RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Spektrum 20 Julie 2020 20.07.2020 50:44
In die program: Die vakbond Solidariteit vra dat skole oop moet bly. Die ANC sê die heropening van skole moet gepaard gaan met WGO-riglyne en 'n studie oor die risiko van 'n moontlike verlengde rou-proses is pas gepubliseer.
Spektrum 17 Julie 2020 17.07.2020 54:01
Die regering het die droogte ramptoestand opgehef - ons kry reaksie van die landbousektor hierop; 'n Energiekenner waarsku dat beurtkrag nog langer met ons gaan wees as wat voorheen verwag is; Ons kry ook reaksie op die aanstelling van Robert McBride as direkteur van die buitelandse tak van die staatsveiligheidsagentskap......
Spektrum 16 Julie 2020 16.07.2020 50:53
** Ons kry die jongste oor die SAUK se verskyning vandag voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie in verband met beoogde afleggings; Verskeie organisasies waarsku dat die aanstelling van die nuwe OPOD hoof verdag is - ons kyk breedvoerig na die kwessie; Jy kan moontlik strafregtelik vervolg word as jy nie 'n gesigmasker dra nie - ons kyk na of die regering wel die wetgewing kan...
Spektrum 15 Julie 2020 15.07.2020 47:07
** Waar gaan die 10,4 miljard rand wat nodig is om die SAL te herstruktureer, vandaan kom? Ons praat met 'n ekonoom.. ** Sekere onderwys-vakbonde vra dat skole sluit.. ** Twyfel of Suid-Afrika gereed is, sou ISIS-terreurgroepe in Mosambiek suidwaarts beweeg.. ** En, welkome reën in die Oos-Kaap.
Spektrum 14 Julie 2020 14.07.2020 47:27
Winterstorms tref die Wes-Kaap en swaar sneeuneerslae kom ook voor in die provinsie. Ons kry die jongste oor die omvang van die storms en die skade wat aangerig is; Die winterreen maak die Kaapse damme voller, maar elders in die land het damvlakke gedaal; Dit is ook Haaibewusmakingsdag - kenners waarsku dat Haai spesies onder groot druk is; en nuwe Koolstofbelasting wetgewing kan groot besparings...
Spektrum 13 Julie 2020 13.07.2020 48:50
** Ons praat met rampbestuur en 'n voorspeller oor die Kaap van storms... ** 'n Politieke ontleder en 'n ekonoom bespreek die jongste inperkings-regulasies... ** En 'n wyn-bestuurder en wynboer praat oor die impak van die verbod op alkohol-verkope.
Spektrum 10 Julie 2020 10.07.2020 49:31
'n Ekonoom spreek sy agterdog uit oor die ANC se Ekonomiese transformasie dokument; Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Beroepshigiene verduidelik hoe Covid19 moontlik in die lug versprei kan word; Ons kry die jongste oor die impak van die koue front op die Wes-Kaap; en die minister van gesondheid ontken dat die Oos Kaap se motorfiets ambulanse, deur hulle goedgekeur is......
Spektrum 9 Julie 2020 09.07.2020 48:07
Eskom waarsku van die moontlikheid dat beurtkrag vandag toegepas kan word; Ons kry die jongste oor die aanvalle op vragmotors vanoggend in die Wes-Kaap; Ons kyk ook na van die bewerings wat gemaak is deur vragmotorbestuurders dat meer buitelanders as drywers aangestel word; 'n Brand woed buite beheer in die Du Toitskloofberg langs die N1 naby Worcester in die Boland; en Siya Kolisi is deur Rugby W...
Spektrum 8 Julie 2020 08.07.2020 49:32
Die pa van 'n graad sewe meisie wat na bewering by Bulwer in die KwaZulu-Natalse Middellande verkrag is, vra 'n swaar vonnis vir die verdagte; van die wereld se voorste denkers - soos Margaret Atwood en Noam Chomsky - spreek hulle uit teen 'n sogenaamde smoringskultuur wat debat ondermyn; en omgewingsbewustes is beswaard oor die klassifisering van bedreigte diersoorte as "lewende hawe".
Spektrum 7 Julie 2020 07.07.2020 49:51
Die vragmotor-onrus kring landwyd uit, kleuterskole hetvat hulle werksaamhede en amateur reptielfoto's op sosiale media dra by tot die kennis van die wetenskap.
Spektrum 6 Julie 2020 06.07.2020 44:10
Plaasaanvalle neem skerp toe, en dagsorgsentrums en kleuterskole kan onmiddellik heropen.
Spektrum 3 Julie 2020 03.07.2020 46:01
Die Menseregtekommissie in die Wes-Kaap ondersoek klagtes oor polisiewreedheid in Khayelisha; Dit is môre presies honderd dae sedert die begin van die grendelstaat - het die ergering genoeg gedoen om ons te beskerm; en leerlinge in grade R, 6 en 11 gaan Maandag terug skool toe - ons kyk na die impak hiervan en vra of dit 'n wyse besluit is
Spektrum 2 Julie 2020 02.07.2020 49:26
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof hoor op die oomblik 'n dringende saak aan wat moet bepaal dat maaltye aan meer as 9-miljoen leerders verskaf moet word; die ANC sê dat hy die moontlikheid ondersoek om 'n basiese inkomstetoelaag in te stel; en ons praat met die Kaapstad metro oor die skorsing van vier wetstoepassingsbeamptes na 'n voorval gister in Khayelitsha
Spektrum 1 Julie 2020 01.07.2020 49:19
In die program.... Agri SA veroordeel die aanvalle op boerderygemeenskappe. Nuwe simptome is bygevoeg tot die lys vir Covid-19-simptome. Beperkte treindienste het vanoggend hervat en ons praat met 'n kenner oor die verskynsel, pandemie vemoeiendheid.
Spektrum 30 Junie 2020 30.06.2020 49:29
In die volgende uur... Die minister van gesondheid sê Gauteng gaan binnekort die episentrum van Covid-19 gevalle wees. Ekonomiese groei het in die eerste kwartaal van 2020 gekrimp en Nampo oesdag sal vir die eerste keer virtueel aangebied word.
Spektrum 29 Junie 2020 29.06.2020 51:17
In die program... Restaurante en casino's maak hul deure vir die publiek oop onder streng veiligheidsmaatreëls. Taxioperateurs laai hul voertuie tot volle kapasiteit, terwyl pendelaars nie 'n ander keuse het nie en TLU SA sê aanvalle op plase is weer aan die toeneem.
Spektrum 26 Junie 2020 26.06.2020 46:41
In die Program Moody's is nie oortuig dat Suid-Afrika teen 2023 sy skuldvlakke sal stabiliseer nie. Ouers ondervind probleme met Gauteng se aanlyn skooltoelating stelsel. Ons praat met die ontwikkelaar van die voetpomp met handreiniger en sy pa en die grondwetlikheid van die Wet op Rampbestuur word in die hof getoets.
Spektrum 25 Junie 2020 25.06.2020 48:36
In die program... Helen Zille se jongste twiets word na die DA se federale regskommissie verwys. Die dieseltekort is besig om boere se landboubedrywighede in die wiele te ry. Daar is gemengde reaksie op Tito Mboweni se hersiende begrotingsrede en nog 'n kunstefees word digitaal aangebied.
Spektrum 24 Junie 2020 24.06.2020 48:20
** Vandag, 25 jaar gelede, het die Springbokke geskiedenis gemaak...ons praat met kaptein Francois Pienaar, en omroeper Heinrich Marnitz. ** En CROWD 1 sê hy verwelkom die Reserwebank se ondersoek, sodat die land kan sien dat hulle NIE 'n piramiede skema is nie.
Spektrum 23 Junie 2020 23.06.2020 49:31
** Transnet skik ná 9 jaar met pensionarisse... ** Werkloosheid neem toe - ons praat met 'n ekonoom.. ** En die bevestigde Covid-19 gevalle in Suid-Afrika steek die 100-duisend kerf verby - ons praat met 'n infeksie-spesialis.
Spektrum 22 Junie 2020 22.06.2020 49:48
** Stakende taxi-operateurs word met rubberkoeëls uiteen gejaag, ** 'n Beleggings-kenner waarsku teen 'n geldmaak-skema wat bekendes betrek... ** En, wat gaan die Minister van Finansies in sy noodbegroting bekendmaak? Ons praat met 'n ekonoom.
Spektrum 19 Junie 2020 19.06.2020 48:48
Die Gautengse polisie soek na drie verdagtes na die moord op beweerde zama zamas; Die hofsaak om 'n skikkingsooreenkoms tussen Transnet en Transnet pensioenarisse 'n bevel te maak, het die week plaasgevind - ons vind uit wat nou gebeur; 'n Kenner sê geslagsgebaseerde geweld, is 'n diepgewortelde kwessie, wat wetenskaplik opgelos moet word; kommer heers oor die groot aantal mense in Suid-Afrika wat...
Spektrum 18 Junie 2020 18.06.2020 51:05
Restaurante en haarkappers verwelkom die verslapping van die inperkingsregulasies wat hulle ook nou toelaat om hulle besighede te bedryf; die Nasionale Seereddinginstituut red 'n walvis suid van Kommetjie in die Wes-Kaap; en die gewilde Britse sangeres van die Tweede Wereldoorlog, Vera Lynn, sterf op die ouderdom van 103.
Spektrum 17 Junie 2020 17.06.2020 47:16
In die program Die departement van Omgewingsake, Visserye en Bosbou bewillig een miljoen rand vir jeug-omgewingsprojekte. Die Verenigde Nasies se raad op menseregte gaan na verwagting later vandag 'n dringende debat oor rassisme en polisiebrutaliteit hou. En ons berig oor vroegoggend-arrestasies in verband met die VBS-bankskandaal.
Spektrum 16 Junie 2020 16.06.2020 54:36
Die jeug sê daar is baie uitdagings waarmee hulle te doen het; die Gautengse polisie het 'n verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n 42-jarige vrou van Eersterus in Pretoria; en brandstofpryse styg na verwagting weer volgende maand.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали