uk

RSG

Spektrum

News AF ↓ Епізодів: 2553

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

News

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

30 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Spektrum 12.05.2020

Die land kan nog net 14 dae finansieel oorleef voor ons bankkrot is - ons praat met 'n ekonoom oor waarom hy so sê; Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap, Sassa, het reeds meer as 750-duisend aansoeke ontvang vir die uitbetaling van die werkloosheidstoelaag van 350 rand. Ons gee ook al die inligting deur wat jy nodig het, om aansoek hiervoor te doen; en grootmaat wynprodusente sê hu...

Spektrum 11.05.2020

Die Departement van Basiese Onderwys vergader met onderwysvakbonde.... Haarkappers gaan hof toe om salonne oop te kry... En, die Hartebrekers-span maak 'n plan om weer episodes op te neem.

Spektrum 08.05.2020

'n Kenner deel sy mening met ons dat die inperkingstyd nie die COVID-19-kurwe help afplat nie; Ons kry reaksie hierop van die Suid-Afrikaanse Mediese vereniging en hoor meer oor hulle werk om die regering by te staan tydens die Covid19-pandemie; Die Tshwane-metro belowe dat dienslewering nie onderbreek sal word, te midde van die voortgesette regstryd oor wie die munisipaliteit moet regeer nie; Ons...

Spektrum 07.05.2020

Die wetsontwerp wat munisipaliteite toelaat om hul eie energie op te wek of aan te koop, is oopgestel vir openbare kommentaar - ons kry reaksie op die voorwaardes wat daaraan gekoppel word; Oudpresident Jacob Zuma en sy seun, Duduzane beweer in 'n video dagboek dat hulle albei in die verlede vergiftig is - Die video lok baie reaksie uit; en die polisie waarsku weer teen die verspreiding van vals n...

Spektrum 06.05.2020

Die kruin van die Covid 19-pandemie in Suid-Afrika word eers in Julie of Augustus verwag en 'n goeie dosis sinisme oor die regering se hantering van die krisis is dalk 'n goeie ding.

Spektrum 05.05.2020

Tagtig wynkelders moet dalk hulle deure sluit as gevolg van die Covid 19-krisis; baie min Suid-Afrikaners het die afsonderingsregulasies benut om op te hou rook; en die Suid-Afrikaanse Kunstenaarsgilde sê kunstenaars ontvang nie die hulp wat die regering belowe het nie.

Spektrum 04.05.2020

Baie Suid-Afrikaners kon nie wag om wegneemetes te bestel na die staat van inperking Vrydag na vlak 4 verlaag is nie, en die omstrede mediapersoonlikheid Gareth Cliff kritiseer die regering se voorgesette inperkingsmaatreels.

Spektrum 01.05.2020

In die program: Solidariteit gaan Konstitusionele Hof toe oor die toerisme hulpverleningsfonds.; Die minister van Omgewingsake word gevra om lugbesoedeling by Kendal kragstasie te stop.; Die polisie en weermag is getaak om vlak 4 inperkingsregulasies toe te pas.; en die Standard Bank Innibos Kunstefees is uitgestel.

Spektrum 30.04.2020

In die volgende uur...Die DA vaar uit teen die regering se vlak 4 inperkingsregulasies. Edcon wil in vrywillige sakeredding geplaas word. Wynuitvoere hervat môre en 'n groot daling in die brandstofprys word verwag.

Spektrum 29.04.2020

In die program: Die SAOU sê die veiligheid van leerlinge moet die belangrikste fokus wees, wanneer skole weer heropen.; Vakbonde en S.A.L sluit waarskynlik binnekort 'n ooreenkoms.; Ons ondersoek die ekonomiese implikasies van die inperkingsvlak vier.; en 'n Asteroïde beweeg binnekort naby die aarde verby.

Spektrum 28.04.2020

In die program Moodys voorspel dat die Suid-Afrikaanse ekonomie vanjaar gaan inkrimp. Boere in die Vrystaat word deur wetstoepassers gedreig en geteister en die DA versoek dat vlak vier van die grendelstaat gewysig moet word.

Spektrum 27.04.2020

In vanmiddag se program.. FEDSAS sê ouers moet aanhou om skoolfondse te betaal. Die SAOU loof die minister van basiese onderwys vir haar pogings om die skooljaar te red. Haarkapers versoek dat die inperkingsvlak vir die hervat van hul dienste, hersien moet word en Solidariteit versoek die president se ingryping oor die kriteria vir toerisme hulpverligting.

Spektrum 24.04.2020

In die volgende uur...AMCU gaan voort met regsstappe teen die departement van Minerale Hulpbronne en Energie. Die opheffing van die verbod op sigaretverkope word wyd verwelkom. 'n Voertuigbestuurder van die Wes-Kaapse Bloeddiens toets positief vir Covid-19 en politieke partye verwelkom die geleidelike opheffing van inperkingsmaatreëls.

Spektrum 23.04.2020

In die program... Wildbedryf SA sê dit is steeds veilig om wildsvleis te eet. Die wynbedryf oorweeg regstappe oor die verbod op wynuitvoere. Misdaad neem skerp af gedurende die inperkingstydperk en werknemers in die tekstielbedryf het hulle eerste betalings van die werkloosheids-versekeringsfonds ontvang.

Spektrum 22.04.2020

In die volgende uur.... Die Vryheidsfront Plus spreek sy kommer uit oor die ontplooing van duisende weermaglede. Die Werkloosheidsversekeringsfonds sloer met uitbelatings aan werknemers in die tekstielbedryf. 2000 aasvoëls in in Guinee-Bissau vergitig en verskeie seemeeue is langs die Wes-Kus gered.

Spektrum 21.04.2020

In vandag se program.. Ons praat met 'n infeksie-siekte spesialis oor Suid-Afrika se jongste COVID-19 syfers. Groot skommelinge in ru-olie pryse. Hoe gemaak met versekering as jy nie nou 'n inkomste het nie. En, dis nog onseker of die wêreld se grootste ultra-marathon vanjaar gaan plaasvind.

Spektrum 20.04.2020

In vanmiddag se program... Verskeie universiteite begin die tweede kwartaal aanlyn. Die Oos-Kaapse regering besoek plase om veiligheidsmaatreëls te monitor. Die hofsaak oor die Transnet-pensioenfonds word uitgestel na Junie. En MyPlayers versoek dat rugby-spelers toegelaat moet word om hul kontrakte binne 60 dae te kanselleer. .

Spektrum 17.04.2020

Die Sjinese ekonomie het in die eerste drie maande van die jaar gekrimp. Die Nasionale Raad Teen Rook sê die verbod op sigarette is nie ligtelik geneem nie. AMCU vra die regering om eenvormige veiligheidsregulasies vir myne te bepaal, en daar is 'n beduidende afname in bendegeweld landwyd.

Spektrum 16.04.2020

In die program.... 'n Kenner sê jy moet steeds onderhoud betaal al kan jy nie jou kinders tydens die grendelstaat sien nie. Die AA voorspel 'n reuse daling in die petrolprys vir Mei. Kommer oor die impak van die grendeltydperk op arm gemeenskappe en tersiêre instellings het begin met 'n projek om meer ventilators te vervaardig.

Spektrum 15.04.2020

In die Program: Die plundering van verskeie kos -en drankwinkels op die Kaapse Vlakte word veroordeel. Wits universiteit gaan oorskakel na 'n afstand- aanlynonderrigstelsel. Die afkeuring van bykomende finansiering beteken die einde van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en aktiviste groepe wil elke dag kos aan 'n duisend kinders op die Kaapse Vlakte verskaf.

Spektrum 14.04.2020

Die aansienlike verlaging van rentekoerse met 'n honderd basispunte word uit sekere oorde verwelkom; hoërskoolleerlinge sê tuisonderrig soos wat nou landwyd plaasvind verg baie selfdissipline; en die Covid-19 pandemie het die lewe op die Delheim-landgoed onherroeplik verander.

Spektrum 13.04.2020

Die Vryemarkstigting meen die grendelstaat in Suid-Afrika kos die land reeds meer as 10 miljard rand per dag; China se^ Amerika sit agter bewerings dat die oorsterse moondheid teen mense uit Afrika diskrimineer; en brandstofpryse is in die weegskaal na 'n oorverhaling hier plaaslik maar ook 'n internasionale ooreenkoms om olieproduksie te verminder.

Spektrum 09.04.2020

In die program...I FNB sê Covid 19 het reeds 'n impak op die eiendomsmark. Die datums vir die uitbetaling van maatskaplike toelaes het verander. Die burgemeester van die Mtjhabeng-munisipaliteit word geskors en dokters van Limpopo wat hardhandig deur regering in kwarentyn geplaas is, na hulle positief vir COVID-19 getoets het, praat oor hulle ervaring.

Spektrum 08.04.2020

In die program... Afriforum wil hof toe oor finansiele hulpverlening in die toerismebedryf. Sommige ouers is bekommerd oor die betaling van skoolgeld en wynboere word weer toegelaat om hul produkte uit te voer.

Spektrum 07.04.2020

In die Program... 'n Versoek dat maatskaplike toelaes vir kinders met 500 rand vermeerder word. Vinpro vra die regering om die uitvoerverbod op wyn te verslap. TLU SA sê sukkelende kommersiële boere moet ook finansiele bystand van die regering ontvang en Denel wil honderde ventilators vervaardig.

Слухайте подкаст Spektrum у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали