se amptelike sportfotograaf. Roger het ikoniese foto’s geneem van Suid-Afrikaanse sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk by die Olimpiese Spele en ander groot sportbyeenkomste. In 2025 het hy die Spor...
HET ONS NOG GROEN VINGERS? deur Tharien Oosthuizen 05.02.2026 26:16
Het jy geweet die krag van groen vingers lê nie net in wat ons kan kweek nie, maar in hoe die praktyk van tuinmaak ons psige voed. Om ’n tuin te beplan, plante te versorg, en te sien hoe saadjies lewe bring, het ’n terapeutiese waarde wat fokus, rus en emosionele stabiliteit bevorder. Tharien Oosthuizrn kry ook praktiese wenke vir tuinmaak in beperkte ruimtes, en hoor wat die waarde van plaaslike...
AGTER DIE MUSIEK: VAN SKOUSPEL TOT GROOT deur Wihann Nel 29.01.2026 22:41
Van Huisgenoot Skouspel se glansdae tot Afrikaans is Groot se twee naweke van uitverkoopte vertonings – hierdie dokumentêr neem jou op ’n klankgedrewe reis deur die ontwikkeling van Afrikaanse musiekkonserte in Suid-Afrika. Wihann Nel ondersoek hoe hierdie groot produksies nie net kunstenaars se loopbane gevorm het nie, maar ook ’n hele kultuur van saamwees, trots en emosie met Afrikaanse musiek g...
REUSE WAT REKORDS LAAT SPAT deur Flip Loots 22.01.2026 28:05
Die prestasies van entrepreneur Billy Cowley en haarkapper André Green het hulle elk twee Guinness Book of Records laat behaal. Billy het eers 420 g Marmite binne een uur geëet, en toe ‘n kar vol kankerstrikkies geplak. André het eers binne 24 uur die meeste vroue se hare gesny, en toe onderwater die meeste vroue se hare binne een uur gesny.
OOM HANNES COETZEE: LEPEL EN SNAAR deur Johan Rademan 15.01.2026 26:48
Oom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl. Hy het in Amerika selfs meestersklasse aangebied by 'n glykitaar-byeenkoms. Die unieke lepel-en-snaar metode is ongekend in die wêreld. Wat min mense egter weet is dat hy ongeletterd is en nie kan lees of skryf nie. Hierdie program is 'n laaste poging van RSG om iets te verewig u...
ADAM EN JAKES: GESPREKSGENOTE IN EN OOR AFRIKAANS deur Heindrich Wyngaard 08.01.2026 26:09
Die digter-filosoof, Adam Small, en die letterkundige en UWK-rektor, Jakes Gerwel, se rolle as Afrikaanse ikone word in hierdie dokumentêre program belig. Die stemme van onder andere digter Antjie Krog, teoloog Allan Boesak en musikant Frazer Barry word gehoor.
DIE BAAI SE HONDEMAN deur Mariska Spoormaker 01.01.2026 23:46
Dis eintlik jammer dat honde nie kan praat nie, want as dít die geval was, sou Port Elizabeth se honde jou alles van Johnson Ndlakuza, hulle pamperlanger, kan vertel. Hy gee al nagenoeg 50 jaar lank baie Baaise honde alles wat hulle nodig het om pure perfekte hond van toonnael tot tand te lyk. En dis ook nie sommer enigiemand wat al diep in sy sewentigs soos 'n entrepreneur in 'n noodsituasie sal...
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали