RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Spektrum 15 Junie 2020 15.06.2020 50:46
Die ANC en die EFF stem saam dat die munisipale verkiesing van volgende jaar dalk tot 2024 uitgestel word; Werkers by DisChem staak glo en beweer die winkelketting gee nie vir hulle gesondheid om nie; En die Solar Orbiter-ruimtetuig van die Europese Ruimteagentskap vlieg vir die eerste keer verby die son.
Spektrum 12 Junie 2020 12.06.2020 46:52
Groot ontevredenheid oor beweerde ongerymdhede wat betalingsvakansies by banke betref. Die verkiesingskommissie se kommisaris, Sy Mamabolo, sê hulle gaan dadelik aan die werk spring om veranderinge aan die kieswet aan te bring. Die burgerregte-organisasie, Afriforum, stuur 'n klagskrif aan die VN oor die regering se hantering van die pandemie.
Spektrum 11 Junie 2020 11.06.2020 46:04
Die EFF spreek hom skerp uit teen geweld teen vroue en kinders, by die begrafnis van die 28-jarige Tshegofatso Pule, wat aan 'n boom opgehang is. Die konstitusionele hof bepaal dat dit ongrondwetlik is vir onafhanklike kandidate om hulle nie verkiesbaar te stel in die verkiesings nie, maar kenners is skepties en waarsku teen 'n gebrek aan stabilitieit in die politieke lanskap. Hiermee saam hoor on...
Spektrum 10 Junie 2020 10.06.2020 49:22
Die onderwysvakbond Eusa verloor sy hofaansoek om skole te laat sluit weens die Covid19-pandemie; Ons kry ook reaksie op die beslissing; Die tabakvereniging, Fita vra vandag in die Hooggeregshof in Pretoria dat die verbod op die verkoop van takbakprodukte opgehef word; en Suid-Afrika se betrokkenheid by die destydse moord van Olof Palme kon nie bevestig word nie....
Spektrum 9 Junie 2020 09.06.2020 44:01
Die Suid-Afrikaanse nasionale weermag verskuif sy fokus van wetstoepassing na hulp verlening; Bibberkoue weer word vir groot dele van die land voorspel.... Die regering sê Suid-Afrikaners moet 'n ernstige gedragsverandering ondergaan met betrekking tot die gebruik van alkohol; en Hooggeregshofregters in Pretoria hoor vandag die aansoek van die Fair Trade Independent Tobacco-vereniging aan. Hulle v...
Spektrum 8 Junie 2020 08.06.2020 50:10
Die EFF hou vandag betogings voor die Amerikaanse ambassades in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad, in solidariteit met die Black-Lives-Matter veldtog; Ons kry terugvoer oor hoe die eerste dag van skool vir Graad Sewe en Twaalf leerders verloop het; en hoor hoe baie skole werklik gereed is vir die nuwe manier van klasgee.....
Spektrum 5 Junie 2020 05.06.2020 47:39
In die volgende uur....Die regering word versoek om regulasies vir die heropening van privaat kleuterskole te publiseer. Nu Metro sê daar is nog geen planne vir afleggings nie. Die rand vertoon sterk en die Ndlovu Jeugkoor reis die wêreld vol op 'n spesiale manier om mense te vermaak.
Spektrum 4 Junie 2020 04.06.2020 49:29
In die Program: 'n Ekonoom voorspel dat vleispryse onder druk gaan kom. Daar is 'n toename in rooftogte op koerierdienste se voertuie en Equal Education oorweeg regsaksie teen die Departement van Basiese Onderwys indien skool-voedingskemas nie volgende week heringestel word nie.
Spektrum 3 Junie 2020 03.06.2020 48:12
** Ons praat met 'n grondwetkenner oor die uitspraak dat die inperkingsregulasies ongrondwetlik en ongeldig is. ** Verwarring oor die vuurwapen amnestieperiode. ** En ons praat met Sandra Prinsloo en Petrovna Metelerkamp oor die afsterwe van Jeanne Goosen.
Spektrum 2 Junie 2020 02.06.2020 45:05
** Die onsekerheid oor skole duur voort.... ** Duisende Unisa-studente kon nie eksamen skryf nie ** Motorverkope verbeter, terwyl voertuig-aanlegte her-open... ** En, brandstof-pryse styg om middernag.
Spektrum 1 Junie 2020 01.06.2020 51:28
** Die Minister van Onderwys vra om verskoning....ons praat met kenners oor die onderwyssituasie... ** Gewelddadige botings duur voort in die VSA - ons praat met 'n politieke ontleder.
Spektrum 29.05.2020 53:32
Goeiemiddag en in vanmiddag se program.... Geen besoeke aan familielede en vriende word op Vlak 3 toegelaat nie. 'n Vakbond beweer 16 onderwysers het Covid-19 onder lede in die Wes-Kaap. Suid-Afrikaners gebruik toenemend selfone om rolprente te vervaardig en die regering word versoek om kleuterskole op vlak 3 van die grendelstaat te heropen.
Spektrum 28.05.2020 53:05
In Spektrum : 'n Water kenner meen riool kan help in die stryd teen die Covid-19 pandemie. Vakbonde sê die Noord-Kaapse onderwysdepartement is nie gereed om skole vir leerlinge te heropen nie en die DA sê minstens 'n duisend Suid-Afrikaners is in die buiteland gestrand. .
Spektrum 27.05.2020 45:28
'n Vooraanstaande ekonoom sê die Reserwebank het 'n gulde geleentheid verspeel om 'n impak op die ekonomie te maak. Kerke verwelkom die gedeeltelike verslapping van regulasies oor godsdienstige byeenkomste; en die Amerikaanse ruimtevaartmaatskappy, Spacex, lanseer sy eerste bemande tuig.
Spektrum 26.05.2020 44:19
In die program... AMCU sê alle mynwerkers moet vir COVID-19 getoets word voordat hulle kan terugkeer na hulle werke toe. 'n Vakbond dreig om die Minister van Basiese Onderwys hof toe te sleep. Die Werkgewersorganisasie vir Haarkappery, Kosmetologie en Skoonheid, gaan voort met hulle hofaansoek om salonne landwyd te heropen.en inperkingsregulasies word in Nederland verslap.
Spektrum 25.05.2020 40:45
Die verdere opheffing van Covid 19-beperkings word in die algemeen verwelkom - maar dit word nog deur sommige betreur; en Suid-Afrika raak betrokke by internasionale pogings om 'n enstof teen Covid 19 te vind.
Spektrum 22.05.2020 50:20
Talle gastehuise in die Noord-Kaap kan moontlik hul deure sluit.; Vyf metropolisiebeamptes in Johannesburg toets positief vir Covid-19.; Die beheerliggam Fedsas reageer op Gauteng se plan vir die heropening van skole.; Produksiemaatskappye kan nou weer aansoek doen om produksies in die Wes-Kaap te verfilm.; en die ATKV het sy Mediaveertjies in die Kyk-afdeling aangekondig.
Spektrum 21.05.2020 49:16
Eskom sê die kragvoorsiener is op koers, die land se eerste vroeggebore baba is dood aan COVID-19 en ons hoor hoe gereed ouers en hul kinders is vir die heropening van skole landwyd. Ons praat ook oor internasionale byedag, die ATKV maak sy wenners in die lees-kategorie bekend en leerlinge wat aanlynonderrig ontvang, word gewaarsku teen kuberkrakers.
Spektrum 20.05.2020 49:55
Ons praat met onderwysersunies oor die aankondiging dat skole volgende maand heropen vir Grade 7 en 12; RSG maak skoonskip by die ATKV-Mediaveertjies; en ekonome verwag dat die Rentekoers more verder gesny gaan word......
Spektrum 19.05.2020 49:42
Skole se beheerliggame is onsteld oor opdragte dat hulle self diensverskaffers moet aanstel om skole te laat ontsmet; Daar is hoop dat Suid-Afrika selfs vroeer as einde Mei na Vlak Drie van die inperking kan skuif; intussen vra die Orania Beweging dat die Noord-Kaap na Vlak Een van die inperking moet skuif....
Spektrum 18.05.2020 49:06
In die volgende uur.... President Cyril Ramaphosa sê landsburgers het die reg om die howe te nader oor die inperking. Die weermag reageer op gerugte dat groot groepe sjinese troepe na bewering in die land is. 1000 Women 1 Voice nader die VN oor die sentralisering van voedselhulp en inry fliekteaters gaan binnekort in Durban opgerig word.
Spektrum 15.05.2020 49:23
Die wetlikheid van die Nasionale Koronavirus Bevelsraad word bevraagteken; Ons kry reaksie hierop en vind uit waarom politieke partye die wetlikheid van die Rampbestuurswet in die hof wil toets; Die styging in voorvalle van geslagsgeweld tydens die Covid-19-inperking wek kommer - is die omvang van die probleem nou oopgevlek?; en die regering en die sakereddingspraktisyns van die Suid-Afrikaanse Lu...
Spektrum 14.05.2020 47:58
** Die president se toespraak gisteraand is met gemengde reaksie ontvang - ons kyk na waarom dit die geval is; 'n Kenner sê die president moet meer inligting gee oor hoe die regering die Covid19-pandemie bestuur; die VF+ wil die geldigheid van die Nasionale Rampbestuurswet in die hof toets; en die Kgalagadi oorgrenspark vier sy 20ste bestaansjaar
Spektrum 13.05.2020 47:34
*** Die polisie sê inligting wat die rondte doen, dat jy in hegtenis geneem sal word of beboet sal word as jy nie 'n makser dra nie, is vals *** Die motor-industrie heropen vandag - maar kan ons die agterstand inhaal? *** Ons vra of dit regtig so belangik is om slegs beperk te word tot die aankoop van sekere kledingstukke *** ... en landsburgers word gewaarsku teen sogenaamde kwaksalwers wat vals...
Spektrum 12.05.2020 3:42
Die aansoeke is nou oop vir die werkloosheidstoelaag van R350 wat deur die regering beskikbaar gestel is. Die toelaag sal tussen Mei en Oktober die jaar aan mense betaal word, wat daarvoor kwalifiseer. Om te kwalifiseer moet jy ouer as agtien en werkloos wees, geen inkomste tans ontvang nie, geen ander toelae van die regering ontvang nie, geen ander werkloosheidsversekerings uitbetalings of toelae...
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали